Friday 1 February 2013

VLEIS GEREGTE IN MIKROGOLF


BEESSTERTBREDIE VIR DIE MIKROGOLF
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-geregte-in-mikrogolf.html
(4-6 porsies)
1 kg beestert
Kookwater
5ml botter
250g uie gekap (2 groot uie)
1 lourierblaar
3 heel naeltjies
Swartpeper
Witpeper
10ml sout
30ml hoenderaftrekselpoeier
1kg aartappels geskil en in kwarte gesny (6 groot)
200g geelwortels geskil en in ringe gesny (3-4 middelslag)
Sousmengsel
250g bevrore ertjie (opsioneel)
Plaas beesstert in ‘n diep oondbak en bedek heeltemal met water. Bedek bak met kleefplastiek en mikrogolf vir 30min op hoog. Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiekbeker. Voeg uie by botter en mikrogolf vir 5min op hoog. Voeg uie, lourierblaar, naeltjies, swartpeper, witpeper, sout en aftrekselpoeier by vleis in oondbak. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 60min op laag. Voeg aartappels en geelwortels by, bedek en mikrogolf vir 30min op hoog. Verdik met sousmengsel en mikrogolf 5min op hoog. – roer af en toe. Die ertjies kan saam met die sousmengsel bygevoeg word. Dien saam met rys op
.


SOUSMENGSEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-geregte-in-mikrogolf.html
Hierdie is een van daai sousmengsels wat ‘n ware staatmaker in die kombuis is en geen komnbuis behoort sonder hom te wees. Heerlik oor wors, tjops,frikkadelle, hoender, vleis en om stowegeregte te verdik en sous mee te geur.
Meng
250g koekmeel
250g souspoeier
1 pk bruinuiesoppoeier
1pk sampoensoppoeier
1 pk tamatiesopoeier en bere in ‘n lugdigte houer. Dit hou baie lank en is heerlik.
*Stap vir stap in die mikrogolf*


LAMSBOUD IN WYN
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-geregte-in-mikrogolf.html
(Mikrogolf) (8-10 porsies)
Onthou om altyd alle oortollige vet aftesny van groot vleis snitte af wat jy in die mikrogolf gaarmaak, dit verhoed dat die vleis in die binnekant gaar word, want die vet absobeer die mikrogolwe.
2kg lamsboud
2 knoffelhuisies in repe gesny
5ml appelkooskonfyt
Sout na smaak
Swart en wit peper na smaak
Goeie knypie vars of droe roosmaryn
5ml botter
250ml wit wyn
25ml kappertjiesaad
125ml room
Droog vleis goed af met kombuispapier. Maak snitte in vleis met skerp mes en druk die knoffel repe in elke snit. Mikrogolf appelkooskonfyt vir 10sekondes op hoog tot sag en verf oor die vleis. Strooi sout, pepers e roosmaryn oor die vleis. Verhit die ruineerbak 8min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3min op hoog. Plaas vleis in bak en mikrogolf 2min op hoog. Draai die vleis om en mikrogolf 2 in op hoog. Stel oond op laag en mikrogolf vleis 50min – draai na 25min om. Giet wyn oor vleis en mikrogolf nog 50min op laag – draai na 25 min om. Voeg kappertjiesaad en room 15min voor einde van gaarmaaktd by. Laat vleis 30min in bruineerbak staan en sit dit dan voor. *Stap vir stap in die mikrogolf*


APPELKOOSGLANSHOENDER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-geregte-in-mikrogolf.html
(4-6 PORSIES)
Heel hoender ongeveer 1.5kg
5ml appekooskonfyt
Sout
Bietjie paprika
Bietjie hoenderspeserye
Sousmengsel
Swartpeper
Witpeper
5ml botter
Droog hoender af met kombuispapier. Mikrogolf appelkooskonfyt 10sekonders op hoog tot sag en smeer oor honder. Strooi sout, paprika, hoenderspeserye, sousmengsel en peper oor hoender. Verhit bruineerbak vir 8min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3min op hoog. Plaas hoender in bak en mikrogolf 2min op hoog, draai hoender op bors en mikrogolf 22min op hoog. Plaas deksel skuins op bak gedurende die gaarmaaktyd. Laat hoender 20min staan voor dit gesny en bedien word. *Stap vir stap in die mikrogolf*
Wenk: Witvleis word altyd op hoog gemikrogolf en die sousmengsel absorbeer van die vloeistof.


Hannalie Kitshoff
LEWER IN DIE MIKROGOLF
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-geregte-in-mikrogolf.html
(SMELT IN DIE MOND LEWER)
Lewer (skaap of Hoender) Skoongemaak en buise verwyder en in blokkies gesny.
3 Eetlepels botter
Meel (± 3 eetlepels)
Jou eie hoeveelheid:
Blatjang
Tamatiesous
Worcester sous
Mosterdsous of poeier
Metode.
Mikrogolf lewer en botter vir 3 min op hoog. Roer af en toe. Meng ander bestanddele tot ‘n pasta.
Voeg mengsel by en mikrogolf vir 4 min. Roer elke min. Mikrogolf vir verder 3 min en haal uit. Bedien met “mash” of spaghetti of bruinrys kan ook Couscous gebruik. Smaaklike ete!!!!!!!


Ade le
APPELFRIKKADELLE IN DIE MIKROGOLF  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-geregte-in-mikrogolf.html
 Carol van Heerden Vroue-Beeld se kosskrywer)
750g gemaalde beesvleis;
3 snye witbrood in 200ml melk geweek;
5ml sout;
varsgemaalde peper;
30ml gekapte pietersielie;
2 groen appels, in klein blokkies gesny;
15ml olie.
Sous
1 ui fyn gekap;
200g sampioene, in skyfies gesny;
50ml botter;
50ml meel;
250ml melk;
sout en peper na smaak;
50ml sjerrie;
62,5ml suur room;
60ml varsgekapte pietersielie.
Meng frikkadelbestanddele,behalwe olie, saam. Vorm klein balletjies en plaas in vlak bak. Borsel olie oor en mikrogolf 8 min. by 70% krag (medium). Sous: Mikrogolf uie, sampioene en botter 4 min. op 100% (Hoog). Roer af en toe. Voeg res van bestanddele by, behalwe room en pietersielie. Mikrogolf 2 min. op 100% (Hoog). Roer af en toe. Roer room en pietersielie by. Gooi sous oor frikkadelle en
mikrogolf 5 min. Sit voor met pasta of kapokaartappels.


No comments:

Post a Comment