Monday, 28 January 2013

TRADISIONELE RESEPTE


 

Helena Kruger

BULTFONTEIN SE VETKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-algemeen.html
2 k koekmeel
20 ml bakpoeier
2,5 ml sout water om mee aan te maak
olie vir bak
Metode:
Verhit olie stadig in swaarboomkastrol oor matige hitte tot warm.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg water bietjies-bietjies by en meng tot slap deeg. Skep lepelsvol van die beslag in die warm olie en bak die vetkoeke tot goudbruin. Dreineer die vetkoeke op bruin- of handdoekpapier en vul dit met appelkooskonfyt of maalvleis.uit.  SA Resepte 8/8/10 



                                                              foto>Kyknet*


Kaiingbrood
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-algemeen.html
Bestanddele:
1 kg broodmeel
2 t sout
1 pakkie kitsgis
2 t suiker
2 en ½ k louwarm water
1 E olie
Metode:
1. Meng die meel, sout, suurdeeg en suiker in ‘n mengbak.
2. Voeg louwarm water met olie hierby en meng tot ‘n deeg.
3. Knie goed en laat dit rys.
4. Knie die deeg weer af.
5. Druk die deeg effens plat en smeer die gemaalde kaiings bo-oor.
6. Knie die kaiings goed in die deeg.
7. Maak die brood op, sit dit in ‘n broodpan en laat dit weer rys voor dit gebak word.*

Tiana Botes
Boerekos

 




Helena Kruger
Ek skryf dit in die taal van my *Chef* in die kombuis**
SUURPAP MACHOU
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-algemeen.html
20lt emmer
Papmeel 5kg
Louwater
Gooi louwater by papmeel in emmer tot vol
Sit by die son ..Laat suur word
Dan kook, as klaar gekook gooi 3k Koekmeel by
Roer en laat staan tot more *Johanna chef at *Die Grasdak*17/5/12





Karin Rheeders Pearson
Machou
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-algemeen.html
Nelson Mandela described his favorite meal as being a freshly slaughtered sheep washed down with a bowl of Amarhewu!
Ingredients:
2lb Cornmeal
2.5 Gallons Water
1/2lb Wheat Flour
Preparation:
1. Boil the cornmeal in the water for about 2 hours.
2. Mix in the wheat flour
3. pour mixture into a container witha lid (not sealed)
4. Leave in a dark place for 2 days
The mixture may be drunk after 2 days as it will have developed its distinctive sour taste, but it will increase in 'flavour' and potency for up to a week.


 




Bogobe
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-algemeen.html
Vandag het my 'craft'-groepie van bejaarde vroue in Tlokweng Village net buite Gaborone besluit om vir my klas te gee in plaas van andersom.
Hulle maak toe bogobe 'n tradisionele dis.
Kook makataan (k-waatlemoen) vleis sag tot dat medium pot half vol sap/moes is (geen water bygevoeg). Voeg een liter madila (suurmelk) en 'n skeutjie suurlemoensap by.
Wanneer dit opkook roer mabele (sorgum) in om 'n slapperige pap te maak.
Hulle het gesmul - ek het langtand geeet!*
Jetske Wierenga-Trueman
 

No comments:

Post a Comment