Saturday 26 January 2013

TAMATIE BLATJANG EN SOUSE


SPAGHETTI EN TAMATIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
25 groot Tamaties
5 groot Uie ringe gesny
½ t Rooi pepper
1 k Appelkooskonfyt
½ t fyn Naeltjies
1 t Neut
2 e Sout
1 k Suiker
180 ml Asyn
1 Pak Spaghetti


METODE:
Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner
Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti.
Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm!!
Helena Kruger" 31/1/10*.

                                                 
                     
TAMATIE EN SPAGHETTI
 Helena Kruger 17/02/2015


TAMATIE, KNOFFEL en CHILLIE, BLATJANG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
*eie resep*
1,5kg tamaties, gekap
2 uie gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
15ml vars gemmer, gerasper
500g Chillies gekap [as jy hou van brand los die pitte in]
2k asyn en 

500ml suiker


METODE:
Meng al die bestanddele, saam en prut
vir 40 minute met die deksel op.
Roer geleidelik totdat al die suiker opgelos is en bring tot kookpunt.
Prut vir 1 uur sonder die deksel tot dik. Roer
en passop vir brand..Helena Kruger"
*



TAMATIE-EN-KNOFFEL-BLADJANG 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
2 kg tamaties, gekap
2 ui, gekap
6 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml vars gemmer, gerasper
8 ml wonderpeper (pimento)
1k suiker
125ml Appelkooskonfyt
1ml sout
250ml All Gold Tamatiesous


METODE:
Meng al die bestanddele, behalwe die suiker, saam en prut vir 40 minute met die deksel op. Voeg die suiker by. Roer geleidelik totdat al die suiker opgelos is en bring tot kookpunt. Prut vir 1 uur sonder die deksel tot dik. Baie lekker!!!!Helena Kruger" 16/10/10 



GEURIGE TAMATIESOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
30 ml olie
1-2 ui, gekap
1-2 knoffelhuisies, gekneus
1 wortel, fyn gekap
½ lourierblaar
1.5 kg vars tamaties, fyn gekap
10 ml gedroogde basiliekruid [5ml vars]
20 ml wit muskadelwyn
30 ml pietersielie, gekap
30ml suiker
30ml Sweet-Chilli sous
20ml Asyn
Sout en Peper na smaak


METODE:
Verhit die olie en soteer die ui en knoffel effens.
Voeg die res van die bestanddele by en laat prut die sous 30 minute lank, of totdat dit dik is.
Bedien saam met lekker pap en vleis!!!Of gebruik as n sous vir pasta!!!bottel en bere n groot hoeveelheid in jou yskas!!!!
Helena  Kruger" 27/10/10 


Tamatie blatjang

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Dalene Brits
Hierdie is devine!
Dit sal beslis byval by een en almal vind. Verál saam met braaivleis.
2,5 kg ryp tamaties
1 kg uie, geskil
2 groen soetrissies, ontpit
250 ml water
1 kg suiker
500 ml wit asyn
15 ml sout
15 ml kerriepoeier
15 ml droë mosterd
10 ml gemaalde koljander
10 - 15 ml rooipeper

Metode:

Maak 'n kruisie bo-op elke tamatie en dompel dit in kookwater. Laat eenkant tot velle loskom. Trek velle af, kap tamaties saam met die uie en soetrissies fyn en voeg die sout by.
Kook saam vir sowat 30 minute.
Meng water, suiker, asyn en res van bestanddele saam. Voeg by tamaties. Roer tot suiker heeltemal opgelos is.
Kook sowat 1 uur of tot verlangde dikte. Bottel kokend.

Bron:  Landboucom 
Geplaas deur: Dalene Brits  14/01/15

TAMATIESOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Gebruik lekker ryp tamaties vir die maak van tamatiesous
5kg tamaties
5 groot uie
750ml bruin asyn
500g wit suiker
15ml gemaalde gemmer
15ml gemaalde koljander
15ml sout
10ml gemaalde naeltjies
5ml rissiepeper


METODE:
Sny die tamaties in stukke op. Skil die uie en sny dit ook in stukke op. Maal die tamaties en uie, en voeg die res van die bestandele by. Kook dit totdat die tamaties baie sag is. Vryf die mengsel met ‘n houtlepel deur ‘n sif of versap dit en giet dit deur ‘n sif. Gooi die tamatiepitjies en skilletjies weg. Kook die sous oor matige hitte tot verlange dikte. (Kan ook bietjie mielieblom met water aanmaak en bysit indien verkies) Bottel die sous warm en verseel  



INGELGDE KRUIE TAMATIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Dié kruietamaties is ideaal om as deel van 'n mezze-bord voor te sit, of voeg dit by pastasouse of slaaie
1 kg klein pruimtamaties
4 knoffelhuisies, gekap
10 ml droë basilie
5 ml droë origanum
10 ml suiker
6-8 takkies vars tiemie of
suurlemoentiemie
30 ml suurlemoensap
500 ml suiwer olyfolie


METODE:
1    Verhit 'n groot kastrol met water tot kookpunt. Maak 'n groot bak vol yswater en hou dit byderhand.
2.    sit die tamaties in die kastrol met kookwater. Kook dit vir twee minute, skep dit uit met 'n gaatjieslepel en sit dit dadelik in die yswater. Los dit vir 'n paar minute in die water en pak dit dan op 'n dubbele laag kombuispapier om te dreineer.
3.    sny elke tamatie in die lengte oop, maar moenie regdeur sny nie - die twee helftes moet nog aan die een kant aan mekaar vas wees. Maak die tamaties oop en pak dit met die vleiskant na bo op 'n gevoerde bakplaat. bak dit in die warm oond vir 45 minute of tot dit begin opkrul. Meng die knoffel, kruie en suiker saam en voeg 15 ml sout en 5 ml varsgemaalde swartpeper by. sprinkel 'n bietjie van dié
4.   Mengsel oor die een helfte van elke tamatie en vou dit toe. sit die tiemietakkies in twee gesteriliseerde flesse. Pak die tamaties in lae in die flesse met die tiemie aan die kant van die fles. Meng die suurlemoensap en olyfolie en gooi dit oor die tamaties om dit te bedek. Voeg nog olie by indien nodig. sny sirkels uit waspapier en druk dit in die nekke van die flesse sodat die tamaties onder die vloeistof bly. seël dit goed. sit dit vir twee dae in die yskas voor jy dit gebruik. Die tamaties sal vir tot 'n maand in die yskas hou. Laat dit vir 'n uur teen kamertemperatuur staan voor jy dit voorsit
Om Mexikaans-, Marokkaans- of Indies-gegeurde tamaties te maak, sprinkel die regte vryfmengsel oor die tamaties pleks van die kruie en knoffel. Pak dit dan in die flesse. Vir pikante tamaties, voeg 10 tot 15 ml fyngedrukte droë rissies by die knoffel en laat die kruie weg 19/1/11 IDEES” Helena Kruger
*. 





GEDROOGTE TAMATIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
IN DIE SON GEDROOG

Om tamaties buite te droog, duur ‘n paar dae. Beskerm teen stof, voels, vliee en muggies en onthou om dit snags in die huis in te bring. Skil stywe, ryp tamaties en sny die stingelogies uit. Halveer die tamaties of sny dit in dikkerige skywe. Pak in ‘n enkel laag oop op bakplate wat dik met plastiek uitgevoer en gesmeer is. Droog die tamaties in die son totdat geen vogtigheid meer uit gedruk kan word nie, die kleur verdonker het en dit effens gekarameliseer lyk. Draai die tamaties af en toe tydens droging om.
GEBRUIKE:
Week songedroogte tamaties 5min lank in kookwater. Dreineer en druk dit met handdoekpapier droog. Pak dit laag op laag in ‘n fles, steek hier en daar ‘n lourierblaar in en vuldie fles met olyfolie, die olie moet die tamaties met minstens 1cm bedek. Bewaar dit op ‘n koel, donker plek. Begin dit na 2 weke gebruik.*Lekker vir later*
DROGING IN DIE OOND
Halveer ferm ryp tamaties oorlangs en krap al die pitjies uit. Plaas die halwes op gesmeerde bakplate met gesnyde kante na bo. Bedruip dit met bietjie sonneblom- of olyf olie en geur die liggies met sout en peper. Strooi ook ‘n bietjie strooisuiker oor. Droog die tamaties ‘n halfuur lank by 100°C uit en daarna by 70°C totdat dit droog en verkrimp lyk, maar steeds sag is, draai die tamaties af en toe om en druk dit met ‘n spaan plat wanneer die droogproses einde se kant toe staan. Laat die tamaties afkoel. Besprinkel met bietjie wit asyn en druk dat daarna droog met papierhanddoek voordat jy dit verpak.
GEBRUIKE:
Pak gedroogte tamaties in ‘n fles, voeg geskilde knoffel, ‘n paar peperkorrels en vars kruie soos roosmaryntakkies en lourierblare by en vul die houer tot 2cm bo-kant die tamaties met olyf- of sonneblomolie. Bewaar op ‘n koel, donker plek.*Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.  #sundried;  #songedroogtetamaties; ##sundriedtomatoes


OOND GEDROOGDE TAMATIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Heerlik is in slaaie en op ‘n tapasbord met kaas, olywe en vars brood!
(Maak 2 x 250 ml bottels)

groot handvol roosmaryntakkies
 8 tamaties, in die lengte middeldeur gesnyolyfolie, growwe sout, varsgemaalde swartpeper, na smaak 8 huisies knoffel, geskil en gehalveer 400 ml olyfolie (ongeveer) Plaas die tiemie en roosmaryn op ‘n bakplaat. Pak die tamaties, gesnyde kant na bo, bo-op die kruie. Sprinkel met olyfolie, sout, peper en knoffel. Droog by 60°C vir ongeveer 6 ure, tot leeragtig. Plaas die sagte gedroogde tamaties in ‘n gesteriliseerde houer en giet genoeg olyfolie daaroor om heeltemal te bedek. Dit sal 3 tot 6 maande in die yskas hou.
 
Bron: Pasella Resepte *30/4/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



TAMATIEPASTA 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Sny papryp tamaties in stukke op en vryf dit met ‘n houtlepel deur ‘n fyn sif of verpulp dit in ‘n voedselverwerker.
Kook die pulp tot die helfte minder af.
Vryf dit weer met ‘n houtlepel deur ‘n fyn sif.
Kook hierdie pulp to...tdat dit tot ‘n stroperige bestandheid verdik.
Pers dit deur ‘n stukkie kaasdoek.
Bewaar die pasta in die koel- of vrieskas.
Onthou 15ml tamatiepasta vervang 100ml fyngemaakte vars tamaties.
*Lekker vir later*
*



TAMATIEPUREE 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Skil ryp tamaties, sny dit in stukke en verpulp dit in ‘n voedeselverwerker of maal dit.
Verhit die pulp stadig tot kookpunt, roer dit af en toe en prut dit met di deksel op totdat ‘n duk puree gevorm het.
Vryf die puree deur ‘n grow sif of maak dit in ‘n voedselverwerker fyn.
Vul inmaakflesse tot 5mm van die borand af met die puree.
Verseël die flesse, maar draai die kroefringe a halwe draai los.
Plaas die flesse op ‘n vals boom in ‘n waterbad.
Steriliseer die puree 25min lank by 100°C.
Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas.
Onthou 15ml van hierdie puree vervang 50ml fyngemaakte vars tamaties. * Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Marina Hamilton-Walker

Lekker Macaroni Tamatie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
10 groot tamaties
8 groot uie
Skil en sny in blokkies
Braai in groot pot tot dik en taai teen matige tempr.Roer kort kort tesame met:
1 kp suiker
1 teel peper
1 teel neut
¼ teel naeltjies
25 ml sout
125 ml appelkooskonfyt
Voeg dan by:
¼ pak noodles van jou keuse
½ kp asyn
Kook vining deur. Vries of bottel.
HEERLIK (met komplimente van Marina’s kitchen)
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

Songedroogde tamaties

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Halveer tamaties wat lekker ryp is.
Sit oopkant na bo in oond.
Strooi sout en suiker oor.
Droog soos met beskuit.
Dit moet nog elasties wees.
Bedek met olyfolie in bottels.
Sit lourierblaar,
´n paar peperkorrels en takkie roosmaryn in bottels.
Helena.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.


TAMATIEBLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Heerlik by viskoekies of frikkadelle, of smeer ‘n bietjie oor pizzas voor jy hulle bak.
2,5kg rooi ryp tamaties in kookwater gedompel, in yswater verfris en skil afgetrek.
6 groot uie geskil en gekap
12 vet knoffelhuisies geskil en fyn gemaak
30ml sout
15ml paprika
3ml rissiepoeier
1 x 284ml botteltjie moutasyn
500ml suiker
3ml naeltjies
3ml neutmuskaat
3ml kardemoonsaad (opsioneel)
25ml suurlemoensap


METODE:
Skep alle bestandele, suurlemoensap uitgesonder, in kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos het. Verhoog hitte tot matig en kook tot mengsel dik is – dit duur sowat 2ure. Verlaag hitte sodra mengsel begin verdik, want die hoë konsentraat suiker sal blatjang laat aanbrand. Proe- dis soet – geur met bietjie ektra sout en peper indien nodig. Roer suurlemoensap laastens by mengsel en laat nog 1-2min kook. Skep in warm gesteriliseerde flesse en verseël of laat afkoel en skep in geskikte houer. Bêre tot 2 weke lank in yskas en gebruik wanneer nodig. * Rooi Rose
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

TAMATIE SOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
4 kg tamaties in blokkies
1kg uie
5kp suiker
400ml asyn
Kook alles saam tot sag.
Meng die volgende:
3/4kp asyn
½ kp water
3 eetl mostertpoeier
2 ½ teel sout
2 eetl Kerrie
4 eetl maizena
1 ½ teel borrie


METODE:
Kook vir ongeveer 15min, roer gedurig en voeg by eerste mengsel. Kook goed deur en bottel warm. Kan koud of warm bedien word saam met braaivleis, op pap of net waarby jy wil, dit is ‘n heerlike sous om altyd in jou yskas te he.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.


Dalene Brits

TAMATIE CHUTNEY

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Gebruik op French Toast, Burgers of Savoury muffins.
10 Tamaties
500g Suiker
500ml Wit Wyn Asyn
2 Uie, fyngekap
3 vars Rooirissies, fyngekap en pitte verwyder
4 Pruime, dun gesny
1 Ster Anys
1 stokkie Pypkaneel
Sout en Peper
Tiemie, verwyder van stam


Metode
1. Kook suiker, uie, asyn, chillies, tiemie, anys En kaneel tot dik stroop.
2. Verwyder skil van tamatie sowel as sade binne-in. Sny in blokkies asook pruime.
3. Wanneer stroop dik soos heuning is, verwyder kaneel en anys.
4. Voeg tamatie en pruime by en kook weer tot dik.
5. Voeg sout en peper by.
6. Gooi warm in gesterilseerde bottels.
Kan ook sonder pruime gemaak word, Dan word pruime bo-op as versiering gebruik.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.


Maré Nieuwoudt

TAMATIE EN UIE SMOOR

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Mienke, so maak ek dit: Braai sommer lekker klomp uie, miskien so 4 grotes, kyk dat jy lekker ''pap'' tamaties kry waarvan die vel af is(gooi kookwater oor en laat ruk staan, gooi dan water af en tap sommer koue water op om gou af te koel e...n trek skille af)en voeg by die uie as die uie so bruin begin word. Voeg nou jou sout, peper(ek verkies wit), suiker na smaak en knoffelhuisies wat fyn gesny is by(hang van jou af hoeveel knoffel) en as dit begin kook, sit deksel skuins en kook totdat dit begin dikkerig sous vorm, roer nou en dan, ek verdik dit sommer met ''mazeina'' ook, sodat dit nie te loperig is nie veral as jy dit op broodrolle wil gebruik.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.


SAKI SE TUISGEMAAKTE TAMATIESMOOR

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
5 groot, ryp tamaties
2 middelslag-uie
30 ml olyfolie
6 knoffelhuisies
4 takkies (so 5 cm elk) vars roosmaryn
growwe sout na smaak
45 ml gladde heuning


Metode:
“Kruis” tamaties (druk met ’n skerp messie ’n kruisie aan die onderkant). Sit tamaties in ’n kastrol en gooi ’n ketel kookwater oor. Glip skilletjies af en sny kroontjies uit. Sny tamaties in blokkies. Skil uie en sny in fyn blokkies. Gooi tamaties en uie in gietysterkastrol. Voeg olyfolie by. Kook teen medium-hitte vir sowat 1 uur. Druk knoffel met ’n breë vleismes plat, verwyder skilletjies en breek in growwe stukke. Gooi by tamaties in kastrol. Pluk roosmaryn, spoel af en gooi heel takkies by. Voeg growwe sout na smaak by. Kook vir nog ’n uur en proe of die smoor “gaar” en deurgekook is. Roer heuning in en laat dit deurkook. Laat prut vir nog so 15 minute. Proe weer of alles gaar genoeg is. Indien nie, laat nog 15 minute kook.  18/1/12*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.  Bron: SARIE KOS
 

No comments:

Post a Comment