Monday, 28 January 2013
KERRIE SKAAP GEREGTE
KERRIE SKAAP GEREGTE
KERRIE SKAAP AFVAL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrieskaap-geregte.html
Mooi skoon Skaap-afval,jy kan Skaapnek ook bysit
Plaas in Groot kastrol en gooi genoeg water op met so 4E Asyn
Kook so 2-3h tot sag.voeg jou aartappels en jou kerriesous by en kook tot aartappels sag is.[ek gooi 1 opgesnyde ui by as ek dit kook.]
SOUS:
2E Kerriepoeier
1E Suiker
1t Borrie
1E Worcestersous
sout en peper
Maak aan met bietjie water en gooi bo-oor die aartappels en vleis
.As jou aartappels sag is maak so 3E Maziena aan met bietjie water en verdik jou sous in die kastrol daarmee.
Lekker saam met stampmielies of rys...WHALLA!!! Helena Kruger"
Foto>Helena Kruger
KERRIE CHOPS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrieskaap-geregte.html
Hierdie resep kom oorspronklik van my ma Sophia Maria Schutte toe ek verloof geraak het in Koffiefontein 1984.
Jy benodig die volgende vir +- 10 persone:
2-3kg (20) lamtjops;
3 Groot uie;
2 Groen Rissies;
2 Eetlepels Kerrie;
2 Eetlepels Borrie;
2-3 Lourierblare;
1 Eetlepel Mostert;
1 Koppie Bruinsuiker;
2 Eetlepels Appelkooskonfyt ( na smaak);
1 x Koppie Blatjang;
1 x Koppie Wit Asyn;
3 x Eetleepels Worchestersous;
Braai uie en Groen Rissies in botter tot goud bruin. Wanneer goud bruin gooi al die ander bestanddele en laat prut oor lae hitte tot smaak.
Indien die sous waterrig is vedik met meel soos nodig. Laat sous afkoel.
Neem die lamtjops en sit in ‘n emmer wat kan seel, gooi sous oor en laat staan vir 4-5 dae voor braai.
Ykosse soos stywe pap, kapokaartappel met groenbone of braaibroodjies kan daarmee GE-eet word.
Lekkerste kerrietjops wat jy in die lewe GE-eet het, Finger lek lekker Kerrie Lamtjops.
Bron: Pasella Resepte*Henriette Wessels
SKAAPKERRIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrieskaap-geregte.html
Dalene Brits
Kookolie
2 Uie
3 huisies Knoffel
* Braai tot ligbruin.
* Voeg by uiemengsel en braai weer:
2 eetl Kerrie
2 eetl Borrie
1 tlp Sout
½ tlp Fyn Gemmer of toontjie vars gemmer
Kerrieblare
Pypkaneelstokkies
Voeg by:
1 kop Asyn
1 eetl Appelkooskonfyt
2 kg Skaapvleis
± 600 g aartappels
Wortels (opsioneel)
Kook stadig todat vleis lekker sag is.
Aartappels moet saam met die vleis opgesit word anders word dit nie sag nie.
Bedien saam met rys en sambal.
Linda Nel
Kerrie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrieskaap-geregte.html
1 blilk chacalaka mild of hot,
250 ml appelkoos konfyt,
2 eet kerriepoeier,
n paar druppels tobasco sous.
Meng alles.
Metode- 1.5-2kg skenkels of hoender.Braai uie en voeg vleis by.Maak een blokkie beef stock in koowater.Gooi by. kook tot amper sag.Voeg aartappel en wortels by en kook tot min water oor is.Voeg chacalaka mengsel by en kook stadig vir n uur.Baie lekker en geurig!.
Tersia Conradie
Ouma Kathleen du Toit se kerrietjops
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerrieskaap-geregte.html
Resep se sous genoeg vir 12 groot skaaptjops(1.5kg).
3 groot uie gesny en gebraai in 4E olie.
Meng
50ml appelkooskonfyt,
37 ml sterk Rajah kerrie,
100ml suiker,
1t peanutbotter,
25ml blatjang,
500ml asyn.
Gooi alles bymekaar en kook deur. Laat sous afkoel. Gooi in lae oor die tjops.
Laat staan minstens 3 dae in yskas en draai soggens en saans om..onderste tjops weer bo sit, ens.
Vries baie goed vir saamneem op vakansie. Maak sommer een slag genoeg... Moenie gebruikte sous weer gebruik nie.
moet MINSTENS 3 dae marineer!!!!!! geen kortpaaie nie..en onthou, gemarineerde skaaptjops braai langer as normaal.
Labels:
Kerriegeregte
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment