PYNAPPEL EN GRENADELLAKONFYT
Hierdie tropiese konfyt wat net so mooi is as wat dit lekker proe.
2 groot pynappels, goed skoongemaak en fyn gerasper of gekap
Water
500ml suiker
10ml botter
Sap van 2 suurlemoene
Pulp van 6 grenadellas
Sit die gekapte pynappel in ‘n groot kastrol en bedek goed met water.
Verhit tot kookpunt en prut tot die vrugte sag is. Syf deur ‘n sif en
meet 500ml van die vloeistof af. Giet die 500ml vloeistof terug in die
kastrol en voeg die suiker by. Roer tot die suiker opgelos is en verhit
stadig oor lae hitte tot kookpunt. Voeg die botter, suurlemoensap,
grenadella pulp en pynappelpulp by en prut stadig, terwyl gereeld geroer word,
tot die stolpunt. Giet n voorbereide flesse en verseël lugdig.
Lewer sowat 800ml konfyt. *Landbouweekblad* *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
No comments:
Post a Comment