Thursday, 31 January 2013

UIE/ RAPE/ OKRA/ SELDERY/ ASPERSIE




GEKARAMALISEERDE UIE 

60ml Kookolie
60ml Bruinsuiker
60ml Balsamiese asyn
METODE:
Braai uie tot effens glaserig. Voeg suiker by en roer en soteer vir 'n verdere minuut. Voeg asyn by en prut tot donkerbruin en taaierig.

Yummies!
Kan gebruik word op pizzas, quiches, toebroodjies ens.
Geplaas deur: Dalene Brits

Foto: exclusivelyfood



SJERRIE UITJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

750 gr uitjies
30 ml botter
60 ml sjerrie
30 ml bruinsuiker
2 vars takkies tiemie
1 lourierblaar
Metode:
Skil uitjies , en blansjeer in gesmelte botter tot goudbruin buite-om. Giet sjerrie oor, besprinkle met bruinsuiker, en voeg kruie by. Bedek met water en laat opkook. Verlaag hitte en laat prut tot geurige sous gevorm het en uitjies sag is."Carol Elliott Claasen"




BESLAGDEEG – UIE-RINGE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

120g koekmeel (of 120g bruismeel, los dan die bakpoeier uit)

5ml bakpoeier
1ml sout
12.5ml gesmelte botter
1 eier geklits
250m melk
750ml olie
5 – 6 uie
Metode:
Sif droe bestandele saam.
Smelt eers die botter en meet dit dan af.
Voeg nou die gesmelte botter, eier en melk by en klits met elektriese klitser.
Klits tot ‘n gladde beslag.
Verhit 750ml sonneblom olie.
Sny die uie in ringe en voeg by beslag.
Tel uie ringe uit die beslag met ‘n vurk en sit versigtig in die warm olie.
Die olie moet nie te warm wees nie.
Toets eers die olie deur net ‘n klein bietjie beslag daarin te drup.
As die beslag mooi stadig bruin braai, is dit reg.
Dreineer op kombuispapier en sit onmiddelik voor.



Viljoen Gesin-Family
LEKKER UIERINGE IN DEGIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Vinnige 'tip' vir lekker uieringe.

Die pakkies pannekoek mengsel wat mens kry maak n baie vinnige en baie lekker deegie.
Maak deeg aan soos instruksie op pakkie.
Dip uie ringe en diep braai tot goud bruin

Annemarie Gaybba Lourens
Onthou om uie in n bak met yswater te gooi so uur voor jy die ringe wil maak dit maak dat die uie bros bly in die degie




UIE RINGE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Sny die uie fyn in ringe, laat week vir ten minste 4ure in Sprite koeldrank! Meng meel en spur spice in n sakkie, dreineer die uie en gooi in die sakkie saam die meel. Haal uit en skud die ergste meel af en diep braai! Dis die regte Spur resep! Heerlik #Spur uieringe




Christina Stienie Breed

UIERINGE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

4 uie 5mm. dik gesny
500ml. bruismeel
5ml. sout
250ml. koue water
olie vir diepbraai
geursel
* Bedek uieringe met yswater vir 2 ure in yskas
* Meng bruismeel en sout en klits die koue water geleidelik by om gladde beslag te vorm
*Dreineer uieringe en skud water af
*Plaas koekmeel in sakkie en skud uieringe daarin
*Verhit olie oor matige hitte
*Doop uieringe een vir een in beslag en bak in olie tot bruin*Dreineer op papierhanddoek en geur met sout


 
BAIE MAKLIKE GEBRAAIDE UIERINGE RESEP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Skil 1 groot ui en dikkerige ringe en plaas in yswater in yskas.
Laat ten minste 'n uur in die yswater staan.
Vat 1 koppie koekmeelblom en gooi en plastiek sakkie.
Meng 1 koppie selfraising met 1 koppie water.
Dreineer die uieringe van die water.
Gooi eers in sakkie met koekmeel en doop dan in die bruismeel/water mengsel.
Gooi dan in warm kookolie tot mooi bruin. 20/2/10 "Kosmater"




Abri van Vuuren
UIE RINGE SOOS DIE RESAURANT - NAASTE AAN SPUR S'N
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

1. Skil en sny 'n paar uie in dun ringe.

2. Was die uie goed in water. Gooi yswater  in bak en laat die uie in yswater le vir ongeveer 4ure..
3 Neem uie in beide hande en skud die water goed af.
4. Gooi die uie in n bak waarin mens skyfies maak.
5. Gooi ruim meel oor die uie en skud die rakkie sodat meel orals kom en die ekstra meel afval.
6. Diepbraai die uie teen 160 grade tot goudbruin.
7. Haal uit en laat olie afdrup.
8. Uie hou van olie wat reeds gebruik maar nie "vuil" is nie
9. Gebruikte olie soos vir skyfies gee uie 'n mooi bruin kleur. #Spur uieringe.


Abri van Vuuren

Onion RingS with egg batter, deep fried.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Ingredients:
3 large onions or sweet onions
1/2 cup flour
3/4 teaspoon salt
1/8 teaspoon pepper
1/2 teaspoon baking powder
1 egg, well beaten
1/2 cup milk
cooking oil for deep frying
Preparation:
Wash and peel onions, cut into fairly thick rounds. Separate rounds into rings. In a bowl, combine flour, seasonings, and baking powder. In a measuring cup, whisk together egg and milk. Add milk mixture to dry ingredients, blending well. Dip onion rings into batter, then drip into deep fat at about 180° celcius. Fry until golden brown, turning to brown both sides. Remove to paper towels to drain thoroughly. Sprinkle with a little salt before serving.
Fried onion rings recipe serves 6 to 8.




Diane Roode Hancox
Het die resep uit my oorlede Skoonma se resepteboek gekry.
UIE RINGE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Meng 1teel paprika, 1koppie meelblom, 1/4teel sout & 1 teel bakpoeier saam & roer geleidelik "n 1/2 koppie melk & 1 geklitsde eier in.
Sny 4 - 6 groot uie in ringe, droog af en doop in beslag.
Bak ongeveer 2 min in warm olie tot goud bruin.
Laat olie afdrup op koekrak.




Creamed Winter Onions
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

1,5 kg pickling onions, peeled
3 tablespoons (45 ml) Stork margarine
1 cup (250 ml) milk
Robertsons Salt and Pepper to taste
pinch of Robertsons Nutmeg
2 cups (500 ml) chicken stock (using KNORR Chicken Stock Cubes)
1 packet KNORR Bacon & Onion Potato Bake
1/4 cup (62,5 ml) dry sherry
1 tablespoon (15 ml) chopped Italian parsley
1. Put the onions in a pan and pour in the chicken stock
2. Bring to the boil, then reduce to a simmer for about 10 minutes
3. Remove the onions with a slotted spoon and place in a casserole dish
4. Keep the stock simmering
5. In a frying pan melt the margarine
6. Stir in the KNORR Bacon & Onion Potato Bake
7. Quickly add the milk, stock and sherry, and whisk over a medium heat until thick
8. Season with salt, pepper and parsley
9. Pour the cream sauce over the onions, then sprinkle with nutmeg
10. Place baking dish in a preheated 180°C oven for about 40 minutes
11. Serve with sliced roast beef and green veggies Knorr15/8/10 Helena 




Koekoes van der Merwe
OKRA
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Ingredients
3 tablespoons butter
1 medium onion, choppep
3 tablespoons butter
1 medium onion, chopped
1 pound sliced fresh okra
1/2 teaspoon ground cumin
1/2 teaspoon ground ginger
1/2 teaspoon ground coriander
1/4 teaspoon ground black pepper
salt to taste
Directions
1.Melt butter in a large skillet over medium heat. Add the onion, and cook until tender. Stir in the okra, and season with cumin, ginger, coriander, pepper and salt. Cook and stir for a few minutes, then reduce the heat to medium-low, and cover the pan. Cook for 20 minutes, stirring occasionally until okra is tender.




LEKKER SELDERY
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Lindi Claassens
Ek het nou snaaks probeer wees vroeer (is nie mal oor seldery nie) masr dit werk v my op 2 maniere.
1. Sop
2. Saam met hoendervlerke wat met n BBQ sous gebaste word op d kole en blue cheese dressing a la. Spur/ american style. Die drie saam werk goed!!

Henda Venter
Gebruik saam met jou roerbraai groente, het 'n baie lekker smaak. Jy kan dit ook saam met bacon en uie braai, gooi oor gebakte aartappels met paprika besprinkel. dan sprinkel jy bietjie balsamiese asyn bo-oor. Die Aartappels besprinkel jy eers met paprika voor jy dit in diep olie braai. Baiiie lekker

Dalene Brits
By enige gereg waar jy 'n laaang sous wil maak. Braai uie, seldery en gekapte wortels saam en wanneer jou vleis gaar is maak jy dit fyn in die sous. werk lekker by skaapboud en bees roast.

Ella Conradie
Ek het die volgende slaairesep by my suster gekry,kap seldery,appel en okkerneute,meng met goeie ou Crosse & Blackwell mayonaise, voeg rosyne by -heerlik! Ek dink sy het dit by Amerikaanse sendelinge gekry wat hier in SA was, hulle sit blykbaar selfs klein marshmallows by....hie-hie

DotCreations
Treats Julle het my nou sssooooo lus gemaak vir seldery, dat ek in die kombuis ingevaar het. Het lekker sterk kerrie maalvleis gemaak met bacon stukkies, lekker baie knoffel, uie, "green pepper" & seldery. Eet nou so lekker dat ek sukkel om verder te tik .........

Berie Smith
Kook saam met aartappels vir mash...heerlik. Gebruik as groente deur dit te braai saam met uie en bacon. Jy kan ook opkook en witsous maak, meng deur en strooi kaas oor. Baie lekker.




IDEES VIR DIE GAARMAAK VAN RAPE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Berie Smith
Die HOLLANDERS, soos ek nou grootgeword het. Skil rape en maak dit in blokkies, kook in bietjie soutwater tot gaar. Maak 'n lekker dikkerige witsous of kaassous, gooi oor en geur met sout, peper en neutmeskaat. Baie lekker!

Gerda du Plessis
Kook saam met wortels soos jy aartappel en wortel maak en boontjie en aartappels, ipv aartappel gebruik jy die rape. Baie lekker.

Marthie Clark
Is dit die wit raap of die gele wat die Engelse ''swede'' noem? Kook die rape saam met geelwortel en ''mash'' met botter, sout en peper.Gebruik meer wortel as rape




Carol Elliott Claassen
Gevulde knolraap
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Bedien 4
4 mediumgrootte knolrape
60 ml olie
75 g spek
1 groot ui, fyn gekap
30 ml gekapte pietersielie
60 ml vars broodkrummels
60 ml melk
1 hardgekookte eier, fyn gekap
60 ml droë broodkrummels
Sout en peper na smaak
Skil die knolrape, sny elkeen in twee en kook in soutwater tot sag. Skep ’n holte in die middel van elke helfte. Verhit 30 ml van die olie in ’n braaipan en soteer die spek en die uie totdat dit effe bruin begin raak. Voeg die pietersielie, vars broodkrummels, gekapte eier, sout en peper by en meng goed. Vul die knolrape met die mengsel. Sprinkel die droë krummels en oorblywende olie oor.


Carol Elliott Claassen
Soet klein rape
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html
6 klein rape
30 ml botter
60 ml bruinsuiker
125 ml gekapte pietersielie
2 ml sout
Bring water tot kookpunt in ’n kastrol en kook die rape daarin tot net sag (dit duur so 10 minute). Dreineer. Sit die rape in ’n oondbak. Smelt die botter en voeg die bruinsuiker by. Gooi die botter-suikermengsel oor die rape en strooi die pietersielie oor. Geur met sout. Plaas in ’n voorafverhitte oond teen 180 °C vir sowat 20 minute sodat dit geglasuur word. Sit warm voor.


Carol Elliott Claassen
Raap- en appelgebak. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

50 g raap, in blokkies gesny
sout
peper
1 appel, in skywe gesny
500 g bruinsuiker
4 eetlepels sherrie
Kook die raap in water vir 30 minute tot sag. Pak lae appel en raap. Bestrooi suiker, sout en peper oor elke laag. Bak vir 30 minute teen 180.Bedien met gebakte aartappels en Franse brood


Carol Elliott Claassen
FYN RAAP EN AARTAPPELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Jy kan raap en aartappels ook saam kook tot sag, fynmaak, en dan botter en warm melk bymeng vir kapok aartappels .


Hentie Brummer
Braised Leeks
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Try to buy leeks with as long and as white a shank as possible. If you can only find ones with short shanks that are mostly green, don't buy them -- choose another recipe instead.
Ingredients
4-6 leeks
1 garlic clove, minced
3-4 Tbsp unsalted butter
Salt
2 teaspoons fresh thyme or 1 teaspoon dried
1 teaspoon sugar
1 bay leaf
1 cup white wine or vegetable stock
1/4 cup parsley, chopped
Method
1 Cut off the ends of the leeks until you get to the shank; a little of the light green part is fine, but not too much of it. If you want, you can save the unused portion of the leeks in the freezer for making stock later. Slice through the shank of the leek lengthwise until you get to the root end—do not cut through the root just yet. Clean the leeks under cold running water, as leeks are usually dirty. Once the leeks are free of any dirt or grit, cut through the root to make two long pieces of leek.
2 Get a sauté pan large enough to hold the leeks in one layer and heat the butter in it over medium-high heat. When the butter has melted and begins to foam, turn the heat down to medium and add the minced garlic and then the leeks, cut side down. Cook for 1-2 minutes, just to get them a little browned and to let the butter get into the leeks. Turn over and sprinkle with salt, then cook the other side for 1-2 minutes.
3 Turn the leeks back over so the cut side is down, sprinkle the leeks with the sugar, the thyme leaves and a touch more salt. Add the white wine with the bay leaf and bring to a gentle simmer. Cover and cook 35-45 minutes over medium-low heat.
4 When the leeks are tender enough so that a knife blade pierces them easily, uncover the pot and bring the braising liquid to a rolling boil. Let this reduce by half, then turn off the heat. Add the parsley, swirl it around and serve.
Yield: Serves 4 as a side dish


Martie Fourie Moolman
GEROOSTERDE UIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/uie-rape-okra-seldery-aspersie.html

Medium groot uie (Moet nie skil nie) middeldeur gesny
vars roosmaryn en tiemie takkies
olyfolie
knoffel gekap
balsiemiek asyn
growwe sout en peper
melasse ( of stroop of bietjie heuning)
Pak uie in oondpan sodat ringe boontoe wys
Sprinkel olyfolie, fyn knoffel, gekapte roosmaryn sout en peper oor. Maak toe met foelie en rooster stadig in oond 140o C vir twee tot drie ure. Haal uit en verwyder buitenste blare. Pak terug in pan. Meng balsiemiek en molasse en nog bietjie olyfolie, sprinkel bo-oor en rooster oop vir nog so kwartuur by 180o C. Die geur as dit bak is heerlik!!! Ek het nie hoeveelhede nie maar dit is wat ek doen.

No comments:

Post a Comment