Wednesday 30 January 2013

CHILLIE SOUSE




Gefermenteerde Rissie drupsous


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
Corrie Van Rooyen

(Soos Tobasco)
Verwyder die stingels van die rissies.
Was goed af met koue water. Moenie die was oordoen nie, anders verwyder jy die gisspore op die vrug dan sal fermentasie nie plaasvind nie.
Gebruik 'n gesteriliseerde groot inmaakfles. (Regtig skoon gewas en in kookwater gesteriliseer)
Volgens die grootte van die fles (myne is 2 liters) gebruik so 10 ml. fyn tafelsout per liter.
Pak die rissies in die bottel, en strooi kort-kort bietjie van die sout oor die gepakte rissies.
As die bottel volgepak is, is dit omtrent half gepak.
Druk nog rissies in, totdat dit met die grootste moeite nie meer ingeforseer kán word nie.
Gooi nou vir elke 1 liter van die die bottel, 20 ml. vodka, of enige ander sterk drank (brandewyn, whisky, rietspiritus of watookal) in die fles.
Sit nou die deksel styf op.
Hou nog so 'n paar rissies om later by te sit indien moontlik.
Bêre nou die fles in 'n donker kas vir so 2 weke.
Maak die deksel versigtig oop - daar sal drukking in wees soos as jy gemmerbier maak.
Druk nog soveel rissies in as wat nou kan ingaan.
Draai die deksel weer styf toe, draai die fles sodat doe alkohol en gevormde asyn oor al die rissies loop en dit natmaak.
Bêre nou die fles vir 11 maande in 'n koel, donker plek.
Jy kan dit die eerste drie maande elke maand eenkeer oopmaak net om die gas te laat ontsnap. Daarna behoort dit nie meer nodig te wees nie.
As die jaar om is, is die inhoud gereed om te verwerk.
Gooi die hele spul in 'n voedselverwerker en maak daarvan 'n fyn gediente soos 'n 'smoothie'. Moet dit net nie drink nie!
As daar nie genoeg asyn gevorm het nie, voeg wit druiweasyn by sodaty dit 'n mengsel maak met min of meer die tekstuur van effens dik 'tomato cocktail'
Druk die spul nou deur 'n meelsif om die pitte en oormatige vleiserigheid te skei van die vloeistof.
Die vloeistofdeel kanm jy nou in klein botteltjies verpak om soos 'tobasco' te gebruik.
Die vleis en pitte wat agtergebly het (jy moet dit so droog as moontlik deurgedruk het) kan jy meng met so 2 eetlepels olyfolie per liter van die oorspronklike bottel.
Hierdie mengsel is 'n uitstekende plaasvervanger van rou rissies in 'n dis, of vir ouens wat van brandgoed hou, 'n pastatjie om saam met vleisdisse te geniet.
Ek het hier 'n foto van my derde maaksel (dis nou omtrent 1 maand oud).
Die sousie gebruik ons baie, maar die oorblyfsel hou maar lank - daarom gee ek dit graag vir ander wat ook van brandgoed hou. Dis rof.*4/4/13
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*





 
Helena Kruger
TOBASCO SOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
2kg Rooi Chillies [fyngekap]
2k Asyn
2t Sout
Plaas chillie en asyn in n pan op die stoof, wanneer dit begin kook gooi jou sout by en kook vir nog 5min.
Haal af en laat afkoel [heeltemal]
Gooi in die versapper en versap.gooi dan in n glasbottel en plaas in die yskas vir 2weke.
Na 2weke gooi deur n sif en voeg nog asyn by as dit te dik [n.s] ek het 1t suiker ook bygegooi by die asyn mengsel..Kom ons kyk wat maak die resep!!!!
Hou duimvas Helena♥ 4/5/10 lekker dit werk*
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .

Lettie Groenewald
August 23, 2013
Homemade Tobasco Sauce
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html


1/3 cup tobasco peppers
1 cup vinegar, your choice, white, cider, wine
2 garlic cloves
1 tsp. salt
Simmer the peppers in the vinegar and salt, BRIEFLY, watching carefully, in a well-ventilated area.
Do not go out and start to leaf blow the driveway.
Remove from heat, cover and cool.
Add crushed garlic and puree in a blender or food processor until smooth. Don’t stick your nose right in there and breathe deeply. Please, for the love of your mucous membranes.
Store in the refrigerator.*
TL






HELENA SE CHILLI SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html

*Eie Resep Helena*
600g Rooi Chillies
2 Uie gekap
12 Tamaties stukke gesny
1 Soetrissie stukke gesny
1k Seldery stingels gekap
8 Knoffelhuisies gekneus
2-3 k Water
2 ½ k Suiker
1k Appelkooskonfyt
1 t Sout
3 k Asyn
2 t Paprika
1 t Cumin
¼ t All Spice
1t Gemmer poeier
1 t mosterdpoeier
1t Rooipeper
2-3 t Mielieblom
Plaas chillies, soetrissie, tamaties, uie en knoffel, seldery in jou voedselverwerker en kap grof
Kook tot sag en gaar
Liquidize dan alles na n sous
Voeg ander bestandelle by [behalwe mielieblom} en kook vir 15min.
Maak mielieblom aan met bietjie water en meng in
Kook vir 5min en bottel en verseel dadelik**2/8/13*Helena Kruger**Lekker Resepte vir die Jongergeslag 




                                                                    Foto Sarie Meintjies*

Helena Kruger
KOOS SE CHILLI SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
*Eie Resep Helena*
300g Rooi Chillies
2 Uie gekap
12 Tamaties stukke gesny
1 rooi Soetrissie stukke gesny
8 Knoffelhuisies gekneus
2 kWater
2 k Suiker
1 t Sout
3 k Asyn
2 t Paprika
2-3 t Mielieblom>
Plaas chillies, soetrissie, tamaties, uie en knoffel in jou voedselverwerker en kap grof
Kook tot sag en gaar
Voeg ander bestandelle by [behalwe mielieblom} en kook vir 15min.
Maak mielieblom aan met bietjie water en meng in
Kook vir 5min en bottle en verseel dadelik**15/6/12*Helena Chilli Kruger**
— at Die Grasdak Bultfontein.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* 


                                                           SWEET CHILLI SOUS


Helena Kruger
SWEET CHILLI SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html

**Eie Resep Helena**
250g Jalapenos [gesny en ontpit]
3 Knoffelhuisies
1 ui
1t Knoffelpoeier
1k asyn
2k Suiker
1/2k Appelkooskonfyt
4k water
Knippie sout
2t Mielieblom [maziena]
Plaas al die groente in n voedselverwerker en kap dit baie fyn met 1k van die water
Gooi in kastrol en voeg ander bestd. By en kook vir +-30min
Maak jou mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook tot gaar en blink
Bottel en geniet** N.S as jy hou van brand voeg 1 gekapte rooi chilli by.
5/5/12 **Helena Chilli Kruger*— at Die Grasdak Bultfontein.

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* 

Hier het ek n bottel oop gemaak na byna 3jr en nog net so HEERLIK**Helena Kruger 04/03/2015

                                                            SWEET CHILLI SOUS
                                               



                                                              HOT CHILLI SOUS

 

Helena Kruger
HOT CHILLI SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
**Eie Resep Helena**
500g Rooi Brandrissies
3 uie gekap
6 knoffelhuisies gekneus
750g Appelkooskonfyt[groot blik]
2+1/2k asyn
1 bottel *All Gold Tamatiesous
1t mosterdpoeier
2t Cumin
2t Paprika
1t Seldery-saad
1/2t Rooi peper
1/4t Fyn Koljander
2t Vars gekapte gemmer
4k Water
Plaas groente in jou Voedselverwerker en kap grof fyn.
Kook vir ongeveer 45min-50min stadig tot mooi blink
N.S Roer sodat dit nie aanbrand nie..Baie *HOT* en lekker**
Helena Chilli Kruger 5/5/12**

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .

Maré Nieuwoudt
BRANDRISSIESOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
The great outdoor cookbook
Die sous is heerlik saam met hoender, kaas en selfs roomys.
BESTANDDELE:
6-10 brandrissies, (afhangend van hul woema)
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 teelepel vars gemmerwortel, fyngerasper
½ kop. tamatiepuree
1 teelepel sout
Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
1 kop. suiker


METODE:
Verwyder die pitte van die brandrissies. Plaas al die bestanddele behalwe die suiker, in n voedselverwerker en verwerk tot n dik pasta.
Skep die pasta saam met die suiker in n kastrol en laat prut totdat die sous glansig raak. Dit is amper soos om konfyt te maak, behalwe die sous moet n dunner tekstuur hê.
Verwyder van die stoof en laat afkoel. Bêre die sous in n gesteriliseerde glashouer.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .




Danie Pretorius
die resept is sommer konkoksie van my,  Hier is my reseppie sonder enige fancy bestandele en dit is lekker warm en soet!
Duiwels tongtippiesous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
Danie Pretorius (19/05/2012)
Betanddele
500g Rooi chillies (Jalepeno’s)
3 Knoffel huisies
750ml Wit drywe asyn ( die een vir inleg)
750g Strooi suiker
Metode:
1. Verwyder 100g van chillies se saad nie.
2 . Voeg die Knoffel en al die Chillies bymekaar met sowat 200ml se asyn en kap lekker fyn
3. Gooi nou die gekapte knoffel , rooi rissies saam met strooisuiker en orige asyn in ‘n pan
4. Roer goed deur sodat die strooi suiker goed opgelos word
5. Skakel plaat aan en bring alles tot kookpunt en roer gereeld
6. Sodra kookpunt bereik is, verllaag dan die temperatuur na prut
7. Hou aan met gereelde roer tot die sous regte digtheid bereik (omtrent 1 uur)
8. Ek het toe dit dadelik gebottel.

My Tippie toets resultaat is:
1) Volgende keer miskien minder vrugte se saad inlos want hierdie sous is blerrie warm!
2) Speserye volgende keer byvoeg
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .


En toe maak ek ook maar net met meer groenerige chillies..Helena Kruger

 



******************************************************************************


                                                        SWEET CHILLI SOUS                                            


Helena Kruger

SWEET CHILLI SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
**Eie Resep Helena**

250g *Sweet Pimento Pepers* [gesny en ontpit]
3 Knoffelhuisies
1 ui
1t Knoffelpoeier
1k asyn
2k Suiker
1/2k Appelkooskonfyt
4k water
Knippie sout
2t Mielieblom [maziena]
Plaas al die groente in n voedselverwerker en kap dit baie fyn met 1k van die water
Gooi in kastrol en voeg ander bestd. By en kook vir +-30-40min
Maak jou mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook tot gaar en blink
Bottel en geniet** N.S as jy hou van brand voeg 1 gekapte Rooi Chilli by.[of soos jy wil]
5/9/12 **Helena Chilli Kruger*
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* 

                                                   SWEET CHILLI SOUS MET LEMONGRASS


En van die stroop van die Driuwe en Tamaties het ek n chillie sousie gekook..

SWEET CHILLI SOUS MET LEMONGRASS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html

*Eie Resep Helena*

2k stroop
4 chillies gekerf
1t vars gemmer gerasper
1t Lemongrass [gekerf fyn
Kook chillies, gemmer en lemongras vir so 5-8 min
Gooi jou stroop by en kook verder tot regte dikte
Bottel en verseel..Helena Kruger.29/01/13

 



Martie Fourie Moolman
LEKKER CHILLI SOUSIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html

het verlede jaar soveel chillies gehad en als daarmee gemaak wat ek kon, toe hierdie resep myself gepraktiseer en het dit nou weer gemaak, probeer dit.
12 rissies (jy kan meer gebruik) die is 'n klein hoeveelheid jy kan dit vermeerder.
2 uie gekap
5 vet knoffelhuisies gekap
1 en haf k asyn
1 k olie

1 blik gekapte tamaties
sout
1 t fyn komyn
1 t fyn gemmer
1 t all spice
1 t naeltjies fyn
1 E selderysout
driekwart k suiker
1 en half k water
Kook alles saam vir 20 min en wizz, bottel.

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* 

Louise Groenewald
Homemade Sweet Chilli Sauce

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
Recipe by Michelle Southan – Good Taste Magazine
500g long fresh red chillies, stems trimmed
3 garlic cloves, peeled
750ml white vinegar
645g caster sugar
1. Halve 100g of the chillies and place in the bowl of a food processor. Halve and deseed the remaining chillies. Coarsely chop and place in the food processor. Add garlic and 250ml white vinegar. Process until finely chopped.
2. Place the chilli mixture, remaining vinegar and caster sugar in a large saucepan over a low heat. Cook, stirring, for 5 minutes or until the sugar dissolves.
3. Increase heat to high and bring to the boil. Reduce heat to medium and simmer, stirring occasionally, for 35-40 minutes or until the sauce thickens. Pour into sterilised airtight bottles and seal.

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* .



Sweet Chilli Sauce

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
HULETTS SUGAR RECIPE
Ingredients
1 Onion, finely chopped
2 Garlic Cloves, crushed
2–3 Jalapeño Chillies, deseeded and chopped
5 ml (1 tsp) Olive Oil
1 Tomato, chopped
85 ml (⅓ cup) Vinegar
165 ml (⅔ cup) Huletts White Sugar
85 ml (⅓ cup) Water
10 ml (2 tsp) Cornflour
Method
Fry the onion, garlic and chillies in the olive oil until the onion is soft. Stir in the tomato, vinegar and sugar. Simmer for a few minutes.
Combine the water and cornflour and add, stirring until sauce thickens.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger
OW-OW BRAND SOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
15 chillies
1 groot ryp mango
1 koppie aangemaakte mosterd
1 koppie bruin suiker
2 koppies bruin asyn
1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad, allspice en kaneelpoeier
sout en peper na smaak
1 kg tamaties
2 uie
Metode:
Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan. Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruin suiker en asyn, dit hang seker af of jy ‘n dunner of amper 'chutney'-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar.
Egafrikaans 21/7/10

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .



 

                                                                        Foto>SPIG


Helena Kruger
MAZAVAROO

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html

¼ lb long hot green or red chillies
2 or 3 baby onions or shallots
1 teaspoon crushed ginger root
1 tablespoon vinegar
8 tablespoons oil salt
Method:
Crush the chillies with the onion and ginger to make a puree (this is best done in a mini-chopper). Place in a bowl and mix well with the vinegar.Heat the oil. Add the chilli puree and cook, stirring, for 2 to 3 minutes. Let cool before storing in a glass jar.
This mazavaroo will keep well if its surface is kept covered with oil. (M. Jauffret) 21/7/10
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Henriette Janse van Vuuren
TUISGEMAAKTE TOBASCO SOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
150 g rissies
2 liter wit asyn (ordentlike soort)
2 kop suiker
150 g sout (hoeveelheid is reg so)
100 g geskilde knoffelhuisies, gekneus
Metode:
Skep al die bestanddele in 'n glashouer. Laat trek 2 weke.
Verpulp. (Pitte kan uitgehaal word voor jy dit verpulp - dan bietjie minder sterk)
Gebruik oor alles. Oppas, dit kan verslawend wees! Baie lekker.
(Ek het die resep eers halveer, want ek wou eers seker maak dit smaak REG!)
Maar ek belowe julle - DIT SMAAK HISTERIES LEKKER!
Willemien Swart-Windell
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .





Helena Kruger
Ek het sopas n Chilli-Sous gemaak ek brand so ek kan skaars tik!!!Maar n wenner!!
CHILLI  SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
2e olie
2e Meel
1 en 1/4k water
1/4t sout
1 Knoffel fyngekap
1k Groen Chilli's fyngekap[ of helfte rooi en groen]
2e olie
2e Ui fyngekap
2e Sweet - Chilli sous
1/2t Suiker
klein bietjie fyn swartpeper
Metode:
Braai uie, knoffel en chilli's so n bietjie tot amper gaar
Voeg jou meel by en roer deur en braai n bietjie
Voeg jou water, sout, suiker en chilli sous by en prut so 5-8min.
Skep in botteltjie en laat afkoel Plaas in yskas .
Gebruik by enige gereg !!!Soos Seekos of in n aparte bakkie of as n Pasta vir n gereg!!!Wees net voorbereid!!! Baie lekker en HOT!!
Helena 20/9/10 ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* .

Helena Kruger
Chillii sous 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
500 g brandrissies gedroog
8-10 huisies knoffel
2 stukke gemmer
kap dit fyn in 'n masjien tot amper "liquidize"
roer die volgende by
1 eetl sout
2 k asyn
verhit in 'n groot pot
2 k olie tot kookpunt
gooi die boonste mengsel groot lepels gewys in die warm olie roer met draad spaan of groot lepel wees versigtig vir warm olie hou in olie net so 2-5 min passop dat dit nie brand nie gooi alles in bottel en bere.  Zelda Kosmater ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .

Helena Kruger
SOETRISSIE SOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
Kap vier groot jalapeño-rissies en vier knoffelhuisies fyn.
Smelt 10 ml botter in ’n groot pan en soteer die rissies en knoffel, maar moenie dit verbruin nie.
Haal dit van die plaat af.
Meng 50 ml water, 50 ml suiker, 10 ml mielieblom en 50 ml witwynasyn in ’n bakkie. Gooi die mengsel by die rissies en sit dit dan weer op die plaat.
Verhit tot kookpunt en laat dit prut totdat die sous dik word.
Helena!!!! Junie 2010 ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html

Helena Kruger
HARISSA 
OLIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
Maak jou eie harissa-olie wat jy kan gebruik om jou gunstelinggeregte ’n pikante geur te gee.
Maak ses knoffelhuisies en vier ontpitte rooi brandrissies saam met 50ml rowwesout in ’n stamper en vysel fyn.
Voeg 40g fyn koljander, 30g fyn komyn en 50ml olyfolie by en roer dit tot dit ’n pasta vorm.
Voeg dan 700ml sonneblomolie by en meng goed.
Gooi die mengsel in glasflesse en verseël tot benodig.
Skud voor gebruik. Dié olie hou vir tot drie maande goed indien dit op ’n koel, droë plek sonder enige direkte sonlig gebêre word.  Idees!! Junie 2010 Helena ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*.
(Frik Lombard)
INGEMAAKTE CHILIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
Bestanddele
1 Bottel Asyn
2 tot 3 k Suiker
1 Pakkie Piekel Speserye
Chilies
Rooi en Geel peper (Red & Green Peppers)
Metode:
Kook chilies vir ongeveer 20 minute tot sag. Kook asyn, suiker en piekel speserye saam. Gooi chilies in bottel(s). Sny die peper in blokkies en sit tussen chilies vir kleur. Gooi asyn mengsel oor. Bere vir so 2 maande.
Wenk
Hierdie chilies is lekker net so of saam met kos. Ek neem partykeer ‘n suurlemoen en sny in dik skywe. Dan skep ek so lagie chilies in die bottel. Dan ‘n lagie peper blokkies en dan ‘n dik sky suurlemoen. Die suurlemoene gaan ‘n besonderse smaak aan die chilies.!!!  Heerlike Resepte!!!16/10/10 ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .

Helena Kruger
SOET CHILLI SOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
75g rooi rissies, ontpit (pas die hoeveelheid aan as jy dit nie baie warm wil he nie - hy brand nogal)
6 knoffelhuisies, geskil
3cm stuk gemmer, gerasper
2 appels, geskil en ontpit
1 x 400g blik gekapte tamaties
125ml asyn
500ml suiker
125ml water
Sout na smaak
Metode:
Meng al die bestanddele in pan en verhit stadig tot suiker gesmelt is.
Laat mengsel kook en prut ongeveer 10 min - roer af en toe. Maak mengsel fyn en voeg sout by na smaak. Bring mengsel terug na stoof en kook weer 10 min.
Gooi in gesteriliseerde bottels en verseel.  16/10/10 ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .

Helena Kruger
CHILLI EN ROOIPEPER MARINADE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
6-8 Chilies fyn gekap
125 ml Suurlemoensap
125 ml Olie
2e Tamatiepasta
100 ml Sweet-Chilli sous
1e Rooi peper
2 t Paprika
1 t Sout
1 t Swart Peper
2 t Knoffel fyngekap
Metode
Meng al die bestanddele saam.As jy jou vleis wil marineer smeer oor vleis en laat rus vir so 30min.
16/10 HELENA Ek gebruik myne sommer vir n sous ook!!! ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* .


 

                                                         Foto  Helena Kruger

Helena Kruger
KARIBIESE CHILLI SOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
15 Tabasco chillies, of so 8 Habanero
1 wortel
3 teelepels knoffel
1/2 koppie asyn
1/4 koppie lemmetjiesap
1/2 - 1 mango, opgesny in blokkies
3/4 koppie water
olyfolie
Metode:
Maal die chillies (gebruik soveel van jou gunsteling soort as wat jy wil, afhangende van hoe warm jy dit wil he), knoffel en wortel fyn in ?n voedselverwerker en braai so 3 minute in die olyfolie.
Gooi die gebraaide bestandele saam met die res in ?n versapper en versap tot n sous. Dan alles weer terug in die pan, en prut vir so 5-10 minute. Indien die sous te dik is, verdun met meer water terwyl dit prut. Laat koel effens af en gooi dan oor in skoon glas bottels (dit sal nog dikker word soos dit afkoel). Bere in die yskas, dit behoort maande te hou (geen kiem sal die moed he? om dit aan te val nie).500ml  "jPetro"5/4/11
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .

Helena Kruger
CHILLI EN CHOC SOUS VIR STEAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
50g Good dark chocolate
100ml goeie rooiwyn Shiraz werk lekker
1 rooi chilli fyn gekap
Pan sappe van gaar vleis of 100ml goeie beef stock
50ml botter
sout en pepper na smaak
Metode:
Verhit jou pan sappe en wyn en kook tot met helfte verminder. Verwyder van hitte en roer chocolate, botter en chilli by laat mooi "smooth word" en geur na smaak. Onthou dit moet nog steeds n choc smaak he.geniet saam met med rare steak of wild. b/chef  Kosmater
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .

Helena Kruger
Baie Baie lekker**ek dink as jy dit op n varktjoppie smeer en bak kan dit baie lekker wees...en met mayonaise vir n dip***
CHILLI GRONDBOONTJIE BOTTER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
3e grondboontjiebotter
1e suurlemoensap
1e soya-sous
Paar druppels Sesame-olie
1 knoffel-huissies fyngekap
2t chilli-sous of rooi chilli flokkies[ek het sommer van my chill-sous gebruik}
½ t gerasperde gemmer
2e warm water
Meng alles baie goed.As dit te dik is gooi nog bietjie water by
Skep in botteltjies en plaas in yskas. 20/6/12 Helena Chilli Kruger ek het die resep 3x aangemaak**Baie Baie lekker***at Die Grasdak Bultfontein.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .



Helena Kruger
LEMONGRASS EN SWEET CHILLI SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
*Eie Resep Helena*
4k Suiker
6k Water
80ml water
¾ k Lemongras fyngekap
½ Ui fyngesny dun repies
1 E vars Gemmer gerasper
2-4 Rooi brand Chillies in fyn repies gesny[ eie keuse]
1 t Paprika
Knippie sout
1k Sweet-chilli sous
Kook n stroop van 4 suiker,6 water en hou in kastrol
Gooi nou in n ander kastrol jou 80ml water en jou ander bestanddele by en kook dit vir 10min
Gooi jou stroop by en kook verder vir 20-30 min tot die dikte wat jy dit wil he
Bottel in warm bottles en verseel dadelilk
Baie lekker **Helena Chilli Kruger 17/11/12
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .



Helena Kruger.

Ek het dit ook gekook vandag en
3 rooibrandchillies
1 knoffelhuisie
1e vars gemmmer
 1t fyn Lemongrass by gebraai tot glanserig
..alles in voedselverwerker geplaas ..lekker fyn gemaak en toe my 900g[grootblik se sy] appelkooskonfyt bietjie gesmelt in mic. en bygegooi asook die [groot bottel 700ml]All gold Tamatiesous en dit so 30min. gekook en warm gebottel in warm bottels ***Whalla Dankie Maureen dit is vreeslik lekker**Helena Chilli Kruger 27/11/12
**Maureen Jansen van Rensburg**
Chutney met gekoopte apelkooskonfyt

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/chillie-souse.html
Braai so 5 groot uie in pot asook 1 greenpepper.
 Gooi groot blik All Gold appelkooskonfyt by en
 1 groot bottel All Gold tamatie sous en
 so paar chillies baie fyn gesny.
Roer goed en laat prut vir sowat driekwart uur.
 Roer gereeld. Dis die lekkerste sous en kan oor enige iets gebruik word. Van vleis, tot op eier tot op stywe pap. Almal soek altyd die resep.*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  .

No comments:

Post a Comment