Monday 28 January 2013

MELKKOS RESEPTE

                                                         
Melkkos Lekkerte.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Gerrie Harmse
Bestanddele:
blik kondensmelk

2 koppies water
1 liter melk
1 koppie meel

125 ml botter
bietjie sout
So gemaak:

Meng die kondensmelk, water en melk saam in 'n kastrol.
Jy kan suiker byvoeg as dit nie soet genoeg is nie.
Vryf die botter in die meel in, sodat dit soos krummels lyk.
Voeg die sout by.
Wanneer die melk mengsel warm is, word die meelmengsel bygevoeg, en geroer totdat alles saam kook, en dik geword het.Bedien warm met kaneelsuiker.





Helena Kruger
MELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Bestandele:
1 Koppie Meel
1 1/2 E Botter
‘n Knippie sout
5 Koppies melk
Metode:
Vryf die botter by die meel in en voeg die knippie sout hierby. Bring die melk tot kookpunt op die plaat en voeg die botter en meel mengsel bietjie op ‘n slag by. Draai die plaat tot op ‘n lae hitte en kook vir omtrent 5 minute terwyl jy dit baie gereeld roer. Sprinkel kaneelsuiker bo-oor die melkkos en eet warm…..Moenie die botter bo-oor vergeet nie !!! 7/5/10♥

 



MELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
4 kp melk
200ml meel
Knippie sout
2eetl botter
Kaneel suiker
Verhit die melk, Sif die meel en sout saam. Maak klam met bietjie water soos groot krummels. Voeg by die melk en prut vir 10min tot klonte gaar is. Roer aanhoudend want melk brand gou. Voeg botter by. Bedien met botter en kaneelsuiker.
Kaneelsuiker:
60ml suiker en 10ml fyn kaneel (Helena).


MELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Rose Taljaard
Maklikste een is die oorspronklike - Frummel koekmeel met 'n bietjie water tot snysels. Kook melk met 'n bietjie sout - gooi frummels in en kook vir so 4 min en Whala heerlike melkkos. Gooi Kaneel en suiker oor en jy het die lekkerste


Helena Enslin Laubscher
Ek het nou net lekker melkkos gemaak, want hierdie kouefront wat nou hier is, vreet tot op die murg en ons soek nou almal iets om warm te word. Die resep is egter baie, baie soet en ek het nog 'n hele liter melk bygegooi en dis nogsteeds soet. Jy hoef regtig geen suiker by te gooie nie. Ek kan nie onthou waar ek die resep gekry het nie, maar hier is dit. Die naam Hilda Dates Steyn, was egter my die resep, so ek dink sy dit moontlik geplaas.:

MELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Hilda Dates Steyn
1 blik kondensmelk
2 k water
1 lt melk
1 k koekmeel
125ml botter
bietjie sout


SO GEMAAK
Meng kondensmelk, water en melk in 'n kastrol. Jy kan suiker byvoeg as dit nie soet genoeg is nie. Vryf die botter in die meel in sodat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die sout by. Wanneer die melk warm is, word die meelmengsel bygevoeg en geroer tot alles saamkook en dik geword het. Bedien warm saam met cinnamon..

MELKKOS SNYSELS


Helena Kruger
MELKKOS SNYSELS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
3 eiers
2.5 ml sout
250 ml koekmeelblom
Water
Kokende melk 2 stukke heel kaneel (opsioneel)
Kaneelsuiker
Metode:
Klits eiers en sout effens. Voeg koekmeelblom by en meng goed. Voeg genoeg water by om 'n stywe deeg te vorm. Knie deeg lank en goed tot dit elasties is. Rol sowat 6 mm uit op 'n meel bestrooide oppervlak uit. Sny met 'n skerp mes in dun repies. Kook die snysels sowat 15 - 30 minute lank in kokende melk (gebruik 250 ml melk per persoon) tot dit gaar is. Voeg 2 stukke heel kaneel by indien verkies. Skep in diep borde en strooi kaneelsuiker oor♥ .Van Nellie van den berg ontvang< Dankie Nella!!17/7/10 


MAKLIKE MELKSNYSELS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Christo Haughton.
1 rol "pastry" deeg
1,5 liter melk
Halwe koppie suiker
1 teelepel sout
Pypkaneel

Metode:
Bring melk en sout tot kookpunt
Sny deeg in dun skyfies
Gooi deeg by kokende melk en draai hitte af tot dit net prut.
Laat prut vir 15 minute en gooi suiker by en prut nog 5 minute. ( Onthou om gereeld te roer). Skep in bakkies en strooi kaneel oor .Yummy 5/8/2011 


Naomi le Roux
Melksnysels vir Melkkos 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Volg die resep vir melkkos en kook die melk met ½ k Sago daarin. (opsioneel)
Melksnysels:
So maak mens. 

1 k koekmeel en 
½ t bakpoeier en
 knippie sout en 


Metode:
maak aan tot hanteerbare stywe deeg met bietjie water. 

Strooi meel oor die werkblad en rol deeg dun uit in n vierkant... strooi nog meel oor en rol dit op. Sny dun snytjies van die deeg af. Skud die deeg uitmekaar gooi nog meel oor en plaas die snysels in die kookmelk. 
Kook oor matige hitte tot gaar. Roer af en toe. As die melkpap bietjie dun is maak n meelpappie aan en roer dit by. Kook tot gaar. Roer af en toe... moenie dat dit brand. 

Skep op en strooi kaneelsuier en stukkie (botter) (opsioneel) oor. Naomi le Roux. Lekker eet....

MIKROGOLF MELKKOS



Melkkos in Mikrogolfoond

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
500 ml melk
2 e (50 ml) koekmeel
2 e margarine
bietjie sout
Metode:
Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikrogolfoond - hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1 minuut – anders maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is Roer deur en skep in bakkies. Gooi dan kaneelsuiker bo-oor met n paar klontjies botter *OFM*

Cynthia Swanepoel
VINNIGE MELKKOS IN DIE MIKROGOLF

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Ek het ook n maklike microgolf melkos reseppie, dis n wenner en net 20min, kom romerig uit en baie smaaklik!
1 liter melk,
180ml koekmeel,
2ml sout,
15ml botter,
kaneelsuiker,


Metode:
 Microgolf die m...elk teen 100% vir 10min, meng die botter en die sout met die meel, ek vat die elektriese menger, maar dan bolletjies van die deeg, gooi die meelmengselin die warm melk en gebruik n hand menger om dit te roer. Microgolf vir nog 10min. Dien op en sprinkle kaneel oor in n draai scrubble vormpie. As ek weer maak sal ek n fototjie opsit het vergeet, my familie was te honger, hahahaha
Cynthia Swanepoel
O ja jy kan ook n koppie suiker by die melk voeg en saam kook en die diabete is kan dit uitlos, nes jy verkies



Christa Bekker
Mikrogolf Sagomelkkos 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
70g (100ml) sago
1 liter melk
25 g (30 ml) botter of margarien
2 eiers
40 g (75 ml) volkoringmeel
20 ml vlapoeier
2 ml sout
125 ml water
kaneelsuiker

Voeg sago by 250 ml van die melk in 'n diep bak.
Mikrogolf dit 2 ½ minute oop by 100% krag. Roer die mengsel goed en laat 'n rukkie staan.
Voeg die oorblywende 750 ml melk en die botter/margarien by en mikrogolf 15 minute oop by 100% krag en roer na elke 5 minute. Skei die eiers en klits die gele, volkoringmeel, vlapoeier, sout en water saam en roer dit by die sagomengsel. Mikrogolf dit 6 minute oop by 100% krag en roer dit na die eerste 3 minute goed. Klits die eierwitte tot styf en vou dit liggies by die sagomengsel in. Sit die melkkos warm met kaneelsuiker voor. (Ek kook gewoonlik die sagomensel bietjie langer tot die sago deurskynend is. Dit was ons Sondagaand kos toe my man nog gelewe het.)


Celia De Villiers Enslin
MELKKOS - MIKROGOLF

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Ek maak myne soos my witsous.
1 kop melk;
1 eetl koekmeel,
knippie sout,
2 eetl (of meer) suiker
skep botter/Margarine (omtrent 1eetl).

Metode:
MEng goed met whisk en kook in mikro op hoog - roer elke minuut - tot lekker opgekook. Gooi kaneel suiker oor. NJammies. Vermeerder soos nodig - ek maak gewoonlik so 4 koppies melk vir ons 5 mense - my seuns is mal daaroor. Baie vinnig en lekker want hulle hou ook nie van die snysels in nie. 



Rhona Bornman
Vinnige melkkos

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
1 blikkie kondensmelk
1 koppie koekmeel
sout na smaak
pypkaneel en suiker.



Metode:
Verdun kondensmelk met water (omtrent 750 ml) na smaak
Meng sou en meel en frummel met water met 'n draadmenger tot dit dun stringetjies maak.
Verhit melk en roer met die draadmenger bietjie vir bietjie die frummels in die melk, skakel die stoofplaat laag na 2 of 3 en laat dit stadig prut terwyl jy kort-kort roer dat dit nie vasbrand nie. Laat dit vir omtrent 20 minute prut of tot frummels sag is. Bedien met pypkaneel en suiker


Ria N. Pieterse
MAKLIKE VINNIGE MELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Kook 3-4 kop melk, strooi kaneel oor en suiker na smaak, roer 'n klontjie botter en knippie sout in, gooi 1 kop bruismeel in 'n bak en roer met 'n vurk/draadklopper 'n kwart koppie kraanwater daarin om frummels te maak, wanneer melk kook, roer frummels geleidelik in melk in en prut op lae temperatuur tot gaar...moenie fb gesels nie..roer af en toe ...sodat dit nie brand of oorkook nie :D



Tiana Botes
ROMERIGE MACARONIMELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
250 ml macaronistukkies
1 l melk
25 ml botter
2 eiers
50 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
kaneelsuiker

Metode:
mikrogolf macaronistukkies, 500 ml van die melk en die botter  saam vir 15 min. Oop by 100% krag in 'n diep 3,5 l bak en roer die mengsel elke 5 min. Goed om.
Skep die macaronistukkies met ;n gleuflepel uit en kap dit in 'n voedselverwerker of met 'n mes fyner(ek gebruik sommer aartappeldrukker) . Voeg dit weer by die melk waarin dit gemikrogolf is.
Skei die eiers en klits die eiergele saam met 125 ml van die oorblywende melk, die koekmeel, bakpoeier en sout. Voeg dit saam met die oorblywende 375 ml melk by die macaronimengsel. Mikrogolf dit 6-7 min. Oop by 100% krag en roer dit af en toe.
Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies by die macaronimengsel in. Strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.
Geniet dit .

Tiana Botes
MAKLIKE MELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
1 l melk
180 ml koekmeel
2 ml sout
15 ml botter
kaneelsuiker

Metode:
mikrogolf die melk ongeveer 10 min. Oop in 'n diep 2 l bak by 100% krag tot kookpunt.
Meng die koekmeel en sout. Frummel die botter daarin. Voeg die meelmengsel alles tegelyk by die kookmelk en roer dit met 'n draadklopper totdat klein klontjies gevorm het.
Mikrogolf die melkkos ongeveer 4 min. Oop by 100% krag tot gaar en roer dit af en toe.
Sit warm voor met kaneelsuiker..

 Marlé Buysse
Melkkos met Brulee

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Rapport Boekie
2 liter volroommelk
2 heel kaneelstokkies
3 heel kardemompeule
3 steranyssade
1 vanieljepeul, in die lengte middeldeur gesny
310 ml (1¼ k) bruismeel
2,5 ml (½ t) sout
15 ml (1 e) botter
45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
ekstra bruinsuiker vir as jy dit wil brûlée


Metode:
1 Gooi die melk in ’n groot kastrol, voeg die kaneel, kardemompeule, steranys en vanielje by en verhit tot kookpunt.
2 Sif intussen 250 ml (1 k) van die bruismeel en die sout saam in ’n mengbak. Werk die botter saggies met jou vingerpunte in die meel in. Moenie te veel meng nie, daar kan maar groot klonte wees. Hou die meelmengsel onder ’n druppende kraan en vorm groot frummels met jou vingerpunte. Moenie oorwerk nie. Skuif die gevormde frummels eenkant toe en vat elke keer nuwe meel van die kante van die bak tot al die meel opgebruik is.
3 Meng die res van die meel deur sodat die frummels los van mekaar en net-net met meel bedek is.
4 Voeg die frummels by die warm melk
en kook vir 15 min. terwyl jy dit aan-houdend roer. Draai dan die tem-pera-tuur af en kook vir nog 15 min. tot dit begin verdik.
5 Sit ’n deksel op en sit vir so drie uur
in ’n louoond sodat dit kan verdik – of eet sommer dadelik!
As jy dit wil brûlée Skep in bakkies en strooi ’n bietjie bruinsuiker oor. Brûlée (brand) die bokant effens met ’n blaas-vlam (of sit vir ’n minuut of twee onder die oondrooster) tot die suiker begin smelt en verkleur. Sit dadelik voor.


Charlotte Verwey da Silva
Melkkos Bruleé

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Genoeg vir 4-5 persone
8 koppies Melk
50 gram gesmelte Margarien
430 ml Koekmeel
5 ml Bakpoeier
5ml Kaneel
4 ml Sout
Ekstra suiker, margarien en kaneel na smaak


Metode:
Bring melk, kaneel en sout tot koopunt. Intussen, roer 250 ml van die koekmeel en bakpoeier met 'n houtlepel vinnig deur die gesmelte margarien sodat dit krummels vorm. Hou die bak onder n stadig druppende kraan en werk die druppels met jou vingers deur die meelmengsel om klontjies te vorm, gooi nog 100 ml koekmeel by klontjies en werk weer deur tot die frummels lekker los van mekaar is. Sodra die melk kookpunt bereik, haal af van die plaat af en roer die meel frummels vinnig en deeglik met n draadklitser by die kookmelk in. Roer baie goed. Plaas terug op die plaat en roer tot mengsel kook. Strooi nou laaste 80 ml meel net so droog oor die melkpap terwyl jy dit steeds goed klop. Kook vir paar minute tot lekker dik en gaar. Skep in bakkies en meng met ekstra suiker, margarien en kaneel na smaak. Wees versigtig vir te veel suiker aangesien die karamel ook nog soet is.
Laat pap n rukkie in bakkies staan om effens af te koel. Strooi 2 lepeltjies suiker in die middel van die pap en brand met n 'chef torch' tot suiker gesmelt is en gekarameliseer het.


Jeanette van den Berg
Melkkos

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Bestanddele
1 l Melk
1 Stukkie pypkaneel
1½ t Botter
125 ml Suiker
250 ml Koekmeel
Sout na smaak


Metode
Kook die melk saam met die pypkaneel. Verwyder die pypkaneel sodra die melk kook. Voeg die botter by. Meng suiker, meel en sout. Neem van die warm melk en meng met die meel mengsel tot glad. Voeg nou die meelmengsel by die warm melk.
Kook nou die melk vir 5 minute en roer gedurig. Dien warm op met kaneelsuiker, botter of gouestroop.
Wenk: Skoonma het haar melkkos ook so gemaak. Wat sy dan gedoen het is om die meel te verminder en dan 'n lepel of twee vla poeier ingooi .



Jeanette van Leeuwen
MELKKOS MET 'N VERSKIL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
My ma se resep!! Hy smelt behoorlik in jou mond!!
6 eiers.
2liter melk
125ml koekmeel.
125ml suiker
125ml vla poeier.
2ml sout.
60gr botter


Metode:
skei 6 eiers klits die wit tot styf en donsig hou eenkant. Meng 250ml van die melk met die meel vla sout en suiker tot gladde pasta. Kook res van 2liter melk tot begin skuim en opkook haal van plaat af gooi die botter in gooi een een eiergeel in terwyl klits plaas terug op stoof laat kook tot borrel. Klits pasta bietjie bietjie in. Haal van plaat af vou die wit van eier in die pap nie klits!!!!! Bedien met kaneelsuiker na smaak genoeg vir 4 mense .


Eunanza Farrell
MELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
BESTANDDELE:
¼ blok Margarien
1 ½ kop Koekmeelblom
1 tl Sout


METODE:
• Bring 1 ½ lt melk tot kookpunt (met 1 kaneelstokkie in)
• Meng die meel en sout in ‘n skottel en rasper die harde margarien in
• Vryf in met jou vingers, dis ‘n droë melerige mengsel
• Druk handevol in ‘n bondel en rasper in kookmelk in, roer vir ‘n klein rukkie
• Smeer die rand van die pot met margarien sodat dit nie kan oorkook nie
• Laat kook vir ±15 min.
Bedien deur kaneelsuiker bo-oor te strooi. .

Rene Truter Wessels
Kondensmelk Melkkos

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
1 blik kondensmelk
4 blikkies water
(bring tot kookpunt)
1 koppie mielieblom (Maizena)
1 ½ koppie melk
(meng tot pasta)
Voeg by kondensmelk melk
(kook stadig)
4 dik snye witbrood sonder korsies. Breek dit in stukkies in die melkkos. Voeg by:
2 eetlepels botter
Knippie sout


Roer stadig en kook stadig vir 5 minute. Strooi slegs kaneel oor, behalwe as jy ‘n erge soettand het.
resep by vriendin Hannie gekry.

Abri van Vuuren
Die lekkerste en maklikste melkkos om te maak ooit!!
SAGOMELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
1,125 ml melk
90 g (125 ml ) sago
25 g (30 ml) botter of margarine
25 g (50 ml ) mielieblom
15 g (30) ml vlapoeier
20 gram (30 ml) volkoringmeel
3 ml sout
2 eiers (geskei)
kaneelsuiker na smaak


Metode
• Verhit 250 ml van die melk tot warm en laat sago 30 minute daarin week
• Verhit 750 ml van die melk saam met die botter in ‘n groot kastrol tot kookpunt
• Meng mieliblom, vlapoeier, volkoringmeel en sout met die oorblywende 125 ml melk tot ‘n pasta en voeg by sagomengsel
• Voeg by kookmelk, roer aanhoudend en kook tot dik.
• Klits eiergele, meng met bietjie van die melkpap en roer dan by res in kastrol.
• Klits eierwitte tot styf en vou in melkpap in.
• Dien op met kaneelsuiker
• Lewer ses porsies

Lorraine Weitz Brand
MELKKOS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
Kook 1 liter melk tot kookpunt.
Voeg 1 tlp vanilla essens by.
1 k meel
1 tlp mazeina
4 eetl margarien
1 tlp sout


Meng meel tot krummels.
Voeg by kookmelk en roer tot dit verdik.
Bendien met suiker en kaneel.


Elda Lombard
Melkkos - KONDENSMELK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/melkkos-resepte.html
2 blik kondensmelk
2 koppies water
1 liter melk
1 koppie meel
125 ml botter
bietjie sout


METODE
Meng die kondensmelk, water en melk saam in 'n kastrol.
Jy kan suiker byvoeg as dit nie soet genoeg is nie.
Vryf die botter in die meel in, sodat dit soos krummels lyk.
Voeg die sout by.
Wanneer die melk mengsel warm is, word die meelmengsel bygevoeg, en geroer totdat alles saam kook, en dik geword het.
Bedien warm met kaneelsuiker.


MELKKOS MET SPAGHETTI
125g spaghetti, in korter stukkies gebreek of macaroni
150ml koekmeel
5ml sout
50ml witsuiker
1l melk
3 ekstra-groot eiers, geskei
50ml margarien
3ml vanieljegeursel
1ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)

1. Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer
2. Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue melk.
Klits die eiergele en voeg by.
3. Verhit die res van die melk en die botter. Voeg 'n klein bietjie
hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die res van die
melk.
4. Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig
om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie.
5. Voeg die spaghetti by
6. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die
vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.
7. Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker indien verkies**

1 comment:

  1. Jammer, maar die resep werk nie. Het dit tot op die letter gevolg en dia n flop.

    ReplyDelete