Thursday 24 January 2013

DOOPBESLAG VIR VIS / GEBAKTE VIS


Helena Kruger
DOOPBESLAG VIR VIS
Bestanddele
250 ml Meelblom
2 ml Sout
5 ml Bakpoeier [ en n mespunt Koeksoda]
250 ml Water [ miskien nog n bietjie vir n lekker dun beslag ]
Metode
Sif die droë bestanddele saam en voeg genoeg vloeistof by om 'n dun beslag te vorm. Laat 15min. staan en doop jou vis wat in skoon koekmeel gerol en afgeskud is in jou beslag. [ ek gooi net n bietjie skoon vis speserye oor my vis voor ek dit in die meel rol.] Braai dan in lekker diep warm olie so 4-5min aan n kant dreineer. Helena !!! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html



VIS IN BIERBESLAG
(4 porsies)
175ml koekmeel
200ml mielieblom
3ml borrie
1 x 340ml blikkie koue bier
Sonneblomolie vir braai
500g kaapse witvisfilette
Metode:
Meng die koekmeel, mielieblom en borrie saam. Gooi die bier by en roer tot glad. Verhit ‘n dik laag olie oor matige hitte in ‘n kleefvrye pan. Geur die vis met sout en peper en doop in beslag. Sit twee stukke vis op ‘n slag in die warm olie en braai dit vir drie tot vyf min tot deurgaar en goudbruin alkant. Dreineer die vis op kombuis papier en sit voor met tartaresous, tjips en geroosterde groente. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html



BREYTON POLSE SE MA SE VIS RESEP  
6 porsies bevrore stokvisfilette.
BESLAG
120g Koekmeel,
1 eiergeel,
90ml bier,
1ml sout,
45ml melk gemeng met 30ml koue water,
2 eierwitte,
600ml sonneblomolie om vis in te braai.
Metode:
Sit die koekmeel in n mengbak.
Maak n holte in die middel van die meel.
Gooi die eiergeel, bier en sout in die middel van die holte.
Meng baie goed.
Maak seker dat daar geen klonte is nie.
Voeg die melkwater geleidelik by en meng tot glad.
Maak die bak met n vadoek toe en laat beslag vir minstens 30min rus.
Klits di eierwitte tot sagte punte vorm.
Vou nou di geklopte eierwitte versigtig by die beslag in. Kosmater
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html






LEKKER VIS EN CHIPS
4 vis fillette
BIERBESLAG :
¼ kop bruismeel

¼ kop maizena
250g gewone koekmeel
250ml bier
Olie vir diep braai
Sif die bruismeel, maizena en ½ kop gewone meel in ‘n bak en maak holte in die middel.
Voeg nou die bier by en meng met draadklitser tot ‘n gladde deeg.
Bedek die vis fillette met gewone meel, skud oortollige meel af en doop in bierbeslag,
Bak in olie vir 4 -5 minute tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuispapier.
Bedien met chips en slaai.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html


   


Gwen Smith
BESLAG VIR VIS PORSIES 
Ek weet nie meer waar ek die resep gekry het nie. Dalk nog op hierdie site! Dit help om jou vis lekker droog te maak en eers in meel te 'dust' voor jy dit in die deeg dip.
250ml Meel
1t Sout
1 Eiergeel
15ml Olie
350ml Bier
1 Eierwit
metode:
Meng alles behalwe eierwit..Klop eierwit styf en vou in beslag ..Doop jou vis daarin en diepbraai!!.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html

Louise Groenewald
HOE OM PANGEBRAAIDE VIS GAAR TE MAAK
Pan-fried Line Fish with Lemon-herb Butter Sauce
(serves 2 - 4)
A few notes first:
Before buying, ask your fishmonger if the fish is suitable for pan frying. I buy my fish at the fresh fish section at Fruit & Veg City at Willowbridge. You can phone ahead to find out what is available. (021 914 8011) The ladies there are very helpful. I also often buy fish in Yzerfontein. It’s an hour’s drive from here and well worth the drive. Ask me for details.
My first choice in the more easily obtainable line fish is Kabeljou (Cod), my second choice Dorado (Dageraad), Geelbek (Cape Salmon), Kingklip (handle with care, very firm, but turns rubbery easily), White Steenbras, etc. Yellowtail (Albacore) and Angelfish are both tasty, but quite dry, take care not to overcook. Some fish, like hake, is more suitable for grilling and oven baking or making fish cakes with, due to its soft and delicate texture. Hake breaks up very easily and the less you handle it, the better. Galjoen (rich and fatty) and Snoek are excellent for braaing.
Work on between 200 – 250g fish per person. This is after trimming the fish. Freeze any off-cuts until you have enough to make fishcakes.
Skin on or off is personal choice. I like the skin, but many don’t.  Always leave the skin on before cooking, even if you don’t like it, as it helps to keep the fish together and it’s easier to handle. Place the fish with the skin side facing up first in the pan. You normally only need to turn the fish once and this will give you a nice presentation side when turning.
As fish is for the most times very expensive it will be to your benefit to learn how to prepare fish really well. Most people are scared of buying and preparing fish, because it is expensive and because they are unsure of the preparation thereof and don’t want to waste their money. I have found that it is not so much the pan-frying or grilling that presents problems to aspiring cooks, but the way to purchase, trim and prepare the fish for the oven or pan. The above notes, plus a bit of experience, will get you there.
4 Fresh line fish fillets (not previously frozen)
Ina Paarman Seasoned Salt
Aromat (scant)
Freshly ground White Pepper
Flour
Butter (for frying)
Juice of a fresh Lemon
Chopped fresh Parsley
(any fresh herbs are suitable e.g. thyme, marjoram, rosemary, fennel, coriander, etc.)
Butter (for sauce)
 Using tweezers, remove any visible bones from the filleted fish. Wash the fish briefly and pat dry with kitchen paper or a dry dish towel. Trim off the thin side flaps and the very thin tail end so that each portion is more or less of an even thickness. Sprinkle with seasoned salt, Aromat and pepper on both sides. Place the fillets on a plate and cover with cling wrap. Chill well.
 Coat with flour and shake off all excess.
 Melt the clarified butter in a frying pan which is large enough to take the fish in one layer without excess space, but without overcrowding. Please remember that the diameter of the frying pan is of utmost importance. My pan has a diameter of 26cm.
 Add the fish to the pan, presentation side down. The butter should sizzle nicely – not fiercely, but not gently.
 Fry the fish on one side for about 3 minutes, then turn and fry the other side for a further 2 – 3 minutes, until the fish is JUST cooked. Time yourself with a timer (by all means!). This is the only way you will learn how to make perfect pan fried fish. Remember that overcooking fish can happen in less than one minute! To fry fish to absolute perfection is as much experience as it is technique.
Remove fish fillets to warmed dinner plates and sprinkle with chopped herbs of choice. Melt some more butter in the pan if necessary, adding the juice of a fresh lemon. Pour a little (about a tablespoon) over each fillet and serve.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html



Maureen Jansen van Rensburg
Oondgebakte vis
Ek het n Kabeljou (vis) gekry. Ek wou dit nie bak, want die vleis bietjie droog. Ek sny dit toe mote en sout en peper dit en sit in oondpan. Ek meng toe koppie suurlemoensap, halwe koppie olie, genoeg crushed garlic en 4 eetlepels appelkooskonfyt en gooi bo oor en bak in die oond tot gaar. Vat lepel , skep net kort kort van sous oor vis. Sommer die wat in pan is. Dis heerlik. Jy kan ander soort vis ook gebruik.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html

Frieda Greyling
Epikuris se Vis en Tjips
1 kg Stokvis in stukke gesny
Sout en vars gemaalde swartpeper
250ml bruismeel
100 ml mielieblom
5 ml sout
5ml kerriepoeier
250 ml bier
Olie vir diepvetbraai
METODE:
*Geur vis met sout en peper en bedek dit met die mielieblom.
Skud orige meel af
*Sif die bruismeel, sout en kerrie en meng die bier deur die meel tot loperige beslag vorm
*Verhit olie, doop vis in die beslag en bak tot goudbruin .
***TARTAAR SOUS***
100 ml mayonnaise
2 agurkies ,fyn gekap
1 klein ui, fyn gekap
Sout en swar peper
10ml gekapte kruie, pietersielie, tiemie, koljander)
Meng al die bestanddele en sit voor saam met vis.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html



Stokvismootjies in ‘n suurroomkrummelkors
Rooi Rose
Deur Vickie de Beer Kosassistent Jana van Sittert
Alles in een bak
Genoeg vir 4-6
6 stokvisfilette, sonder vel
375 ml (1 1/2 k) suurroom
’n groot hand vol pietersielie, gekap
10 ml (2 t) gekapte knoffel
gerasperde skil van 1 suurlemoen
Krummelkors
750 ml (3 k) vars broodkrummels (ons gebruik ciabattabrood)
skil van 1 suurlemoen
4 ansjovisfilette
sout en gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Meng die suurroom, pietersielie, knoffel en suurlemoenskil. Geur met sout en peper.
Pak ’n laag stokvisfilette in ’n oondvaste bak en gooi van die suurroomsous oor. Pak nog ‘n laag filette en gooi die res van die suurroomsous oor.
Meng al die bestanddele vir die krummelkors en strooi oor die vis.
Bak vir sowat 30-35 min. tot goudbruin en gaar. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html

 

Krummelvis
Kos & onthaal - Idees
Dis vinnig, dis maklik en die meeste van die bestanddele het jy reeds in jou koskas
Genoeg vir: 4
Oondtemperatuur: 180 ˚C
• 500 g visfilette
• 30 ml botter
• 1 knoffelhuisie, fyngedruk
• 300 ml vars broodkrummels
• 50 ml gerasperde parmesaan
• 50 ml gerasperde cheddar
• 15 ml gesnipperde grasuie
• aartappelwiggies en ‘n slaai om voor te sit
1 Pak die visfilette op ’n gesmeerde bakplaat.
2 Meng die botter, knoffel, broodkrummels, kaas en grasuie in ’n bak.
3 Skep ’n laag van die krummelmengsel bo-oor die visfilette.
4 Bak dit in die oond vir sowat 20 minute of tot goudbruin en deurgaar. Sit dit voor met aartappelwiggies en groente of ’n slaai. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/doopbeslag-vir-vis.html


 

 

No comments:

Post a Comment