Tuesday 22 January 2013

MOERBEIKONFYT

MOERBEIKONFYT
Spoel die vrugte wat byna ryp is onder lopende koue water af en dreineer goed.
Knip die stingeltjies af.
Weeg die moerbeie af en weeg net soveel witsuiker af as wat die moerbeie weeg.
Pak die moerbeie in lae in ‘n vlekvryestaal of emaljekastrol en strooi suiker oor elke laag.
Sit die deksel op en laat oornag stroop vorm
Verhit die mengsel die volgende oggend baie stadig en roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
Voeg 25ml suurlemoensap vir elke 1kg  moerbeie by.
Kook dit 50-60 min taamlik vinnig totdat dit dik genoeg is as dit op ‘n koue piering getoets word.
Skuim af indien nodig, laat 5min afkoel.  Bottel die konfyt warm  in voorbereide flesse, en verseël wanneer afgekoel.
*  Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
(MIKROGOLFOOND)
Spoel 500g ryp moerbeie af onder lopende koue water en dreineer goed.
Knip die stingeltjies af
Voeg 30ml suurlemoensap by die moerbeie. Mikrogolf dit 7min lank oop by 100% krag in ‘n groot, diep glas bak.
Voeg 350g wit suiker by en roer totdat die suiker opgelos is.
Mikrogolf dit ongeveer 20min lank oop by 100% krag, roer af en toe,  totdat dit dik genoeg is wanneer op ‘n koue piering getoets word.
Laat die konfyt effens afkoel voordat dit gebottel en versëel word.  *Lekker vir later* 

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment