Thursday 24 January 2013

VISGEREGTE



HAKE WITH PEPPERY SAUCE
 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html
Helena Kruger

Wat van as jy jou vis in meel klad..braai in vlak olie..sousie:gekapte groen/rooi/geel/soetrissies..gekapte ui..meng alles en braai in botter..tot sag .
.voeg dan Sweet Chilli sous by en skep dit bo op jou vis ..bedien saam met n lekker slaai en fyn aartappels!! ..my eie resep Helena*Die Grasdak Bultfontein


Carol Elliott Claassen
VISGEREG 
1kg Kingklip, in blokkies gesny
1 Ui fyngekap
2 huisies knoffel fyngedruk
60ml olyfolie
4 tamaties, geskil en fyngekap
80ml droë wit wyn
15ml gekapte origanum of 2ml droë origanum
30ml gekapte vars pietersielie
sout en vars gemaalde swart peper
75g fetakaas, gekrummel
Metode:
Braai ui en knoffel in olie in braaipan.
Voeg tamaties, wyn, origanum, pietersielie en sout en peper by.
Laat bietjie kook tot dikkerige sous.
Voeg vis by en laat kook net tot gaar.
Strooi gekrummelde fetakaas bo-oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


SALMPASTA 
2 klein uie fyn gekap
125ml koekmeel
500ml Ideal melk
250ml room
250ml water
500g gerookte salm in repies gesny
160ml gekapte grasuie
Sout en vars gemaalde swartpeper
3 pakke (500g elk) tagliatelle of penne pasta klaar gekook
Vars parmesaankaas gerasper
Metode:
Smelt die botter en roerbraai die uie daarin tot sag. Voeg meel by en meng goed. Voeg die ideal melk, room en water by. Roer tot die sous verdik en kook. Voeg die meeste van die salm en grasuie by en geur met sout en peper. Meng dit met die pasta en sprinkel die die res van die salm en parmesaankaas oor. Sit dadelik voor. Indien verkies, kan ‘n stuk pangebraaide vars salm bo-op bedien word. *Wenkos vir ‘n wenspan* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


ALRINA SE ROOMVIS
Kookolie vir vlakbraai
1kg koningklip, in kleinerige porsies gesny
2 eiers geklits
125ml koekmeel, gegeur met sout en peper
2 uie in ringe gesny
4 ryp tamaties, geskil en in skywe gesny
15ml kerriepoeier
Sout en peper
250ml room
Gekapte vars pietersielie
Metode:
Verhit die kookolie in ‘n groot pan. Rol die vis in die geklitste eier en daarna in die meel. Bak dit in die olie tot mooi bruin en gaar. Verwyder die vis uit die pan en plaas dit in ‘n groot plat bak. Braai die uie liggies in dieselfde pan tot deurskynend. Voeg die tamaties, kerriepoeier, sout en peper by en laat ‘n paar minute kook. Skep die mengsel op die visporsies en laat afkoel. Laat minstens 4 uur, maar liefs langer in die yskas staan. Verhit weer voor opdiening, maar moenie roer nie. Giet die room oor en besprinkel met die gekapte vars pietersielie. Sit voor met rys en groenslaai. *Eenskotteltreffers* 4/8/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html 



Helena Kruger
VIS MET WYNSOUS 
15 ml botter
12 klein sampioene, in skyfies gesny
45 ml koekmeelblom
5 ml sout
2 ml witpeper
2 ml paprika
500g visporsies
1 klein ui, in ringe gesny.
6 koljanderkorrels
1 lourierblaar
2 kruienaeltjies
5 ml mosterdsade
200 ml witwyn
200 ml dun room.
Metode:
Plaas die botter en die sampioene in n oondskottel en bak dit vir 15 minute lank by 200 C Meng intussen die koekmeelblom, sout, peper en paprika. Bedek die visporsies met die meel mengsel. Plaas die vis bo-op die sampioene in die oondskottel. Plaas eers die ui en dan die speserye op die vis. Gooi die wyn en room bo-oor. Bak dit vir 30 minute lank.
N.S sny saam met jou sampioene groen en rooi soetrissie repies en volg dan die resep Baie lekker Helena 3/7/10 Boerekos!! 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



ROMERIGE SEEKOSPASTA
(4 Porsies)
400g penne of fettuccine pasta
75ml botter
50ml koekmeel
750ml melk
150g garnaal of steurgarnaalvleis
15ml gekapte vars dille of 7ml gedroog)
200g krapstokkies gesny
Metode:
Maak die pasta gaar volgens die aanwysing op die pakkie. Dreineer dit en hou dit warm. Smelt 50ml van die botter in ‘n kastrol;, voeg die meel by en roer tot glad. Haal van die stoof af en voeg die melk bietjie-bietjie by. Geur na smaak. Sit weer op die stoof en roer tot die sous begin borrel. Verlaag die hitte en laat prut vir 5min.
Verhit intussen die orige 25ml botter in ‘n pan oor matige hitte. Voeg die garnale en dille by en braai vir 3min. Voeg die krapstokkies by en braai tot goudbruin en deurgaar. Voeg die pasta en seekos by die sous en roer liggies deur. *Kos idees

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



VIS BOBOTIE 
2 snye vars brood
250ml melk
2 uie gekap
Bietjie olie
15ml suurlemoensap
15ml kerriepoeier
2,5ml borrie
60ml rosyntjies
50g gevlokte amandels
Sout en swart peper na smaak
750g vis, gaar en gevlok
2 eiers geklits
Lourierblare
Metode:
Voorverhit die oond op 180°C. Week die brood in melk en laat eenkant staan. Soteer uie in die olie tot sag en deurskynend. Roer suurlemoensap, Kerrie, borrie, rosyntjies en amandels by. Geur met sout en peper na smaak. Kook 1 min en roer vis by. Druk melk uit brood, behou die melk en roer brood by vismengsel in tot goed gemeng. Skep vismengsel in gesmeerde oondbak. Klits eiers met behoue melk en giet oor vismengsel. Plaas lourierblare bo-op en bak vir 35min of tot gaar. Sit warm voor met rys en slaai. *Vrouekeur*
  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



Helena Kruger
LEKKER VISSKOTTEL 
1Pak Stokvisfilette[800g]
1Pak Wit uiesoppoeier
250ml Room
125ml Melk
Gerasperde kaas...Pietersielie....Aromat!!....Botter..
METODE:
Meng Melk, Room, Soppoeier goed...[ pietersielie]
Smeer vuurvaste oondskottel met botter
Pak vis in bak strooi bietjie Aromat oor en gooi melkmengsel bo-oor
Gooi gerasperde kaas oor en pietersielie, n bietjie Paprika bo-oor is ook lekker.
N.S..ek kap vars pietersielie fyn en voeg dit by my sous voor ek dit oor die vis gooi. Oond 180*C +40min. Gaaf!!se ek vir julle..Bedien met lekker fyn aartappels en WHALLA!!!! Helena 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html




Helena Kruger
MAKLIKE GEURIGE VISDIS 
2 porsies stokvis per persoon
1 bottel Griekse slaaisous
1 groot pak Sout en Asyn skyfies

Metode:
Pak vis in oondpan, bedruip met Griekse slaaisous, maak skyfies fyn, en strooi bo-op vis.
Bak 20 minute oop teen 180 grade kosmater ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


Helena Kruger
VINNIGE VISGEREG 
Pak 'n laag wit vis in 'n oondvaste bak. Meng en gooi die volgende oor:
1 pakkie uiesoppoeier
125ml melk
250ml suurroom
Metode:
Strooi gerasperde kaas bo-oor. Bak sonder 'n deksel tot vis gaar is ± 20minute by 190C. Skep hierdie heerlike vis oor rys. Bedien slaai daarme Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html





Helena Kruger
STOKVIS GEBAK 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html
Oondgebakte stokvis met fetakaas en tamaties
6 vars stokvisfilette (jy kan ook bevrore vis gebruik)
250 g fetakaas, grof gekrummel
hand vol vars basiliekruid, in stukke gebreek
300 g klein rosa-tamaties
150 ml olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Metode:
Voorverhit jou oond tot 180 °C
Sprinkel ’n bietjie van die olyfolie in ’n oondbak.
Sit die visfilette in die bak.
Plaas die fetakaas op elke filet, en rangskik die tamaties en basiliekruid rondom.
Gooi die res van die olyfolie oor en geur met sout en swartpeper.
Bak vir 20 minute. Helena
 



Helena Kruger
ASPERSIE VIS 
750 g Stokvisporsies
Sout en Peper
1 klein ui, fyngekap
1 blik Aspersiepunte (460 g)
125 ml Melk
12,5 ml Mosterdpoeier
20 ml Mielieblom
200ml Cheddarkaas, gerasper
Metode
Voorverhit oond tot by 180 °C.
Verwyder die vel van die stokvis terwyl dit nog gevries is en laat dit daarna effens ontdooi.
Geur na smaak met sout en peper en plaas in 'n oondvaste skottel.
Sprinkel die gekapte ui bo-oor.
Dreineer die aspersies, maar behou die sap.
Rangskik die aspersie bo-op die vis.
Meng die aspersiesap, melk, mosterdpoeier en mielieblom goed in 'n kastrol en geur na smaak met sout en peper.
Verhit tot kookpunt terwyl gedurig geroer word.
Voeg ekstra melk by indien die mengsel te dik is.
Voeg die Cheddarkaas by en roer tot heeltemal gesmelt.
Giet oor die vis.
Bedek en bak ongeveer 30 minute lank of totdat die vis heeltemal gaar is.
Hanlie se vis!! ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


Helena Kruger
VISBROOD
(bedien as ‘n ligte maaltyd saam met slaai of as ‘n voorgereg)
10 middelmatige aartappels, geskil, en gaargekook
Sout en peper na smaak
3 eetlepels botter of margarine
1 ui, gekap
1 pak (450g) bevrore stokvis (of gebruik meer as jy ‘n groter brood wil maak)
3 eetlepels gekapte pietersielie
1 eetleper gerasperde parmesaankaak
wit van 1 eier
1 eetlepel water
Metode:
Voorverhit oond tot 190*C
Maak aartappels fyn en geur met sout en peper.
Smelt botter in ‘n pan en roerbraai die ui en vis tot gaar.
Meng met die aartappels
Voeg kaas en pietersielie by
Gebruik waspapier en rol die mengsel in ‘n broodvorm
Plaas op ‘n bakplaat
Klits eierwit liggie en meng met die water.
Verf oor die visbrood en bak tot goudbruin.
Bedien met die volgende sous :
SOUS
Prut 3 eetlepel asyn
1 eetlepel suiker
3 eetlepels tamatieblatjang
2 gekapte knoffelhuisies
1 eetlepel sojasous saam in ‘n pan "Helena"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


Helena Kruger
STOKVISGEREG 
500g stokvis
3 gerasperde aartappels
250ml gerasperde kaas
250ml melk
3 geskilde tamaties in skywe gesny
2 eiers (geklits)
sout
Metode:
Meng melk eiers en sout. Pak die vis, aartapels, tamaties en kaas in lae, in 'n gesmeerde bakskottel. Gooi die melk, eier- en soutmengsel oor. Bak in 'n matige oond vir 'n 30 minute. Bedien met slaai. Helena ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



ARINA DU PLESSIS
SEEKOSPASTEI MET BROODKORS
Vulsel
500 g stokvis, vel en grate verwyder en in hapgrootte blokkies gesny
Sout en peper
30 ml olie
500 g marinara-mengsel (gemengde seekos)
125 ml witwyn
1 ui, baie fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
45 ml botter
30 ml koekmeel
250 ml volroommelk
125 ml room
45 ml gekapte, vars pietersielie
1 Franse brood
125 ml sagte knoffelbotter
Metode:
Geur die vis met sout en peper. Verhit die helfte van die olie in ’n pan en braai die visblokkies daarin tot net-net gaar. Skep uit en hou eenkant. Verhit die res van die olie in dieselfde pan en braai die marinara-mengsel daarin tot net-net gaar. Voeg die visblokkies by en giet die witwyn oor. Laat opkook en kook vinnig vir een minuut. Skep uit.
Braai die ui en knoffel in die botter tot sag. Sprinkel die meel oor en laat opkook. Voeg die melk by en verhit tot kookpunt. Prut vir drie minute. Voeg die room en pietersielie by en roer deur. Voeg seekos-en-vismengsel by en geur na smaak met sout en peper. Skep in ’n oondvaste bak.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny die Franse brood in dun skywe en smeer die snye aan albei kante met knoffelbotter. Pak snye bo-op die seekosvulsel sodat die snye oorvleuel. Bak vir 30 minute tot goudbruin en bros. Lewer vier tot ses porsies. C 12/9/10 ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html

SPAANSE VISGEBAK 
(4 Porsies)
30ml sonneblomolie
2 groot uie gekap
800g koningklip- of stokvis steaks of filette
3 tamaties skil afgetrek en gekap
500ml witsous
125ml gerasperde cheddar kaas
Paprika om oor te sprinkel
Aatrappelwiggies of rys en slaai om mee voor te sit.
Metode:
Verhit die olie en soteer die uie tot sag. Haal van die plaat af. Verf die bodem van ‘n oondvaste bak met olie. Pak die vis in die bak. Bedek dit met tamatie en uie. Gooi die witsous oor en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Sprinkel knippie paprika oor. Bak dit in die oond by 180°C vir 40min of tot goudbruin. Sit voor met aartappelwiggies of rys en slaai. *Kos idees
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


GEBAKTE VISVERRASSING 
(4 porsies)
4 porsies vis ( stokvis, koningklip of tongvis)
20ml heelkorrelmosterd
100ml mayonnaise
2 ml cayennepeper
125g spekvleis gekap en gebraai
Aartappelwiggies, baba wortels en aspersies om mee voor te sit.
Metode:
Pak die visporsies in ‘n vlak oondbak. Meng die mostert, mayonnaise en cayennepeper en smeer ‘n dik laag oor die rou vis. Sprinkel die gebraaide spek bo-oor en bak vir 25min by 180°C of tot die vis met ‘n vurk vlok. Plaas die lang groen aspersies onder en le die vis met sous bo-op, skep die wiggies en wortels langsaan. *Kos idees*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



HAWAISE VIS 

(4-6 porsies)
750g stokvis of koningklip
1 x 410g blik pynappelstukke
12 ½ ml kerriepoeier
5ml sojasous
2ml rissiepoeier
Sout en peper na smaak
3cm stukkie vars gemmer geskil en gerasper
2 eiers, liggies geklits
125ml koekmeel
125ml gekoopte droë broodkrumels
Olie om in te braai
60g botter of margarine
1 bossie stingeluie gekap
½ rooi soetrissie ontpit en gekap
Metode:
Verwyder die vel van die vis en sny in porsies. Dreineer pynappelstukke en behou sap. Meng sap, kerrie, sojasous, rissiepoeier, sout, peper en gemmer. Plaas visporsies in ‘n bak en giet mengsel oor. Marineer vir 1 uur lank. Verwyder vis met ‘n gleuflepel en behou die marinade. Droog vis met kombuispapier, doop vis in eier en rol dan in mengsel van koekmeel en broodkrummels. Braai vis in matige olie tot goudbruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier en hou warm. Smelt botter in ‘n ander pan en braai stingeluie en soetrissie vir 3min. Voeg pynappelstukke en marinade by en verhit. Plaas vis op bedieningsbord en skep pynappelmengsel oor. Bedien met rys en groente. *Daniel de Kock 2003*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



STOKVIS MET ‘N UI-SAMPIOEN-EN SOETRISSIEBOLAAG
4 stokvisfilette
15ml vars suurlemoensap
15ml droe broodkrummels om oor te strooi
Baba-aartappels en slaai om mee voortesit
BOLAAG
15ml olyfolie
1 ui skyfies gesny
150g dwergsampioene in skyfies gesny
1 rooi soetrissie ontpit en in dun repies gesny
SOUS
40ml botter
40ml koekmeel
300ml melk
200ml gerasperde cheddar kaas
5ml mostertpoeier
BOLAAG: Verhit die olyfolie en soteer die uie, sampioene en soetrissie tot sag.
Drup die suurlemoensap oor die vis en sit op ‘n gesmeerde bakplaat. Skep die groente bolaag bo-op elke visfilette.
SOUS: Smelt de botter, roer die meel by en roer dan die melk bietjie-bietjie by. Roer dit aanhoudend tot die sous verdik het. Haal van die plaat af en voeg die helfte van die kaas en die mostert by. Geur dit na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Gooi die sous oor die vis met sy bolaag en sprinkel die res van die kaas en broodkrummels bo-oor. Bak vir 30min of tot vis net-net gaar is. Sit dit voor met baba aartappels en ‘n slaai*KOS IDEES*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



GEBAKTE TARTAAR-EN SPEK STOKVIS  
(6 porsies)
Kikker stokvis uit ‘n boksie lekker op.
6 stokvis filette, ontdooi indien bevrore
1 vars suurlemoen
Sout en vars gemaalde swart peper na smaak
80ml klaar bereide tartaarsous
6 groot stukke rug of bladspek
Paar tiemietakkies
Metode:
Voorverhit die oond tot 200°C en voer ‘n bakplaat met foelie uit. Smeer liggies. Pak die vis op die bakplaat en geur hele filet met suurlemoensap, sout en peper. Smeer ‘n goeie lepel tartaarsous oor elke porsie vis en plaas die spek bo-oor. Druk die ente van die stukke spek onder die vis in. Oondrooster tot die spek en vis deurgaar is. Sit dadelik voor op fyn aartappels met ‘n paar takkis tiemie bo-op en bedien met gestoome groente of groenslaai. *Landbouweekblad*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


TARTAARSE SOUS
3 Hardgekookte eiers
300ml Mayonnaise
1e Gekapte kappertjiesaad
1e ui fyngekap
1e agurkie fyngekap
1e pietersielie gekap
1e suurlemoensap
1e gekapte wortel
Sout en growwe s/pepper na smaak.
Metode:
Dop eiers af en druk fyn.
Meng alles bymekaar Hou in yskas *Helena*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



VISPASTEI 
80g botter
500g stokvis in blokkies gesny
250g garnale afgedop en aartjies verwyder
250g sampioene gesnipper
45ml koekmeel
10ml visspeserye
375ml melk
125ml room
60ml gekapte vars peietersiele
10ml dijon mostert
sout en peper na smaak
1 x 400g rol skilferkorsdeeg
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 grade C. Verhit die helfte van die botter in 'n groot pan en braai die vis daarin vir 'n paar min. tot amper gaar. Voeg die garnale by en braai tot gaar. Skep die seekos uit en hou eenkant. Verhit die res van die botter in dieselfde pan en braai die sampioene daarin tot gaar. Sprinkel die meel en visspeserye bo-oor en verhit tot kookpunt. Prut vir een min. Voeg die melk en room by en verhit tot kookpunt. Prut vir 3 min. Voeg die pietersielie, mosterd en geurmiddels by en skep die vis en garnaalmengsel terug in die sous. Laat staan vir so vyf min. Skep die vulsel in die pasteibak. Rol die deeg effens dunner uit op 'n meelbestrooide oppervlak en bedek die vulsel daarmee. Druk die deeg ten die kante van die bak vas en bak vir 30-40min tot die deeg goudbruin en opgepof is. Sit voor met rys en groente. *Landbouweekblad
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



Molly-Ann Underwood Schmidt
SOETSUUR VIS MET NOEDELS
Porsies: 6
Voorbereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
3 x 75 g-pakkies steurgarnaalgeur gougaar-noedels
500 ml sonneblomolie
800 g/1 pak visblokkies in deeg, ontdooi
2 x 200 ml-bottels soetsuursous
1 rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
20 ml sprietuie, gehalveer
Metode:
1. Kook die noedels soos op die verpakking aangedui en skep dit in 'n opdienbak.
2. Verhit die olie in 'n kastrol tot warm en braai die visblokkies ongeveer 10 minute tot goudbruin.
3. Dreineer op handdoekpapier en skep op die gaar noedels.
4. Verhit die soetsuursous en gooi dit oor die gereg. Strooi die rooi soetrissierepies en sprietuie oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



GOUE GEROOSTERDE VIS 
800g vars vis in porsies gesny (geelstert, stokvis ens)
15ml meel
5ml bruin suiker
60ml gesmelte botter
BOLAAG
62.5ml dis mayonnaise
60ml gerasperde cheddar kaas
5ml roe mostert
1 eier geskei
sout die vis en laas vir 'n half uur voor gaarmaak in die koelkas.
sprinkel die mengsel van meel en suiker oor en borsel albei kante met die gesmelte botter.
Plaas op roosterpan wat met foelie oorgetrek is en rooster tot net gaar aan albei kante.
Meng die mayonnaise, kaas, mostert en eiergeel. Kits die eierwi styf en vo in die kaasmengsel.
Sprei die soufflebolaag oor die vis en verbruin onder die rooster. Dien dadelik op. Is lekker saam met gekookte aartappels met botter en pietersielie en tamatieslaai wat met basiliekruid gegeur is.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



SARDYNE DIS 
*woesblog.com*
Hierdie is 'n dis wat ek ook gereeld maak en het selfs die skoonouers beindruk.
Vir 'n redelike groot oondvaste bak
6 – 7 aartappels – "mash" sodra gaar. Voeg sout en peper by.
Braai uie en twee blikkies sardyne met sout en peper en visspeserye. Voeg chutney, tamatiesous en woschestersauce by.
Bedek die oondvaste bak met 'n laag aartappel. Voeg dan die vislaag by. Daarna bedek die vislaag met nog 'n laag aartappel. Sodra al die aartappel bygevoeg is, rasper kaas bo-oor.
Plaas in die oond tot kaas gesmelt en aartappels bruin gebak is.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


Sardyn Chili Con Carne
*Heerlike resepte *
Bestanddele
1 Groen rissie
1 groot ui
1 knoffelhuisie
50 ml Sonneblomolie
1 blikkie tamatiepasta
250 ml kookwater
1 blik (420 g) rissie boontjies of boontjies in tamatiesous
1 blik Glenryck sardyne in sterk sous
Rissiesous
Sout & Peper
Metode
Sny rissie in repies, kap ui en knoffel fyn en roer. Braai in dik boom kastrol tot sag. Roer tamatiepasta en kookwater in en geur met sout en peper. Laat prut vir 10 minute.
Roer rissie, boontjies en sardyne in uiemengsel. Laat weer prut vir 5 minute.
Dien dadelik op
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


Uit Tjailaresepte: Veronica se pilcharetti
(Gebakte spaghetti met sardyne) 
Lewer 4 porsies
* 300 g spaghetti
 *20 ml (4 t) olyfolie
* 2 groot uie, gekap
* 1 groen soetrissie, ontpit en gekap
* 2 ryp tamaties, gekap
* 15 ml (1 e) gedroogde origanum
*  x 425 g-blik sardyne (pilchards) met brandrissies of in tamatiesous
* ’n knippie suiker
* sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
* 100 g (1 k) gerasperde cheddarkaas
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak.
2. Kook die spaghetti in kokende soutwater tot gaar. Dreineer en meng die helfte van die olyfolie deur die warm pasta.
3. Verhit intussen die orige olie oor matige hitte in ’n kastrol. Braai uie en soetrissie tot sag en voeg tamaties en origanum by.
4. Prut vir 5 minute en roer die sardyne by. Geur na smaak met suiker, sout en peper.
5. Meng die sardyne-sous met die spaghetti en skep in die oondbak. Strooi die kaas oor en bak 20 – 30 minute of tot goudbruin.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


Dup Hw Du Plessis
Amandel Vis Gereg
1kg Hake
125 ml garasperde kaas
100ml Knorr Italian Robusto Salad Dressing (honey en mustard werk ook)
80ml Mayonnaise
1 huisie knoffel gekap
sout en peper na smaak
1/4 t mostert
30ml fyn gekapte rooi uie
30ml gakapte vars pietersilie
knypie gemengde kruie
250ml geroosterde gevlokte amandels
Plaas vis in oondbak
Meng mayonnaise, mostert and gemengde kruite and smeer oor vis.
Sprinkel kaas, knoffel uie en amandels oor die vis en sprinkel die slaais sous oor
Bak by 220 C vir 20-30min
Verwyder van die oond en versier met pietersiele
Bedien met vars slaai of groente.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



LOUISE GROENWALD
HEERLIKE VIS IN KAASSOUS
(my eie resep)
* (IP) = Ina Paarman produkte
2 Uie, ringe gesny
2 huisies Knoffel, fyngedruk
Botter
IP Garlic & Herb seasoning
1 Kg Stokvisporsies of Skelvis (Haddock)
IP Seasoned Salt
2 Koppies Melk
1 Koppie Water
2x sachets IP liquid Fish Stock OF 2 Eetlepels Chicken Stock poeier
3 opgehoopte Eetlepels Meel
1 Koppie Kaas (Cheddar) vir sous
1 klein koppie Broccoli, gaar gemaak, klein stukkies gesny
½ Koppie Kaas (Cheddar) om bo-oor te sprinkel
Paprika om bo-oor te sprinkel
1) Braai uie en knoffel in bietjie botter oor lae hitte tot heeltemal gaar. Voeg klein bietjies water by indien nodig. Dit moenie verbruin nie.
2) Geur die visporsies met die gegeurde sout. Voeg die melk, water en stock saam met die gaar uie in die pot. Bring tot kookpunt en sit die visporsies in die melk. Stel dadelik die hitte baie laag en prut vir 5 minute. Verwyder van die hitte en laat die vis vir 10 minute in die melk staan om te verstewig.
3) Verwyder die vis met ‘n gaatjieslepel en plaas op ‘n bord, bedek.
4) Plaas die meel in ‘n bakkie en meng omtrent ‘n halwe koppie van die melk in die pot daarmee. Klits dit goed met ‘n draadklitser om deeglik te meng en alle klontjies glad te kry.
5) Voeg die meelmengsel by die melk in die pot en bring tot kookpunt, kook ‘n minuut of twee tot dit verdik en verwyder van die hitte. Roer enige sousies van die vis op die bord ook by die sous.
6) Roer 1 koppie kaas by. Proe of nog sout nodig is, indien wel voeg bietjie gegeurde sout by.
7) Plaas die visporsies in ‘n langwerpige glasbak en breek effens op. Moenie dit fynmaak nie. Plaas die stukkies Broccoli bo-op.
8) Gooi die kaassous bo-oor en sprinkel die res van die kaas en Paprika bo-oor.
9) Voorverhit die oond se roosterelement en verbruin tot goudbruin, vir omtrent 5 minute. Hou kop dat dit nie brand nie.
10) Bedien saam met aartappels in die skil of rys en ‘n helder groente soos wortels of pampoen.

• Ek het gerookte Paprika gebruik om bo-oor te sprinkel
• Ek het die vloeibare visaftreksel gebruik van Ina Paarman
• Moenie die vars knoffel deur vooraf verpakte knoffel of knoffelvlokkies vervang nie. Dis ‘n sonde en jy sal gestraf word deur berge skottelgoed en aangebrande potte vir altyd en ewig!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html


 
Maureen Jansen van Rensburg
LEKKER VIS GEREG
Nog 'n lekker visresep. Jy kan of stokvisfilette gebruik of kingklip.
(As jy nie die stokvisvelle eet nie trek dit maklik af as jy vis nog gevries is).
Pak jou vis in oondpan en sout en peper. Bak tot halfgaar en gooi dan ergste water af (as daar is).
Braai in groot pan so 1 groot ui, greenpepper, een pakkie bacon (gesnipper) en lepelvol crushed garlic.
Wanner lekker gebraai is, gooi glasie clover room by en stuk bloukaas (volgens jou smaak).
Laat dit so bietjie prut tot begin dik word. Gooi dit oor die vis en bak nog so 15 min op 180 grade.
Dis die lekkerste vis wat ek nog geeet het.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



Veronica Van Den Bergh
Die inspirasie kom van Jamie Oliver se 30 min maaltyd program.
Vis gereg
Fyn gekapte uie
1 Fyn gekapte rissie
Kerrie pasta (Ek kon alleen Indiase Kruidenpasta kry – Tikka Masala)
Vars koriander
Rys
Die hoeveelheid kan jy self bepaal. Dis glad nie so moeilik.
Braai die uie en rissie saam. Ek gooi ook knoffel saam in vir ekstra geur. Gooi dan die kerrie pasta by die uie. Roer so af en toe.
Intussen kan jy die vis lekker gaar braai in ’n pan en kook die rys solank gaar.
As alles gaar is meng jy dit saam. Kap die koriander fyn en meng ook saam.
Wanneer jy dit bedien kan jy weer koriander bo-op gooi. Jy kan ook eiers kook en saam in meng wat net so lekker is. Ek het kalamari saam in gemeng en dit was heerlik saam! Dis maklik en heerlik en glad nie swaar nie.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html




Elda Lombard
Vistert vir aandete
1 K broodkrummels
1 K melk
2 K gerasper.kaas
1 E gerasper ui
2 eiers
1 blik sardienjies
Sout peper n smaak
Meng alles met 1K kaas en bak tot amper gaar. Strooi die res van kaas oor en bak tot bruin
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



VISKOTELETTE 

(4 porsies)
1 kg skoongemaakte vis, kabeljou, geelstert, stokvis in 6-8 skywe gesny
Sap van 2 suurlemoene
Sout en peper
175ml bulgaarse joghurt
50ml mayonnaise
25ml fyn gekapte pietersielie
25ml fyn gekapte salotte
1ml gedroogte soet balsemkruid
50ml koekmeelblom
50ml kookolie
Metode:
Was vis skywe, droog af en doop in suurlemoensap. Strooi sout en peper oor en hou eenkant. Meng joghurt, mayonnaise, pietersielie, salotte en soet balsamkruid en geur na smaak met sout en peper. Plaas in koelkas. Rol vis in meel tot goed bedek. Braai 3-4 min aan elke kant in warm kookolie tot gaar. Dien warm op met joghurtsous. Sit voor saam met gekookte aartappels en mengelslaai. *Wenresepte* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html





Dalene Brits

Visgereg sonder naam:
800g Hake
2 uie in ringe gesny
2pk Kaas en uie chips (klein)
Sout en peper
Knoffel
2k Gerasperde kaas
2 tot 3 pak Spur sampioensous.
Metode:
Plaas die uie onder in die glasbak. Plaas die vis bo-op. en geur. Gooi die sous oor en dan die kaas. Plaas in die oonde en bak by 180 c tot gaar. Bedien met mengel slaai. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



LEKKER VISGEREG
Lizette Erasmus
Pak jou vis in glasbak. Bedek met papierdun skywe uie, tamatie en komkommer. Gooi geurige kaassous bo-oor en bedek en bak in oond tot groente sag en gaar is. Bak oop tot sous begin bruin raak. Bedien op rys. Dis 'n smaak sensasie soos geen ander en selfs my pa eet dit.. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html



Heerlike vinnige Vis resepie
(Anoniem)
4-5 porsies vis(enige soort)
Suurlemoensap
Sout
180ml mayonaise
60-80ml Dijon mostert
250g sampioene
Verhit oond 200grade
Plaas vis en sampioene gekap in foil, sprinkel met sout en suurlemoen. Meng mayo en mosterd, skep bo-op vis maak foil toe en bak 15 min. Maak foil oop en bak nog 5 min*13/4/13.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html

 
 

GOUE GEROOSTERDE VIS

800g vars vis in porsies gesny (geelstert, stokvis ens)
15ml meel
5ml bruin suiker
60ml gesmelte botter
BOLAAG
62.5ml dis mayonnaise
60ml gerasperde cheddar kaas
5ml droe mostert
1 eier geskei 
Sout die vis en laat vir 'n half uur voor gaarmaak in die koelkas.
sprinkel die mengsel van meel en suiker oor en borsel albei kante met die gesmelte botter.
Plaas op roosterpan wat met foelie oorgetrek is en rooster tot net gaar aan albei kante.
Meng die mayonnaise, kaas, mostert en eiergeel. Kits die eierwi styf en vou in die kaasmengsel.
Sprei die soufflebolaag oor die vis en verbruin onder die rooster. Dien dadelik op. Is lekker saam met gekookte aartappels met botter en pietersielie en tamatieslaai wat met basiliekruid gegeur is.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vis-geregte.html  
  

No comments:

Post a Comment