Monday 28 January 2013

POTJIEKOS-VOLSTRUIS/WILD




Helena Kruger
WILDSPOTJIE   
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-volstruiswild.html
Wildsvleis soos nek of blad of rugstring in stukke gesaag
2 uie in ringe gesny
2 knoffelhuisies gekneus
500g spekvleis, gesnipper
1 Blikkie (340 ml) bier
Sout en peper
5ml Fyn naeltjies
5ml Fyn gerasperde neutmuskaat
125ml Asyn
30 ml Worcestersous
80ml Rooiwyn
80ml Tamatiesous
80ml Vrugteblatjang
500g Aartappels
350g Murgpampoentjies
250g Wortels
250g Sampioene
Metode:
Smoor vleis en die helfte van die uie en die varkspek vir 1½ uur in `n ysterpot. Voeg
die res van die uie by, asook die knoffel en die spekvleis. Roer een of twee maal deur totdat
die meeste van die vet uitgebraai is. Voeg die bier by en voeg die res van die bestanddele - behalwe die murgpampoentjies, wortels en sampioene by. Bedek en smoor tot vleis byna sag is. Voeg die orige groente by, geur met sout en peper en prut nog 20 minute of totdat groente lekker sag is maak jou sousie bietjie dikker met n bietjie Mielieblom as dit te dun na jou smaak is..Helena


Hennie Kilian
Heel wildsboudpotjie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-volstruiswild.html
1 heel wildsboud
rooiwyn
druiweasyn
4 lourierblare
8 heel kruienaeltjies
rosyne
varkspek, in blokkies gesny
75 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
100 ml brandewyn
250 g spekvleis, gesnipper
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
4 selderystingels
2 uie, grof gekap
20 klein aartappeltjies, geskil
8 wortels, geskil en in skywe gesny
250 g ontpitte pruimedante
250 g droeperskes
Sous
375 ml blatjang
250 ml port
500 ml rooiwyn
250 ml water
30 ml gemengde gedroogde kruie
15 ml aromat
5 ml knoffelsout
5 ml varsgemaalde swartpeper
4 lourierblare
4 takkies vars roosmaryn
12 piekeluitjies, geskil
250 g vlampampoentjies
250 g knoppiesampioene
Metode
Marineer die wildsboud oornag in gelyke dele rooiwyn en druiweasyn waarby 4 lourierblare en 8 kruienaeltjies gevoeg is.
Steek oral in die gemarineerde boud gleufies en druk n rosyntjie en 'n stukkie spek in elke gleufie.
Verhit die olyfolie in jou potjie oor warm kole en verbruin die boud daarin.
Voeg die knoffel en die brandewyn by en roerbraai vir nog 5 minute.
Draai dit gereeld.
Sit die boud in die middel van die pot en strooi die spekvleis, soetrissie, seldery en ui oor.
Rangskik die aartappels, wortels, pruimedante en perskes soort by soort rondom die boud.
Laat plek vir die uitjies, pampoentjies en sampioene.
Meng die sous bestanddele en giet dit oor.
Bedek dit en laat dit prut vir omtrent 'n uur oor matige kole.
Giet kookwater by indien nodig. Voeg die res van die groente by en laat prut dit vir nog 30 minute lank.
Bedien dit met stampmielies of bruinrys.


Hennie Kilian
Volstruisnekpot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-volstruiswild.html
Sous
500 ml water
500 ml droë rooiwyn
250 ml blatjang
1 pakkie beesstertsoppoeier
30 ml aromat
5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
250 g spekvleis, gesnipper
1.5 kg volstruisnek, soos beesstert gesny
500 g skaapskenkels
10 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
1 selderystingel, grof gekap
2 groot uie, in ringe gesny
2 preie, in skyfies gesny
1 groen soetrissie, in ringe gesny
15 ml vars roosmaryn
4 wortels, in skywe gesny
4 groot aartappels, geskil en in dik skywe gesny
410 g botterbone
12 klein uitjies
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
Metode
Meng al die bestanddele van die sous deeglik en hou dit eenkant.
Verhit jou potjie oor matige kole.
Soteer die spekvleis 5 minute lank.
Voeg die volstruisnek, skaapskenkels, knoffel en brandewyn by en roerbraai 5 minute lank.
Rangskik die seldery, uieringe, prei, soetrissie en roosmaryn bo-op die vleis.
Moet dit nie roer nie.
Giet die sous oor.
Sit die deksel op en laat prut dit 2 uur lank oor matige kole.
Voeg die wortels, aartappels en botterbone, met sous, by.
Giet kookwater by indien nodig.
Sit weer die deksel op en laat prut dit nog 30 minute lank.
Voeg die klein uitjies, sampioene en murgpampoentjies by.
Sit die deksel op en laat prut dit 30 minute lank.
Roer dit deur voor bediening en bedien dit met krummelpap of stampkoring.


Karin Rheeders Pearson
Rooiwyn Tarentaal Potjie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-volstruiswild.html
Benodig:
1 groot tarentaal in porsies opgekap
lekker groot stuk varkspek, in blokkies gesny
4 et botter
3 et kookolie
3 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
1 pakkie baby carrots
1 blaar seldery, opgekap
lourierblaar
1tl tiemie
5 ml gedroogde oregano
250 ml droë rooi wyn
100 ml vleis aftreksel
350 ml knoppie sampioene
10 ml pietersielie
Swartpeper
Sout na smaak
So gemaak:
Braai spek in groter potjie tot bros.
Verwyder en hou eenkant.
Voeg botter en olie na die oorblywende vet en soteer uie en knoffel tot deurskynend.
Verwyder en hou eenkant.
Voeg tarentale gedeeltes en bruin aan alle kante.
Voeg uiemengsel, wortel, seldery en spek bo-op.
Voeg kruie, sout en peper.
Verhit wyn en aftreksel saam in kleiner potjie en gooi oor tarentaal.
Bedek en prut stadig vir 2 - 3 uur of tot sag.
Reël sampioene bo-op en sprinkel met pietersielie.
Plaas deksel op en prut vir 'n verdere 15 minute of totdat sampioene sag is


Louise Groenewald
Volstruisnekpotjie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-volstruiswild.html
Karavaanklub resepte
Vir 'n meer tradisionele - en ryker - gereg, gebruik beesstert pleks van volstruisnek.
Een van die dinge wat ’n vakansie so lekker maak, is dat jy genoeg tyd het om ’n heerlike potjie aanmekaar te slaan. Dié resep is net die ding as jy vir ’n mini-skare moet kosmaak.
Jy benodig
• 1 koppie koekmeel
• sout, peper en gerookte paprika
• 2kg volstruisnek, in 5cm dik stukke
• olyfolie
• 2 groot uie, gekap
• 3 knoffelhuisies, fyngedruk
• 1 pakkie repiespek, gekap
• 2 selderystingels, gekap
• 2 wortels, in ringe gesny
• 2 blikke (410g elk) tamatie
• 1-2 koppies goeie rooiwyn
• 2 koppies beesvleisaftreksel
• 1 koppie room
• 1 hand vol pietersielie, gekap
Só maak jy
1 Sit die meel, sout, peper en paprika in ’n groot plastieksak. Skud dan die volstruisnek in dié sak tot dit oral met die meelmengsel bedek is.
2 Verhit die olie in ’n potjie en verbruin die vleis – net ’n paar stukke op ’n slag. Sit die vleis eenkant en roerbraai die spek, ui en knoffel. Roer die seldery en wortels by.
3 Skep die vleis terug in die pot en gooi die tamaties, rooiwyn en aftreksel by. Roer dit goed, sit die deksel op en laat dit vir 2 uur prut.
4 Gooi die room by en laat dit nog 40 minute prut, of tot die vleis sag is.
5 Geur die potjie goed met sout en peper. Sprinkel die pietersielie oor net voor jy opskep.



No comments:

Post a Comment