Monday 28 January 2013

POTJIEKOS SKAAP



SKAAPSKENKEL EN SKAAPRIBPOT

Dawie Kruger>28/4/13

Helena Kruger

KLUITJIES OP POTJIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-skaap.html
250 ml bruismeel,
5 ml sout,
30 ml botter,
10 ml gekapte pietersielie,
water om te meng.
Metode:
Sif meel en sout, vryf botter in, voeg pietersielie by en maak aan met water om sagte deeg te maak wat jy kan skep. Skep lepelsvol op potjiekos, sit deksel op en prut 30 min sonder om delsel te lig.
Lena 14/03/10




Sanchen Grobler

Skaap-afval potjie 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-skaap.html
2 klompe skaappens (goed skoongeskraap)
30 ml tamatiepasta
250 ml halfsoet wit wyn
water om in te kook
sout en varsgemaalde swartpeper
sap van 1/2 suurlemoen
6 groot uie (gekap)
1 skaapnek
25 ml matige sterk kerriepoeier
12 klein aartappeltjies
10 ml donkerbruin suiker
2 ml rissiepoeier
250 g droëperskes
asyn om mee aan te maak
3 tamaties, ontvel en gekap
Spoel pense goed af onder lopende koue water. Sny in blokkies en plaas in 3-pootpot saam met water, wyn, suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor matige kole en laat kook tot inhoud sag is (so 4 ure). Wanneer blokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder nekwerwels, en bene van skaapnek. Voeg uie, tamaties en aartappels by inhoud en stowe 30 minute lank. Maak kerriepoeier, rissiepoeier, tamatiepasta en suiker met asyn aan en voeg saam met perskes by inhoud van pot. Sit deksel op, plaas weer op vuur vir 30 minute. Roer en dien op. 




Hennie Kilian- Schefsharkie

Kerrie afval Potjie ( Skaap pens-en-pootjies)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-skaap.html
1 x skaapkop, oopgekap en harsings uitgeskep
1 x skaappens skoongekrap
1 x skaaptongetjie ontvel
4 x skaappootjies
1 x skaapnek in skywe gesny
2-3 heel uie sout -en - peper, kerriepoeier na smaak
125 ml suiker (verkieslik bruin)
45 ml kerriepoeiermengsel ( van goeie gehalte)
1 x knoffelhuisie fyngedruk
Stampmielies/rys
sonneblomolie
250 g droë appelkose
500 ml "Old Brown Sherry"
10 ml bruin asyn
8-10 klein in die skil aartappels


Metode:
Gebruik 'n #3 pot
Soteer uie tot deurskynend bruin , soteer tot deurskynend.
Bind uitgeskepte harsings in "kleinpensie "toe maar voeg genoegsame sout by
Plaas die "sakkie"in die pot tesame met die kop , pens en pootjies.
Rangskik die nekskywe, uie, knoffel en appelkose bo-op die vorige laag.
Meng die kerriepoeier,suiker,asyn,knoffel,sout-en-peper met die sjerrie en giet bo oor.
Laat prut die pot vir ±-4 ure tot vleis sag is en bedien saam met stampmielies of geelrys
Moet nie vergeet om die aartappels na ±3 ure in te sit om sag te kook nie.



Hennie Kilian

Bolandse Winter - lamskerriepot

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-skaap.html
Lewer 8 - 10 porsies
Sous
750 ml rooiwyn
250 ml blatjan
250 ml water
15 ml gemengde gedroogte kruie
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml mosterdsaad
30 ml masala
15 ml borrie
410 g gekapte tamaties met origanum en basielkruid (1 blik)
46 g beesstertsoppoeier (1 pakkie)
700 g lams of skaapskenkels, in stukkies gesny
700 g lams of skaaprib in blokkies gesny
700 g lams of skaapnek, in skywe gesny
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
1 groot ui, grof gekap
3 selderystingels, in dik skywe gesny
2 preie, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies
8 wortels, in dik skywe gesny
250 g knoppie sampioene
16 klein uitjies
250 g ontpitte pruimedante
250 g gedroogte perskes
250 ml vars, gekapte koljander
125 ml vars, gekapte pietersielie


Metode
Meng die bestandele vir die sous deeglik en hou dit eenkant. Verhit jou potjie en roerbraai die vleis 5-10 minute lank. Voeg die knoffel en brandewyn by en roerbraai dit vir nog n minuut lank. Plaas die ui, seldery en preie bo-op die vleis. Moet dit nie roer nie. Voeg die aartappeltjies en wortels by. Giet die sous oor. Plaas die deksel op en laat prut vir 90 minute oor matige hitte as jy lam gebruik en 120 minute as jy skaap gebruik. Voeg dan die sampioene, uitjies, pruimedante, gedroogte perskes en koljander by, plaas die deksel op en laat prut vir nog 30 minute oor matige hitte. Voeg die pietersielie by net voor jy dit bedien en roer dit deur. Bedien met rys.
Wenke
- Monitor die vloeistof en voeg kookwater by indien nodig
- Gesnipperde piesang help vir die brand as die hand dalk gly met die masala
Variasie
Vervang die vleis met 1 kg hoenderboudjies en 1 kg hoenderdye.



 DAWIE SE SKAAPNEK POTJIE MET SY EIE GEHEIME SOUSIE...2013



Carol Elliott Claassen

Skaappotjie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-skaap.html
4 - 5 kg skaapnek
4 uie of 20 klein uitjies
vars groente in blokkies gesny: botterskorsie, baby marrow, wortel, baba geelpampoentjies, baba aartappels, sampioene


Sous:
5 pakkies soppoeier (chilli beef of bruin uiesop in 3 liter water)
8 teelepels kerrie (of na smaak)
1 bottel chutney
knoffelvlokkies
ander kruie en speserye na smaak


Braai ui in biejtie olie in pot en verwyder. Braai vleis tot bruin. Voeg warm water by en prut vir 1 uur. Hou dop dat dit nie droogkook nie. Voeg aartappel en wortel by, prut 'n halfuur, voeg res van groente by en prut nog 'n halfuur. Maak sous aan en voeg by, laat prut nog 20 minute. Kook solank die rys gaar.


.
Boerekos

Kerrie afval Potjie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-skaap.html
( Skaap pens-en-pootjies)
Geskryf deur: jpetro
1 x skaapkop, oopgekap en harsings uitgeskep
1 x skaappens skoongekrap
1 x skaaptongetjie ontvel
4 x skaappootjies
1 x skaapnek in skywe gesny
2-3 heel uie sout -en - peper, kerriepoeier na smaak
125 ml suiker (verkieslik bruin)
45 ml kerriepoeiermengsel ( van goeie gehalte)
1 x knoffelhuisie fyngedruk
Stampmielies/rys
sonneblomolie
250 g droë appelkose
500 ml "Old Brown Sherry"
10 ml bruin asyn
8-10 klein in die skil aartappels


Metode:
Gebruik 'n #3 pot
Soteer uie tot deurskynend bruin , soteer tot deurskynend....
Bind uitgeskepte harsings in "kleinpensie "toe maar voeg genoegsame sout by
Plaas die "sakkie"in die pot tesame met die kop , pens en pootjies.
Rangskik die nekskywe, uie, knoffel en appelkose bo-op die vorige laag.
Meng die kerriepoeier,suiker,asyn,knoffel,sout-en-peper met die sjerrie en giet bo oor.
Laat prut die pot vir ±-4 ure tot vleis sag is en bedien saam met stampmielies of geelrys
Moet nie vergeet om die aartappels na ±3 ure in te sit om sag te kook nie 



LEG OF LAMB POT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-skaap.html
Nothing much needs to be said about this pot. It’s enough for 6 people and a # 3 pot is recommended.
INGREDIENTS
2 kg Leg of lamb 
150g Dried peaches
250g Bacon, cubed 
300g Baby carrots, peeled
15ml Ground Coriander 
8 Medium potatoes, peeled and halved
15ml Brown sugar 
300g Brussell sprouts
1 Bottle dry red wine 
Salt and pepper to taste
30ml Butter 
15ml Apricot jam
3ml Dried rosemary 
15 ml Cake flour
250ml Sour cream
METHOD 
Trim all the fat off the leg. Make small cuts in the leg with a knife and stretch these cuts by pushing a finger in each cut. Fill each cut with the cubed bacon.
Rub the leg well with the coriander and the brown sugar.
Marinade the leg in the wine overnight.
Melt the butter in the pot while the fire is still burning and brown the leg slightly on all sides.
Add the rosemary and 50ml of the wine marinade. Cover with the lid and allow the pot to simmer for at least 1.5 hours or until the leg is half done. Ensure that the coals are not too hot and turn the leg regularly adding some more wine marinade and not more than half of the sour cream. Add the dried fruit, cover with the lid and allow the pot to simmer for 30 minutes.
Layer the veggies as they appear in the recipe and season with the salt and pepper.
Add the remaining sour cream, cover with the lid and allow the pot to simmer for a further hour.
When the leg is done, add the jam, cover with the lid and wait until the jam has melted. The pot is now ready to be served.
Remove the leg and carve it in slices.
Add the flour to the sauce and stir until ready.

.

No comments:

Post a Comment