Saturday 26 January 2013

KERRIE KOOL

                                                        

TAMATIE- KERRIE KOOL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kool-raap-blomkool.html
*eie resep*
Helena Kruger
1 1/2 kg gekerfde kool
1/2kg gekerfde uie
4 wortels gerasper
METODE:
Gooi alles in kastrol en kook vir 10min
Dreineer goed en gooi Skoon water op en kook tot sag. Dreineer en maak jou sous
Sous:
4k asyn
3k suiker
150ml appelkooskonfyt
125ml Sweet-chilli sous
2 blikkie of pakkie Tamatie Pasta
1k water
2t Matige kerrie [of sterk]
1 1/2t borrie
1t fyn koljander
2t sout
2t fyn gemmer
125ml Mielieblom[ Maziena]
METODE:
Kook alles vir so 3min. Gooi die gedreineerde koolmengsel by en kook 5-10min. Maak jou mielieblom aan met n bietjie water en gooi by tot die regte dikte en kook tot gaar. Bottel warm!!!!N.S dit is baie lekker..Dit is amper soos n lekker blatjang Helena Kruger 23/06/2010
Foto>Helena KrugerLekker Resepte vir die Jongergeslag*


 KERRIE KOOL MET TAMATIE EN HAWAIN STIRFRY BY>Helena Kruger >2/05.2015



KERRIE KOOL MET TAMATIE EN HAWAIN STIRFRY

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kool-raap-blomkool.html
*eie resep*
Helena Kruger
1 1/2 kg gekerfde kool[ 13 koppies gekerfde kool]
1/2kg gekerfde uie [5 groot uie gekerf]

METODE:
Gooi alles in kastrol en kook vir 10min
Dreineer goed en gooi Skoon water op
Voeg 1kg Hawain Stirfry by
Kook tot sag
Dreineer  n bietjie en maak jou Sous

Sous:

3k asyn
3k suiker
150ml appelkooskonfyt
125ml Sweet-chilli sous

1blikkie of pakkie Tamatie Pasta

2-3k water
2t Matige kerrie [of sterk]
1 1/2t borrie
2t sout
2t fyn gemmer
Klein bietjie Tiemie[opt]

125ml Mielieblom[ Maziena]
METODE:
Kook alles vir so 3min.
Gooi die gedreineerde koolmengsel by en kook 10min.
Maak jou mielieblom aan met n bietjie water en gooi by tot die regte dikte en kook tot gaar.
Bottel warm!!!!N.S dit is baie lekker...







KERRIE KOOL EN BROCCOLLI SLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kool-raap-blomkool.html
*eie resep*
Helena Kruger
1 1/2 kg gekerfde kool[ 13 koppies gekerfde kool]
1/2kg gekerfde uie [5 groot uie gekerf]

METODE:
Gooi alles in kastrol en kook vir 10min
Dreineer goed en gooi Skoon water op
Voeg 1kg Gevriesde Broccolli by
Kook tot sag
Dreineer  n bietjie en maak jou Sous

Sous:

3k asyn
3k suiker
150ml appelkooskonfyt
125ml Sweet-chilli sous
2-3k water
2t Matige kerrie [of sterk]
1 1/2t borrie
2t sout
Knippie Neut
125ml Mielieblom[ Maziena]
METODE:
Kook alles vir so 3min. Gooi die gedreineerde koolmengsel by en kook 10min. Maak jou mielieblom aan met n bietjie water en gooi by tot die regte dikte en kook tot gaar. Bottel warm!!!!N.S dit is baie lekker...
26/05/2015* Helena Kruger





KERRIE KOOL


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kool-raap-blomkool.html
2kg Kool fyngekerf
1 1/2k ui fyngekerf
15ml Sout
25ml Mielieblom [Maziena]
625ml Asyn
25ml Kerrie poeier
750ml Suiker
750ml Water
METODE:
Kook kool en uie tot so halfpad gaar en gooi water af
Gooi weer 750ml water by en kook tot sag en gaar
Meng Kerrie, suiker, en asyn en voeg by
kook so +- 5min
Maak mielieblom aan met n bietjie water en roer by kook tot dik
PASOP dit kan nou brand bottel warm
N.S...Ek kerf so 8-10 Peppedews fyn en voeg dit saam met die kerrie by lyk mooi die rooi stukkies tussen in..Saam met braaivleis of as n smeer op n broodjie baie lekker!!!!!!Helena Kruger"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


KERRIEKOOL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kool-raap-blomkool.html
Snipper kool fyn, kook saam:
2kg kool
1kg uie
1 eetl sout
METODE:
Kook vir 30min in genoeg water om kool toe te maak.
Dreineer kool deur ‘n sif en voeg by die volgende stroop wat net gekook het.
3kp asyn
2kp suiker
3 eetl maizena
2eetl Kerrie
1 eetl borrie
1 desert lepel mostert
METODE:
Kook weer kool en stroop vir 5min saam. Bottel kokend.



No comments:

Post a Comment