Friday 1 February 2013

KONFYT / BLATJANG IN MIKROGOLF


APPELKOOS KONFYT IN DIE MIKROGOLF 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
Maak 3 x 450 g bottels)

1 kg appelkose, oopgesny en ontpit

¾ kg suiker

Mikrogolf die appelkose 15 minute in ʼn groot glasbak op hoog (roer na 5 minute).
Voeg suiker by en roer deur.
Mikrogolf 25 minute op hoog en meng na tien en twintig minute.
Skep in gesteriliseerde bottels* en laat goed afkoel.
*Steriliseer bottels deur hulle goed te was en in 150°C-oond te plaas vir 20 minute.
Jy kan dit ook in ‘n skottelgoedwasser op hoë hitte was en laat droog word.

Bron: Amanda Conradie van die Kolgans River Restaurant in die Breederiviervallei
Plasing: Henriette Wessels

Karien Wiese van Eck
My appelkooskonfyt uit die mikrogolf>20/11/2014




Louise Groenewald
Ek weet ongelukkig nie waar ek die resep gecopy het nie.

Mikrogolf Appelkooskonfyt resep

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
**beproefde*
1kg appelkose, gesnipper
1e botter
1kg suiker
Gooi appelkose in 'n ROOMYSBAK. Voeg botter by. Mikrogolf op hoog vir 13 minute. Haal uit, maak fyn met masher. Voeg suiker by en roer goed. Mikrogollf weer op hoog vir 13minute. Haal uit en roer weer goed deur. Mikrogolf weer vir 13 minute op hoog.
Nou die rede vir die roomysbak:
No mess, no fuss om dit te bottel. Buig roomysbak net effe en gooi in bottels.
Geheim: Kook net 'n kg op 'n slag, anders kook dit oor in die mikrogolfoond.
Ek het met elke kg appelkose 4 heuningbottels volgemaak.
En dit is heerlik!!!
Ek het 'n diep glasbak gebruik. Ek het 2 en een klein botteljie uitgekry op een kg appelkose.*2013 .




Helena Kruger>net soos die boonste resep van die appelkooskonfyt
Nou-Ja hier het ek gister

GEEL-TAMATIE KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
*
gekook in die Mikrogolf..29/01/13 .


Elma Badenhorst du Preez


Piesangkonfyt in Mikrogolf:
1kg Piesangs,
800ml suiker,
75ml suurlemoensap.
Sny piesangs in skyfies of druk grof met vurk.
Plaas in diep bak van 3.5lt.
Voeg suiker en suurlemoensap by en meng goed.
Mikrogolf dit ongeveer 22 min op 100% krag tot taamlik dik en roer gereeld.
Skep in gesteriliseerde glasflesse en seël. (as piesangs baie ryp is gebruik ek net 500ml suiker anders is dit baie soet) Baie lekker!!*Lekker Resepte vir die Jongergeslag 22/11/13 .




<Helena Kruger

En Natuurlik kan ek mos nie die Chillies uitlos nie**

TAMATIE-MANGO-CHILLIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
*Konfyt in die Mikrogolf oond*29/01/13

Ek het 1kg[tamatie,mango,chillie] dit moet net 1kg wees jy kan self besluit hoeveel van wat.geneem en dit 13min op High gestel in Mikrogolf....uitgehaal goed geroer..1kg suiker bygevoeg...1t botter ingeroer..30ml suurlemoensap en 1t gerasperde vars gemmer bygevoeg..goed geroer tot suiker amper gesmelt het..teruggeplaas weet vir 13min...uitgehaal goed geroer..terugeplaas weer vir 13min.gekook en getoets of my stropie reg is[gooi bietjie in piering en plaas n rukkie in yskas dit werk vinnig] bietjie laat afkoel en in warm bottels geskep en verseel..Helena Kruger*.




TAMATIE KONFYT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
<Helena Kruger

Net soos die boonste resep
Ek het 1kg tamaties geneem, dit moet net 1kg wees  dit 13min op High gestel in Mikrogolf....uitgehaal goed geroer..1kg suiker bygevoeg...1t botter ingeroer..30ml suurlemoensap en 1t gerasperde vars gemmer bygevoeg..goed geroer tot suiker amper gesmelt het..teruggeplaas weet vir 13min...uitgehaal goed geroer..terugeplaas weer vir 13min.gekook en getoets of my stropie reg is[gooi bietjie in piering en plaas n rukkie in yskas dit werk vinnig] bietjie laat afkoel en in warm bottels geskep en verseel..Helena Kruger*2013  .




Hannah Frauendorf Langenhoven
PERSKEBLATJANG IN MIKROGOLFOOND

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
2KG geelperskes

1kg uie
15ml koljanderkorrels
10ml piment of wonderpeper korrels
10 ml peperkorrels
300ml wit asyn
250ml wit suiker
15ml kerrie
5ml sout
25ml maizena
Skil perskes en sny vleis van pitte af. Skil en kap uie grof. Bedek perskes en uie met sterk sout...water en laat dit 1 uur daarin le. Dreineer perskes en uie en plaas in diep 3,5l bak. dit sal net net daarin gaan. mikrogolf dit oop vir 30min by 100% krag. Roer elke 10minute. Bind al die korrels (peper piment en koljander) in stukkie moeselien toe. Plaas dit in diep 1 liter bak. .




<Foto>

Liana Barnard Claassen

En met 3 pynappels maak jy n klomp botteltjies van hierdie








MIKROGOLF PYNAPPELKONFYT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
Vermeng 500g gerasperde geskilde pynappel,
500g wit suiker
en 5ml gemmerstroop in ‘n diep mikdrogolfvaste bak.
 Metode:
Mikrogof die mengsel ongeveer ‘n kwartier lank by 50% krag tot dik. Roer af en toe. Bottel die konfyt warm, plaas die flesse 5min in ‘n kastrol met warm water sodat die lugblasies kan styg. Haal flesse uit en verseel dit dadelik
.  

Engela Van Niekerk

BLITSBLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
(Uit Huisgenoot)
200g mango, in blokkies gesny;
2 ui, gekap;
125ml witwynasyn;
250ml sagte bruinsuiker;
2ml masala;
3ml borrie;
2 knoffelhuisies, fyn gekap;
1 kaneelstokkie.


METODE: 

Sit al die bestanddele in 'n glasbak en mikrogolf die mengsel 20 minute op hoog.
Roer elke 5 minute. As die blatjang te lank kook, raak dit taai en stroperig.
Giet bietjie water by en roer tot die water die stroop opgelos het.
Skep blatjang in gesteriliseerde bottel met deksel..



MIKROGOLF  PRUIMFYNKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
Om die skil van die pruim af te trek, gooi dit in kookwater, en as die vel bars, trek dit af.
Sny 1 kg pruime in stukkies op en ontpit dit terselfdetyd. Bind die pitte in n stukkie kaasdoek toe.  Plaas die pruime en pitsakkie in ‘n diep mikrogolfvaste bak met ‘n inhoudsmaat van 3.5 liter.  Voeg 75ml water by en bedek die bak.  Mikrogolf vir 15min by 100% krag totdat al die vrugte heeltemal sag is, roer dit in die tyd elke 5min.  As die pruime wil oorkook, maak net die oonddeur oop en mikrogolf dit verder sodra dit gesak het.  Verwyder die pitsakkie en pel ‘n paar van die pitte.  Blansjeer die kerne en voeg dit by die pruime.  Mikrogolf 1 kg witsuiker 4min lank by 100%  krag in ‘n ander vlak bak (2 liter)  Roer die suiker by die pruime.  Mikrogolf die mengsel 20min lank oop by 100% krag en roer dit  gereeld tot die suiker opgelos het.  Begin toets die konfyt se dikte op ‘n koue piering.  Die stroop moet fyn rimpels maak wanneer jy dit met jou vinger stoot.  As dit nog te loperig is, mikrogolf dit telkens ‘n verdere minuut en toets weer.  Bottel die konfyt warm en verseël dadelik.  * Lekker vir later.  .


MOERBEIKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
Spoel 500g ryp moerbeie af onder lopende koue water en dreineer goed.
Knip die stingeltjies af
Voeg 30ml suurlemoensap by die moerbeie.
Mikrogolf dit 7min lank oop by 100% krag in ‘n groot, diep glas bak.
Voeg 350g wit suiker by en roer totdat die suiker opgelos is.
Mikrogolf dit ongeveer 20min lank oop by 100% krag, roer af en toe,  totdat dit dik genoeg is wanneer op ‘n koue piering getoets word.
Laat die konfyt effens afkoel voordat dit gebottel en versëel word.  *Lekker vir later .


MIKROGOLF-PERSKEBLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
5 groot geel taaipitperskes
1 middelslag ui
3 selderystingels
1 knoets vars gemmerwortel
1 knoffelhuisie
220g wit suiker
180ml siderasyn
150g pitlose rosyne
2ml kerriepoeier
1ml kaneel
1ml gemaalde naeltjies
30g amandelsplinters


Halveer en ontpit die perskes. Skil die ui, sny dit in kwarte op. Sny die seldery in stukke op en skil die gemmerwortel en knoffel. Maal dit alles grof en vermeng dit in ‘n groot mikrogolfvaste bak met die res van die bestandele buiten die amandels. Bedek die bak en mikrogolf die mengsel teen 100% krag totdat die meeste van die vloeistof afgedamp is, roer dit gereeld tydens die kookproses wat 45-60min kan duur. Roer die amandels by wanneer die blatjang dik genoeg is. Bottel dit warm en verseël dadelik. *Lekker vir later* .




  Hier het Marie Swanepoel Human die lekker Marmelade gekook** 30/04/2015
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html

Marie Dumas Jennings

Marmalade in Microwave

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
3 large lemons (or mixture of citrus fruit)
1 1/2 cups of water
2 cups sugar
Squeeze lemons and discard pips
Chop lemon shells with juice in food processor or blender
Place into deep, heat proof dish
Add water and cook on high for approximate 15 -18 min
Test for setting (on cool saucer)
Cook longer if necessary
Pour into hot sterile jars
Allow to cool then store in the fridge.



DRIE VRUGTE MARMELADE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
Mikrogolf
1 suurlemoen
1 pomelo
1 lemoen
Water
Suiker
Kerf die vrugte met pitte en al. Voeg 500ml water by elke 250ml vrugte. Laat vrugte oornag in koue water week. Verdeel vrugte en water tussen 3 bekers met ‘n inhoudsmaat van 1.5liter en mikrogolf al drie saam 40min op hoog of tot vrugte sag is. (Die vrugte kook vinniger sag in bekers as in ‘n wye bak.) Giet alles terug in diep plastiek bak en laat effens afkoel. Voeg suiker by: 250ml by elke 250ml vrugtemengsel. Roer tot suiker heeltemal ogelos is. As die suiker nie wil oplos nie, mikrogolf dit 10-20min op hoog, roer af en toe tot dit opgelos is. Mikrogolf marmelade nog 15min na gelang van hoe dik jy dit verkies. Moenie marmelade roer terwyl dit kook nie, anders sal dit nie helder wees nie. Toets gereedheid. Skep skuim af wat gedurende gaarmaktyd bo-op vorm en toets dikte van marmalade. Wanneer gereed, skep in warm gesteriliseerde bottles, skroef deksels op en sit bottles onderstebo neer. Lewer 8 x 400ml bottles
GEREEDHEIDS TOETS: Skep 5-10ml marmelade in ‘n yskoue piering en laat dit afkoel. Druk met jou vinger daarop om vat te stel of dit gestol het, dit moet rimpels maak Mikrogolf vir nog ‘n paar min as jy dit dikker wil he. *MIKROGOLF-D von Hirschberg)Kosmater .


Ria N. Pieterse

Meraai se stuk-Appelkooskonfyt

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
 
in die Mikrogolf
1kg Rooiwang-appelkose net effens oopgebreek om die pitte uit te kry..1kg suiker..Plaas die appelkose in 'n diep vuurvaste glasbak ..bedek met bord.. Mikrogolf die appelkose 10 minute op Hoog.. Haal uit en roer 1 kg suiker daarin totdat al die suiker gesmelt is.. sit terug in die mikrogolf en kook oop op Hoog vir 25 min. 'n klontjie botter kan bygevoeg word, dit keer die meeste skuim, maar ek doen dit nie meer nie.. Bottel warm in warm droë flesse met warm deksels.. ek hou dit warm in die oond..


Ria Van Rensburg
Ek het hier vir julle n baie lekker ding.

Microgolf-Suurlemoensmeer

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
Genoeg vir 5 by 250ml botteltjies;
Die resepie is soos volg;
310ml botter,
Sap van 6 groot suurlemoene,
680ml. strooisuiker,
5ml sout,
9 ekstragroot eiers.


Metode is soos volg:
Smelt die botter in n diep mikrogolfvaste bak in die mikrofolf. Voeg die suurlemoensap, suiker en sout by en meng goed.
(2) Klits die eiers ;baie goed en roer by die suurlemoenmengsel in. Mikro vir 4min.
(3) Roer elke minuut. Toets of die smeer dik genoeg is deur n houtlepel daarin te jsteek en as die agterkant van die lepel met n dikkerige lagie bedek is, is dit reg.
(4) Indien nie, mikrogolf vir nog 1min. en toets weer. (Die smeer word dikker namate dit afkoel.)
(5) Bottel die smeer termyl dit warm is en seel dadelik. Berg op n koel, droe plek of in die yskas. Ek smeer dit op alles want dit is so lekker jy kan nie ophou eet nie. GENIET DIT. .
Benhet Nieuwenhuis
Huisgenoot 22 nov 2012

Mikrogolf appelkooskonfyt

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
Lewer sowat 1L
Staantyd: oornag
Gaarmaaktyd: 25min
1kg appelkose, gewas,gehalveer en ontpit
1kg suiker
15ml botter


(Ekt n knippie sout hier by gevoeg by die laaste 5min)
Plaas die appelkose en suiker in lae in n diep mikrogolf bak! Plaas dit oornag in die yskas (dit verminder die kooktyd)
Smeer die binnerand van die bak met van die botter en voeg res van die botter in die bak.
Sit n houtlepel in die bak en laat dit teen die kant van die bak leun! (Ek het nie dit gedoen ni)
Mikrogolf vir 20-25min! As jy soos ek nie die houtlepel in sit nie roer elke 5min deeglik! Ek het na 15min dit geroer en somer bietjie "gemash" en toe my knypie sout by gegooi!
Skep n bietjie in n bord wat in die yskas koud gemaak is en laat afkoel - as die konfyt plooierig raak wanneer jy jou vinger daarin druk is dit gereed.
Skep in gesteriliseerde fles en verseel!Heerlik!!!!.


KWEPER-KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html

Skil die kwepers, sny in kwarte, en verwyder die pitte en klokhuise.
Snipper die vrugte om 250 g te gee.
Bedek die pitte en klokhuise met 11/2 koppie water.
Plaas in 'n toe bak in die mikrogolf vir 6 minute op hoog.
Gooi die pitmengsel deur 'n sif oor die snippers. Maak die bak toe en mikrogolf 6 minute op hoog om die
kwepers sag te kook. Voeg nou 200 g suiker, 5 naeltjies en die sap van 'n halwe suurlemoen by die kwepers.
Kook in 'n toe bak op hoog 5 minute lank om die suiker te laat smelt en 'n lekker stroop te vorm.
Verwyder nou die bedekking en kook 10 minute op hoog om die stoom af te dryf en die stroop in te damp en
dikker te maak. Skep die skuim af en verwyder die naeltjies. Gooi in 'n skoon gesteriliseerde botteltjie.
Die resep maak net een 400-g-flessie. Geniet die konfyt saam met 'n stukkie gebakte of geroosterde vis of wildsvleis. Dit is natuurlik onverbeterlik op 'n sny plaasbrood met botter  18/4/12 
Ella Brandt Die Burger*. .



MIKROGOLF VYE KONFYT
Hiers 'n mikrogolf resep wat ek vandag op afgekom het –
1 kg geskilde ryp vye,
1 kg strooi suiker,
30 ml suurlemoensap,
stukkie gekneusde gemmer.


 Plaas vye in 4 liter glasbak, bedek en mikrogolf 6 min lank by 100% krag. Roer strooisuiker, suurlemoensap en gemmer by. Druk die vye fyner met aartappel drukker. Mikrogolf 10 min onbedek by 50% krag en roer goed. Mikrogolf nog 30 min lank, ook onbedek by 50% krag en skep dan in skoon, gesteriliseerde flesse. Lewer sowat 1,5kg. .

MICROWAVE APPLE JAM
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
2 med. apples, cored and peeled

1 1/2 c. sugar
1 tsp. lemon juice

Combine apples and sugar in medium bowl. Microwave at High (100%) until apples are tender 3 to 5 minutes. Beat softened apple mixture with electric mixer until well blended. Microwave at High (100%) until mixture is slightly thickened, 3 to 4 minutes, stirring once during cooking time, stir in lemon juice. Pour into prepared jars; seal and refrigerator. Makes 1 to 1 1/2 cups.**
Linda Snyman Engelmohr Storm *COOKS*

N.S>*
Ek het die 2 keer direk na mekaar Appelkonfyt in die mikrogolf gemaak - baie heerlik gekom. Kyk ek is baie lui en het die 2 de keer sommer die groen appels met skil en al gerasper en dit voor die laaste proses net fyn gekap met die "Stick Blender" (my donderstok"*14/06/2016

No comments:

Post a Comment