Saturday 26 January 2013

ATJAR / PIEKELS



Ek het Dalene Brits se resep gebruik net met Acthar Marsala en olie in >>Helena Chili Kruger 15/12/12[ ek het chillies, wortels, kool, uie en knoffel gebruik]
GROENTE PIEKELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
Resep jare gelede van 'n vriendin, Mara gekry.
375g Groenbone
500g Wortels
1 Medium Koolkop
125g Knoffel
750ml Wit asyn
750ml Kookolie
1 pakkie Piekel Masala
250g Sout
Kerf wortel, bone en kool.
Week in asyn en sout oplossing vir 2 dae
Dreineer asyn baie goed. Voeg piekel masala, kookolie en fyngekapte knoffel by. Meng baie goed en skep in bottles.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* #groenteatjar
Geplaas deur: Dalene Brits



 



SUURLEMOEN-ATJAR
 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.
Maak: 4 mediumgroot flesse
Bereidingstyd: 30 minute, plus weektyd
12-15 klein suurlemoene of lemmetjies
45 ml growwesout
60 ml atjar-masala
45 ml fenegriek (methi)
15 ml selderysaad
2-4 groen brandrissies, ontpit
en gekap
300 ml suurlemoensap


METODE:
1 Verhit 'n groot kastrol vol water tot kookpunt. Haal dit van die plaat af en gooi die suurlemoene by. Laat dit vir 'n paar uur week tot sag.
2 Sny die bo- en onderpunte van die suurlemoene af en sny dit in agt wiggies. Haal die pitte uit. Sit die wiggies in 'n bak wat nie van metaal is nie. Meng die sout en speserye saam en sprinkel dit oraloor die wiggies.
3 Sit die wiggies in gesteriliseerde flesse. Verhit die suurlemoensap tot kookpunt en gooi dit oor die suurlemoene. Seël dit en los dit vir 'n paar dae voor jy dit gebruik. Hou dit in die yskas nadat dit oopgemaak is
Helena Kruger" 9/2/11
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*






SUURLEMOEN ATJAR

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
1 kg vars suurlemoene
75 g fyn sout
3 k wit asyn
1 t mosterdsaad
1 knoffelhuisie, gerasper 1 k sonneblomolie 250 g gemengde atjarmasalapoeier 75 g wit suiker 1-3 groen rissies (afhangende van hoe sterk jy daarvan hou), gesny Was die suurlemoene en plaas 24 uur in vrieskas. Sny die suurlemoene in agstes en verwyder al die pitjies. Vryf gesnyde suurlemoene deeglik met sout en voeg asyn in. Marineer 12 ure, roer deeglik af en toe. Dreineer deeglik deur ‘n melkdoek of sif. Meng die mosterdsaad, knoffel, sonneblomolie, atjarmengsel en suiker goedken voeg groen rissie by. Gooi oor die suurlemoene in gesteriliseerde bottels en maak toe. Laat staan oornag voor gebruik.
Bron:Abbas Abrahams die uitvoerende sjef van African Pride Crystal Towels Hotel & *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



 

Green Tomato Pickles
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html1 peck (40 small) green tomatoes, thinly sliced
4 cups onions, thinly sliced
Salt
4 cups sugar
4 cups white vinegar
2 tbsp. celery seed
1 bay leaf
1 1/2 tsp. ground mustard
3/4 oz. mustard seed
12 whole cloves
8 whole allspice seeds

Alternate layers of tomatoes and onions on a large platter. Shake salt on each layer like you’re salting a meal. Cover platter with plastic wrap and store overnight in refrigerator. Salt will draw moisture from the tomatoes and onions, so place platter on a rimmed baking sheet to catch any water that may spill.

The next day, drain tomatoes and onions in a colander. In a large pot, add the tomatoes, onions, sugar, white vinegar, celery seed, bay leaf, ground mustard, and mustard seed. Place cloves and allspice in a cloth bag, and add to the pot. Bring to a boil. Reduce heat and simmer for 1 hour.

Spoon into sterilized canning jars and seal (I did 5 minutes in a boiling-water bath).**baskersfunfoods**





GROEN TAMATIE ATJAR
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
Anet Grove
 ( resep van my oorlede ma) baie lekker.
 6 pond groen tamaties,
3 pond uie,
 2 koppies suiker,
 2 x 750 ml bottels asyn.
 1 desertlepel borrie,
2 desertlepels mosterdpoeier,
1 desertlepel kerrie, 3 eetlepeles meel,
 n kwart koppie sout,
 halwe teelepel rooi peper.
 Skil tamaties en sny in skywe, gooi die sout oor en laat oornag staan.
 Dreineer volgende oggend al die water af.
Sny die uie en voeg by.
Voeg 1 en n halwe bottel asyn asook 2 koppies suiker by.
 Kook alles saam tot uie gaar is.
Meng al die ander bestandele met orige suiker en asyn.
 Voeg by en laat nog 10 minute kook.
Roer maar kort kort en pasop vir aanbrand. Bottel warm.29/4/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




GEMENGDE GROENTE ATJAR 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
Afrikaanse Resepte
10 ml koeksoda
6 groot wortels, geskil en in dun stroke gesny
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
1 groot ui, in dun skywe gesny
1/ 2 groenkool, in dun skywe gesny
250 ml vars of bevrore ertjies
50 ml atjarmasala
5 ml sout
5 knoffelhuisies, gekneus
400 ml kookolie
Voeg koeksoda by kastrol met kookwater en laat voorbereide groente 2 minute daarin week. Dreineer goed en bedek dadelik met koue water. Dreineer weer en laat groente 10 uur in `n sonnige plek droog word. Meng atjarmasala, sout en knoffel met 30 ml kookolie om pasta te vorm. Verhit res van kookolie en voeg die atjarmasalamengsel by. Giet oor groente en meng aan; maak seker dat groente goed bedek is met mengsel. Plaas in houer in yskas en bedek of verpak in gesteriliseerde, verse¸lde flesse. Berg in koel, donker plek. Hierdie atjar kan dadelik ge¸et word, maar is beter na 2-3 weke.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Hannah Frauendorf Langenhoven

Geelperske Atjar
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
3 koppies witasyn
2 kg perske stukkies
1 kg uie op gekerf
20 kruie naeltjes
2 eetlepels kerrie
1 eetlepel borrie
1 ½ koppies suiker
1 eetl epel sout
2 eetlepels mielieblom
1 teelepel fyn koljander
kwart teelepel peri peri OF 2 brandrissies ontpit en gesny
8 lemoenblare (opsioneel)
1. Sny perskes en uie f...yn.
2. Verhit asyn en voeg perskes en uie by. Kook weer.
3. Voeg naeltjies en lemoenblare by.
4. Meng al die droë bestanddele met bietjie van warm asyn. Roer dan by asyn en perskes in.
5. Kook tot perske en uie sag is.
6. Verwyder lemoen blare en van die naeltjies.
7. Bottel en bêre.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


PERSKE  ATJAR 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
“LEKKERKOS”
100 taaipit perskes
3 Eetl fyn mostert
1 teel fyn rissies
2 uie
1 stukkie knoffel
4 pinte asyn
Skil die perskes,sny dit in twee en haal die pitte uit.  Kook dit met al die spesrye en asyn vir ‘n paar minute.  Sit dit in ‘n kan en laat staan dit vir 12 dae.  Kook dit dan weer op vir ‘n paar minute, sit in voorbereide bottels, en seël dadelik. *Kosmater
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

  Maré Nieuwoudt

DRUIWE ATJAR
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
(gebruik sultana- of hanepoot-druiwe vir hierdie atjar).
2 – 2.25 kg druiwe
250 ml water ( 1 koppie)
1 kg suiker
600 ml (2 + 2/5 koppies) wit druiwe-asyn
3 ml (1/2 teelepel) sout
15 ml (1 eetlepel) kaneel
10 ml (2 teelepels) fyn naeltjies
5 ml (1 teelepel) peper
10 ml (2 teelepel) pimento
METODE:
Kook die druiwe in die water tot sag. Voeg die res van die bestannddele by en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en prut tot die mengsel verdik en nie meer waterig is nie.
Bottel in gesteriliseerde flesse terwyl nog warm.
Lewer ongeveer 1,25 liter.
Huisgenoot wenresepte
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*  


PIEKEL GROENTE (EN SAMPIOENE)

Die blomkool word opgebreek in klein blommetjies,
die wortels word geskil en in klein ringe gesny of juliete stukkies of blokkies.
Die uie in ringetjies.
 Die boontjies in stukkies en die b\marrows in ringe.
Al die groente moet rou bly.
Was en droog al die groente. Steriliseer bottels en vul op met groente tot heel bo.Ek meng gewoonlik eers al my droe rou groente en vul my bottels daar mee.
In ‘n kastrol meng
2 X 750ml wit asyn met
1 X 750ml water
½ k Sout
4 k Suiker
2 eetlepels pickling spice roer tot suiker opgelos is. kook vir 3 tot 5min vul bottels met kookende pickel sous. Skroef dadelik proppe op draai bottels om en laat afkoel. Groente kan na 2 weke geeet word. Suiker kan aangepas of weg gevat word afhangende van hoe soet of suur jy jou pickel sous wil he.
Lekker resepte vir die jongergeslag

Riana Viljoen
Ek berei my groente ook vooraf soos Veronica, maar my sous is bloot
1 bottel asyn (750 ml ..... en ek gebruik net bruin asyn,maak nie saak wat die resep sê nie) en
1 koppie suiker saam gekook (hoeveel asyn/suiker hang af van hoe baie bottels vol groente ek het).
Gooi die kokende stroop oor, bottel en bêre. Terloops gepiekelde sampioene is heerlik !!

Lekker resepte vir die jongergeslag**
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html


  


 

MANGO PICKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/actjar.html
Vir ongeveer 3 bottels - neem so 20 mangoes (XL eier groote)
Skil af en sny middeldeur, haal die pit en harde gedeelte uit en sny in skywe. Gooi in ,n kolander en besprinkel met growwe sout en los oor nag om te dreineer.
Volgende dag versprei op ,n tafelblad of skinkborde om droog te word vir die dag.
Plaas dan die mangoes in ,n mengbak en mend die volgende bestandele by.
7 knoffel huisies (gerasper)
vars gemmer gerasper na smaak
2E suiker
1/2 tot 3/4 koppie piekelspeserye (pickeling spice)
4 tot 5 E witasyn
METODE
Meng goed deur tot al die vrugte bedek is.
Laat staan oornag.,
Volgende oggend verhit genoeg olie (Olie moet nie kook nie) vir die hoeveelheid bottels.
Laat olie koud word.
Meng vrugte weer goed een keur deur en plaas in gesteriliseerde bottles.
Gooi olie by en seel.
Laat staan vir so 5 dae en geniet saam met enige kos.**
Hilda Dates Steyn.·**14/01/2017
 

1 comment: