Tuesday 29 January 2013

SKUINSKOEK / OLIEBOLLE /DOUGHNUTS

                                                       Foto> Huisgenoot


SKUINSKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skuinskoek-oliebolle-doughnuts.html
2.5kg Koekmeel
10ml Sout
15 ml kitsgis
1l louwarm water
250g margarien
15ml anys
750ml suiker
Sif die meel en die sout saam wyl die gis oplos in ‘n bietjie van die lou water. Voeg die res van die water by die gis, en so ook 6 koppies van die meel. Meng tot dit ‘n slap deeg is. Bedek en laat rys op ‘n warm plek – die deeg moet 2 keer in volume toegeneem het.
Vryf die botter met die vingerpunte in die res van die meel. Gooi die anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in.
Gooi louwarm water by as die deeg nie lekker sag en hanteerbaar is nie. Bedek en laat weer op ‘n warm plek rys tot 2 keer die volume.
Knie die deeg af, neem balletjies deeg, rol dit in worse en sny SKUINS stukke van so 5cm lank.
Braai dit in olie tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.
Bere in lugdigte houers in die yskas as alles nie met die eerste sitting verorber word nie. Ek het al skuinskoek teegekom wat met klapper bestrooi is – of dit vir effek of vir ‘n doel is, is ek nie seker nie, maar dit bly lekker.*

Elsabe Redelinghuys


Huibrecht se skuinskoek
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skuinskoek-oliebolle-doughnuts.html
Bestanddele:
1,5 kg meel
2½ pakkies kitsgis
1 t sout
½ t fyn kaneel
½ t fyn gemmer
3 k suiker
250 g vet of margarien
1 t asyn
2 E anys
½ k baie warm water
± 4½ k water
Metode
Meng die meel, gis, sout, kaneel, gemmer en suiker.
Vryf die margarine in die meelmengsel.
Voeg die asyn, anys en warm water by, meng en laat afkoel.
Voeg nog water geleidelik by en knie tot ‘n slap deeg.
Laat staan om te rys.
Knie af en maak deegrolle op die tafelblad.
Druk plat en sny diagonaal in “skuinskoek”.
Laat dit rys.
Bak in warm vet of olie tot dit gaar is.
Die een is van Sarie se web dis nie getoets maar klink lekker*

Elsabe Redelinghuys


Skuinkoek
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skuinskoek-oliebolle-doughnuts.html
Uit "Gee ons vandag...".`n Resepteboekie wat Pofadder se Vrouediens uitgee.
10 lb meel
1 lb margarien
1e pypkaneel of n gerasperde neut
1 e sout
3 lb suiker
3 e anys
Die vorige aand:Smelt margarien,suiker en 6 Koppies water.Laat afkoel,voeg ander bestandele by en knie met aartappelsuurdeeg vir 1 uur.(Ek dink 4 pakkies suurdeeg sal die ding doen)
Die volgende oggend:Rol deeg 1/4 duim dik uit en sny in repe.Sny die repe in diamant patroon.Bak in warm olie.
Die skuinkoek vries lekker en kan in die mikrogolf warm gemaak word soos benodig.Dan is hy net so vars.*
David Vd Heever

Oliebolle met vla-vulsel
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skuinskoek-oliebolle-doughnuts.html
Kos & onthaal - IDEES
Vergeet van jou dieet. Met dié heerlike soet en ongelooflike resep gaan jy talle harte steel.
Maak: ongeveer 20
• 125 ml melk
• 65 ml (60 g) botter
• 7 g droë kitsgis
• 645 ml (350 g) witbroodmeel
• 2 ml sout
• 55 ml (45 g) suiker
• 2 groot eiers, liggies geklits
• sonneblomolie vir diepbraai
• glansversiersel en/of kaneelsuiker
Vla
500 ml melk
6 eiergele
115 ml (100 g) strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
55 ml (30 g) koekmeel
20 ml (12 g) mielieblom
1 Verhit die melk en botter saam tot al die botter gesmelt het. Roer die gis by sodra die mengsel louwarm is.
2 Sif die meel, sout en suiker in ’n groot mengbak saam. Maak ’n holte in die middel en gooi die melkmengsel daarin. Voeg die geklitste eier by en roer als saam. Knie die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Voeg nog ’n bietjie meel by as dit te klewerig is. Dit moet ’n sagte deeg wees waarmee jy maklik kan werk. Knie dit vir 10 minute met die hand of in ’n elektriese menger. Bedek dit en laat dit rys tot dubbel die volume.
3 Knie die deeg weer vir vyf minute en rol dit dan in klein bolletjies. Laat die bolletjies vir ’n halfuur rys op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is.
4Verhit die olie tot matig warm (175 °C) en braai dan die oliebolle vir een minuut tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
5 Vla Verhit die melk tot kookpunt en haal dit van die plaat af. Klits die eiergele en suiker saam. Voeg die vanielje, meel en mielieblom by. Klop die mengsel tot dit lig van kleur is. Gooi die melk by die eiermengsel en klop dit met ’n draadklitser tot glad. Sit dit terug op die plaat en kook dit tot die vla begin verdik – klits dit die heeltyd met die draadklitser. Haal van die plaat af en laat heeltemal afkoel.
6 Skep die koue vla in ’n spuitsak met ’n metaalpunt. Gebruik ’n sosatiestokkie en maak ’n gaatjie in die punt van elke oliebol. Spuit die vla in die gaatjie.
7 Maak ’n glansversiersel wat jy oor die oliebolle kan drup, of sprinkel kaneelsuiker oor.
Variasies
Geur die vla met sjokolade of koffie – voeg 10 ml kitskoffiepoeier by die melk, óf 100 g donkersjokolade.



Oliebolle
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skuinskoek-oliebolle-doughnuts.html
90 ml suiker
30 ml botter
750 ml meel
15 ml bakpoeier
2,5 ml sout
knypie gemaalde kaneel
knypie neutmuskaat
250 ml melk
olie vir diepbraai
Klits die suiker en botter saam tot dit ’n room vorm.Sif al die bestanddele, behalwe die melk, saam.
Voeg die meelmengsel en melk om die beurt by die bottermengsel..Meng goed tot dit ’n deeg vorm.
Rol die deeg uit tot ’n dikte van ½ sentimeter..Druk groot, ronde vorms uit met ’n koekiedrukker. Daarna druk jy klein ronde vorms uit die groottes met ’n klein koekiedrukker.Laat hierdie ringe vir 15 minute staan.Diepbraai die ringe in olie. Draai die ringe net een keer om tydens die braaiproses. Dit moet bruin wees aan beide kante.Dreineer die oliebolle op bruinpapier en gooi strooisuiker oor.*
Carol Elliott Claassen

No comments:

Post a Comment