Monday 28 January 2013

POTJIEKOS-GROENTE/PASTA/BILTONG

 


Toks’ biltongpot
Toks van der Linde, oud-springbok en sportkommentator het hierdie pot vir Pasella voorberei. Dis sy gunstelingresep.
(Bedien 10)
3 uie, gekap
1 pakkie vars sampioene, opgesny
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie frankfurter worsies, opgesny
1 pakkie kaasworsies, (‘cheese grillers’), opgesny
1 pak skroefnoedels
1 pakkie Tastic sampioenrys
1 pakkie Tastic Spaanse rys
720g gekerfde beesbiltong
250g gerasperde kaas
Maak 'n swart pot warm oor die vuur en braai die uie en sampioene in olie. Geur met sout. Gooi spek by en braai 2 minute, voeg dan worsies by. Braai 5 minute. Gooi skroefnoedels en rys by en een ketel kookwater. Maak pot toe en prut 20 minute (hou ‘n oog en gooi nog water by indien nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute. Maak oop en roer pot deur, kyk net dat dit nie droogkook nie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en laat staan 5 minute. Eet en geniet!* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html


Rene Truter Wessels
Biltongpot
Met die (hopelik) oorvloed van biltong na die jagseisoen, is hierdie resep die ware Jakob. Anders moet jy maar van daardie pakkies by die supermark kry of 'n maat afpers!
Bestanddele:
500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm,
maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous
handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas
Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in 'n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is. Dis 'n kuierpot, nie 'n wegneemete nie! Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so 'n uur begin jou mond behoorlik water. Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Selfs pasta-haters eet hul lippe af!
-Boerekos.com
* het al gemaak en dit is baie lekker.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html


Berie Smith
MY BILTONGPOT:
[FINGER LICKING GOOD
Genoeg vir 4 - 6 persone [wat nie groot eters is nie]
500g Macaroni [gekook, sonder enige sout]
Botter/margarien en olyfolie om mee te braai
R30 gesnyde biltong, breek dit in kleiner stukkies
1 Botteltjie fyn biltong [poeier biltong]
1 x 250g houer Sampioene in skyfies gesny
1 Middelslag ui, gekap6 - 8 repies streepspek, sny in kleiner stukkies
1 x 410g Blik Denny se geroomde sampioenesop
1 x 250ml Houertjie room
1/4 kop Mrs Ball's se bladjang, die gewone een
2 knoffelhuisies, fyn gekap
Suurlemoensap na smaak [ek gebruik botteltjie en gee so 3 goeie skutte]
3 Soorte kaas gerasper, 250ml elk van Mozerella, Cheddar en Parmasaan of Pecorino [moenie skaam wees vir baie kaas nie]
15ml gelyk eetlepel droë pietersielie
suurlemoen peper na smaak
Braai uie in bietjie botter en olyfolie tot sag en deurskynend.
Voeg die spek en gesnyde sampioene by en braai tot gaar.
Voeg die knoffel by en braai vir 'n paar sekondes, net om die rou smaak weg te kry.
Voeg nou die gesnyde biltong en die helfte van die fyn biltong by.
Braai vir so ongeveer 1 - 2 minute.
Voeg die sop, room en chutney by.
Laat dit goed deur warm word.
Voeg die 3 soorte kase by, maar nie alles nie, hou 'n bietjie van elk oor.
Voeg die geurmiddels by, onthou glad nie sout nie.
Roer nou die suurlemoensap by en haal af van die stoof.
Meng goed.
Voeg nou die orige fyn biltong by jogaar macaroni en meng goed deur.
Skep die sous by die macaroni en meng deeglik.
Strooi nou die orige kaas bo-oor.
Ek maak dit voor die tyd gaar en wanneer ons wil eet, maak ek dit warm in die mikrogolf.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html



Pietie se Lasagnepot 
Bernice van der Merwe
Ek het dié resep by my broer geleer. Begin vroegmiddag al – hoe langer die maalvleis prut, hoe lekkerder is jou pot.
Jy benodig
50 ml olie
1 kg maalvleis
2 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, gekneus
2 blikke gekapte tamaties
100 g tamatiepasta
30 ml Worcestersous
30 ml blatjang
sout en varsgemaalde swartpeper
’n groot hand vol vars kruie, gekap
sowat tien lasagnevelle
Vir die witsous
100 g botter
80 ml meel
3 koppies melk
1 koppie cheddar, gerasper
1 koppie mozzarella, gerasper
Só maak jy
Verhit die olie in ’n platboompot en braai die uie en knoffel sag. Voeg dan die maalvleis by en braai dit amper gaar.
Gooi die tamatie, tamatiepasta, Worcestersous, blatjang, kruie, sout en peper by.  Roer dit goed en laat prut vir sowat drie ure (of minstens vir ’n uur, as die honger druk).
Verhit die botter en roer die meel by totdat die sous begin dik word.
Gooi die melk by en hou aan met roer totdat die sous glad en deurgekook is.
Skep die maalvleis uit, giet ’n dun lagie witsous in die bodem van die pot, bedek die witsous met lasagnevelle, gevolg deur ’n laag maalvleis. Herhaal die lae totdat al die bestanddele gebruik is. Sprinkel die kaas bo-oor, sit die deksel op en laat dit oor lae hitte prut vir sowat ’n uur.
WegSleep sê
Om jou skoonma te beïndruk kan jy ’n bietjie sampioene, gestoomde spinasieblare en ’n skeutjie sjerrie by die vleismengsel voeg. 2/1/12* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html


Nadia Dignas
WATERBLOMMETJIE POTJIE
This traditional South African potjie is a must. It’s enough for 6 people and a # 3 pot is recommended.
INGREDIENTS
1kg Waterblommetjies 2.5ml Ground black pepper
12 Pieces of sheep neck 500g Baby carrots, peeled
4 Medium-sized onions, diced 15 Medium potatoes, quartered
250ml Water 500g Cauliflower
6 Black pepper-corns 500g Whole button mushrooms
4 Bay leaves 6 Baby marrow, sliced
3 Whole ‘kruienaeltjies’ 4 Tomatoes, cubed
15ml Salt 500g Mixed dried fruit, soaked in water for 1 hour
15ml Aromat 250ml Dry white wine
10ml Dried parsley 90ml Bisto in 125ml Water
METHOD
Heat the pot and melt the butter. Then brown a few pieces of meat at a time and remove.
Brown the onions until soft.
Return the meat and add the water, pepper-corns, bay leaves and ‘naeltjies’ and 10ml of the salt.
Cover with the lid and allow the pot to simmer for about 1 hour.
Mix the aromat, parsley, pepper and the remaining salt and sprinkle in-between the layered vegetables (layer the veggies as they appear in the recipe).
Place the dried fruit on top and allow the pot to simmer for about 1.5 hours.
Sprinkle a little aromat over the pot, cover with the lid and allow to simmer for 30 minutes.
Finally, add the wine and the bisto solution 30 minutes before the pot is served.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html


Louise Groenewald
GROENBOONTJIE POTJIE
2 Kg Skaapvleis, bv. skenkels
6 Preie of 2 Uie, gekap
3 Vet huisies knoffel, fyngedruk
Twee eetlepels botter
200ml Wit wyn
Gegeurde sout en witpeper na smaak
3 – 4 Aartappels, in kwarte gesny
500g Groenboontjies, gekerf
4 Teelepels (20ml) vars suurlemoen
Voeg die botter in ‘n swaarboom kastrol of swart potjie en verbruin die vleis oor medium hitte. Verwyder die vleis, hou dit eenkant terwyl die uie of preie en knoffel liggies gebraai word. Plaas die vleis terug in die pot, geur met die sout en peper, voeg die wyn by, en plaas die deksel op en prut stadig vir omtrent 1½ ure. Voeg dan die aartapples en die groenboontjies by en prut ‘n verdere halfuur of tot die groente en vleis sag is. Roer suurlemoensap by en proe of nog sout en peper nodig is. Bedien met rys en ‘n glasie Chardonnay.
Learn to Cook with Louise - Cooking classes for beginners* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html


Helena Kruger
BILTONG POTJIE   
Die biltong potjie wat ek ken: Bees biltong of wild
Room
Noodles ( Gekleurde noedel]
green pepper
Sout en Swart peper
Metode:
Maak 'n warm vuurtjie en laat die noodles kook tot gaar.Kook die water dan uit of skep uit. Bring vuur na matige hitte. Gooi dan jou biltong en green pepper en Spices by. Prut vir so 15 min en dan jou room by vir nog 5 min.
Hierdie pot is baie maklik en vinnig!  Kosmater* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html


Maré Nieuwoudt
PATATPOTJIE 
2 uie, gekap
2 huisies knoffel, gekneus
1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in repe gesny
30 ml kookolie
1 kg beesvleis, in blokkies gensy
30 ml olyfolie
1 beesvleisaftrekselblokkie, opgelos in 500 ml kookwater
4 aartappels, geskil en in groot blokkies gesny
750 g patats, geskil en in blokkies gesny
9 middelslag-murgpampoentjies, in groot ringe gesny
Sout en swartpeper na smaak
METODE:
Sorteer die uie, knoffel en soetrissies in die kooklolie tot deurskynend. Verwyder uit die pot.
Braai die vleis bietjiesgewys in die olyfolie tot bruin. Plaas die uiemengsel terug by die vleis.
Voeg die aftreksel by en laat prut sowat 30 tot 40 minute. Voeg die aartappels by en laat prut 5 minute.
Voeg die res van die bestanddelde by. Laat prut tot gaar. Dien op met rys.  Landbouweekblad 17 Julie 1998* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html




PASTAPOT:
Bestanddele:
500g pasta (skulpies werk lekker vir die resep)
1 blik tamatie puree
1 blokkie hoenderaftreksel opgelos in 125ml kookwater
2 koppies water
250 g spek (in blokkies gesny)
4 Ontbeende hoenderfillette (in blokkies gesny)
1 Ui
2 koppies sampioene (gesny)
250 ml suurroom
Kaas
Metode:
1.Kook die pasta in die tamatiepuree, water en hoenderaftreksel tot die pasta sag is.
2.Braai die spek, hoender, ui en sampioene in ‘n pan.
3.Gooi die gebraaide bestanddele by die pastamengsel, roer dit mooi deur en laat ‘n paar minute prut.
4.Roer die room 5 minute voor opdiening by en strooi kaas oor.
Variasie:
Die hoender in die resep kan ook met prons of selfs biltong vervang word. ‘n Blikkie roommielies kan ook bygevoeg word.
Smaaklike ete!* Berie Vd Velden Smith* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-groentepastabiltong.html

No comments:

Post a Comment