Monday, 28 January 2013

KERRIE/BEES-GEREGTE



HELENA SE KERRIEPOT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriebees-geregte.html

*eie resep Helena*
Blokkies vleis [Rol in meel en braai mooi bruin in jou pot skep uit eenkant]
Uie gesny in groterige stukke
Wortels in stukke
Seldery in stukkies gekap
Knoffel [2]
Gemmer [vars gekap 1t]
Ertjies 1k
6-8 Aartappels in kwarte gesny en gepr-cook
Hanvol klein kersie tamaties
1 blikkie tamatiepasta
Olie
2e lekker brand kerriepoeier[of meer]
1t borrie
1t paprika
1t rooipeper of chilli poeier
1t suiker
2e Blatjang
Stap 1..Braai uie wortels klein tamaties seldery knoffel en gemmer, net tot deurskynend. Braai jou kerrie speserye in n ander pan tot geurig..saam met jou tamatiepasta en olie!!
Voeg jou Kerrie en speserye by!!!en braai n paar min.
Voeg jou vleis wat ook alreeds klaar verbruin is by en jou pre-cooked aartappel stukke ..voeg so n koppie of twee water[of aftreksel] by en kook rustg tot sag!!Heerlik !!"Helena Kruger"5/2/11


ELACHI ** GREEN CARDAMON
Plant >Saad>Droog ..Vir Kerrie geregte

    PLANT>                                                         




 SAAD>




  DROOG>

**********************************************************************************


BUNNY CHOW
.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriebees-geregte.html

Frans Odendaal
Ek vra die Indierwinkel om die speserye vir my te meng , koljander , masala, komeinsade , kardemondade, en dan voeg ek ook die sade by wat jy kry as jy 'n pakkie biryani mix koop , vra hom om vir jou speserye te meng vir lamskerrie , of ander vleis van jou keuse. Ek het blokkies lamsboud gebruik en self brood gebak.



Kerrie Beesstert

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriebees-geregte.html

Bestanddele:
1.5 kg beesstert
30 ml Kerrie poeier
4 naeltjies
15ml jeera
15ml birsharp (fennel)
15ml kordemon
4 peperkorrels
1 lourierblaar
250-500 ml vleis aftreksel
1 klein ui, gensy
1 wortel, gesny
2 teelepel vars gemmer, gerasper
2 blikke ingelegde tamaties, in blokke gesny
botter in blokkies gesny
30 ml koekmeel
Metode:
Sny die beesstert in stukke en was deeglik. Sit die vleis in ‘n pan en voeg al die speserye en kokende water by. Prut vir 3 tot 4 ure, voeg nog aftreksel by indien nodig. Na 2 ure kan jy die sout, peper, ui, wortel en tamaties byvoeg. Verwyder die spices en haal soveel moontlik van die vet af. Smelt die botter in ‘n pan, voeg die meel by en braai tot bruin. Voeg nou die meelmengsel by die vleis en gravy en roer tot die gravy dikker word. Prut vir 15 minute. Bedien met rys, aartappels en vars koljander*Roer*

No comments:

Post a Comment