Tuesday, 22 January 2013

TAMATIEKONFYT

SANDSUIKER

Om sandsuiker te voorkom, sit die sap van een suurlemoen (ongeveer 62 ml) by vir elke kg vrugte.
Moenie te veel roer nie, maar roer genoeg dat dit nie aanbrand nie - dit brand maklik, so hou maar dop
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html


TAMATIE-CHILLI-APPEL EN GEMMER KONFYT*

in die Mikrogolf
3/01/13 Helena Chilli Kruger>
Ek het 1kg [Tamatie, chilli, appel 1e gerasperde vars gemmer]alles is nou 1kg net soos julle wil
1kg suiker
1e botter
Kap alles half fyn in voedselverwerker. Kook 13min. Haal uit maak fyn[ek het nie] mash
Gooi suiker en botter by en kook 13min.
Roer en kook nog 13min.
En hier het ek nog 10min. weer gekook, want dit het vir my te dun gelyk en dit is vanoggend pragtig**Helena Kruger>>
Louise Groenewald hoekom het jy die resep gegee>>jy maak my moeg..want dit is so lekker**he he.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html

RYP TAMATIEKONFYT
 (my oorlede tannie Sare se resep)

4 kg tamaties
3.5 kg.suiker
skil tamaties af of trek skilletjie af nadit dit in kookwater gedompel is. sny kruise bo in tamaties en gooi in konfytkastrol. gooi suiker bo oor. kook. 'n stukkie gekneusde gemmer kan bygevoeg word. bepaal self die dikte van jou konfyt na jou smaak. bottel warm, in gesteriliseerde flesse*Marthie Grobler.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html



Yummo Grandmom Gaskill’s Tomato Jam

*gratefulprayerthankfulheart*
10 to 12 Large Ripe tomatoes enough to make 6 cups pulp
6 cups Granulated sugar
1 teaspoon lemon or lime juice

Wash ripened tomatoes (do not use cherry tomatoes) cut out stalks. Drop into Boiling water 1 minute; remove skins and discard them. Squeeze out some of the juice and seeds (discard or save for something else) Chop tomatoes into pieces or use processor for a few seconds.

Put Tomatoes into large pot. Boil for 15 minutes to reduce liquids Add sugar in the amount equal to the tomatoes; stir and blend.  Bring Mixture to a full boil. Stir frequently, until it thickens about 1/2 hr.

Just before taking jam off heat add lemon or lime juice. This keeps the sugar from separating from the fruit later on. If you like the taste of cinnamon, add a dash at the same time as the lemon juice. stir in.

Cool and pour into clean pint jars leaving 1" head-space; cap and seal jars. Place in large pot. Pour in enough boiling water to cover the jar tops and bring to a boil. When water is boiling briskly cover pot and set timer for 15 minutes (Remember the water has to cover the jars for 15 minutes)

Carefully remove hot jars and set to cool on folded kitchen towels.
One by one, in rapid succession they'll make a popping sound. Jam will thicken as it cools Remember to label and date the jars. Makes 4 pints* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html


TAMATIE KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html

1,2 kg ryp tamaties
Kookwater
Sap van 1 suurlemoen
4 x 250 ml suiker
Stuk vars gemmer van 6 cm, geskil en in stukke van 1 cm gesny
2 ml growwe sout

Bedek die tamaties met kookwater en laat staan vir drie minute.
Spoel af met koue water en trek die skille af.
Kap fyn.
Sit die gekapte tamaties en die suiker in ’n swaarboompot en voeg die suurlemoensap by. Roer tot die suiker opgelos is.
Voeg die gemmer en sout by en verhit tot kookpunt.
Kook vinnig, terwyl gereeld geroer word, tot die konfyt setpunt bereik.
 Skep in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. *




TAMATIE EN BRANDRISSIE KONFYT
1.2 kg suiker
1.2 kg ryp pruimtamaties en die lengte deurgesny
2-6 middelslag brandrissies ontpit en in skyfies gesny
2 granny smith appels geskil en gerasper

2 cm stuk vars gemmer in kort repe gesny
sap van 1 suurlemoen
Metode:
Plaas alles in groot bak en laat 20 min staan...gooi dan in groot kastrol...verhit stadig en roer tot suiker opgelos is...prut stadig tot dikte van konfyt bereik het...roer af en toe....skep die skuim af terwyl dit prut...skep in flesse en verseel onmiddelik. As jy nie rissie wil bygooi nie los net uit…Zelda se resep.baie lekker
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html


Fyntamatiekonfyt
Skil die tamaties en sny dit in stukkies op.
Weeg die hoeveelheid tamaties af.
Gebruik vir elke 1kg tamatiestukke, 750g wit suiker, 20ml suurlemoensap en ‘n paar knoetse gekneusde, gedroogte gemmerwortel wat in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is.
Pak die tamaties en suiker in lae in die kastrol, voeg die suurlemoensap en gemmer by en laat dit ‘n paar uur lank of oornag so staan om stroop te vorm.
Verhit die mengsel daarna stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit taamlik vinnig verder totdat die konfyt helder en die stroop dik is, roer dit gereeld en wees veral teen die einde versigtig dat dit nie aanbrand nie.
Verwyder die gemmersakkie en gooi dit weg.
Skuim die konfyt af, indien nodig, bottel dit warm in voorbereide flesse en verseël dadelik *Lekker vir later* Kosmater

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html


TAMATIEKONSERF
1.5kg ferm ryp tamaties
500g suurappels

15ml fyngerasperde suurlemoenskil
1.25kg wit suiker
75ml vars suurlemoensap
Skil die tamaties en sny dit in skyfies op.
Skil die appels, sny dit in kwarte op, sny die kolkhuise uit en sny die kwarte in skyfies op.
Verhit die tamaties, appels en suurlemoenskil stadig tot kookpunt, sit die deksel op en prut dit ‘n halfuur lank.
Verhit die suiker tot warm in die oond.
Voeg dit saam met die suurlemoensap by die tamatiemengsel en roer dit todat die suiker opgelos is.
Kook die konserf oor maige hitte en sonder ‘n deksel totdat dit dik is.
Skuim af indien nodig, bottel warm in voorbereide flesse en verseël dadelik. *Lekker vir later*Kosmater
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html



TAMATIE KONFYT
Hester Londt Erasmus
 tamatie konfyt of jam? Konfyt gebruik jy die vrugte heel.
Ek maak gewoonlik tamatie jam
Maak klein snytjies in die tamaties se onderkante
Gooi kookwater op die tamaties
Laat so paar minute in die kokwater le en gooi af en gooi YS water op.
Trek die skilletjies af.
Weeg die tamaties. gebruik 500g suiker vir elke 500g tamaties.
Sit die vrugte en suiker in lae in nkastrol Gooi n paar stukke gekneusde gemmer in. Laat dit n paar uur staan. Verhit stadig tot al die suiker opgelos is voor dit kook. Kook dan vinnig en helder tot die vrugte helder en deurskynend is en die stroop dik is. N.s>As jy Tamatie en chillie konfyt wil maak, voeg 100 groen chillies by 1.5 kg vrugte
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-konfyte.html


No comments:

Post a Comment