Saturday, 26 January 2013
SOETRISSIES / GREENPEPERS
SOET SUUR SOETRISSIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/soetrissies-greenpepers.html
<Foto>Helena Kruger
Sny jou soetrissies[ geel, groen, rooi] in mooi dun repies. Vul jou bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en verseel dit warm. [haal al die blassies uit as daar is met n sosatiestokkie] ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous hoeveelheid.
SOUS
500ml Suiker
500ml Asyn
500ml Water
10ml Sout
1/2 t peperkorrels
METODE:
Kook jou asynmengsel vir so 3min.en gooi oor jou soetrissies in jou bottels. N.S in party van my bottels het ek n paar Ingemaakte Peppedews bygevoeg om dit lekker styf te kry..[3 glas heuningbotteltjies vol] Helena Kruger 23/6/2010 *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Lekker weer n slag SOETRISSIES ingemaak in die boonste sousie*Helena Kruger *23/03/2016
*************************************************************
GROEN-ROOI-GEEL PEPPER ATJAR
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/soetrissies-greenpepers.html
3 groot uie skywe gesny
2 elk groen, geel en rooi peppers skywe gesny
1 – 2 rooi brandrissies met pitte en al geweek in 15ml soyasous
3 x 115g blikkies tamatiepasta
250ml water
250ml asyn
250ml olie
250ml suiker
4 – 5 lourierblare
5ml droë origanum
3 – 4 knoffelhuisies gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
METODE:
1. Meng al die bestanddele en plaas in ‘n kastrol.
2. Roer oor matige temp tot suiker opgelos is. Bring dan tot kookpunt
3. Prut verder sonder deksel vir 45- 50 min of tot groente lekker sag is.
4. Skep in flesse en laat in yskas vir ten minste 2 weke voor gebruik.
Van een van ons Kosmaters!!!Lyk baie lekker.."Helena Kruger"*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
SOETRISSIE UIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/soetrissies-greenpepers.html
6 soetrissies - verskillende kleure vertoon mooi
240 g piekeluitjies gehalveer
3 knoffeltoontjies geskil
750 ml water
360 ml witasyn
2 peperkorrels
125 ml suiker
1 teelepel sout
METODE:
Halveer soetrissies en ontpit. Sny in repe en plaas in bak. Voeg uie en knoffel by. Verhit water en asyn saam en voeg suiker en sout by. Roer tot suiker opgelos is en laat 2 minute satadig kook. Voeg groentes by en kook op. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Sandra Visagie
PEER & GROEN SOETRISSIE BLADJANG:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/soetrissies-greenpepers.html
1,4kg stewige pere (groenskil) geskil en klokhuisie verwyder
3 groen soetrissies ontpit
225g (375ml) rosyne
1 ui geskil
skil & sap van 3 suurlemoene
300ml appel asyn
350g (450ml) suiker
15ml sout
25ml fyn gemmer
10ml neutmuskaat
10ml gemengde speserye
125g "blackcurrant" jam
5ml mosterdsaad
METODE:
Maal pere, soetrissie, rosyne en ui. Voeg saam met res van bestandele in 'n kastrol, bring tot kookpunt, prut vir 1 uur, roer gereeld. Bottel en verseel.
Maak omtrent 3 bottels.
Your Family 1990 *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
LILLIAN CRAFFORD SE SOETRISSIESOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/soetrissies-greenpepers.html
(ongeveer 400ml)
250ml suiker
130ml asyn
15ml mielieblom
150ml water
1 rooi soetrissie ontpit en gekap
1 klein ui, gerasper of fyn gekap
15ml knoffelvlokkies
5 druppels Tabascosous
METODE:
Meng die suiker, asyn, mielieblom en water in ‘n kastrol oor matige hitte en roer totdat die suiker gesmelt is. Voeg die res van die bestandele by en kook vir ongeveer 15min. Bottel en verseel. Dis heerlik saam met kaas of enige vleisgereg. *Tuis* *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Foto>Helena Kruger
Helena Kruger
HEEL UIE IN TAMATIE EN SOETRISSIE SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/soetrissies-greenpepers.html
1.5kg Tamaties [gesny
250g soetrissies gekerf
4 Knoffel huisies gekneus
1kg Heel klein uitjies
2k Asyn
2k Suiker
1t Sout
1/4 t Selderysaad
1/4t naeltjies
1/4t neut
Kook uitjies tot gaar maar nie pap nie
Kook tamaties ,knoffel en soetrissies tot gaar
Plaas in jou voedselverwerker en kap mooi fyn
Plaas in kastrol en voeg klaar gekookte uitjies by so ook die ander bestd. en kook vir +-20min..as sousie te dun is maak bietjie dikker met 2-3t Mielieblom
Skep in jou bottels en verseel dadelik**HEERLIK* 18/5/12*Helena Chilli Kruger.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Helena Kruger
ek dink dit is n baie lekker resep..veral met die appels in..en ek dink jy kan meer PeperS bysit en minder Tamaties...***
Sweet Pepper Chutney
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/soetrissies-greenpepers.html
450g red, green and orange peppers
900g bramley apples
675g onions
900g tomatoes
2 tsp paprika
1 tsp cayenne pepper
2 tsp ground black pepper
1lt pickling vinegar
250g Fruisana fruit sugar
How To Cook
1. Wash the peppers and cut them in half. Then remove the stalk and any seeds and chop the peppers finely.
2. Peel, core and dice the apples, then finely dice the onions. Wash and dice the tomatoes and place in a large preserving pan.
3. Stir in the paprika, cayenne pepper and ground black pepper, mixing well, and then stir in the vinegar and bring to the boil. Allow the spiced appleas, onions, tomatoes and peppers to simmer for about 45 minutes until softened.
4. When the fruit and vegetables are ready, spoon in the Fruisana, stir until dissolved and continue to simmer until desired consistency is reached.
5. Pour into warmed jars, cover and label. Store in a cool dark place for at least three months before using. [NET} 7/3/12*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
GREEN PEPPER SLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/soetrissies-greenpepers.html
18 med tot groot Green peppers
9 med uie
1 Knoffelhuisie
3 kop wit druiwe asyn
3 kop Suiker
1 1/2 kop Olie ( 1 en 'n half)
3 kop water
3 x 115gr Tamatie pasta
1 kop Tamatiesous
1 t Sout
METODE
Sny/kap Greenpeppers en uie grof
Voeg alles bymekaar in verkieslik 'n stainless steel kastrol
Bring tot kookpunt
Kook alles saam op med hitte vir 45 minute
Bottel kokend in gesteriliseerde flesse
Beide Resepte hou lank in 'n koel donker plek.
As dit eenmaal oopgemaak is sit in Yskas**Santa Bester
BOTTEL-EN-BERE-RESEPTE**
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Ek het lang groen geel en rooi peper hoe lè ek hulle in
ReplyDelete