Thursday 31 January 2013

EIERVRUG GEREGTE

RATATOUILLE 
30 ml (2 e) olyfolie
30 g botter
120 g ui, grof gekap
300 g eiervrug in stukke gesny
100 g geel soetrissie, in stukke gesny
100 g rooi soertissie, in stukke gesny
120 g murgpampoentjies
120g sampioene in stukke gesny
30 ml (2 e) vars kruie fyn gekap
1 blik (410 g) gekapte tamaties
250 g kersietamaties
30 ml (2 e) blatjang
1e suiker
Sout en varsgemaalde swartpeper


Metode:
Verhit die olyfolie en botter in ‘n groot kastrol en braai die ui,eiervrug soetrissies en murgpampoentjies,sampioene oor hoë hitte vir ‘n paar minute.
Roer die vars kruie, gekapte tamaties, kersietamaties en blatjang by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Verlaat die hitte en prut vir sowat 10 minute of tot gaar en geurig.
9/2/11 Helena Kruger"http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html
 



HEERLIKE RATATOUILLE
1ui gekap
2e olie
1of 2 knoffelhuisies fyngedruk
1geel en 1 groen 1 rooi soetrissie ontpit en in mooi bloke gesny
450g Murgpampoentjies in stukkies gesny
60ml rooiwyn
1bottel [440g]pastasous
200g Knoppie sampioene
1t origanum
sout en peper na smaak
1t suiker


Metode:
Braai jou uie in bietjie olie en voeg die knoffel by en braai dit n bietjie.
Voeg nou jou soetrissies, pampoentjie, sampioene by en braai tot amper sag
Gooi die wyn, pastasous en speserye by en laat net opkook
Bedien saam met Heerlike gebakte vleisie, rys of meng dit met klaargaar pasta Heerlik!!!Helena Kruger" 21/2/11 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html
   



TAMATIE EN EIERVRUG GEBAK

800 g eiervrug (1 groot, 2 medium)
sout
olie
50 g (125 ml) mozzarella
1 ui, fyngekap
10 ml olyfolie
2 blikke heel tamaties, fyngemaak
5 ml gedroogde of 15 ml vars oreganum
25 ml tamatiepuree
10 ml suiker
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
Begin deur jou eiervrug reg te kry. Sny in skywe van ongeveer 1 cm elk. Sout dit en hou eenkant.
Nou kan jy eers met die tamatiesous aangaan. Braai die ui in 'n groot braaipan in 'n bietjie olie tot sag en deurskynend.
Voeg die tamaties by, asook die res van die bestanddele.
Bring tot kookpunt en laat vir minstens 15 minute vinnig kook.
Terwyl die tamatiesous kook kan jy aangaan met die eiervrug. Was en droog die skywe af.
Bedek dan die bodem van 'n braaipan met olie – olyf of sonneblom – en verhit. Braai nou die eiervrugskywe tot hulle bruin, sag en amper deurskynend word. Gooi nog olie by as dit te droog word. Dit neem tot 8 minute, wat jy die skywe deurentyd omdraai, om hulle regtig gaar en lekker te kry.
Pak dan die skywe in 'n laag in 'n oondbak. Skep 'n laag tamatiesous oor. Herhaal tot alles op gebruik is. Eindig met tamatiesous. Sprinkel die kaas oor en bak in 'n oond voorverhit tot 180 ˚C vir ongeveer 30 minute
Bron:*Foto My Catholic Kitchen
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html

Jenny van der Westhuizen
LEKKER EIERVRUG
doop eiervrug skywe in geklitste eier met speserye van jou keuse. Maklik en regtig lekker vir so vinnige ete. Jy kan n degie ook aanmaak, in plaas van net die eier. Ook lekker. Probeer gerus. Ek gooi gewoonlik net sout en peper en bietjie knoffel speserye op. Manlief is mal daaroor! Ek moet byvoeg ek het nooit eiervrug ge-eet, tot ek dit so by Skoonma leer eet het nie. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html





Eiervrug 
Een van die kosmaters het eendag genoem dat sy die eiervrug in haar elektriese "toaster" maak. Dit is die dubbelpan wat toeslaan. Ek kon nou ongelukkig nie die naam opspoor nie. Hier het ek die eiervrug gesout en Aromat gegooi en gerooster, rooster toegeslaan. Dit was baie vinnig, binne 10min was dit gaar. Heerlik. Dankie kosmater vir die wenk.*Dalene Brits http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html

Ingrid Menke Teunissen
GEBRAAIDE EIERVRUG
Myne maak ek so,Sny in skywe,doop in geklitste eier, dan in broodkrummels, bak beide kante in olie goudbruin, haal uit, sit op handoek papier,strooi parmesankaas en knoffelpoeier oor.Kan warm of koud geeët word. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html

DEGIE VIR EIERVRUG SKYWE
Klits 125 ml melk en 1 eier saam.
Voeg by: 180 ml koekmeelblom
5 ml sout
knypie peper
Meng tot gladde beslag.
Doop skyfies daarin en vlak braai in 'n pan met olie
Bron: Onbekend

Plasing: Henriette Wessels 
Gerrie Van Antwerpen
Probeer bietjie dun lagie vyekonfyt oor daardie degie van die eiervrug... ek's versot daaroor...

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html 

AUBERGINE,TOMATO & COURGETTE CASSEROLE


(Carol Beckerman & Deb Wheaton)


INGR:

5Tbsp extra-virgin olive oil plus extra for greasing;

4 courgettes (18cm long), cut into slices;

6 ripe plum tomatoes, sliced;

2 aubergines (18cm long), cut into slices;

4 cloves garlic, finely chopped;

3 Tbsp fresh rosemary leaves; salt & freshly ground black pepper;
30g finely shredded Parmesan cheese.


METHOD:

Grease a round/oval casserole dish with oil. Preheat oven to 220dC. In the casserole dish, make a layer of overlapping vegetable slices, using some of each in the layers. Sprinkle each layer with a little garlic,oil,rosemary,salt & pepper. When done, drizzle the top with more olive oil, sprinkle with the Parmesan cheese & bake for 50-60mins. Serve warm.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html 


EIERVRUG BESPREKING

Jeanette Webster 
EIERVRUG MOET EERS IN SKYWE GESHY WORD EN MET SOUT BESTROOI WORD OM DIE WATER UIT TE TREK ANNERS IS DIT A WATERRIGE GEMORS. MAAR AL IS DIT DIE LAASTE GEREG OP DIE SPYKAART,THANX BUT NO THANX, NIE ALMAL SE CUP OF TEA NIE.


Adriaan Van Niekerk 
Sny in dunnerige skywe, en soos bo genome, sit sout op om die bitter smaak uit te trek. Laat staan vir n wyle. Spoel af die sout en maak droog. Ek verkies om dit in bietjie olie te pan braai tot goud bruin aan buide kante en gebruik dan so in jou lasagna.


Wilfred van der Merwe 
Baie maklik, sny jou eiervrug in die lengte in skywe, nie te dik nie, ook nie te dun nie, myne doen ek so n maer pinkie dikte. Pak die skywe in n virgieter, en gooi mildelik sout om die bitter uit te trek. Los so half uur. Spoel dan af met skoon lopend...See More

Celesté de Bruyn 
ek is mal daaroor maar Liefie weer nie Mens kan dit met of sonder skil eet. Sny in skywe, doop in eier en krummels en bak vir 5 min by 180. Gebruik dit dan soos lasagnevelle: mincesous, eiervrug, witsous lae.

Mari Van Staden Haywood 

Baie lekker, haal net weer sout af.
Ook baie lekker gebraai in pan!!


Adriaan Van Niekerk 
ook baie lekker...plaas n bietjie son gedroogte tamaties, bokmelk kaas en vars basielie kruid op elke, klaar pan gebraaide sny, en rol op en bak in die oond. bedien met n lekker slaai.

Aletta Wilkinson
Eiervrug is baie lekker en vorm baie deel van die Italiaanse spyskaart. Net soos Adriaan hier bo gese het, ek sit myne gwoonlik in lae in 'n colander, dan so nou en dan as jy op die eiervrug druk, dan sien jy die bitter water wat dit afgee. Spoel af, en druk mooi droog. Instede van in olie braai, kan jy dit in 'n warm non-stick roosterpan braai... baie yummy! O ja,en hierso eet hulle dit met die skil aan!Elsabe Vd Berg Venter
en as jy mince maak en dit moet rek dan sny jy die eiervrug in klein blokkies en braai saam niemand gaan eers die verskil agter kom nie xx

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html  


EIERVRUG PIEKEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappels-eiervrug-soetrissies.html  **Sarie Kos**
2 groot eiervrugte, in ringe gesny
2 brandrissies, oopgesny, pitte behou
1 klein ui, in stukke gesny
½ groen soetrissie, in stukke gesny
½ rooi soetrissie, in stukke gesny
2 heel knoffelhuisies (skil verwyder)
’n paar klein kersietamaties (opsioneel)
20 ml sout
15 ml vissous
3 lourierblare
heel peperkorrels
heel wonderpeper
125 ml wit- of bruinasyn
olyfolie


METODE:
Pak die groente en geurmiddels in ’n skoon glasfles en gooi die asyn by. Plaas fles in ’n kastrol halfpad vol warm water. Die asyn moet die piekels heeltemal bedek. Laat kook sonder deksel vir sowat 10 minute. Om te verseël, vul vloeistof aan indien nodig tot net by die rand en gooi ’n doppie olyfolie by. Maak toe met deksel. Hou die fles onder ’n lopende kouewater-kraan (die koue water laat die deksel behoorlik seël.) Laat staan vir 6 weke in ’n koel plek voor gebruik.
Wenk
Gebruik net jong, gesonde groente vir ’n lekker bros piekel. Witasyn gee ’n mooi helder piekel, terwyl bruinasyn ’n beter smaak gee. Die piekel moenie in aanraking kom met metaal terwyl dit kook nie.






Eiervrug met rissie        
Vir die gewone mense soos ons gebruik ons ’n soetrissie vir die resep. Indien jy skerp smake kan hanteer kan jy die soetrissie vervang met 3 of 4 rissies.

Hierdie is ’n tipe slaai wat jy by Indiese geregte of vleis kan bedien.

2 eiervrugte
1 ui, gerasper en nog ’n ui waarvan jy ’n paar baie dun uieringe sny
1 soetrissie, fyngekap
sout
suiker na smaak
’n skeut suurlemoensap
1 suurlemoen in baie dun skyfies gesny

Draai die eiervrugte toe in bakpapier en bak 40 minute by 180°C tot sag.

Krap al die pulp uit die sagte eiervrugte en meng die pulp met die gerasperde ui. Meng die soetrissie daarmee en geur dit dan met sout en suiker na smaak. Voeg ook suurlemoensap by na smaak.
Verkoel die mengsel.
Garneer dit met die uieringe en suurlemoenskyfies net voor jy dit bedien.

No comments:

Post a Comment