Saturday 26 January 2013

SLAAIE GEBOTTEL


BÊREBONESLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/slaaie-gebottel.html
Lewer 2,5liter (15 porsies)
Hierdie slaai laat jou aan die driebone slaai dink, maar die sousie is baie lekkerder!!!
SLAAISOUS
60ml canola olie
60ml appelasyn
125ml rooibostee of water
15ml paprika
15ml fyn komyn
5ml fyn koljander
5ml kaneel
45ml bruinsuiker
30ml gerasperde suurlemoenskil
80ml koljanderblare gekap
20-30 ml mentblare gekap
SLAAI
1-2 uie gekap
1 rooi of groen soetrissie in stukkies gesny

Klein bietjie olie
4 blikkies vierbonemengsels gedreineer
250g groenbone geblansjeer
Slaaisous: Meng al die bestandele en bring tot kookpunt in ‘n kastrolletjie.
Slaai:  Braai die uie en soetrissie vinnig in ‘n bietjie olie tot net sag.  Voeg saam met die bone by die saaisous, kook vinnig op en skep in gesteriliseerde bottels.  Hou in die yskas. *Huisgenoot * Kosmater
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Annelore Von Solms Joubert

 Koperpennie wortelslaai

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/slaaie-gebottel.html
Basiese tamatiesous:

250 ml suiker
375 ml druiwe asyn
115 g tamatiepasta

10 ml Wocestersous
10 ml aangemaakte mosterd
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water
Verhit al die bestandele, roer tot suiker oplos en gooi die volgende by:
Kook 750 g geelwortels (geskil en in skyfies gesny) in ‘n bietjie water tot gaar, maar nog bros.
Dreineer.
Gooi by: 1 groen soetrissie (ontpit en in blokkies gesny) en 2 uie (in ringe gesny)
Laat goed opkook. 

OM TE BOTTEL
stel ek voor dat jy die uie en soetrissie ook gaarmaak en dan die sous bygooi. Gooi dan die gaar wortels by die sous en laat dit deurkook. Terwyl dit nog warm is bottel dan en draai styf toe. Dit sal baie lank goed bly op die rak. *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

KOPERPENNIE WORTEL SLAAI
 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/slaaie-gebottel.html
1kg wortels gesny
2 uie in ringe gesyn
2 soetrissies ontpit en in repe gesny
1 pakkie tamatiesoppoeier
250ml water
200ml wit asyn
125ml kookolie
250ml suiker
10ml Worcestersous
7ml aangemaakte mostert
Sou en peper na smaak
METODE:
Kook die wortels tot half gaar, sag maar nie pap nie. Gooi in vergiettes en spoel af met koue water en dreineer. Rangskik wortels, soetrissies en uie in lae in ‘n groot bak met ‘n deksel en eindig met wortels. Meng res van die bestandele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook vir 2 min. Gooi warm oor slaai en laat met behulp van ‘n mes in die middel en teen die kante inloop. Laat afkoel. Sit deksel op en marineer vir 2 dae in die koelkas voor gebruik.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Indien jy dit wil bottel
stel ek voor dat jy die uie en soetrissie ook gaarmaak en dan die sous bygooi. Gooi dan die gaar wortels by die sous en laat dit deurkook. Terwyl dit nog warm is bottel dan en draai styf toe. Dit sal baie lank goed bly op die rak.


GEPIEKELDE KOMKOMMERSLAAI!

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/slaaie-gebottel.html
1 Engelse komkommer in dun skyfies gesny
2e Sout
1/2k Asyn
1 knoffelhuisie fyn gesny
1-2 e suiker
METODE:
Plaas jou gesnyde komkommers met die sout in lae in n bak en laat rus vir 30min. Spoel dit goed af en maak dit droog. Meng nou jou asyn/knoffel en suiker goed, en gooi oor jou komkommerskywe. Plaas in yskas oornag of vir n paar ure as jy haastig is. Dit hou baie goed in jou yskas vir+- so 4-5 dae en dan is dit baie lekker.
Bedien dit saam met kraakvars blaarslaai en koue gekookte eiers, met n bietjie slaaisous of olyfolie of van die marinade oor. Sprinkel gekapte grondbone of neute ook oor heerlik!!!
N.S. ek het al Peppedews ook saam met die komkommers gemarineer!!
Helena Kruger" 10/8/10
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


NOEDELSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/slaaie-gebottel.html
500g Noedels
1/2kg uie gekap
1 kg tamaties
2 soetrissies ( rooi, geel en groen)
100ml mayonnaise
375ml olie
250ml wit asyn
500ml suiker
20ml sout
METODE:
Kook tamaties, u ie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar ferm ongeveer 20 min, met sout en bietjie olie by
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise by.
Bottel warm in voorbereide bottels.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




NOEDELS IN KOPERPENNIEWORTEL-SLAAISOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/slaaie-gebottel.html
1 pakkie tamatiesoppoeier
250ml water
200ml wit asyn
125ml kookolie
250ml suiker
10ml Worcestersous
7ml aangemaakte mostert
Sout en peper na smaak
METODE:
Meng die bestandele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook vir 2 min. Braai 1ui gekap en 1 groensoetrissie gekap liggies gooi oor pasta of noedels en gooi jou sous oor bring net vinnig tot amper kookpunt en bottle en laat afkoel en plaas in die yskas!!!
N.S Ek het 1k ertjies in n bak met kookwater geplaas en gedreineer en ook bygevoeg Baie lekker!! "Helena Kruger" 15/12/10 
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/slaaie-gebottel.html

No comments:

Post a Comment