Friday 25 January 2013

PAMPOEN /MURGPAMOEN/ BUTTERNUT






Pampoenpiekel
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/inmaak-groente-vrugte.html
Die piekel is dadelik reg om ge-eet te word, maar sal ook ‘n maand lank in die yskas hou
*Huiskok*.
Maak 1 groot fles of 2 kleiner flessies
800 g pampoen (botterskorsie kan ook gebruik word)
15 ml olie
2 medium uie, gekap
5 cm vars gemmer, geskil en gekap
1 brandrissie, gehalveer met sade behou
5 ml fyn koljander
5ml fyn komyn
10 ml bruin mosterdsade
1 steranys
2 kardemom peule
10 ml borrie
Groot knippie sout
25 ml mielieblom
250g strooisuiker
300 ml wit druiweasyn of appelasyn
Metode
Skil die pampoen en sny in 1,5 cm blokkies. Kook die blokkies in kokende water tot vurkgaar. Dit moet steeds ferm wees om hul vorm te behou. Dreineer.
Braai die uie, rissie en gemmer tot sag en die uie glaserig is, maar nie bruin is nie. Gooi die fyn koljander, steranys, mosterdsade, kardemom, borrie en sout by en braai 1 minuut.
Strooi die mielieblom oor, roer deur en voeg dan die suiker by. Roer die asyn geleidelik by. Laat stadig kook tot die sous verdik het (sowat 6 minute). Roer die gaar pampoenblokkies liggies by tot goed deurwarm.
Skep die piekel in warm, gesteriliseerde flesse en bedek. Laat afkoel en plaas in yskas.
26/4/12**.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment