Tuesday 29 January 2013

VETKOEK / VULSELS














VETKOEK VULSEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html

Dalene Brits
Natuurlik APPELKOOSKONFYT! Probeer bietjie as jy weer maalvleis gebruik om fyn blaarslaai en skyfie vars tamatie daarop te sit met 'n blertsie bladjang..... mmmm**2/4/13



Dalene Brits
 Braai uie tot deurskynend en voeg die bully beef by. Braai tot beef deurwarm is.

Dries Von Weidtz
Braai uie tot deurskynend en voeg die bully beef by. Braai tot beef deurwarm is. Gooi n blik gemegde groente by en prut tot groente ga is .(kan chutney of tamatiesous inroer.) Bedien op mash of rys . Lekke en vinnig

Gerda Potgieter
My man is vreeslik lief vir Bully beef. Ek koop nie Corned meat nie, maar Corned Beef, die duurste wat ek kan kry. Dis die naaste aan die ou Bully beef wat ons mee groot geword het. (100 jr terug). Dan wissel ek dit net af deur verskillens soorte blikkes Chakalaka of tamatie en uie (daar is baie soorte) by te gooi. Braai die Bully beef 'n paar minute in bietjie olie en gooi tamatie by. Dis al en heerlik.

Magdaleen Matthee
Vat n ui gekap en 2 tamaties gekap en braai,vat eetlepel chutney en bulliebeef in blokies gesny en braai by die tamatjie en uie,gooi bietjie suiker by om soeterige smaakie te gee en dan bietjie mushroom sop aangemaak dit kan saam spagetie ook bedien word en isnet so heerlik



Willie J Smith
Andre se vetkoek.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
( bron wenresepte )
200 g
200 g koekmeel onafgemeet
15 ml bakpoeier
10 ml suiker
5 ml sout
500 ml koue gaar rys
1 blik room mielies
125 ml melk
1eier
kookolie

Sif droee bestanddele saam.
Vou rys en mielies in dan die geklitste eier en melk.
Bak in warm olie nie te vinnig nie en dreineer op handdoekpapier.
Mense dit is heerlik.
Vries ook goed.
Geniet dit.



Louisa Prenzler
Louisa se maklike vetkoekies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
1 Klein pakkie Koekmeel
1 tel. Sout
1 Botteltjie of blikkie Bier
Meng en knyp balletjies af...trek bietjie kante toe en braai in diep olie.



Petra Pretorius
PETRA SE ONFEILBARE VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
6 koppies meel - koekmeel, broodmeel, fyn of wholewheat
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
1 eetlepel botter
1 pakkie droe kitsgis


Sif die meel.
Meng meel, sout, suiker, gis en botter saam.
Meng stadig louwarm water in, meng en knie.
Net genoeg water om deeg te maak, omtrent 1 liter.
Laat iemand anders die water ingooi terwyl jy meng.
Voor jy begin knie smeer jou hande olie.
Knie goed vir 10 minute.
Maak die bol deeg in 'n bal en smeer die hele bal met olie
Sit deeg in 'n bak.
Draai die bak toe in n kombers.
Sit in 'n warm kamer om te rys vir 1 - 2 ure.
Strooi meel op 'n tafel.
Haal bolletjies deeg af van die groot bol.
Druk plat en pak op die tafel met meel.
Laat dit so 30 minute tot 1 uur staan om weer te rys.
Maak olie warm in 'n diep pot.
Stoofplaat net 1 stelling kouer as warmste wees.
Laat olie goed warm word voor jy die vetkoek insit.
As die olie ophou borrel, draai die vetkoek om.



Petra Pretorius
PETRA SE Kookwater Vetkoek
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
Bestanddele:
2 koppies koekmeel
25ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
2 eiers
250ml kookwater
olie vir vlakbraai
Sif droeë bestanddele saam. Klits eiers en kookwater saam. Meng eiermengsel met meelmengsel. Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html

Jeanette van Leeuwen
Eier vetkoekies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
1 eier
250ml meel
250ml water
2ml sout
5ml bakpoeier
10ml suiker
Klits als saam, verhit genoeg olie in kastrol dat vetkoekie kan omdop! Toets om so bietjie deeg in te gooi as dadelik omdop is olie perfek! Anders trek hy olie! Skep dan lepels vol in olie tot bruin! Skep uit op kombuis papier! Oulike vetkoekies baie viinig en oulik vir kinders!! Eet warm saam stroop!!


VETBROODJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
(THE CAPE MALAY COOKBOOK)
500 ml koekmeel (UK all purpose flour!)
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
2 eier - goed geklits
1 koppie melk
15 ml gesmelte botter
500ml sonneblom olie


maak so:
sif meel, bakpoeier en sout saam.
meng in aparte bak, eiers, melk en botter
gooi my meelmengsel
MENG DEEGLIK
maak die olie warm en drup lepels vol deeg in olie en bak tot goudbruin aan albei kante.
en sit jou vleisies in!


Leon Smit
VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
500g witbroodmeel
5 ml sout
5 ml suiker
10g kits droëgis
40 ml botter
± 625 ml louwarm water
Olie vir diepbraai


Meng meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter met vingerpunte tot mengsel soos brood krummels lyk.
Voeg louwarm water geleidelik by om 'n sagte deeg te vorm - indien nodig kan nog 'n bietjie water
bygevoeg word. Knie tot glad en elasties. Bedek en laat staan vir 10 minute. Vorm vetkoeke, plaas op
'n gesmeerde plaat, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Diepbraai in olie tot goudbruin en gaar.
Lewer 18 vetkoeke.

Sonja Young
VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
Bestanddele
Kookolie vir vlak braai
1 Koppie Kookwater
2 Eiers
Knypie Sout
2 Teelepels Bakpoeier
2 Eetlepels Suiker
2 Koppies (500ml ) Koekmeelblom


Aanwysigings
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers in ‘n aparte mengbak. Klits die kookwater by die eiers: klits goed. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klop met ‘n houtlepel tot goed gemeng; die beslag is slap.
Skep dessertlepelsvol beslag in matig warm kookolie in ‘n braaipan. Braai die vetkoek totdat die onderkant goudbruin en die bokant vol lugborrels is. Draai om sodat die bokant ook goudbruin kan braai. Plaas die Vetkoek op kombuispapier sodat alle oortollige olie daarin kan dreineer. Sit die Vetkoek warm voor met botter en heuning of appelkooskonfyt óf met maalvleis. (Die resep afgeskryf uit Huisgenoot Wenresepte)

Barbara Cross
VETKOEK WAT OMDOP
 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
my ouma het altyd die resep gemaak:
1 kop meelblom,
1tl bakpoeier,
1/4 tl suiker,
1 eier,
1/2 kop melk,
olie om in te braai. hul draai hul self om ook en smaak heerlik

Maré Nieuwoudt
VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
500g bruismeel,
lekker knippie sout,
so 2 gelyk teelepels suiker,
maak n gat en gooi 4 eiers(dan nie so gaatjierig nie) by en meng met kraanwater tot regte ''consistency'',
nie te styf en nie te loperig nie. Braai eetlepelsvol in olie (nou nie te vlak olie nie)


Carin Ras Wilson
PIESANG VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
GEE ONS VANDAG…Gemeentesusters NG Kerk POFADDER
1 k meel
1 k melk
2 t bakpoeier
¼ t sout
1 eier
3 piesangs
1 e suiker
1 e suurlemoensap


Metode:
Sif droë bestanddele. Maak aan met eier, melk en suurlemoensap. Druk piesangs fyn en voeg by. Roer goed. Bak lepelsvol in warm olie. Strooi suiker oor indien verkies.

Helena Kruger
VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
560 ml Koekmeel
250 ml Lou water
5 ml Kitsgis
5 ml Sout
10 ml Suiker


Metode:
Sif al die droee best. saam
Voeg water by en knie tot alles bymekaar is
Maak deeg toe en plaas op n warm plek om te rys dubbeld die grote
Maak klein balletjies en gebruik nog meel as nodig
Verhit jou olie en maak dit gaar n paar op n slag !!Dit maak so 8 klein vetkoekies of so 4 groot “Helena 19/5/11!!!♥

Tillie Venter
LEKKER SLAPPAP VETKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
1 kop Mieliemeel
4 kop water
Maak n slap pap
2 kop Slap pap
2 kop Koekmeel
2 kop Gerasperde kaas
4 teel Bakpoeier
2 eiers
Knippie sout


Meng alles saam.
Bak lepelsvol in diep olie 


Helena Kruger
VETKOEKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
500ml Lou water
10ml Suiker
10ml Droe Gis
5x250ml Meelblom
10ml Sout
20ml Olie


Metode:
Roer suiker in lou water en gooi gis by.
Laat rys tot gis bo dryf
Voeg olie by gis, meng met die meel en knie goed
Laat rys vit so +- 40min.
Maak vetkoeke en laat weer rys
Bak in warm olie..gaaf...


Helena Kruger
DIKMELK VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
6 kop. meel,
6 teel. bakpoeier,
1 en 'n half teel. sout,
Sif dit saam
1 koppie dikmelk met 1 teel. koeksoda ingeroer, voeg by die meel, meng en voeg nog dikmelk by, die deeg moet redelik pap wees (so dat mens dit met nog meel kan hanteer, d.w.s. darem nie te pap nie)
Laat vir 'n half uur rys, rol dit ongeveer 2 ...cm dik uit, en sny in vierkante, bedek en laat nog 'n half uur rys. Bak kosmater ♥


Adri Malan
VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
8 kp koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetl sout
bietjie suiker (30ml)
liter louwarm water
olie (om mee af te knie)


Metode:
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses)
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 min.
Knie af
Rol deeg uit tot so 2 cm dik
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, en druk uit
(Dit maak dat die vetkoek hol is binne-in)
Druk vetkoek effens plat tussen hande en bak in warm olie.
Ek gooi altyd eers 'n klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg. Draai vetkoeke met 'n tangetjie om, ander suig dit te veel olie op deur die vurk se gaatjies.
Dieselfde deeg gebruik ek vir pizzadeeg, brood (knie net 2x af) en roosterkoek.  Kosmater♥

Helena Kruger
MAKLIKE  EIER VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
1 eier;
1kop bruismeel;
1/2 teel sout;
1kop water;
olie


Metode:
Klits eier. Voeg bruismeel en sout by en meng. Voeg water by en klop tot slapperige deeg. Skep lepelsvol in warm olie tot goudbruin. My boerekosboek se braai in skaapstertvet en jy sal nooit olie gebruik nie. Kosmater


Helena Kruger
VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
10 Kop meel
1 pakkie kitssuurdeeg
1 Eetlepel sout gooi meer of minder in na smaak


Metode:
Knie met sterk louwater tot 'n gemaklike deeg, nie te slap nie.
Maak toe met 'n warm kombers tot dit dubbel gerys knie af en rol die deeg uit sny in vetkoekgrote en baie in baie warm olie tot gaar. Kosmater♥

Helena Kruger
Gisteraand gou armmansvetkoek gebak. My skoonmammie het dit altyd gebak, wanneer jy hier 10 uur in die aand uitvind die brood is gedaan en die kinders het iets vir hul kosblikke nodig.


ARMMANSVETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
1 kop meelblom
1 teel bakpoeier
sout


Metode:
meng met water tot 'n stewige slap deeg. Maw dat jy lepelvol in olie kan bak. Bak in warm olie en skep uit op handepapier. Eet warm of koud. Heerlik saam met sop of in kosblikke.
Variasies:
1. Gooi aromat by mengsel
2. Chillie bites poeier - net so lekker by.
3. Rasper kaas by
4. Meng sandwishspread by.
5. Enige soppoeier
Jy kan enige iets bygooi om dit meer interessant te maak. Ek maak sommer net die oorspronklike resep want dan kan jy soet of sout vulseltjie bysit.
So vinnig, goedkoop en heerlik Marinda Fick ♥


Carol Elliot Claassen
POLONIE-VETKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
2 koppie meelblom.
1 teel sout.
1/2 teel peper.
1 eier.
1 koppie melk.1 koppie gerasperde knoffelpolonie
Metode:
Sif die droë bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by. Voeg die polonie by en meng deeglik. Skep lepelsvol in warm vlak olie en braai bruin aan albei kante.

Adri Malan -
HOE OM JOU VETKOEK HOL TE KRY BINNE
ek maak nie my eie deeg aan nie. Gebruik ook sommer Spar se brooddeeg, rol dit so 2cm dik uit, druk met `n blikkie waarvan albei kante afgesny is uit, druk vetkoek effe plat en bak in warm olie. Dit is elke keer `n sukses. Kosmater ♥. N.S. geen gerys en dit werk!!Helena♥


Helena Kruger
BULTFONTEIN SE VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
2 k koekmeel
20 ml bakpoeier
2,5 ml sout
water om mee aan te maak
olie vir bak


Metode:
Verhit olie stadig in swaarboomkastrol oor matige hitte tot warm.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg water bietjies-bietjies by en meng tot slap deeg. Skep lepelsvol van die beslag in die warm olie en bak die vetkoeke tot goudbruin. Dreineer die vetkoeke op bruin- of handdoekpapier en vul dit met appelkooskonfyt of maalvleis.uit SA Resepte 8/8/10 ♥


Helena Kruger
GEVULDE VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml water
2 ml sout
olie, om in te braai
6 hardgekookte eiers
een pak van sowat 500 g dun beeswors, gaar


Metode:
Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die suiker by. Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby. Voeg hierdie mengsel by die droë bestanddele en knie tot jy ’n gladde deeg het. Verhit genoeg olie vir vlak- of diepbraai in ’n pan. Die olie moet warm wees, maar nie op rookpunt nie. As jy gewone vetkoek wil maak, sit jy ’n deegbal in die olie, braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer. As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ’n eier en/of ’n stukkie wors in deeg toedraai en dit dan diepbraai. Gevulde vetkoek is lekker padkos, en ek maak hulle sommer op pad, of reeds die vorige aand. Sarie Kos!!!!!2008!!! 


LEKKER VETKOEK VULSELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
Vir die vetkoek:
1 x sakkie gekoopte brooddeeg
Olie vir diep draai
Kleefplastiek.


Metode:
As die deeg gerys het in die sakkie, druk die lug uit en breek klein stukkies deeg af. Smeer olie aan jou hande en rol die deeg in bolletjies. Bedek hulle met kleefplastiek en laat 30min lank rys – tot verdubbel in grootte. Verhit die olie tot matig warm en braai die vetkoek tot albei kante goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuis papier.* Rina Kleinhans


VETKOEK MET ROOMKAAS EN GEROOSTERDE AMANDELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
125ml gladde roomkaas
10ml gerasperde suurlemoenskil
10ml vars suurlemoensap
10ml strooisuiker
50g gevlokte amandels gerooster
50ml heuning
Metode:
Sny die verkoek an die kant oop. Meng die roomkaas, suurlemoenskil,-sap en strooisuiker. Meng die helfte van die amandels by. Skep die mengsel in die vetkoek en sprinkel die res van die amandels oor, bedruip met heuning. *SA Tuin Paleis* Rina 24/4/2011


VETKOEK MET SPINASIE,OLYWE EN FETA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
20ml olyflie
1 sprietui
2 handevol spinasierepies
80ml gekapte swart olywe
10ml fetakaas gekrummel


Metode:
Verhit die olie in die pan en soteer die sprietui 1 min lank, voeg die spinasie en swart olywe by en soteer nog 2 min. Verwyder die pan van die stoof af en voeg die feta by, meng goed. Sny vetkoek oo en skep die vulsel daarin. *SA Tuin Paleis* Rina 24/4/2011

VETKOEK MET BOTTERSKORSIE, SPEK EN AMANDELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
125g strepiesspek gekap
10g bereide botterskorsies in klein blokkies gesny en gestoom
50g gevlokte amandels
15ml gekapte pietersielie
10ml suurlemoensap
10ml koekmeel
60ml room
Sout en swartpeper om te geur
Metode:
Braai die spek droog tot dit bros is, voeg die botterskorsie en amandels by. Braai tot die botterskorsies en amandels effens bruin is. Voeg die pietersielie en suurlemoensap by en soteer tot die vog verdamp het. Geur na smaak met sout en swart peper. Voeg die koekmeel by, roer deur en gooi die room by, laat lekker deur kook tot verdik. Skep in die oopgesnyde vetkoeke, sit warm voor. *SA Tuin Paleis* Rina 24/4/2011


MAKLIKE KERRIEHOENDERVULSEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
15ml olie
1 ui fyngekap
15ml kerriepoeier
2 groot hoenderborsies gekap
1 blikkie gekapte tamaties
20ml vrugteblatjang
125ml klappermelk
Sout en swart peper om te ger
Vars koljander
Blatjang vir opdiening


Metode:
Verhit die olie in ‘n pot en soteer die ui tot glansend. Voeg die kerriepoeier by en braai 1 min lank saam met die ui. Voeg die hoenderstukkies by en kook 2min lank oor hoë hitte. Verlaag die hitte en voeg die tamaties, blatjang en klappermelk by. Laat prut tot die hoender sag is. Geur na smaak met sout en peper. Sny die vetkoek oop en skep die vulsel daarin. Sit voor saam met vars koljander en ekstra blatjang.
WENK: Hierdie Kerrie is ook heerlik saam mer basmatierys of roti. *SA uin Paleis* 24/4/2011

Adri van Zyl  wat ook lekker is indien jy die vetkoek vul voor jy dit bak.
As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ’n eier en/of ’n stukkie wors in deeg toedraai en dit dan diepbraai.


BILTONG EN KAASGEVULDE VETKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
Vorm ronde vetkoeke. Neem ’n hand ...vol gerasperde kaas en so 5 – 6 snye biltong en druk dit styf saam. Maak ’n holte bo in die middel van die vetkoek en druk saamgeperste kaas en- biltong in die middel van die deeg in. Druk die vulsel toe in die deeg en plaas vetkoeke op ’n bakplaat. Laat weer vir so 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol. NS: Besonder lekker! Wees net versigtig, die kaas en biltong in die middel word baie warmA3 


MAKLIKE BOELIEBIEF VETKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vetkoek-vulsels.html
1 blikkie boeliebief (vir variasie kan 2 blikkies tuna of 'n blikkie salm gebruik word)
4 eiers
1 koppie bruismeel
7ml bakpoeier
7ml sout
5ml braaivleisspeserye
1 ui gekap

Meng goed en braai opgehoopte eetlepels vol in vlak olie aan beide kante op lae hitte. Sit die pan se deksel op sodat dit rys. Wees versigtig, dit spat maklik.
Heerlik saam met 'n aartappel-, macaroni- of koolslaai. Goeie kosblik kos.
Nerine Lieske Coetzer


No comments:

Post a Comment