Monday, 28 January 2013

KERRIE ALGEMEEN

                                                    

BUNNY CHOW

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html
Ek vra die Indierwinkel om die speserye vir my te meng , koljander , masala, komeinsade , kardemondade, en dan voeg ek ook die sade by wat jy kry as jy 'n pakkie biryani mix koop , vra hom om vir jou speserye te meng vir lamskerrie , of ander vleis van jou keuse.
Ek het blokkies lamsboud gebruik en self brood gebak.
8/5/14* Frans Odendaal *
   Foto>Frans Odendaal


    
BUNNY CHOW

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html
koop heel brode (ongesny), sny in 3 dele of andersins koop klein broodjies waarvan jy die koppe
kan afsny. Dit word gevul met 'n kerrie vleis mengsel wat kan wees hetsy skaap, bees of maalvleis.
Die vleis maak jy gaar volgens jou smaak van sterkte, sit blokkies aartappel en groente in.
Skep dan die vleismengsel in die stuk brood en sit die stuk wat jy uitgehol het binne, bo-op.
Dit word saam met die sous ge-eet. Heerlik*

Ida Bouwer *Foto Frans Odendaal.



Hilda Dates Steyn
SAMBALS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html

My man is gaande oor kerriekos. Ek deel graag verskillende sambals wat met kerriedisse bedien kan word. NOTA:... Die rissies in elke verskillende sambal moet ontpit en gekap word.

AVOKADOSAMBAL
2 avokado's * 250ml natuurlike jogurt* 4 brandrissies* vars koljanderblare gekap.

TAMATIE-EN-BRANDRISSIESAMBAL
2 rooi ryp tamaties, ontpit, in klein blokkies gesny* 1 rooi ui, fyngekap* 2 rooi brandrissies.
WORTELSAMBAL
5 groot wortels, grof gerasper* 1 ui, gekap* 2.5ml knoffel, gekneus* 1 brandrissie* 30ml suurlemoensap of wit wynasyn* 5ml suiker.
KOMKOMMERSAMBAL
1 Engelse komkommer, grof gerasper* 10ml sout* 5ml knoffel, gekneus* 1 brandrissie* 30ml wit wynasyn* vars koljanderblare, gekap..


Therese Van Den Berg

BUNNY CHOW

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html
To serve
1 half onion, thinly sliced
2 medium tomatoes, seeded and diced
30 ml PnP lemon juice
1 loaf white bread, quartered
1 tub PnP plain yoghurt, low-fat
1 bunch coriander, to serve
Main Ingredients
1 medium onion, diced
3 cloves garlic, chopped
3 centimetres knob fresh ginger, chopped
1 medium chilli, chopped (optional)
1 star anise
1 cinnamon stick
4 cardamom pods
500 grams lamb mince
3 tbsp curry paste
1 tbsp garam masala
8 curry leaves, (16 if dried)
3 tbsp tomato paste
2 tsp PnP sugar
2 cups water
2 medium carrots, peeled and sliced
1 pinch salt and milled pepper
1 can PnP butterbeans, drained
Heat a glug of oil in a large pan and fry onions until soft
Add garlic, ginger, chilli, star anise, cinnamon, cardamom and fry for another minute.
Add mince and fry until well browned
Add remaining ingredients, except butter beans. Simmer for 1.5 hours, adding more water if needed.
Add butter beans and cook for a further 20-30 minutes
Mix onion and tomato with lemon juice. Set aside.
Make a hollow in each quarter chunk of bread by removing some of the soft dough.
Fill each hollow with plenty of curry and top with salsa, yoghurt and fresh coriander *

Pick 'n Pay se resep:

Louise Groenewald

Thai Green Curry With Noodles

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html
500g Pork Fillets, at room temperature
(can be replaced with chicken breasts or beef)
Robertson’s Exotic Thai Seasoning
Freshly ground Black Pepper
25g Butter
25ml Oil
5 - 20ml Thai Green Curry Paste (depending on brand)
Some brands are very hot, taste to make sure after adding 5ml.
1 Teaspoon smooth peanut butter
10ml Corn flour (Maizena)
1 Tin Coconut milk
1 Bunch of Leeks, washed and sliced diagonally
1 Medium sized Red pepper, sliced into thin slivers
Coriander leaves for garnishing
Instant Egg Noodles (use only ¼ or ½ of the packet)
In a medium size bowl, cover the noodles with boiling water and leave to soak and hydrate for ± 20 minutes. Pour the water off just before serving.
1) Slice the pork fillets into strips for pan frying, about 1cm wide. Sprinkle with Thai seasoning and freshly ground black pepper.
2) In a large non-stick frying pan, melt the butter and oil, add the fillet strips, and fry for about 2 minutes, without stirring, over medium high heat. Turn the strips to allow the other side to fry and get a nice colour, for about 2 – 3 minutes. Add the curry paste and peanut butter. Stir-fry for a minute.
3) Remove the meat from the pan, and keep covered. Add the veggies to the pan and stir-fry until the veggies start to soften. Add a dash of oil if needed. Do not overcook the veg, it must remain slightly crispy. Add another sprinkling of Thai seasoning.
4) Add the meat to the veggies and mix lightly.
5) Mix the corn flour with a bit of the coconut milk and mix with the rest of the coconut milk. Add the mixture to the pan and bring to the boil while stirring, it will thicken slightly.
6) Separate the drained noodles and place in a large Oriental serving dish and spoon the green curry over. Garnish with scattered coriander leaves.*

(Learn to Cook with Louise - Food in a flash)
(serves 2 – 4)


Engela Van Niekerk

GEURIGE MANGO-EN- VARKNEKKERRIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html

30ml olyfolie;
3 knoffelhuisies, fyn gekap;
2cm gemmerstuk, geskil en gekap;
1 ui, fyn gekap;
20ml masalamengsel;
5ml borrie;
5ml fyn komyn;
1,2kg varknekblokkies;
sout en swartpeper na smaak;
1 blik gekapte tamaties;
300ml water;
15ml sagte
250ml Koljanderblare;
2 mango's, in blokkies gesny;
gaar rys.
METODE
: Verhit die olie in groot kastol en braai die knoffel, gemmer en ui tot effens bruin.
Roer die masalamengsel, borrie en komyn by en braai 'n paar minute tot geurig.
Sit varkblokkies by en braai so 5 minute oor hoë hitte. Verlaag hitte en geur met sout en peper.
Sit tamaties, water, suiker en die helte van koljanderblare by en laat prut vir 1 uur tot vleis sag.
Voeg die res van koljanderblare en mangoblokkies by en meng deur. Sit voor met rys.*

(Uit Huisgenoot)

Helena Kruger

Mosterdsaad en Klapperstrooisel

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html
3 eetlepels klapper
1 eetlepel swart mosterdsaad
1 eetlepel olie
Verhit die olie met die mosterdsaad in 'n kastrolletjie. Die mosterdsaad gaan woes begin skiet - sorg dus dat jy 'n deksel byderhand het.
Voeg die klapper by sodra die mosterdsaad begin skiet en roer dit oor stadige hitte. Hou dit fyn dop, want dit brand gou aan.
Sodra die klapper goudbruin is, is dit reg! Dit het 'n heerlike geur Dis baie lekker oor groente, gewone witrys of Kerrie 6/1/11 Weg!!


Kerrie eiers op Rys

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html
Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels olie [Moenie aanbrand nie]
Hou eenkant
In n Kastrol plaas daarin:
3 e koekmeelblom
1 e botter
1 t borrie
½ t kerrie
knippie sout en peper
Metode:
Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig.
Voeg by 2 k water[of melk] by en klits.
Laat dit kookpunt bereik en voeg 1e suiker en half koppie asyn by.
Hierby voeg ek 2t Appelkooskonfyt en 2t Lekker sterk Blatjang
Voeg gebraaide uie by.
Skep dan klaargekookte rys in n bakskottel en plaas jou gekookte eiers bo-op[ druk in]
Gooi nou jou sous oor die eiers en plaas vir so 10min in jou oond [jy kan as jy wil so hier en daar n paar klontjies bottter bo –op plaas wat dan sal in jou rys in trek.
Baie lekker Helena Kruger" my eie!!!!!!!!.Mei 2010 .


Helena Kruger

KERRIESULT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html
(12 porsies)
2,5 kg beesskenkels, gewas
1 beespoot, gewas
2 varkpote, gewas
4 lourierblare
20 peperkorrels
3 vet knoffelhuisies, gekneus en geskil
3 groot uie, oorlangs (in die lengte) gehalveer, geskil en gekap
30 ml olie
50 ml matige kerriepoeier
375 ml asyn
gemaalde peper na smaak
10 ml fyn koljander
20 ml sout
10 ml borrie
30 ml sagte bruinsuiker
30 ml appelkooskonfyt
1. Plaas die skenkels en pote in 'n groot kastrol, bedek met koue waster en verhit tot kookpunt. Blansjeer die vleis en pote vir drie minute, verwyder en druk droog. Gooi die blansjeer-water weg.
2. Skep die vleis en pote in 'n groot kastrol en bedek met koue water. Voeg lourierblare, peperkorrels en knoffel by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte, bedek en prut 3-4 uur of totdat alles sag is. Laat afkoel, skep vleis en pote uit en laat koud word. Behou die vloeistof.
3. Braai uie in olie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Strooi kerriepoeier bo-oor en roerbraai vir 2-3 minute. Voeg asyn bietjie vir bietjie by sodra dit lyk of die kerriepoeier wil aanbrand. Roer elke keer goed deur. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en prut 5 minute lank.
4. Verwyder bene, sny die vleis kleiner of kap of maal dit fyn, na gelang van hoe grof of fyn jy van jou sult hou. Skep die vleis by die kerriemengsel en voeg van die behoue vloeistof (waarin die vleis gekook is) by sodat die vleis net-net met vloeistof bedek is. Prut een uur lank en roer af en toe deur. Indien nodig, kan nog van die behoue vloeistof bygevoeg word.
5. Giet die mengsel in 'n ge-oliede vorm, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas om te stol.
6. Keer die sult uit en sny dit in skywe. Sit voor met 'n tamatie-en-komkommer-sambal, slaphakskeentjies en lekker vars brood. *

(Peter Veldsman)*Helena.




KERRIESULT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriealgemeen.html
3kg beesskenkels (ék gebruik ook graag 'n mengsel van vark-pootjies ("Trotters") "Eisbeins" en skaap-skenkels! )
15ml swartpeper en sout
3 middelslag uie
30ml sonneblomolie
30ml kerriepoeier
15ml borrie
375ml bruinasyn
30ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2ml gemaalde koljander
Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag. Skil die uie en sny dit in skywe. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit 'n uur lank. Giet dit in 'n nat bak en laat afkoel. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol. Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word. Retha "So maak mens " 4/9/10 Helena.


 

No comments:

Post a Comment