Tuesday 29 January 2013

PANNEKOEK EN VULSELS



PANNEKOEK VULSELS
Hier is ‘n paar wenke oor pannekoek:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
■Klop of klits die beslag deeglik om al die klonte op te los. Laat die beslag minstens ‘n halfuur lank staan sodat die meelkorreltjies ‘n kans kan kry om lekker sag te word. Dan is jou pannekoeke heerlik lig.
■As pannekoeke by die groot maat gemaak word, kan 25 ml brandewyn of 50 ml suurlemoensap by ‘n mengsel van 2 kg koekmeel gevoeg word. Dit hou die pannekoeke sag.
■Die beslag kan ook oornag in die yskas gebêre word. Rou beslag kan goed bevries word vir sowat 3 maande.
■Bevries gaar pannekoeke met lae plastiek tussenin.
■Gebruik water of om die helfte sodawater om lekker ligte pannekoeke te maak. Melk is geneig om dit taai te maak.
■Smeer die pan net elke keer liggies met olie. ‘n Piering/koppie olie en ‘n bol opgefrommelde kombuispapier sal goed werk.
■Die pan moet goed warm wees voordat die beslag ingegooi word. Gebruik ‘n soplepel om elke keer dieselfde hoeveelheid beslag in die pan te gooi.
■Kantel die pan heen en weer om die beslag eweredig te versprei.
■‘n Dun beslag lewer dun pannekoeke. Die beslag sal effens verdik as dit oornag in die yskas gebêre word. Voeg dan net ‘n bietjie water by en klits weer voordat die pannekoeke gebak word.
■Hou pannekoeke warm deur dit opmekaar te stapel en die houer oor kookwater te plaas. In die oond of lou oond sal die pannekoeke taai word.*
Nettie Theron Louw   




GEVULDE PANNEKOEKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
30 ml olyfolie
2 uie, baie fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g beesmaalvleis
1 x 410 g blik tamatiepuree
30 ml tamatiepasta
180 ml beesvleisaftreksel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Kaassous
80 g botter
80 ml koekmeel
750 ml volroommelk
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml gerasperde cheddarkaas
8-10 voorbereide pannekoeke
Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olyfolie in ’n groot pot en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die tamatiepuree, -pasta, aftreksel, sout en peper by en verhit tot kookpunt. Prut tot goed afgekook.
Vir die kaassous: Smelt die botter in ’n pot en voeg die meel by. Verhit tot dit borrel en voeg die melk bietjie vir bietjie by, terwyl aanhoudend geroer word. Verhit tot kookpunt en prut, terwyl geroer word, vir 2-3 minute. Geur na smaak. Verwyder van die hitte en roer die kaas by.
Skep ’n groot porsie van die maalvleisvulsel in die middel van elke pannekoek en rol toe. Pak die gevulde pannekoek in ’n gesmeerde oondbak en skep die kaassous oor. Bak vir 30 minute tot goudbruin. Sit voor met ’n groen slaai.
Lewer 8-10 porsies.
Landbouweekblad, 20 Augustus 2010*
Henriette Wessels





Ek vul my pannekoek met hoender en muchroom en dan pak ek dit in 'n bak en maak witsous en gooi dit bo-oor met gerasperde kaas en sit dit in die oond vir 'n rukkie. Dis heerlik vir aandete.



Ina De Beer

Ek sit hoenderlewertjies in rol hom op en gooi `n lekker kaassous oor.



Esthea Du Preez

Wildsvleis! Sorg dat die vleis nie te droog gekook is nie, vul die pannekoeke, plaas dit in 'n vuurvaste bak, bedek dit met 'n kaassous of gewone witsous. Rond af met kaas bo-oor en bak in die oond. Smullekker.



Helena Kruger

 lekker hoender of beef stirfry binne met n ryk kaassous bo-oor..



Lida Pieterse

 Ek het gister gehoor iemand se gerasperde weense worsies en kaas. Tuna met mayo is ook lekker en stukkies hoender met mayo ook. Ek dink selfs roer eier en bacon en kaas kan ook lekker wees. Suiker en kaneel vir die poeding een. Ek nou sommer honger!



Amanda Haasbroek

Ek dink 'n romerige Thai kerrie hoender kan heerlik in pannekoek wees want dis baie lekker in wraps!



Hannatjie Adam

 Aspersies met witkaassous 14/3/13


Lizinda Gerber
Pannekoek met biltong en kaassous.

Bettie Scheepers
 Krakerige "bacon"met halwe piesang (in lengte gesny) wat bietjie gebraai is in dieselfde pan as die "bacon" en so 'n titseltjie "sweet chillie" sous. Kan 'n gebakte eier ook byvoeg. 

Connie Fourie Nel 
hoender mayonaize mengsel, of smoor uie met bacon en piesang soos Bettie Scheepers se. dis heerlik. kan ook saam met altwee tamatie, komkommer, greenpepper, appel en kropslaai fyn sny soos wraps gemaak word met kropslaai en advokado. mens saam met die hoender mayo of saam met die bacon of nog lekkerder sommer almal saam

Lillian Hurter Louw
 Ek maak bobotie mengsel....vul die pannekoeke...sit in n oonpan ....gooi witsous oor en dan gerasperde kaas bo-oor...bak in die oond op 180 grade tot kaas smelt....My familie en kinders LOVE dit.

Georgia Gorgyporgy Sampson
Caramel n piesang
Fyngemaakte hoender
Wors stew (maar dan moet j di pannekoek bietjie dikker maak)


PANNEKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
3 x 250 ml koekmeel

3 groot eiers

175 ml koppie olie
25 ml asyn
3 ml sout
15 ml bakpoeier
4 x 250 ml water
Metode
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed.
Gooi meel by en klits.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir 1 min.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir 1 week.
Lewer omtrent 15 middelslag pannekoeke.
Ek verdubbel gewoonlik die resep.
Van een van ons Kosmaters






 FEITELIK FLATERVRYE PANNEKOEK RESEP 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
(vir 6 pannekoeke) vermeerder bestanddele vir meer pannekoeke

1 koppie meel
½  teelepel sout
1/3 teelepel bakpoeier
2 eiers
1 koppie water
1/3 koppie olie
1 eetlepel gesmelte botter
1 eetlp  brandewyn
Metode:
sif meel, sout en bakpoeier saam. Voeg water, geklitste eiers, olie, botter en brandewyn by en klits goed. Mengsel moet nie te dik wees nie. Voeg nog water by totdat mengsel dun genoeg is. Laat mengsel vir 45 minute rus. Dit is net nodig om ekstra olie vir die eerste pannekoek in pannetjie te gooi. Hierna sal die pannetjie genoeg gesmeer wees en is dit nie nodig om olie vir die verdere pannekoeke te gebruik nie. Braai pannekoeke tot mooi bruin aan albei kante en bedien met vulsel van jou keuse. Bv. Kaneelsuiker (suiker gemeng met fyn kaneel). Geniet!
Nico van Hysteen*.

Helena Kruger
PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
3 x 250 ml koekmeel
3 groot eiers
175 ml koppie olie
25 ml asyn
3 ml sout
15 ml bakpoeier
4 x 250 ml water
Metode
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed.
Gooi meel by en klits.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir 1 min.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir 1 week.
Lewer omtrent 15 middelslag pannekoeke.
Ek verdubbel gewoonlik die resep.
.


MINI-MIELIEPANNEKOEKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
( lewer 10 klein pannekoekies)
250ml koue slap mieliepap
15ml olie
2 groot eiers
5 ml asyn
5 ml bakpoeier
12.5ml mielieblom
100-125ml water
Metode:
Klits die mieliepap,olie,eiers, asyn, bakpoeier en mielieblom met 'n draadklitser tot glad.
Roer van die water by die mieliemengsel om 'n loperige beslag te vorm
Bak 50-75ml beslag op 'n keer in 'n meduimwarm, gesmeerde braaipan. Die oppervlak moet gestol wees voordat die pannekoek omgedraai word. Sit warm voor met 'n vulsel van jou keuse.*.

Pannekoek deeg om te vries

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Celia Enslin vra:
EK wil weet of mens aangemaakte pannekoek beslag kan vries - en vir hoe lank
Zelda skryf:
Celia die ouers by ons skool het 'n rukkie terug pannekoek deeg gevries vir omtrent 2 weke....maar belangrik...hulle het nie die asyn ingesit nie...die asyn het hulle ingesit toe die beslag ontdooi is...dan moet jy dit net weer goed deur klits...en die pannekoek het glad nie sleg geproe nie...hulle het omtrent 600 gebak  Helena 24 April 2010.



Helena Kruger
SWARTWOUD PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
3 eiers geskei
250ml koekmeel
7ml bakpoeier
200ml melk
1ml sout
Metode:
Klits jou eiergele,meel en bakpoeier goed en voeg jou melk geleidelik by tot jy n lekker dik gladde beslag het. Klits jou eierwitte en sout saam tot dit stywe punte vorm, vou dit by die beslag in en laat dit so 30min. rus voor jy jou pannekoek bak.Maak solank jou sousie.
Kersiesous
1blik swartkersies, water
2t suiker
1of2 t mielieblom
1of 2t brandewyn
1/2t vaniljageursel
Room
Metode:
Dreineer jou kersies,behou jou sap. Voeg genoeg water by jou sap om dit 250ml te maak. Gooi dit in n kastrol saam met die suiker en verhit tot kookpunt. Verdik dit met die mielieblom aangemaak met n bietjie water. Verwyder van plaat en voeg jou kersies, brandewyn en vanilja by, roer deur en gebruik dit bo-op jou styfgeklopte room op jou stapels pannekoek
.[stapel 1pannekoek..styfgeklopte room..1pannekoek..room..1pannekoek.room..en dan jou KERSIES EN SOUS BO-OOR] Heerlik verby..N.S Jy kan klein pannekoekies ook bak en dieselfde doen met die kersies]HELENA 7/9/10  *.



Helena Kruger
SWARTWOUD-PANNEKOEKSTAPEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
12-14 pannekoek van ongeveer 22 cm (nie té dun nie)
250 ml gladde bessie of kersiekonfyt, effens verhit
10 ml kersielikeur
200 g gerasperde donker sjokolade OF fyn gekrummelde Flake
125 g geroosterde haselneute, velle verwyder en fyn gekap
250 ml room, sag geklop
4 ekstra-groot eierwitte
125 ml strooisuiker
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas 'n pannekoek op 'n oondbaste opdienbord. Meng die konfyt en likeur en smeer 'n dun lagie op die pannekoek. Sprinkel 'n dun lagie sjokolade of Flake oor, gevol deur 'n klein bietjie gekapte haselneute. Smeer 'n dun lagie geklopte room oor en bedek met nog 'n pannekoek. (Oppas om die lagies vulsel te dik te maak, anders loop dit uit en sny moeilik.) Herhaal die lae en eindig met 'n pannekoek bo-op. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die strooisuiker lepelsgewys by. Hou aan klits tot dik en blink. Smeer die meringuemengsel rondom en bo-op die pannekoekstapel. Maak seker die hele stapel is bedek. Bak vir 5-10 minute tot die meringue goudbruin is. Sit skywe voor met 'n bessie- of sjokoladesous.Arina Landbou!!7/9/10 [Baie lekker Helena] ♥ .


PANNEKOEKSTAPEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Rooster 100g amandelvlokkies tot effens bruin. Laat afkoel en rol fyner. Stapel pannekoeke plat opmekaar met gerasperde sjokolade of gebreekte flake en amandelvlokies op elkeen en heel bo-op.
Hou warm Sny in skywe soos met ‘n koek vir opdiening in die plek van ‘n gebakte koek.
Baie baie lekker saam met ‘n lekker koppie koffie.Kosmater

SITRUSPANNEKOEK MET KARAMELSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Hierdie is ‘n Amerikaanse pannekoek, amper soos ons plaatkoekies
Selato Demerara-suiker is ‘n rou suiker wat met ‘n swartstroop gemeng word met ‘n baie kenmerkende aroma, growwe tekstuur en volronde smaak.
1 1/2kp bruismeel
1 teel bakpoeier
Knypie sout
2 eetl Selati Demerara suiker
2 eiers liggies gelkits
250ml melk
60g botter, gesmelt
Gerasperde skil van 1 lemoen.
KARAMELSOUS:
80ml water
160ml Selati Demerara suiker
80ml vars room
METODE VIR SITRUSPANNEKOEIES MET KARAMEL STROOP:
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die suiker by die meelmengsel. Meng die eiers, melk, botter en lemoenskil. Voeg die melkmengsel by die meel en meng goed tot ‘n gladde beslag. Laat 20 min in die yskas rus. Roer die water en suiker in ‘n kastrolletjie tot die suiker opgelos is. (Dit is belangrik dat die water en suiker nie moet kook voordat die suiker opgelos is nie.) Laat vir 8-10min prut tot goudbruin moenie roer nie, haal dadelik van die stoof af en sodra ophou borrel, roer die room by. Meng goed. Verhit n kleefweerende pan, bak eetlepels vol van die beslag vir 1-2min tot daar borrels op die bokant vorm. Keer om en bak vinnig aan die ander kant. Stapel die pannekoekies opmekaar en giet die karamelsous oor voor jy dit voorsit.*Selati Suiker* .
Marlene van Eeden
PIESANG-EN-KARAMEL PANNEKOEKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
1 pak klaargekoopte crêpes
1 blik karamelkondensmelk
6 piesangs (hang natuurlik af hoeveel gaste jy het]
Metode:
Smeer 6 crêpes lekker dik met die karamelkondensmelk. Sommer tot op en oor die rande, moenie snoep wees nie.
Skil die piesangs af en rol ’n piesang in elk van die crêpes op.
Sny die piesang-rolle in die skuinste deur
Maak Botterkaramelsous en plaas n bakkie vol by vir die een wat lus het daarvoor  Helena 
*.


PANNEKOEK VAN GAAR MIELIEPAP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Moenie ‘n te groot pan gebruik nie
1 kp gaar mieliepap
4 kp koekmeel
4 eiers geskei
Knippie sout
½ kp olie
Metode:
Klits die eiergele by die gaar pap in, roer dan die koekmeell en sout by. Meng die olie met bietjie water en voeg by. Voeg nou nog koue water by om ‘n slap deeg te vorm. Klits die eierwitte styf en roer by die die deeg in. Laat rus in die yskas vir ‘n rukkie, bak dan die pannekoeke soos gewoontlik.* Vriendin Marie* .





Helena Kruger
PLAATKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
1 eier
2 teelepels suiker
¾ koppie melk
1 koppie meel
¼ teelepel sout
1 eetlepel botter, gesmelt
3 teelepels bakpoeier
Metode:
Klits die eier, maar sorg dat dit nie skuim nie. Voeg nou die helfte van die melk by asook die meel, suiker en sout en meng met ´n vurk. Roer die botter en bakpoeier by. Voeg die orige melk by en roer. Moet nou nie weer roer nie en laat staan vir ten minste 20 minute. Verhit ´n oliebesmeerde pan. Maak koekies met lepels deeg in pan. Wanneer daar borreltjies aan die bokant verskyn moet die koekies omgekeer word. Dit moet ligbruin aan beide kante wees.  12/1/11 HELENA ♥ .

Helena Kruger
PANNEKOEK BAKKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
3 eiers
120g meelblom [250ml]
30ml suiker
30ml kakao
300ml melk
30ml gesmelte botter


Metode:
Meng jou bestanddele vir jou Pannekoeke en maak klein pannekoekies
Plaas gaar pannekoekies in groot muffin pannetjies en bak dit vir so 10min. by 180*C of tot pannekoek bakkies bros is
Laat afkoel en vul dit met bv.sjokolade mousse
!!Mooi en Maklik 14/1/11 Helena♥ .


Helena Kruger
MELK-EN-WATER PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
1 k Koekmeel
1/4 t Sout
1/2 t Bakpoeier
3 Eiers
1/2 k Melk
1/2 k Water
1e Gesmelte Botter of olie
Ekstra olie om mee te bak
Metode:
Sif meel, sout en bakpoeier saam
Meng die eiers, melk en water goed
Klop dit by die meel
Laat staan 1h. Net voor die bakproses word die gesmelte botter bygevoeg en deurgeroer
Bak “Lekker” Rapport 10/4/11 “Ongeveer 12 Pannekoeke’





Helena Kruger
CRêPES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
300 ml koekmeelblom
1 ml sout
3 ekstra-groot eiers
250 ml melk
125 ml water
15 ml brandewyn
15 ml gesmelte botter
Metode:
Sif die meel en sout saam. Maak 'n holte in die middel. Klits die eiers, melk en water goed saam en voeg by die bestanddele. Klits stadig om te meng en dan vinniger tot 'n gladde beslag vorm. Roer die brandewyn en gesmelte botter by en laat staan vir 30 minute. Giet 'n dun lagie van die beslag in 'n klein pan wat met 'n bietjie botter of olie gesmeer is. Braai oor matige hitte vir een minuut, draai om en braai tot gaar aan die ander kant.
Dun, ligte pannekoekies van Franse oorsprong. Kan met soet óf sout vulsels en souse bedien word en is gewild as voor- of nagereg Lewer ongeveer 18-20 klein crêpes!!!!!!!Helena 1/10/10 

Helena Kruger
PLAATKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
375 ml bruismeel
5 ml bakpoeier
10 ml strooisuiker
Knippie sout
2 ekstra-groot eiers
310 ml melk
60 g gesmelte botter
Metode:
Sif die droë bestanddele saam. Klits die eiers, melk en gesmelte botter saam en voeg by die droë bestanddele. Meng tot 'n gladde, dik beslag. Laat staan vir 15 minute en skep dan lepelsvol in 'n warm pan met 'n bietjie olie. Braai tot goudbruin aan albei kante en sit voor.!!!Helena 1/10/10 *.


PANNEKOEK VULSEL
“CREPE A LA MEDITERRANEAN”

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Pannekoeke klaar gebak
500ml gaar spinasie
25ml vars kruie, gekap (dragon,basilie,of grasuie)
125ml maaskaas
125ml Cross & Blackwell Slaairoom
125ml gruyere kaas, gerasper
Geurmiddels
Metode:
Meng die spinasie, kruie, slaairoom en maaskaas. Geur goed. Vul die pannekoeke hiermee vou in horingkies. Sprinkel met gerasperde kaas. Plaas onder die rooster om bruin te maak voor opdiening. *Nestle boekie*  .

SEEKOS VULSEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
1 blik Garnale
250ml gaar vis (stokvis of monkvis)
1 blik aspersiepunte
Cross &Blackwell Trim “Seafood”
Tikkie Tabasco-sous
Swartpeper
Suurlemoenskywe, petersielie en rooipeper
Metode:
Meng al die bestandele saam buiten die laaste drie. Vul die pannekoeke en garner met die suurloenskywe, petersielie en rooipeper.   *Nestle boekie* .

ROSYNTJIE EN APPELVULSEL VIR PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
4 appels, ontpit, geskil en in skywe gesny
2 stukke gemmerkonfyt, fyn gesny
25ml gemmerstroop
75g ontpitte rosyne (125ml)
Metode:
Meng die bestandele en voeg 125ml water by. Prut by lae tempratuur tot appels sag is. Meng goed en proe daaraan. Voeg knippie sout en suiker by na smaak. Meng 12,5ml vlapoeier met ‘n bietjie water en voeg by mengsel. Roer tot gaar en vul pannekoeke daarmee. Sit net so voor of saam met konfytsous. ‘n Skeppie geklopte room bo-op is ook heerlik *Kosmater.


KONFYTSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
65g appelkooskonfyt of ander soort
Gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
250ml water gemeng met 12,5ml mieliebom
Knippie sout
Metode:
Meng al die bestandele en bring tot kookpunt. Roer gedurig en laat vir 1min by lae hitte kook. Giet deur siffie en sit saam met pannekoek voor. *Die pad na ‘n man se hart* Aug 2010
  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html


BOTTERKARAMELSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
90 g botter
200 g bruinsuiker
30 ml gouestroop
75 ml room
Vir die sous: Verhit die botter, suiker en stroop stadig oor lae hitte tot al die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en laat prut stadig vir 'n paar minute. Voeg die room by, verhit weer tot kookpunt en prut tot dik.  22/10/10 

Helena Kruger
BLOMKOOL-PLAATKOEKIES MET BILTONG EN ROOMKAAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
200g koekmeel
3g bakpoeier
2 sprietuie, fyngekap
1 eier
125ml melk
150g blomkool, geblansjeer, grof gekap
100g beesbiltong
20g roomkaas met grasuie gegeur
sout en peper vir smaak
sonneblomolie vir braai
Metode:
Meng die meel, bakpoeier, sprietuie, eier en melk saam. Voeg sout en peper by na smaak. Verhit die olie in `n braaipan.
Skep die mengsel met `n lepel in die pan en braai dit aan albei kante tot goudbruin. Die plaatkoekies sal oppof wanneer dit
gaar is.
OPDIENING:
Plaas die plaatkoekies op `n bord met lae biltong en roomkaas tussen in. Lewer 6 groot plaatkoekies.
uit ons kombuis 20/1/11 Baie oulike idee!!!Helena ♥ .


Easy Crumpets

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
By Nikki – Food.com
This is my mom's recipe for traditional crumpets (little pancakes, or flapjacks). They are great for kids and they are melt in the mouth! My mom used to make a huge amount to send to school for birthdays - what a hit!
Ingredients:
2 cups plain flour
3/4 cup granulated sugar
3 teaspoons baking powder
3 eggs
1 cup milk
2 tablespoons melted butter
Directions:
1  Mix everything, leaving butter for last.
2  Grease a flat bottomed frying pan or griddle.
3  Drop or pour small amounts of batter onto griddle.
4  Turn and cook other side when bubbles break on surface of crumpet.
5  Heat should be medium to get a deep, even golden colour.
6  Serve warm with butter and jam sandwiched together.

Plaatkoekies (pikelets or Scottish pancakes)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
RECIPE FROM RAINBOW COOKING
This recipe for South African plaatkoekies is from Scottish origin. "Plaatkoekies" litteraly means "little cakes baked on the griddle". It should not be confused with pannekoek (pancake).
Plaatkoekies are quick and easy to make and taste great. It can be served with coffee or as a light meal. They are about 7 cm in diameter each.
Plaatkoekies they are very similar to New Zealands iconic pikelets, the main difference being that pikelets are larger and made from a somewhat thicker batter.
Ingredients
¾ cup milk
2 eggs
1 tablespoon melted butter
¼ cup sugar
1 cup flour
1 ½ teaspoon cream of tartar
½ teaspoon baking soda
Pinch of salt
Optional: a pinch of nutmeg or ½ teaspoon vanilla
Method
Whisk eggs and milk. Add sugar and optional nutmeg or vanilla.
Sift flour, cream of tartare, baking soda and pinch of salt, whilst whisking with a fork.
Add melted butter and keep whisking.
Bake in a warm frying pan: Dropping tablespoons of mixture into the pan to form individual plaatkoekies.
Turn when bubble start forming below the surface. Cook until both sides are golden brown.
Serve immediately before it cools down.
Serving suggestions
You can serve it:
South African style with grated cheese and an assortment of spreads such as Lyle's syrup, honey, butter and Marmite (or New Zealand Vegemite).
The American way with maple syrup and crunchy bacon for breakfast
With morning tea in the traditional New Zealand way, spread with jam and whipped cream.

Marlé Buysse
Plaatkoekies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
1 eier
25 ml suiker
20 ml bakpoeier
250 ml koekmeel
1 ml sout
12,5 ml olie
125 ml melk
Klits die eier goed. Hou aan klits en gooi stadig die suiker by. Klits die helfte van die melk by die mengsel in. Hou die sif oor die mengsel. Gooi die meel, bakpoeier en sout in die sif. Sif die meel mengsel in die eier mengsel in. Roer goed en gooi die res van die melk by. Roer die olie by die mengsel in. Spuit die bodem van `n braaipan liggies en maak goed warm. As jy jou hand naby die bodem van die pan hou sal jy die hitte voel. Drup `n paar teelepels van die beslag op die bodem van die pan. Sodra borrels verskyn kan jy dit omdraai met `n eierspaan. Herhaal tot jy al die beslag opgebruik het. Hou die plaatkoekies warm deur hulle tussen twee lae kombuispapier te plaas..


Petra Mienie
VETKOEK / PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
3 kop meelblom
4 teel bakpoeier
sout
2 kop gerasperde kaas
ham gesnipper
3 eiers
1 ui fyn gekap
1 klein green pepper fyn gesny
Braai ui en gooi green pepper by. Haal van die stoof af.
Meng droe bestandele en roer kaas en ham by.
Gooi gebraaide ui en greenpepper by.
Meng geklitste eiers by.
Roer genoeg water by om n redelike slap deeg te kry.
Bak in warm pan wat met Cook en Spray gespuit is.
Bak soos pannekoek.
DIT IS MY EIE RESEP en julle kan hom varieer soos julle wil byv met bacon en mushrooms. Dit was baie lekker..

Mariette Visser
HEERLIKE  SPEK EN KAAS PANNEKOEKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
PROE SOOS WOOLIES SIN…
Dit het baie lekker uitgekom, julle! Ek het laaskeer wat ek dit gekoop het (en omtrent verstik het aan die prys!) die "label" afgetrek en gehou. Ek het die bestandele gelees en dit het basies geklink soos mayonnaise bestandele, bacon, kaas en room! En dis presies wat ek gebruik het! Ek het die bacon baie fyn opgesny en gebraai tot gaar en toe op kombuispapier gedreineer. Mayonnaise verryk met bietjie room en met die bacon en gerasperde kaas gemeng. Proe wraggies nes Woolies s'n!
Ek het gewone pannekoeke gebak en die vulsel oor die helfte van die pannekoek gesmeer en opgerol. Mens het net 'n klein bietjie vulsel (±1 vol eetl) per groot pannekoek nodig, want dis ryk en dis baie geurig.  Die vulsel is stewig, so dit bly netjies, ek het 1 pakkie bacon op 'n goeie vol koppie gerasperde kaas gebruik en dit toe net met die mayonnaise-roommengsel aangeklam tot dit smeerbaar is. Ek dink teveel van die mayonnaise gaan dit baie geil maak. Die room skat ek is om die mayonnaise 'n gladder, sagter smaak te gee. Julle moet dit probeer en my laat weet wat julle dink!.


Louise Roets Jan
VET KOEKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
500 ml koekmeelblom
2 ml sout
15 ml bakpoeier
300ml lou melk
Sif meel, bakpoeier & sout saam. Maak aan met melk tot 'n sagte deeg. Skep lepelsvol in warm kookolie & braai aan weerskante tot goudbruin.
Lewer 'n dosyn vetkoeke .


Peggy Devine
Vetkoek:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
5 k meel
10 g suurdeeg (groen kits)
6 t suiker
2 t sout
+- 700 ml lou water
Meng en knie baie goed. Smeer bietjie olie of botter bo-oor. Maak goed toe en laat rys. Knie deeg af. Bak vetkoeke in olie tot gaar.
Baie lekker!!! My man hom nie van gekoopte winkel deeg..

Annelie Sutherland
VETKOEKIES MET 'N VERSKIL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Vanaand het ek winkel-brooddeeg dun uitgerol, vierkante gesny, blokkies fetakaas en fyn biltong op gesit. Pakkies toegevou, kante goed toe gedruk en in diep olie gebak.vetkoekies. Heerlik..

Renee Bornman
Hierdie pannekoekresep kom uit Huisgenoot van baie jare gelede. Dis die enigste pannekoek wat ek van weet wat, indien daar enige iets oorbly, jy dit kan vries en weer kan opwarm sonder dat dit bros of taai is. Dis werklik onfeilbaar.
ONFEILBARE PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Brenda Lucke
4 eiers
1,25 L water
250 ml sonneblomolie
50 ml asyn
5 ml koeksoda
5 ml sout
4 x 250 ml, ongesif afgemeet, koekmeelblom
20 ml bakpoeier
Klits die eiers goed, voeg 250 ml van die water by en dan die olie en asyn.
Dan koeksoda, sout en meel om die beurt met die res van die water.
Roer die bakpoeier laaste by.
Laat staan vir ongeveer halfuur.
Indien die beslag te dik is kan nog bietjie water bygevoeg word.
Gebruik net 'n paar druppels olie in die pan vir die eerste pannekoek.
Bak gewoonweg pannekoeke van die beslag.
Lewer 30 middelslag pannekoeke.

Louise Groenewald
CERES PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Honene Bain Roux
1 Koppie Meel
1 Teelepel Bakpoeier
½ Teelepel Sout
2 Eiers
2 Koppies Melk
1 Eetlepel Olie
Meng deeglik.
Laat halfuur of langer staan.
Ek bak dit in 'n klein pannetjie, omtrent die grootte van 'n klein bordjie. Ek maak altyd die resep dubbel aan en dan lewer dit 16 pannekoeke. 4/5/12

Lorraine Weitz Brand
DEKADENTE PLAATKOEKIES / CRUMPETS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
'n Kosmater vertel:
"Hierdie resep het ek gekry nadat ek iemand omgekoop het (*bloos*) om dit vir my te kry. 'n Jaar of twee in die tjoekie is dit die moeite werd!! (",) As jy eers eenkeer hierdie resep gemaak het, sal jy nie sommer teruggaan na die "gewone" plaatkoekie resep nie. Geniet dit!!"


6 X 250ml koekmeel } ek gebruik sommer selfraising flour
90ml bakpoeier } en los dan die bakpoeier uit
250ml suiker
175ml margarien
Vryf botter in meel en sit in plastiese houer in yskas.
Wanneer nodig :
250ml mengsel
1 eier
Klein bietjie melk
Druppel olie
Genoeg vir 3 medium crumpets.
Braai in bietjie olie tot ligbruin albei kante.
Bedien met stukkies brosgebraaide bacon en Maple syrup.
My huismense is totaal en al versot hierop. Soms wissel ek die stroop af met bacon en roomkaas . . . dekadent!! .

Berie Smith
OONDPANNEKOEK:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
[Baie lekker] [ONBEKEND]
2 kop melk
2 eiers
1 kop koekmeel
1/2 t sout
2 eetl margarine
Verhit oond tot 180C en plaas bakplaat/pan binne met margarine (om solank te smelt).
Klits 2 kop melk en eiers saam.
Voeg eiermengsel geleidelik by meel en sout en klits tot alle klonte opgelos is.
Gooi mengsel bo-op gesmelte margarine (ek het sommer Spray & Cook gebruik) en bak ongeveer 30 min.
Sny in blokke en bedien met kaneelsuiker.
Hierdie is 'n baie maklike pannekoek, baie vullend en kan vir enige doel gebruik word. Hoe kleiner jou bak waarin jy dit bak, hoe dikker die eindproduk.
Gebruik as basis en voeg by wat jy wil - soet of sout.
(Ek het dit sout gemaak deur 'n blikke bully beef (al die vette afgekrap) effens warm te maak en fyn te druk. Daarna het ek dit gemeng met die pannekoekdeeg en ook 'n koppie gerasperdie kaas deur geroer. Ook so 'n titseltjie rooipeper en knoffelsout ingesit. Na 30 min het ek nog bietjie gerasperde kaas bo-oor gesprinkel en teruggesit in oond tot net gesmelt. Amper soos 'n tipe souttert. .

Nettie Theron Louw
LEKKER PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Hierdie is die enigste ene wat ek ken. Vermeerder soos wat dit vir jou mense nodig is – die ene lewer so 20 lekker groot pannekoeke.
3 koppies koekmeel
2 knippies sout
2 teelepels bakpoeier
4 koppies water
2 eiers
3 teelepels asyn
6 teelepels oliE
Sif die droë bestanddele drie maal saam (dit help glo dat die pannekoeke nie te swaar is nie, en ek sif dit nou al vir 20 jaar 3x!) en maak ‘n holte in die die meelmengsel.
Meng die water, eier, asyn en olie en voeg geleidelik by die meelmengsel terwyl jy dit meng met ‘n houtlepel of elektriese klitser. Laasgenoemde is baie minder moeite. Laat minstens ‘n halfuur staan (ek laat dit sommer ‘n uur staan) en klits dan weer voordat die pannekoeke gebak word.
Ek gebruik ‘n koperboom pan vir my pannekoeke. Maak seker dit is lekker warm. Vir die eerste ene, gooi ek bietjie olie in die pan, maar rerig BAIE min. Daarna het ek ‘n stukkie servet of tissue wat ek in die olie (in ‘n koppie) druk en dan vee ek net die pan daarmee voordat ek ‘n soplepel vol beslag daarin gooi. Die eerste twee flop gewoonlik omdat ek nie die pan kans gee om behoorlik warm te word nie. Geduld werk nie hier nie. Maar die worsies geniet die floppies!
Jy kan natuurlik jou pannekoeke vul met enige ding wat lekker is. Kaneelsuiker en stroop in vir my bo aan die lys vir pure lekkerte.
‘n Mince-mengsel (selfs kerrie as jy wil) werk wonderlik om dit in ‘n ete te omskep. Vul die pannekoeke met jou vleismengsel, pak dit in’n oondbak en strooi gerasperde kaas oor, bak vir so 10 minute, en jy het ‘n lekker ete. Met roomys en piesangskywe vir ‘n nagereg is uit die boeke


Marleen Basson Niemandt
SPAGETTI PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Kook 250g spagetti gaar soos altyd.
Meng met 1 gerasperde ui en 1 gerasperde greenpepper.
Is lekker as daar so klein warm rissie ook by is.
Meng alles met 2 geklitste eiers. Sprei elektriese braaipan met baksprei.
Gooi bietjie kookolie in. Gooi die spagettimengsel in sodat die bodem heeltemal bedek is. (Redelik dik).
Sit deksel op en bak tot die eier gestol is. Sny (afhangend van jou braaipan) in drie stukke.
Vou dit toe met lekker geurige maalvleis binne in. Soos 'n omelet amper.
Baie lekker as jy sommer kitssous (Kaassous) oorgooi. Kan dit regtig aanbeveel. xx .

Marietjie Swart
Melktertpannekoek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Deur Aletta Lintvelt- Weg tydskrif
Nou kan jy enige plek jou koek maak en eet! Probeer gerus ook ander vulsels soos geklopte room en sjokoladesmeer of lemon curd. Halveer die mengsels as jy minder gaste het.
Vir 1 groot koek (genoeg vir 20)
Voorbereityd 30 minute
Gaarmaaktyd 30 minute
Jy benodig
    +-35 pannekoeke
    (vir die vulsel)
    8 koppies melk
    120 g mielieblom
    120 g koekmeel
    1 ½ koppie suiker
    1 eetlepel vanieljegeursel
    1 stokkie kaneel
    6 eiers
    4 eetlepels botter
Só maak jy
Maak jou pannekoekbeslag aan en bak eers die pannekoeke, want die melktervulsel stol vining. Jy het ongeveer 35 pannekoeke nodig vir ’n stapel soos dié op die foto.
Meng die mielieblom, koekmeel, suiker en eiers saam en hou eenkant. Verhit die melk en kaneel in ’n kastrol en roer vinnig die eiermengsel daarby. Bring dit tot kookpunt en roer gereeld totdat dit verdik.
Bou die koek deur 2 eetlepels van die melktertvulsel op ’n pannekoek te smeer en dan ’n pannekoek bo-op te sit. Gaan voort tot die beslag en pannekoeke op is.
Versier die koek met appelskywe wat in botter en heuning gebraai is.
 

Riana Du Plessis
PLAATKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
2kop koekmeel
2 eiers
4 eetlepels suiker
1 eetlepel gesmelte botter
4 teelepels bakpoeier
halwe teelepel sout
1 kop melk
metode:
klits eiers en suiker saam
voeg halwe kop melk en botter by
sif meel, bakpoeier en sout saam
voeg by eiermengsel
voeg ander halwe kop melk by om gladde deeg te vorm
bak in pan in bietjie olie of "spray en cook" jou pan, werk netso goed! .

Maria Liebenberg
LEKKER BERE PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
Ek deel graag my resep.... dis heerlik en die volgende dag is die pannekoeke nie taai nie.
Ek hou die mengsel soms vir 'n dag op 3 in die yskas en bak pannekoeke soos die kids lus kry:
Whisk die volgende:
6 eiers
3 k melk
1 k water
50 ml asyn/suurlemoensap
5ml sout
5ml suiker
100ml gesmelte botter
Voeg by 3 k meel, en meng baie goed. Ek gebruik my braun.Uit-Inpakkos .


Chanel Pringle
ROOI FLUWEEL PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
250 ml karringmelk
3 eiers
5 ml witasyn
250 ml melk
45 ml kakaopoeier
1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
5 ml neutmuskaat (nutmeg)
170 g (300 ml) koekmeel
Roomkaas-sous
250 ml roomkaas
100 g witsjokolade
80 ml melk
125 g frambose
Plaas karringmelk, eiers, asyn en melk in mengbak. Klits tot goed gemeng.Voeg kakao en kleursel by en meng goed. Sif neutmuskaat en koekmeel by en meng tot gladde beslag. Laat rus in yskas vir 35 minute.Verhit ’n kleefvrye pan die grootte van jou keuse oor matige hitte. As jy nie ’n kleefvrye pan gebruik nie, drup ’n paar druppels sonneblomolie in pan en vee oor die bodem met kombuispapier. Skep ’n klein bietjie beslag in pan tot bodem bedek is. Draai om met slaplemmes wanneer borrels begin verskyn. Braai verder vir sowat 30 sekondes of tot gaar.Hou warm. Herhaal tot al die deeg opgebruik is.
Roomkaas-sous
Plaas roomkaas, sjokolade en melk in middelslag-pot. Roer oor lae hitte tot gladde mengsel. Sit warm pannekoeke voor met sous en vars frambose. Jy kan dit ook versier met eetbare bladgoud

Elda Lombard
PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
750ml. Koekmeel
15ml bakpoeier
3. Eiers
5ml sout
1L. water
Bietjie olie
Metode
1 Meng al die bestandele en bak in warm pan tot gaar
Olie om in te bak.


Izzane 'Rossouw' Linstrom
Klein Pannekoek reseppie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
my pannekoek resep maak net 12, en die kids is mal daaroor.
1 kop Bruismeel,
2 kop melk,
3 eiers,
knippie sout,
1 teelepel vanilla,
meng goed en bak in klein bietjie olie .


Elda Lombard
Huisgenoot 1989
Blomkool - plaatkoekies met biltong en roomkaas

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
200g koekmeel
3g bakpoeier
2 sprietuie, fyngekap
1 eier
125ml melk
150g blomkool, geblansjeer, grof gekap
100g beesbiltong
20g roomkaas met grasuie gegeur
sout en peper vir smaak
sonneblomolie vir braai
METODE
Meng die meel, bakpoeier, sprietuie, eier en melk saam.
Voeg sout en peper by na smaak.
Verhit die olie in `n braaipan.
Skep die mengsel met `n lepel in die pan en braai dit aan albei kante tot goudbruin. Die plaatkoekies sal oppof wanneer dit
gaar is.
OPDIENING:
Plaas die plaatkoekies op `n bord met lae biltong en roomkaas tussen in.
Lewer 6 groot plaatkoekies .


Helena Kruger
Jamie Oliver se Maklike Flapjacks:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
1k Meel, 1k melk, 1eier. Maak nie saak hoe groot die koppie is nie. Die melk/meel verhouding is dieselfde. Meng bestandele goed saam. Verhit bietjie olie in n pan. Verwyder olie en gooi lepels vol van die mensel in die pan. Wag tot fyn borreltjies gevorm word en draai om. Bak tot bruin en bedien met jou gunsteling stroop. Morne!!!Junie 2010


Lorraine Weitz Brand
 Jolene, probeer hierdie een. Ek gebruik dit eintlik vir crumpets maar ek is amper seker dit sal werk vir wafels. Laat weet my as jy dit probeer het. Dir is ongelooflik lekker en "crispy" .
CRUMPETS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
6 X 250ml koekmeel } ek gebruik sommer selfraising flour

90ml bakpoeier } en los dan die bakpoeier uit
250ml suiker
175ml margarien
Vryf botter in meel en sit in plastiese houer in yskas.
Wanneer nodig :
250ml mengsel
1 eier
Klein bietjie melk
Druppel olie
Genoeg vir 3 medium crumpets.
Braai in bietjie olie tot ligbruin albei kante.
Bedien met stukkies brosgebraaide bacon en Maple syrup.*17/12/12



Moira Botha Dyer
Helena ek het een wat ek maar altyd gebruik. Kannie onthou waar ek dit gekry het nie!!
PANNEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pannekoek-vulsels.html
1 kop olie/
6-7 kop water/
 2 eetlepels asyn of brandewyn/
4 kop koekmeel/
3 eiers/
4 teelepels bakpoeier/
1 teelepel sout.
 METODE:
 Klits eiers, olie, asyn en 1/2van water. Sif meel en sout saam en meng in eier mengsel om die beurt saam met res van water (as mengsel regte dikte het los van die water uit). Meng goed en laat staan 5min. Meng nou die bakpoeier in. Bak in baie lekker warm pan anders sit dit vas. (Ek gooi maar so titsel olie in na elke pannekoek). Sit in kaneel en suiker besprinkelde bodem van bak - 1ste een en bo-oor en maak toe met deksel sodat suiker/kaneel kan intrek. Ek hou so paar eenkant sonder suiker/kaneel en maak sommer ons eie wraps**5/4/13.
SUPER MAKLIKE PANNEKOEK
2 eiers,
2 ½  koppies water en
5ml sout.
En dis maar al!!!!! Meng als goed saam.

Lewer omtrent 30 pannekoeke.
 Ek maak dit al vanaf die ouderdom van om en by 10 jaar. Dit was my verantwoordelikheid om vir al ons kleinkinders pannekoeke te bak wanneer hul eerste tand in sig  is. .
Ek het die maklikste en baie goedkoop resep.
sy geheim is net die beslag moet eers so 20 min staan.
6 eiers 
6 koppies water 
bietjie sout.
3 koppies koekmeel.
klits alles goed saam.dit is heerlik.
.


125g Self Raising Flour
Pinch of Salt
1 tablespoon Caster Sugar
1 Egg
150ml Milk
Oil for frying

Method:
Sieve flour, salt and caster sugar into a bowl.
Add the egg and beat while adding the milk. Mix until mixture becomes smooth.
Cover and allow to stand for about an hour.
Heat a little oil on a pan and drop spoonfuls of the mixture onto pan.
When mixture is puffed and bubbling on top, turn and cook on other side.
Serve hot or cold.
Serving Suggestions
Serve with butter and jam.
Delicious hot, with butter.
Serve with honey.
crème fraiche and fresh fruit.
.

No comments:

Post a Comment