Monday 28 January 2013

POTJIEKOS-HOENDER






HOENDERPOTJIE  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
1 Kg hoender
Sout
Growwe Swart Peper
Koekmeel om stukkies in te rol.
Uie fyn gekap(2 middelslag)
Gaar rys
20ml Botter
2t fyngekapte gemmer en knoffel [1 elk]
Sous
300ml Tamatiesous
50ml Blatjang
20ml Worcestersous
2ml Tabascosous
50ml Asyn
50ml Suiker
5ml Mosterdpoeier
15ml Paprika
125ml Water
Meng alles goed
Metode:
Maak jou pot warm en gooi jou botter by. Braai die fyngekapte uie en Gemmer/Knoffel tot die geur uitkom. Neem die hoender porsies en geur met fyn sout en peper. Rol die hoender porsies in die koekmeel en voeg by. Roer braai die hoender porsies goed saam met die uie en olie vir so 10min oop.Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie.
Gooi nou jou sous in en laat jou pot stadig prut. Kyk gereeld na die pot vir 15 minute.
Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. Aartappels,Wortels,pampoentjies, sampioene. Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook.
Die pot prut so 2 1/2 uur. Toets vir jou smaakmiddels!!! En skep op!>!>
Helena Kruger

Hennie Kilian
Hoender-biltong-en-spekpotjie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml kookwater
500 ml witwyn
250 ml blatjang
46 g sampioen soppoeier (1 pakkie)
5 ml gedroogde tiemie
5 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml suurlemoenpeper
15 ml olyfolie
15 ml botter
12 hoenderdye
250 g spekvleis, gekap
50 ml brandewyn
10 ml gekapte knoffel
2 uie, in ringe gesny
'n halwe groen soetrissie, grof gekap
1 selderystingel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, in skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
1 rooi soetrissie, in lang repe gesny
150 g klam beesbiltong, gekerf
250 ml gerasperde chedderkaas
125 ml vars, gekapte pietersielie
Los die aftrekselblokkies in die kookwater op.
Meng die res van die bestanddele van die sous en voeg dit by die aftreksel. Hou dit eenkant.
Verhit die botter en die olie oor matige hitte en verbruin die hoender.
Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank.
Voeg die brandewyn en knoffel by en roer dit deur en moet dan nie weer die pot roer nie.
Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas dan die aartappels en wortels bo-op.
Giet die sous oor, plaas die deksel op en prut dit n uur lank.
Voeg die klein uitjies, sampioene, murgpampoentjies en rooi soetrissie by.
Strooi die biltong en die kaas oor.
Voeg kookwater by indien nodig.
Bedek dit en laat dit prut dit 20 minute lank.
Roer dit net voor bediening en strooi die pietersielie oor.



 

Hier het Louise Nel die *HOENDERKERRIEPOT gemaak Pragtig*en dit is sy Kommentaar>>

Louis Nel >Ek sal net die wyn bietjie minder maak. Dankie vir komplemente
Hoenderkerriepot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
Kerriesous
750 ml rooiwyn [kan die wyn minder maak as jy wil]
250 ml blatjang
250 ml water
15 ml gemengde, gedroogde kruie
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml mosterdsaad
30 ml Bombay masala
15 ml borrie
410 g tamaties, gekap (1 blik)
46 g hoendersoppoeier (1 pakkie)
3 lourierblare
45 ml olyfolie
1 kg hoenderdye, met vel
1 kg hoenderboudjies, met vel
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
1 groot ui, grof gekap
3 selderystingels, grof gesny
1 prei, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
8 wortels, in dik skywe gesny
250 g knopiesampioene, heel
16 klein uitjies, heel
250 g ontpitte pruimedante
250 g gedroogde perskes
250 ml vars gekapte koljander
125 ml vars, gekapte pietersielie
Meng al die bestanddele vir die sous en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie en braai die vleis egalig goudbruin.
Voeg die gekapte knoffel en brandewyn by en roerbraai dit 'n minuut lank.
Plaas die ui, seldery en prei bo-op die vleis.
Moet dit nie roer nie.
Voeg die aartappels en wortels by en giet die sous oor.
Sit die deksel op en laat prut dit 50 minute lank oor matigge kole.
Voeg die sampioene, uitjies, pruimedante, perskes en koljander by.
Sit weer die deksel op en laat prut n verdere 20 minute lank oor matige kole.
Roer dit deur net voor bediening en strooi die pietersielie oor.
Bedien dit met bruin rys.*

Hennie Kilian*

Hennie Kilian
Hoender-en-aspersieroompot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
50 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
250 g spekvleis, gekap
2 uie, in ringe gesny
3 selderystingels, in dun skyfies gesny
250 g gekleurde skroefnoedels
15 klein aartappels, geskil
1 rooi soetrissie, in repe gesny
1 geel soetrissie, in repe gesny
250 g knopiesampioene, heel
250 ml gerasperde chedderkaas
Sous
410 g aspersiestukke met vloeistof (1 blik)
250 ml vars room
750 ml witwyn
46 g sampioen soppoeier (1 pakkie)
30 ml aromat
30 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml knoffelsout
2 ml varsgemaalde swartpeper
Metode
Verhit die olie oor matige kole in die pot.
Voeg die hoenderstukke by en verbruin dit.
Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit 5 minute lank.
Strooi die ui, seldery en noedels oor die hoender.
Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by.
Strooi die kaas bo-oor.
Meng die bestanddele vir die sous deeglik en giet dit oor.
Bedek die pot en laat dit prut vir 60 tot 75 minute lank oor matige kole.
Moenie die potjie roer nie.
Roer dit deur net voor bediening.


Hennie Kilian
Kalkoenpot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
250 ml koekmeelblom
5 ml sout
5 ml swartpeper
5 ml gemengde, gedroogde kruie
1.5 kg kalkoen dye en boudjies, gesny in skywe
75 ml olyfolie
3 heel knoffelhuisies
6 takkies vars roosmaryn of 10 ml gedroogde roosmaryn
500 ml witwyn
50 ml brandewyn
2 groot uie, fyn gekap
1 en 'n half groen soetrissie, fyn gekap
250 ml spekvleis, gesnipper
5 ml gekapte knoffel
1 hoenderaftreksel blokkie
125 ml warm water
30 ml suurlemoensap
1 pak ontpitte groen olywe, gesny
410 g gekapte tamaties met oreganum en basielkruid (1 blikkie)
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
125 ml vars, gekapte pietersielie
Meng die koekmeelblom, sout, peper en kruie saam en bedek die kalkoen porsies daarmee.
Verhit die olyfolie en voeg die knoffelhuisies by asook die helfte van die roosmaryn. Verbruin die vleis en haal dit uit.
Giet die witwyn en die brandewyn in die pot.
Voeg die gekapte ui, soetrissie en spekvleis by en soteer dit 3 minute lank.
Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur.
Voeg die vleis by.
Los die aftrekselblokkie in die warm water op en voeg dit by.
Voeg die suurlemoensap by.
Plaas die deksel op en laat dit prut vir 30 minute lank.
Voeg die olywe, tamaties, sout en vars gemaalde swartpeper by.
Voeg die res van die roosmaryn by, plaas die deksel op en prut vir 'n verdere 40 minute lank.
Strooi die pietersielie oor en bedien met pasta of kapokaartappels.
Die kalkoen kan ook vervang word met hoenderdye of met haasvleis.


Hennie Kilian
MEXICAN CHICKEN POT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
If you enjoy Mexican food, you’ll not be able to refuse this chicken pot.
It’s unique taste is mainly thanks to the mixture of herbs and spices and it’s so filling that nothing extra, besides a nice tossed salad, needs to be served with the pot.
It’s enough for 5 to 6 people and a # 3 pot is recommended.
INGREDIENTS
30ml Cooking oil
10ml Dried parsley
2kg Chicken pieces
5ml Garlic flakes
5 Medium-sized onions, diced
5ml Lemon pepper
1 Green-chilli, seeded and diced
5ml Dried oreganum
250ml Water
2.5ml Ground black-pepper
5 Carrots, peeled and sliced
1.25ml Peri-Peri powder
6 Medium potatoes, peeled and cubed
125ml Dry white wine
125ml Uncooked rice
30ml Sugar
200g Frozen green peas
20ml Salt
15 Whole button mushrooms
15ml Medium curry powder
2 Tomatoes, diced
1 cube Chicken stock, crumbled
METHOD
Heat the oil in the pot and braai the chicken, a few pieces at a time, until golden brown.
Remove and brown the onions and chilli until soft.
Replace the chicken and add the water.
Cover with the lid and allow to simmer for 15 minutes.
Layer the veggies and rice as they appear above and sprinkle the herbs and spices on top.
Cover with the lid and allow to simmer for another 15 minutes.
Mix the wine and the rest of the ingredients and pour over the food.
Cover with the lid and allow to simmer for 30 minutes or until the rice is done.
Give the pot a good stir before serving.


Maré Nieuwoudt
PRIKKELENDE HOENDERPOTJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
(As jy van Mexikaanse kos hou, net die een vir jou. Nie nodig vir bykos, behalwe as jy lus het vir n mengelslaai. Genoeg vir 6 mense en n Nr. 3 potjie word aanbeveel.)
BESTANDDELE:
30 ml kookolie
2 kg hoender, in porsies gesny
5 middelslag-uie, gekap
1 groen brandrissie, ontpit en in stukkies gesny
250 ml water
5 geelwortels, geskil en in repies gesny
6 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
125 ml rou rys
200 g gevriesde groenertjies
15 heel knopiesampioene
2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
10 ml gedroogde pietersielie
5 ml knoffelvlokkies
5 ml suurlemoenpeper
5 ml gedroogde orego
2,5 ml grof gemaalde swartpeper
1,25 ml peri-peripoeier
125 ml droë wit wyn
30 ml suiker
20 ml sout
15 ml matige kerriepoeier
1 blokkie hoenderekstrak, gekrummel
METODE:
Verhit die olie in die potjie. Braai die hoenderporsies n paar stukke op n keer tot goudbruin. Haal dit uit en hou eenkant. Braai nou die uie en rissie tot sag. Plaas die hoender terug in die pot en voeg die water by. Sit die deksel op en laat prut vir 15 minute.
Pak die groente en rys in lae in die volgorde waarin dit aangegee word. Strooi die speserye en kruie bo-oor. Laat dit weer 15 minute prut.
Meng nou die wyn met die res van die bestanddele en giet dit oor doe kos. Sit die deksel op en laat prut vir 30 minute. Maak seker dat die rys gaar is, en indien nie, laat verder prut tot gaar. Roer om voor opdiening.
Huisgennot Potjiekos-Marlene Hamman


Maré Nieuwoudt
HOENDER-NOEDELPOTJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
(Dis so vullend dat geen bykos daarby benodig word, behalwe as jy lus voel vir n mengelslaai. Genoeg vir 4-6 mense en n Nr. 2 potjie word aanbeveel)
BESTANDDELE:
8 hoenderdye
Sout en peper na smaak
30 ml kookolie
2 selderystingels, gekap
2 tamaties, geskil en in skywe gesny
1 groen soetrissie,gesnipper
250 g heel knopiesampioene
250 ml uiegras, gekap
15 ml pietersielie, fyn gekap
10 ml gedroogde gemengde kruie
500 ml rou skulpnoedels
5 ml varsgemaalde swartpeper
3 ml gedroogde roosmaryn
250 ml droë wit wyn
250 ml gerasperde Cheddar-kaas
METODE:
Sprinkel die sout en peper oor die hoender. Verhit die olie in die pot en braai die hoender n paar stukke op n keer tot goudbruin.
Pak die groente in lae op die vleis soos volg: seldery, tamaties, soetrissie, sampioene, en uiegras. Sprinkel die pietersielie en gemengde kruie bo-oor en voeg dan die noedels by. Sprinkel die peper en die roosmaryn oor en giet die wyn daaroor. Sit die deksel op en laat prut vir 1 uur.
Strooi die kaas bo-oor en laat prut vir nog 20 minute.
Huisgenoot Potjiekos – Marlene Hamman


Maré Nieuwoudt
JOGHURT-HOENDERPOTJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
MARINADE:
500 ml gewone joghurt
500 ml droë wit wyn
10 ml gedroogde tiemie
10 ml gerasperde suurlemoenskil
1 groot ui, fyn gekap
5 ml vars gemaalde swartpeper
3 lourierblare
5 ml gedroogde dragon
BESTANDDELE:
2 kg hoenderporsies
2 groen soetrissies
300 g geelwortels, geskil en in skyfies gesny
6 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
100 g droë-appelkose
200 g groenboontjies, gekerf
150 g sampioene, in skywe gesny
Sout na smaak
1 pakkie sampioensoppoeier (indien nodig)
METODE:
Meng al die bestanddele van die marinade, gooi oor die hoender en mariner vir 6-8 uur.
Verhit die pot tot baie warm. Haal die hoender uit die marinade en braai n paar stukke op n keer liggies saam met die rissie tot goudbruin.
Pak nou die wortels, aartappels, appelkose, boontjies en sampioene in lae op die vleis. Strooi die sout oor en voeg die marinade by. Sit die deksel op en laat stadig prut vir 2 uur. Indien daar té veel vloeistof in die potjie oor is, kan dit verdik word met die sampioensoppoeier. Meng die soppoeier in die sous en laat prut vir nog 15 minute.
WENK: MOENIE ROER NIE.
Nr. 3 pot word aanbeveel – genoeg vir 6-8 mense. Dien kapokaartappels of rys as bykos aangesien die potjie n heerlike sous maak.
Huisgenoot Potjieskos – Marlene Hamman


Maré Nieuwoudt
HOENDER-BROCCOLI-EN-RYSPOTJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
(As afwisseling kan die witwyn vervang word deur soet rooi wyn. Dien op met mengelslaai. Genoeg vir 4-6 mense, en n nr. 3-pot word aanbeveel).
BESTANDDELE:
45 ml kookolie
12 hoenderdye
Geuropwekker (bv.Aromat)
4-6 heel kruienaeltjies
4 geelwortels, geskil en in skyfies gesny
300 g broccoli, in blomme gebreek
300g heel knopiesampioene
250 g murgpampoentjies, in dik skywe gesny
250 ml rou rys
5 ml sout
1 liter kookwater
2 blokkies hoenderekstrak
125 ml droë wit wyn
30 ml sampioensoppoeier, gemeng met 125 ml koue water.
METODE:
Verhit die olie in die pot. Geur die hoenderstukke met die geuropwekker en braai n paar stukke op n keer tot goudbruin. Sit die vleis terug en voeg die naeltjies by. Sit die deksel op en laat prut vir 30 minute.
Pak die groente in lae op die vleis in die volgorde waarin hulle aangegee word. Maak n holte in die middle en gooi die rys en sout daarin. Los die hoenderekstrak in die kookwater op en voeg dit by die inhoud van die pot. Sit die deksel op en laat dit baie stadig prut vir 1 ½ uur sonder om te roer.
Voeg nou die wyn en sampioensop by. Plaas die deksel terug en laat prut vir nog 10 minute.
Huisgenoot Potjiekos-Marlene Hamman.


Maré Nieuwoudt
HOENDER-EN-GROENTEPOTJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
(Die hoender kan deur skaaptjops vervang word. Dien op met stampkoring of n potbrood. Genoeg vir 4-6 mense en n Nr.3 pot word aanbeveel).
BESTANDDELE:
30 ml kookolie of botter
10 hoenderdye
2 groot uie, gekap
45 ml blatjang
10 ml sout
5 ml gedroogde gemengde kruie
5 ml knoffelvlokkies
1,2 ml vars gemaalde swartpeper
6 groot geelwortels. Geski; en in skyfies gesny
12 jong, heel aartappeltjies, geskil
1 klein kopkool, fyn gekerf
½ middelslag-botterskorsie, in skywe gesny
1 bilk (410g) pitmielies (NIE gedreineer nie)
125 ml soet wit wyn
METODE:
Verhit die olie of botter in die pot. Braai die hoenderstukke en uie saam vir ongeveer 30 minute. Meng die blatjang met die sout, kruie, knoffelvlokkies en peper. Smeer die helfte van die blatjangmengsel egalig oor die vleis. Pak nou die wortels, aartappels, kool en botterskorsie in lae op die vleis. Smeer die res van die blatjangmengsel egalig oor en strooi dan die pitmielies bo-oor. Voeg die wyn by en laat baie stadig prut vir 1 ½ - 2 uur.
Huisgennot Potjiekos- Marlene Hamman.


KWV-hoender-en-spek-pot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
Marius du Plessis van Pietermaritzburg   - WegSleep
Bestanddele:
1 kg hoenderfilette (geen been of velle)
250 g spek (enige snit)
gesonde speserye (soos Tannie Ina s’n)
1 groot ui, druiwepitolie
’n paar groot aartappels
1 pakkie sampioene, reeds gekap
1 blokkie hoenderaftreksel
witwyn (verkieslik KWV)
Só maak jy:
1. Soos met alle ander potte, braai eers die uie en die spek. Haal dit uit wanneer dit deurskynend en bros is, stoot die hitte op en gooi nog ’n bietjie druiwepitolie by.
2. Braai die hoenderfilette vinnig met speserye. Wanneer dit amper droog is, gooi sowat 250 ml droë witwyn oor die hoender en sit die deksel op.
3. Gooi die uie en spek ná 10 minute terug. Roer dit een maal deur, sit die aartappels bo-op en laat prut vir 45 minute.
4. Sit dan die sampioene in en maak die pot toe om te stoom (klein pampoentjies en babamielies werk ook).
5. Gebruik die hoenderaftreksel om die vog aan te vul. Sit agteroor en teug aan die res van die witwyn.
6. Sit voor op rys vir 6 mense.  2/1/12


GEKRUIDE HOENDERPOT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
Bestandele vir twee mense:
500 g Hoenderstukke
Een groot ui
Olyfolie
500 ml witwyn droog
Teelepel Origanum
Teelepel Tiemie
Teelepel Basilie
Sout
Vier medium aartappels
Vier wortels
Drie lepels Mielieblom
Metode:
Braai uie tot sag en daarna saam met hoender tot die pot begein bruin word op die bodem in die olyfoilie.
Voeg dan wyn en groente en kruie by en laat dit vir twee ure stoom op baie lae hitte.
Verdik met Mielieblom net voor jy opskep.
Sit voor met lekker Basmati rys en 'n slaai. Johannes Carolus 10/9/10


HOENDER EN PATATPOTJIE 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
2 groot uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyngedruk
2 selderystingels, in ringe gesny
olie
8 hoenderdye
sout en peper na smaak
5 groot patats, geskil, in ringe gesny
8 wortels, geskil, in stukke gesny
200g droë appelkose (opsioneel)
250ml wit wyn
10ml sojasous
75ml sagte bruin suiker
15ml tamatie-of mosterdsous(soetsuur soort)
10ml basiliekruid
Metode:
Soteer die uie, knoffel en seldery in ‘n bietjie olie in ‘n pot tot sag. Geur die hoenderdye met sout en peper, voeg by en braai tot bruin. Pak die groente in lae op die hoender, met die appelkose heel bo. Meng die wit wyn, sojasous, bruinsuiker, tamatie- of mosterdsous en basiliekruid en giet bo-oor. Bedek, verlaag die hitte en prut tot die hoender en groente sag en gaar is. Moenie roer nie, maar skraap net die boom van die pot van tyd tot tyd met ‘n skoon spaan sodat die kos nie aanbrand nie. Geur na smaak met sout en peper. Dien op met kaboemielies en potbrood indien verkies.


Carol Elliott Claassen
HAWAIISE POTJIEKOSHOENDER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/potjiekos-hoender.html
2 kg hoender
1 groot ui
1 knoffelhuisie
4 wortels
500g sampioene
4 murgpampoentjies
1 blik geroomde spinasie
1 pakkie chicken a la king
10ml hoenderblokkie
250ml water
250ml rys
15ml kerriepoeier
1 pynappel
Braai die hoender bruin, voeg die ui en knoffel by, bedek en prut 10 minute. Voeg die res van die bestanddele behalwe die pynappel by en prut 45 minute. Voeg die pynappel by, bedek en prut 10 minute

No comments:

Post a Comment