Thursday 31 January 2013

PAMPOEN / PATATS



JULIE SE BOERE PAMPOENKOEKIE


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
2 koppies gaar pampoen
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 eetlepel suiker
1 teelepel growwe peper
'n skeut suurlemoensap 


METODE
Meng alles goed saam tot 'n pap beslag.
Verhit olie in pan.
Skep beslag met 'n groot lepel in pan.
Braai tot goudbruin.
Plaas koekie op kombuispapier om die oorollige olie te absorbeer.
Bedien net so as bykos, of met kaneelsuiker en karamelsous as 'n nagereg.
Bron: RSG Resepte*.





 

                                                            6/5/2014>Wilna Dorfling

PAMPOENKOEKIES IN STROOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
500ml gaar boerpampoen
250ml gesifte koekmeel
10ml bakpoeier
2ml sout
1 geklitste eier
Kookolie


SOUS:
15ml botter/margarien
375ml suiker
200ml melk
15ml mielieblom
175ml koue water

Metode:
Maak pampoen goed fyn.
Voeg, meel, bakpoeier, sout en eier by en meng goed.
Skep lepels vol in warm olie, druk effens plat en bak tot weerskante goudbruin en gaar.
Pasop dat die olie nie te warm is nie, dan brand die koekies voordat hulle gaar is.
Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel.
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel.
Verhit tot kookpunt en gooi oor koekies.
Dien warm op. Lewer sowat 3 dosyn koekies

Lida Pieterse
Ek het vanmiddag die heerlikste pampoenkoekies gemaak.

Bak die koekies op die gewone manier en vir karamelsous het ek 'n blikkie karamel treat gemeng met bietjie warm water en geklits tot lekker glad. Paar minute in mikrogolf tot warm en toe oor die warm pampoenkoekies gegooi. Kaneel oorgestrooi en toegemaak in lou oond gehou. Die sous het lekker ingetrek in die pampoenkoekie. Dit smaak soos poeding.




PAMPOENKOEKIES MET KARAMEL SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Hierdie was altyd 'n wenner in ons huis as kind en ek maak dit nou nog
1 koppie Pampoen (klaar gaar en fyn gedruk)
½kop meel
1 eier
1 teel bakpoeier

KARAMEL SOUS
1 kop melk
1 kop suiker
3 teel botter
kook alles saam tot suiker opgelos is en voeg dan by terwyl jy roer
4 t maizena opgelos in ½ kop koue water
Kook oor lae hitte tot dik.
Skep oor die pampoenkoekies eers as jy opdien anders is dit pap! dis heerlik geniet baie
Henriette Wessels


Dalene Brits
EMMA SE MOERPAMPOEN

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
(RSG)
1 groot wit pampoen
1 kg maalvleis
Knoffel
Knopiesampioene
2 pakkies beesstertsop
3 lepels geel margarine
Uie
Aartappels, in blokkies gesny
Tamaties, in blikkie
Swart peper en sout na smaak
1 koppie bruinsuiker


Sny stingel van pampoen redelik groot en rond af.
Sit dit eenkant – moenie weggooi nie!
Haal pitte met hand uit pampoen.
Meng al die bestanddele deurmekaar.
Stop dit in die pampoen tot bo.
Sit stingel (deksel) terug - nie te styf nie.
Smeer pampoen met botter.
Draai toe met foelie en sit in matige oond oornag of van oggend tot aand teen 100 grade Celsius.
Haal pampoen uit, sny soos 'n koek, bedien met rys en slaai.
Jy kan dit ok in 'n swart pot sit, oor kole vir so 4 tot 5 ure .





LOUISE SE GEROOSTERDE PATATS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
45 ml (3 eetlepels) olyf of avokado-olie

8 - 10 middelslag patats, in die skil

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
klein klontjies botter (opsioneel)

METODE
1. Voorverhit oond tot 200 °C. Smeer ’n groot bakplaat liggies met van die olie en halveer patats in die lengte. (Patats van min of meer dieselfde grootte bak meer eweredig gaar.)

2. Plaas die patats met gesnyde kante na onder op die bakplaat. Bedruip met orige olie en geur deeglik met ’n bietjie growwe sout en peper.

3. Stip ’n klein bietjie botter op elke patat, indien gebruik, en rooster patats 30-45 minute of tot sag en goudbruin aan die onderkant. Sit dadelik voor met braaivleis, geroosterde vleis, hoender of vis.
Bron: RSG Resepte


.   
                                                     



SOETPATATS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
4 – 6 persone
6 klein Patats (Gekook met sout met skil)
Stroop:
62,5 g Margarien ( 4 eetl)

¼ k water
¼ k Bruinsuiker

1 ml Gemmer.
Trek die skille af en sny in lengte deur. Kook stroop en gooi bo-oor patats. Bak in oond by 200°C vir 30 min.

WENKE:

Al die patats moet in die stroop le, indien nodig verdubbel die sous.
Moenie die patats te klein sny nie anders word dit pap.
(Hier is 'n idee van hoeveelhede)



Riana Du Plessis
ONTHOUKOS - ROOI ROSE
OUMA SE SOETSUURPATATS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
(baie lekker resep)
1kg patats, geskil en in skywe gesny
5 cm gedroogde nartjieskil
5ml suurlemoensap
30 ml (2 eetlepels) botter
1 kaneelstokkie
125g bruinsuiker
sout
60ml water
125 ml sweet and sour sauce

Laat prut die patats, nartjieskil en suurlemoensap, botter, kaneel, suiker , sout en water saam in groot kastrol tot patats gaar is en die meeste water weggekook is.
voeg die sweet en sour sauce by en meng liggies, verhoog die hitte en braai tot goudbruin. haal kaneelstokkie en nartjieskil uit voor bediening .


Marleen Basson Niemandt
PATATS MET PYNAPPEL EN PIESANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Kook die patats wat in stukke gesny is tot gaar in water met bietjie sout.
Meng dit met gebreekte gemmerkoekies, piesang wat in skywe gesny is en pynappelstukke.
Gooi dit in 'n bak. Kook saam vir 10 min: water en
(Vir elke 1 K water 'n K melk en 1 en 1/2 K suiker. Verdik met bietjie maizena)
Gooi oor patatmengsel. Sit klontjies botter op en bak tot bruin.
Marshmellows kan ook bo-op gepak word voor dit gebak word..



Carin Ras Wilson
Patats met pynappel en piesangs

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
6 patats, geskil en en gaar gekook
75 ml warm melk
5 ml sout
50 ml suiker
1 pynappel
4 ryp piesangs
Maak patats fyn. Voeg sout, ½ van botter en ½ van suiker en melk by. Meng en kook tot deurskynend.
Plaas die helfte van die mengsel in oondskottel. Skil pynappel en sny stronk uit.
Pak bo-op patatlaag. Stip met botter en bietjie suiker.
Sny piesangs in skywe eb pak bo-op die pynappel laag. Sit weer met botter en bietjie suiker.
Skep nou die ander helfte van die papats oor. Stip weer met botter en strooi suiker oor.
Bak vir 30 minute in oond.
resep: Petro van der Westhuizen - Kookkuns .



Marleen Basson Niemandt
PATATBOLLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
BAIE LEKKER;
750g Fyn gaar patats of pampoen. Ek verkies patats.
1 K bruismeel.
1 Eier.
Knippie sout.
Meng alles en bak klein balletjies in diep olie.
Sous:
2 K water,
2 K suiker.
Koop saam vir so 10 min. Voeg by 1/2 t gemmer. Verdik met maizena. Gooi kokend oor balletjies. Patatbolletjies is nie so vetterig soos pampoenbolletjies nie..


Frans Odendaal
Patats in die oond gebak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
4 k gaar patats
1 t sout
100 g botter
1 groot eier geklits
1 t vanielje
Meng dit saam en voeg die volgende by:
Half k suiker
Half k room
Knippie kaneel
Knippie neutmuskaat
Knippie gemengde speserye
Knippie peper
Plaas in oondvaste en bak vir 15 min by 170grade.
Meng die volgende saam terwyl dit bak:
1 k bruinsuiker , 1k gekapte pekanneute , 100ml melk , 100 g botter, smeer oor die patatmengsel en plaas wer in die oond vir 30 min..



Japonika Hendrika Aggenbach 

PATATS MET FETAKAAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Hierdie resep werk vernaam goed met die oranje patat en Butternut. 
Berei patats voor deur te skil en in blokkies te sny. 
Plaas in 'n mengbak, gooi bietjie olyf olie oor, growwe sout en swart peper. Meng deur en plaas in 'n oond van so 180 grade op 'n bakplaat. 
As patats sag is (mes kan redekik maklik deurgly maar moet nie pap wees nie) plaas dan die patats onder die rooster van die oond (soos mens roasted vegies sal maak). 
Draai gereeld om en hou dop as hulle begin bruin word (rooster) kan hulle verwyder word. 
As hulle koel is neem Wellingtons se sweet chillie sauve en meng deur die patats, krummel feta kaas bo-oor en fyn gekapte (rocket blare). 
Let wel patats moet koud wees voor feta kaas or gestrooi word of as 'n warm dis kan die feta ook oor gestrooi word. Heerlik en smaaklik.min.


GEMMERKOEKIE PATAT 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
4-5 patats
piesangs, in skywe gesny
pakkie gemmerkoekies, fyngedruk
pynappelringe
geelsuiker
fyn kaneel
margarien


Metode:
Kook die patats met skille en al. Laat dit afkoel en trek die skille af. Sny die patats in skywe. Pak 'n laag patats in 'n vuurvaste skottel, dan 'n laag piesangs en ná dit 'n laag gemmerkoekies. Dan weer 'n laag patats, 'n laag pynappelringe en weer 'n laag gemmerkoekies. Bedek met 'n laag patat. Gooi lekker baie geelsuiker oor, sprinkel bietjie fyn kaneel oor, stip met margarien en bak teen 180 grade vir 20 minute .


NUTTY CRUST PATAT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
4 kg patat
3 pakke Nutticrust-beskuitjies
250 ml vars room
500 g goue stroop

Kook die patat in soutwater tot sag. Skil af en maak fyn. Smeer 'n oondvaste bak. Neem een van die pakke Nutticrust en pak dit in 'n enkellaag onderin die bak. Skep die helfte van die patat oor. Maak die stroop bietjie warm en gooi die helte oor. Gooi ook die helte van die room bo-oor. Krummel die tweede pak beskuitjies en gooi dit oor die patat. Skep die tweede helfte van die patat bo-oor en maak gelyk. Gooi die res van die stroop en room oor. Krummel die laaste pak beskuitjies en strooi dit bo-oor die patat. Bak vir 20-30 minute by 180 grade tot die gereg deurgaar is. 


.
MALVA LEKKER PATATS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
1.5 kg patat
250 ml margarien
300 ml bruin suiker
750 ml mini-malvalekkers
2.5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neut

Kook die patat tot gaar en skil af. Sny die patat in groterige blokkies, en druk van die blokkies effens fyner met 'n vurk. Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n oondvaste bak.Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die malvalekkers, kaneel en neut saam in 'n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer gedurig tot die malvalekkers gesmelt is. Meng die patat goed by die mengsel in. Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is



     



Karamelpatats 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html

500 g patats
50 g botter (ek gebruik botter maar mens kan ook margarine gebruik)
3/4 k suiker
1/4 k water

Skil patats en sny in stukke nie te klein
Smelt botter in kastrol en voeg suiker by. Roer tot suiker 'n karamel kleur het. Wees versigtig vir hoe hitte die suiker brand maklik
Voeg patats en water by. Pasop vir stoom om te brand.
Kook stadig oor matige hitte tot sag en deurskynend en die sousie lekker dik is. Partykeer is dit nodig om 'n klein bietjie water by te voeg veral as dit 'n baie droe patat is
Ek voeg nie sout by nie want persoonlik bederf die sout vir my die smaak van die patats
Bron Eie resep 
WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 
.
Soetpatats 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Winter 2008
Ek het klein patats gebruik, want Leipoldt sê jy moet die patats heel hou.
(4 - 6 porsies)
1 kg klein patats
100 g botter
200 g suiker
1 heel kaneelstok
sout na smaak

Skil die patats (en as hulle groot is, sny in groot stukke). Smelt die botter in ’n groot kastrol. Voeg die suiker by en hou aan roer tot die suiker gesmelt is. Kook die botter-suikermengsel tot ’n ligte karamel. Voeg die patats by en meng goed met die karamel. (Die karamel sal effens hard word wanneer jy die patats byvoeg, maar die vog in die patats sal dit weer loperig maak.) Voeg die kaneelstokkie by en geur met ’n bietjie sout. Stel jou stoofplaat op ’n lae hitte en sit ’n deksel op die kastrol. Moenie die patats roer nie, want dit kan uitmekaar val en jy wil dit heel hou. Skud so elke nou en dan die kastrol sodat die patats bedek word met die karamel. Kook die patats tot sag, maar moenie té lank kook nie - dit sal dan soos ’n moes word.




Patatpoffertjies in stroop

Patat is altyd 'n wenner! Maar, hierdie patatpoffertjies troon uit as 'n heerlike bygereg.
Maak 32 poffertjies
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute                                              


8 patats, geskil en in dik skywe gesny
STROOP
60 ml (¼ k) asyn
125 ml (½ k) suiker
200 ml water
stuk gemmer van 2 cm, geskil en in skyfies gesny
2 kaneelstokkies
5 stukkies nartjieskil
BESLAG
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
60 ml (¼ k) suiker
430 ml (1¾ k) melk
olie vir diepbraai
Kook die patatskywe tot net gaar en laat effens afkoel.
STROOP Verhit al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos het. Laat prut oor matige hitte tot dit met die helfte verminder het.
BESLAG Sif al die droë bestanddele saam en klits die melk geleidelik by tot ’n gladde beslag vorm.
Verhit die olie, doop die patatskywe een vir een in die beslag en diepbraai tot gaar. Dreineer op kombuispapier en giet die stroop oor.
Wenk
Maak gewone strooppatats: Kook die ongeskilde patats in ’n bietjie water tot net sag. Trek die skille af. berei die stroop soos beskryf en voeg die patatskywe by. Kook 10-15 minute tot die patats stroperig is.
Bron: Huisgenoot

.
Lida Pieterse
SPICED TURBAN SQUASH

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
INGREDIENTS:
2 small turban squash
1/4 cup honey
2 tablespoons butter, melted
1 teaspoon salt
1/2 teaspoon ground ginger
1/4 teaspoon ground nutmeg
1 dash black pepper


PREPARATION:
Cut squash into quarters and remove seeds. Place pieces, cut side down, in a shallow baking dish and bake at 375 degrees F. for 30 minutes.
Turn cut side up. Combine remaining ingredients and spoon over squash. Return to oven and bake 25 to 30 minutes or until squash is tender.


Dalene Brits
Ek moet hierdie met julle deel. Het dit bedien by ons Seniors se jaareindfunksie en het net lof ontvang.
PAMPOENGEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
3 ½ k Gaar pampoen 

1 k Suiker
½ k Idealmelk 

1 Eier
½ t Sout 

2 t Vanilla
¼ k Botter
Meng en skep in oondpan.



Bolaag:
1 k Bruinsuiker 

½ k Koekmeel
1 k Pekan Neute 

1 k Klapper
125 g Margarien


Meng en gooi topping mengsel oor en bak tot bruin of 30 min by 180°C.
Die lekker van die saak is jy kan dit die dag vantevore maak. 



PAMPOEN-AARTAPPEL PUREE (MASH)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Toe ek dit sien in die nuwe Sarie het dit my dadelik laat lees, dit lyk so mooi en interessant op die bord saam met lekker gebraaide rib, broccoli en ‘n lekker sousie.



250g McCain Young & tender pumkin chunks
Takkie tiemie of roosmaryn
1 eetl goudbruin suiker
30ml botter
Fyn aartappels wat voor die tyd gemaak is.


Metode:
Blansjeer pampoen in warm water tot sag en plaas dan in oondbak. Bestrooi pampoen eweredig met suiker, tiemie of roosmaryn en botter.
Bedek met foelie en bak in oond teen 160 grade vir 20min of tot goed gekook.
Verwyder die foelie na aan die einde van die kooktyd vir ‘n meer geroosterde smaak.
Haal uit die oond wanneer sag en meng tot ‘n puree met ‘n handmenger.
Meng nou teelepel vir teelepel die pampoen by die aartappels tot dit lig-oranje van kleur is.
Hou warm tot bediening.



Ryno Surina Spangenberg

Sjoe Sjoe Pastei

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
1 Eetl Margerien
1/2 Kop Suiker
1 Groot Eier
1 Opgehoopte Eetl Koekmeel
1 Opgehoopte Teel Bakpoeier
Knippie Sout
1 Groot gerasperde Sjoe Sjoe of 2 kleintjies

Room botter en suiker en klits eier by.
Roer ander bestanddele by en meng met biejie melk.
Beslag moet slap wees.
Roer gerasperde Sjoe Sjoe in.
Strooi kaneelsuiker oor en bak in 'n oop skottel vir ongeveer 45 - 50 minute..



Hannalie Kitshoff
Murgpampoentjie (Babymarrow ) op Pasta

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
1 Pakkie Murgpampoentjies gerasper
1 Pakkie Spek (Bacon) of gerookte Hoender of Gerookte Kalkoen (nie rooivleiseters)
1 Groot ui opgekap
1 Teelepel knoffel
2 Koppie melk
2 teelepels Maizena
1 Koppie kaas gerasper
6-8 Sampioene (ops)
Knypie gemengde Kruie
Sout, peper en Aromat na smaak.

Kerf ui op en braai in bietjie olyf olie tot sag. Sny spek (hoender, kalkoen) in blokkies en voeg by ui. Rasper die murgpampoentjies en voeg by ui. Voeg knoffel by. Kerf sampioene fyn en voeg ook by. Kook tot gaar. Meng maizena by melk en voeg by. Laat deurkook tot gaar. Roer kaas by, roer deur en laat goed smelt. Bedien op pasta van keuse en sprinkel Parmesaankaas bo-oor..



LEKKER MURGPAMPOENTJIE IDEE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Carike Els Bruwer
Ek sny myne op in lang repe. Braai dit in olyfolie saam met roosmaryn, sout en peper. Gooi dan fetakaas bo oor. Vir my is dit fantasmogories lekker. Hoop dit help.



Rolien Human
Murgpampoentjie tert

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
24 Murgpampoentjies gerasper
1 blik pitmielies (410g)
1 blik room mielies (410g)
1 groot ui gerasper
½ koppie kookolie
125 g bacon
½ koppie melk
1 koppie bruismeel
4 eiers geklits
2 koppies cheddar kaas grof gerasper
1 tl aromat
½ tl sout en peper
1 eetlepel margarine

Soteer uie en ontbytspek in die margarine. Klits eier, melk en olie. Meng al die bestandele saam, maar hou ‘n koppie kaas om bo-oor te strooi.
Bak teen 180 grade tot goudbruin en gaar.



Berie Smith.
Murgpampoentjie Gereg

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Braai uie, knoffel in bietjie olyfolie of botter,
Voeg vars of blikkie gekapte tamaties by en dan jou skyfies murgpampoentjies. Aromat, suurlemoen peper en bietjie suiker na smaak.
Laat dit deurkook sodat pampoentjies al denté is,
dan behoort sousie ook dikker te wees,
Indien nie bind met bietjie mazaina.
Strooi bietjie gerasperde cheddarkaas oor.
Baie lekker, kan spinasie ook so maak. 3/4/12**Baie Dankie Bernie**** .



Helena Enslin Laubscher
Murgpampoentjies saam roosmaryn

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Sny murgpampoentjies in stukkies of lang repe.
Braai dit in olyfolie saam met roosmaryn, sout en peper.
Gooi dan fetakaas bo oor en bedien.
Varkboud in slow cooker en daarna in oond verbruin en bietjie droog gebak.
Heerlik saam met mosterd!!!!. 




SKORSIES OP DIE KOLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Pampoen skorsies (kry die wat se dop nogal hard is.)

Blikkie suiker mielies
Gerasperde kaas

Kook eers die skorsies heel in kook water vir so ongeveer 20 minute.
Laat dit so n bietjie afkoel en sny middel deur net so oor die helfte van die skorsies.
Verwyder die pitte.
Maak die vleis in die skorsies los en skep in n bak.
Meng dan die skorsievleis saam met n blikkie suiker mielies en die gerasperde kaas.
Skep die mengsel terug in een skorsie en sit die ander skorsie dop wat leeg is bo-op die ander een en sit op die kole en bak totdat die kaas gesmelt is en die mielies lekker warm is.
kampkosenwenke..**


Helena Enslin Laubscher
Skorsies met maaskaas

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
4 Skorsies
4 groot aartappels
83ml maaskaas
83ml room
125ml cheddar kaas (Hou bietjie uit om bo-oor te strooi)
Pietersielie
Kook Skorsies en aartappels gaar.
Skep die skorsies uit die doppe en “mash” met aartappels.
Voeg die maaskaas en cheddar kaas by en meng deur.
Skep die vulsel in die leë skorsiedoppe en sprinkel kaas en Pietersielie bo-oor.
Bak vir 15 min of tot kaas gesmelt het..


Maré Olivier
DIE LEKKER BABYMARROW TERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
1e pakkie baby marrow opgesny inskyfies,dan bietjie suiker(opsioneel),
dan n derde pakkie wituie sop,
dan lagie(500g) butternut in blokkies gesny,dan weer 
derde pakkie wituie sop,
dan pakkie mushrooms opgesny in skyfies,
laaste bietjie uiesop bo oor,en
 laaste n houertjie room bo-oor. 
Bak @180' vir 60minute. .



Tiana Botes
Romerige skorsies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Bestanddele
2 - 3 groot skorsies, gehalveer en ontpit
1ml knoffelpoeier (of na smaak)
5ml droë pietersielie
sout en peper na smaak
15ml koffieverromer of 25ml vars room

Metode
Kook die skorsies tot sag in water en skep die pulp uit die dop. Dreineer baie goed.
Druk die pulp fyn. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed..


Malvaskorsies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Bestanddele
3 - 4 skorsies, gehalveer
500ml water
3ml sout
6 - 8 malvalekkers
10ml suiker
5ml fyn kaneel
Metode
Kook die skorsies 20 minute in die water met sout of totdat die skorsies sag is. Haal die skorsies uit die water en ontpit. Plaas ’n malvalekker in elke skorsie en strooi ’n mengsel van suiker en kaneel oor elke lekker. Plaas die skorsies in ’n oondvaste bak en rooster 5 - 10 minute in die oond of totdat die lekkers gesmelt en effens bruin is.


MURGPAMPOEN GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
2-3 pakkies murgpampoentjies
1 pak tamatiesoppoeier
375 ml room
Metode:
Sny jou pampoentjie in die lente deur.
Neem n vuurvaste gesmeerde oondbak en pak die gesnyde pampoentjie in.
Sprinkel die droee soppoeier oor en gooi jou room stadig oor
Plaas n deksel op of foil en bak in n matige oond[ 130*C] vir so 1 en n half uur[90min]!!!
Baie lekker ek het al uie en sampioene gebraai en dit onder in die bak geplaas en dan die pampoentjies bo-op gesit en toe gebak!!!!Yum Helena Kruger"10/12/10. .



Moira Botha Dyer
Gebakte patats met rissie-boontjievulsel

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
4 groot patats;
15ml olyfolie
2 rooisoetrissies(blokkies gesny);
1 groot gekapte ui;
2 knoffels gekneus;
1 groen brandrissie(ontpit en fyn gesny) of 15ml rissiepoeier;
10ml komyn;
1x410g blik heel tamaties gekap;
1x397g blik rooi nierboontjies, gedreineer gewas en weer gedreineer; ongegeurde jogurt;
vars koljanderblare gekap.

Verhit oond 200g. Was patats en pruk met vurk.
bak vir ong 1uur of tot sag. Soteer soetrissie en ui in olie tot sag. Voeg knoffel by roer so 2min en roer dan brandrissie by gevolg deur komyn,tamaties en boontjies en verhit tot kookpunt. Laat stadig prut vir 20min. Geur na smaak. Rangskik 1 gebakte patat op elke opdienbord en sny snit in helfte deur. Druk patat oop maak binneste fyn en skep mengsel in elke patat. Skep jogurt nou bo-oor en druk suurlemoensap bo-oop**22/3/13 .





PAMPOEN/PATATROL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Harrismith Moedergemeente:
 Hantie vd Merwe
(Lewer 48 porsies)
2 Rolle Blaardeeg
1 kg Gaar fyngemaakte patats of pampoen(Butternut is lekker)
Voeg bietjie sout by die water wanneer kook.
Sous:
2 kop suiker
2 kop room
1 kop melk
Kook saam vir 10 minute en gooi 1 teelepel vanilla essens by.
Metode:
1. Voorverhit oond tot 180' C
2. Rol deeg effens uit – twee rolle apart
3. Smeer pampoen/patats bo-oor elkeen
4. Rol in dwarste op dat dit lang rolle vorm
5. Sny 24 skywe per rol en pak plat in 2 gesmeerde oondpanne
6. Gooi warm sous oor en bak vir 45 min. in oond*Diane Roode Hancox .

Nagmaalpampoen

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
1,5 kg geskilde ryp boerpampoen of botterskorsies;
 6 tot 8 heel kruienaaltjies;
Kaneel;
Sout;
1 blik (410g) koejawelhelftes;
160g (200ml) sagte bruinsuiker;
125ml goue stroop;
50ml onverdunde lemoenkwas (sweeto);
37,5ml vlapoeier;
125ml water.

Sny die pampoen in dun skywe. Pak die helfte van die skywe in ‘n taamlike groot oondvaste bak. Plaas hier en daar van die kruienaaltjies, strooi ‘n bietjie kaneel en sout oor. Rangskik die koejawels bo-op en dan die res van die pampoenskywe. Geur dit weer met kruienaaltjies, kaneel en sout. Strooi die suiker oor en giet dan die gouestroop, lemoenkwas en koejawelstroop oor.
Bak die gereg ongeveer ‘n uur oop in ‘n voorhitte oond by 180̊C tot sag.
Maak die vlapoeier met die water aan. Giet dit oor die pampoen en bak dit nog ‘n rukkie totdat die sous dik is.
Roer die pampoen liggies om. Sit warm voor.
P.S. Moenie deksel opsit nie, dit kook oor, ook mikrogolf. .


PATATROL

Maak 3 koppies gaar patat fyn en plaas op blaardeug. Rol nou deug op. Sny ringe soos toebroodjie. Plaas ringe in gesmeerde oondbak. Bak 20 minute teen 180º. Strooi driekwart tot een koppie karamel suiker en houertjie room oor ringe en bak weer tot crispy. Lek vingers af wanneer klaar geëet. 
.


 
PATATS IN ’N ROL
400ml room,
1k donkerbruin suiker,
2 rolle TODAy skilferdeeg
1 k botter of margarien
1 k wit of ligbruinsuiker
bietjie kanneel


As jy die patats vanaand wil eet moet jy vanoggend begin daarmee. Skil patats en sny in blokkies kook dit in die room en molasses suiker maak fyn en laat afkoel
Dit raak stywer as dit afkoel
Rol die deeg uit en bietjie platter. Smeer helfte van die patats oor een, rol op soos n swissroll Doen dieselfde met die ander rol deeg. Plaas in vrieskas vir minstens 15 min sodat hard word om in skywe te sny sny in 2cm skywe 
Smelt die botter en witsuiker in kastrol en gooi oor die patats Sprinkel kaneel Bak @ 200 grade bedek vir half uur en dan vir 10 minute oop.
Dalene Brits




SWEET POTATO ROLL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
Dankie Rahilas Goodies for the English version:
1.5 kg of sweet potato
400ml Cream
1 cup Dark Brown Sugar
2 Rolls of Today's Puff pastry
1 cup butter or margarine
1 cup White Sugar.
Little bit of cinnamon.

If you would like to eat the sweet potatos in the evening you must start preparing this in the morning.Peel the sweet potatos and cut into blocks. Cook it with the cream and sugar. Mash it very finely and let it cool off. It will get thicker when it cools down. Roll the pastry out and make it a little flatter. Put half of the sweet potato mixture on and smooth out. Roll up like a swiss roll. Do the same with the other pastry roll. Place in the deepfreezer for about 15 minutes. Slice 2cm slices. Melt the butter and white sugar in a pot and pour over the slices. Bake at 200C for 30 minutes covered and then for 10 minutes open.
.
Gebakte Broodpampoen
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html

1 kg pampoen, in blokkies gesny
6 dik snye witbrood
margarien
kaneel
bruinsuiker
250 ml room

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n oondvaste bak of
spuit met kossproei. Kook die pampoen in bietjie water, suiker en kaneel. Smeer
intussen die brood met die margarien en sny in blokkies. Pak die blokkies met
die gesmeerde kant prin in die
voorbereide bak. Strooi lekker baie kaneel en suiker bo-oor. Maak die gaar
pampoen fyn en meng dit met die room. Sprei die pampoenmengsel eweredig oor die
broodblokkies. Bak sowat 20 minute in die oond tot gaar en deurwarm.*F/Book*

Broodpampoen op die Stoof
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html
500 g pampoen, geskil en in blokkies gesny
2 ml kaneel.
50 ml suiker
2 snye brood
25 ml botter
100 ml kookwater

Plaas ‘n laag pampoenblokkies in ‘n kastrol. Meng die kaneel
en suiker en strooi die helfte daarvan oor die pampoen. Smeer die brood met
margarien en sny in repe. Plaas dit op die pampoen met die botterkant na onder.
Pak die res van die pampoen op die brood, strooi die res van die kaneelsuiker
oor en stip dit met die botter. Voeg die water by en prut die pampoen tot dit
sag en gaar is.*F/Book* 


ROOMYS PATATS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoen-patats-butternut.html

2 groot papats, geskil
2 eetlepels botter
½ koppie bruinsuiker
1 tot sjerrie, of Amarula
skilferkorsdeeg
2 koppies roomys (Rum & Raisin werk goed)

Metode

Kook die patats tot sag.
Voeg die botter, bruinsuiker en sjerrie by, en meng goed.
Smeer die mengsel dik op die uitgerolde deeg.
Rol dit op soos 'n rolkoek.
Sny dit in skywe en pak in 'n gesmeerde oondbak.
Gooi die roomys oor, en bak teen vir 30 minute teen 180 grade.
Bedien saam met braaivleis.**
Beminde se I Scream patats RSG*

No comments:

Post a Comment