Saturday 26 January 2013

MANGO / RUBARB RESEPTE



                                                           >Foto>catomaniac.com
MALEISE GROENMANGO-ATJAR
12 groen mango’s
Sout
15ml Kerrie
750ml sonneblomolie
4 rooi brandrissies
3 knoffelhuisies
5ml fenegriek
5ml borrie opsioneel
Sny die mangovleis van die pitte af, of sny die mango’s oorlangs in kwarte op en verwyder die pitte.  Laat die mangostukke 2-3 dae lank in sterk soutwater le.  Dreineer dit en druk dit goed droog anders onttrek dit vog en bederf.  Vermeng die Kerrie met bietjie van die sonneblomolie tot ‘n pasta.  Smeer dit op die mangostukke en pak dit in ‘n inmaakfles.  Sny die brandrissies fyn op, skil de knoffel en rooster die fenegriek liggies. Gooi die oorblywende olie in ‘n kastrol en voeg die rissies, knoffel, fenegriek en borrie by.  Verhit dit tot kookpunt en gooi dit oor die mangostukke.  Laat dit afkoel en verseël dit dig.  Laat die atjar 3-4 weke ryp word voor gebruik.  Wanneer van die atjar uitgeskep word, moet kokende olie bygevoeg word om die oorblywende vrugtestukke te bedek.  Dit voorkom dat die vrugte bederf.  *Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*N.S>ek het dit gemaak maar n pakkie tomato paste by my mengsel gevooeg..Helena Kruger* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html
 
GROENMANGOSUURTJIES
Prik klein, groen mango’s waarvan die pitte nog sag is met ‘n stopnaald.
Weeg dit af en week dit oornag in ‘n oplossing van 500g sout per 5 liter water.
Dreineer die vruggies die volgende dag en spoel dit goed af.
Bedek die mango’s met vars water en laat dit net opkook.
Dompel dit onmiddelik daarna in yswater en dreineer dit.
Pak dit in warm, droë gesterilliseerde inmaakflesse.
Gebruik vir elke 1kg mango’s, 500ml wit asyn, 400g wit suiker, 2 stukkies vars gemmerwortel, 1 stokkie pypkaneel en 2 kruienaeltjies. Verhit alles saam tot kookpunt en vul die flesse met die mengsel.  Verseël die flesse dadelik.  *Lekker vir later*  
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



SANDRA VISAGIE
MANGO BLADJANG 
(maak 1-2 bottels)
3 groot ryp vesellose mango's
1 ui fyn gekap
1 brand rissie pitte verwyder en gekap
125ml sultanas
2 knoffel huisies fyn gedruk
10ml vars gerasperde gemmer
10ml sout
2ml neutmuskaat
(nutmeg)
2ml fyn kaneel
125ml suiker
200ml asyn
Skil die mango's in sny dit in 'n groot bak. Voeg res van bestandele by en meng deur. Maak toe met kleefplastiek en laat oornag staan.
Die volgende dag, gooi die mengsel in 'n kastrol en kook tot dik. Roer gereeld. Bottel in skoon bottels.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



Sandra Visagie
APPELKOOS & MANGO BLADJANG 
450g gedroogte appelkose geweek
900g geskilde mango's gekap
250g gepreserveerde gemmer
3 knoffelhuisies fyn gemaak
250g korente
250g sultanas
450g (560ml) bruin suiker
60ml sout (is die hoeveelheid wat hul gee)
genoeg wit asyn om als te bedek
METODE:
Plaas al die bestandele in 'n kastrol, prut stadig vir twee ure, roer af en toe.
Bottel en seel.
Maak omtrent 4 bottels.(Your Family)
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



APPEL-MANGO-EN-GEMMERBLADJANG 
Heerlik saam met varkvleis- of hoendergeregte, Oosterse roerbraaigeregte en kerries.
4 groot Granny Smith-appels, geskil, klokhuisies verwyder en gekap
2 groot uie, fyngekap
375 ml appelasyn
375 ml (320 g) bruinsuiker
125 ml (100 g) sultanas
125 ml (100 g) droë mango's, gekap
40 ml gerasperde vars gemmer
5 ml mosterdpoeier
10 ml vinkelsade
2 ml fyngedrukte droë rissies (opsioneel)
METODE:
1 Meng al die bestanddele en 5 ml sout saam in 'n groot kastrol. Roer terwyl jy dit tot kookpunt verhit.
2 Verlaag die hitte en laat dit prut vir sowat 45 minute of tot verdik. Roer af en toe.
3 Skep dit in warm, gesteriliseerde flesse en seël dit. Hou dit in die yskas nadat dit oopgemaak is.
"IDEES" 9/2/11"Helena Kruger"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



MANGO – EN –MENGELVRUGTE BLATJANG 
Skil 6-8 mango’s, sny die vleis in skywe teen die pit af en sny in blokkies. Skil 4-6 piesang en sny in skyfies. Skil 2 groot appels. Sny dit in kwarte, sny die klokhuisies uit en kap die kwarte fyn. Skil ‘n pynappel en kap dit fyn. Vermeng die vrugte en meet die hoeveelheid af.
Gebruik vir elke 500g vrugte 500ml wit asyn en 200g wit suiker. Verhit die asyn en suiker tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Voeg die vrugte, 3ml gemaalde gemmer, 5ml rissiepeper en 8 brandrissie wat ontpit en in repies gesny is by die asynstroop. Prut die mengsel tot dik en roer gereeld. Laat die blatang afkoel, Bottel en
verseel wanneer dit koud is.
*Lekker vir later*
WENK: Nadat een van ons maters die blatjang gemaak het, het sy laat weet dit was bietjie suur en dat sy appelkooskonfyt bygesit het, tot dit heerlik uitgekom het.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



MANGOBLATJANG MET OLIE
6 ryp mango’s
5cm stuk vars gemmerwortel
2 knoffelhuisies
60ml sonneblomolie
10ml sout
5ml rissiepeper
5ml komynsaad
625ml rooi wynasyn
500g bruin suiker
150g pitlose rosyne
30ml suurlemoensap
METODE:
Skil die mango’s en sny die vleis teen die skil af. Skil die gemmer en kap dit fyn. Skil die knoffel en maak dit fyn. Verhit die olie in ‘n kastrol, voeg die mango’s, gemmer, knoffel, sout, rissiepeper en komynsaad by en roerbraai die mengsel 2 min lank. Voeg die res van die bestandele by, verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Prut die mengsel ongeveer 40min totdat die sous dik en die mangostukkies deuskynend is, roer dikwels om aanbrand te voorkom. Bottel die blatjang warm en verseel dadelik*Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



WARM MANGO BLATJANG
1,5 kg groen mango's, geskil, gehalveer, ontpit
70 ml sout
2 liter water
500g suiker (625 ml)
600 ml asyn
125 g dadels, ontpit en gekap
'n Stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
6 knoffelhuisies, gekneus
10 ml rissiepoeier
1 kaneelstokkie
125 g pitlose rosyne
METODE:
Kap die mango's in klein stukkies. Plaas in 'n mengbak. Sprinkel sout oor en voeg water by. Bedek en laat 24 uur staan. Dreineer die mangostukkies en plaas eenkant. Plaas suiker en asyn in 'n kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut totdat die suiker opgelos is. Roer voortdurend. Voeg die gemmer, knoffel, rissiepoeier, kaneelstokkie, rosyne, dadels en gedreineerde mango by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 1 tot 2 uur onbedek prut of totdat die blatjang dik is. Roer af en toe. Verwyder die pypkaneel. Skep die blatjang in warm, gesteriliseerde bottels en verseël.*Voortrekker resepte*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag
*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



RYP MANGO ATJAR
15ml koljanderkorrels
7ml wonderpeperkorrels
750ml wit asyn
50g wit suiker
15ml kerriepoeier
7ml mielieblom
5ml sout
2ml borrie
1,5kg geskilde ontpitte pas ryp mangoskywe
2 geskilde gesnipperde uie
2 gesnipperde rooi brandrissies
METODE:
Bind die koljander en wonderpeper in ‘n stukkie moeselien of kaasdoek toe. Voeg dit by die asyn en verhit dit tot kookpunt. Meng die suiker, Kerrie, mielieblom, sout en borrie, voeg dit by die warm asyn en roer dit totdat alle klontjjies opgelos is. Voeg die mangoskywe, uie en rissies by die asynmengsel en verhit dit tot kookpunt. Kook dit net totdat die mangoskywe sag is. Haal die speserysakkie uit. Bottel die atjar warm en verseel dit dadelik.
* Lekker vir later*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html
 
MANGO BLATJANG 
2 mango’s
4 sprietuie, fyngesny
1 rooi rissie, fyngekap
2 teelepels sesamolie
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel balsamiese asyn
Sout en peper
METODE:
Skil en sny die mango in klein blokkies. Voeg die oorblywende bestanddele by en meng goed. Laat staan in yskas Bedien by Lekker Braaigeregte of gebakte vleis!!!
Heerlik Helena Kruger"20/9/10
*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html


Berie Vd Velden Smith  
MANGO ATJAR: 
 [MARTHA DE LANGE]
5 – 6 ryp mango’s
25 ml sout
500 ml of meer olie
37,5 ml atjar masala - by Maleier winkels te koop OF 50 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
10 ml mosterdsaad - gestamp
5 ml fenegriek - gestamp
12 – 15 heel rooi en groen brandrissies
15 ml grof gekapte vars knoffel

Was die mango’s goed af en sny elke mango in agt skywe aan die pit sonder om te skil.
Sny die skywe los van die pit en vryf die skywe in met die sout.
Skep in ‘n plat houer, bedek met kleefplastiek en plaas ‘n paar uur in die koelkas.
Verhit die olie tot kokend warm.
Skep die helfte in ‘n klein kastrolletjie en hou warm.
Meng die masala, borrie, mosterd en fenegriek en meng met die een helfte van die olie en roerbraai vir een minuut sonder om die speserye te brand.
Meng die brandrissies en knoffel met die ander helfte van die olie.
Meng die twee olies met mekaar, verwyder van die hitte en laat afkoel.
Pak die mangoskywe in skoon, gesteriliseerde flesse en bedek met die oliemengsel.
Die olie MOET die vrugte volkome bedek.
Indien nie, verhit nog olie tot kookpunt, laat afkoel en giet oor.
Verseël en laat ten minste ses weke staan voor gebruik.
Hierdie skywe is ‘n moet by kerriegeregte.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html

GEDROOGTE MANGO’S (SMEER MANGO’S)
Skil die mango’s en sny die vleis van die pitte af.  Verulp die vleis en smeer dit op bakplate wat met waspapier gevoer is.  Plaas dit in die son om te droog.  Namate die pulp droog word, word vars mango pulp bo-oor gesmeer totdat dit ongeveer 1cm dik is.  Wanneer die pulp droog is, word dit opgerol en in stukke gesny.  Lekker vir later* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



Lynette Knoetzen
Mango Chutney
Mango Chutney is the one we think of as the "original" and most traditional of all chutneys. It goes well with curries, chicken, pork, lamb, and game.
subscribe to Bon Appétit
Ingredients
3 medium apples, peeled, cored, and chopped
2 large mangoes, peeled and chopped
1/2 medium sweet red pepper, chopped
1 1/2 cups (375 mL) granulated sugar
1 cup (250 mL) finely chopped onion
1/2 cup (125 mL) golden raisins
1/2 cup (125 mL) white vinegar
1/4 cup (50 mL) finely chopped peeled gingerroot
1 tablespoon (15 mL) lemon juice
2 teaspoons (10 mL) curry powder
1/2 teaspoon (2 mL) each: ground nutmeg, cinnamon, and salt
print a shopping list for this recipe
Preparation
1. Combine apples, mangoes, red pepper, sugar, onion, raisins, vinegar, and gingerroot in a large stainless steel or enamel saucepan. Bring to a boil over high heat, reduce heat, and boil gently, uncovered, for 20 minutes or until fruit is tender and mixture is thickened, stirring occasionally. Add lemon juice, curry powder, nutmeg, cinnamon, and salt; boil gently for 5 minutes.
2. Remove hot jars from canner and ladle chutney into jars to within 1/2 inch (1 cm) of rim (head space). Process 10 minutes for half-pint (250 mL) jars and 15 minutes for pint (500 mL) jars as directed for Longer Time Processing Procedure.
Dis iets anders vir die wat in mango wereld is
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html



Helena Kruger
RABARBER BLATJANG
2kg rabarber
500g uie
30g gemmer
10g sout
500g appels
500g bruinsuiker
30g kerriepoeier
750ml asyn
METODE:
Was en sny rabarber in klein stukkies.
Skil en kap appels .
Maal uie fyn.
Plaas al die best.in kastrol en voeg die helfte van asyn by.
Kook 30min. Voeg res van asyn by en kook tot vloeistof verdamp en blatjang dik is
Skep in warm flesse en verseel..
Dankie Hanlie Liebenberg!! Feb 2010
*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html


Carol Elliott Claassen
Mangoblatjang
6 koppies Mango, half groen
1 koppie appel
500 g uie, gekerf
1 eetlepel knoffel
12,5 ml rissies
3 teelepels borrie
1 eetlepel sout
5 eetlepels suiker
2 koppies asyn
Skil die vrugte en sny in netjiese stukkies. Gooi alles saam in kastrol en kook stadig tot sag en bottel warm

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html

 


 

 

 
MANGO PICKELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mango-rubarb-resepte.html
Vir ongeveer 3 bottels - neem so 20 mangoes (XL eier groote)
Skil af en sny middeldeur, haal die pit en harde gedeelte uit en sny in skywe. Gooi in ,n kolander en besprinkel met growwe sout en los oor nag om te dreineer.
Volgende dag versprei op ,n tafelblad of skinkborde om droog te word vir die dag.
Plaas dan die mangoes in ,n mengbak en mend die volgende bestandele by.
7 knoffel huisies (gerasper)
vars gemmer gerasper na smaak
2E suiker
1/2 tot 3/4 koppie piekelspeserye (pickeling spice)
4 tot 5 E witasyn
METODE
Meng goed deur tot al die vrugte bedek is.
Laat staan oornag.,
Volgende oggend verhit genoeg olie (Olie moet nie kook nie) vir die hoeveelheid bottels.
Laat olie koud word.
Meng vrugte weer goed een keur deur en plaas in gesteriliseerde bottles.
Gooi olie by en seel.
Laat staan vir so 5 dae en geniet saam met enige kos.**
Hilda Dates Steyn.·**14/01/2017

 

No comments:

Post a Comment