Thursday 24 January 2013

TUNA GEREGTE / TERTE



DUKKAH-TUNASTEAK

Deur Jaco Kirsten
Ek koop gereeld ’n stuk geelvintuna by ons plaaslike supermark (swaardvis en geelstert werk ook goed),
sny dit in skywe van sowat 4 cmdik en rol dit dan in dukkah, daardie Egiptiese speserymengsel vol neute
en sade wat jy by enige supermark kan koop (my gunsteling is NoMU s’n).
Verhit ’n klein bietjie olyfolie in ’n pan en braai die tunasteaks, maar onthou dit word droog as dit heeltemal gaar is. Ek braai net die buitekant en los die middel rooi, maar jy sal moet eksperimenteer, veral as jy nie vis ken nie. Dis baie lekker saam met slaai en ’n glas witwyn daarby.*Sarie*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html

VINNIGE TUNATERT 
(4 PORSIES)
300ml gerasperde cheddar kaas
4 snye brood sonder korsies in klein stukkies gebreek
30ml botter
250ml melk
1 blik tuna in water gedreineer
2 groot eiers
1 groot ui gerasper
5ml bakpoeier
Metode:
Hou ‘n kwart van die kaas eenkant en men g dan die res van die bestandele, behalwe die bakpoeier in ‘n kastrol. Kook die mengsel vir ‘n paar minute oor lae hitte en roer dit aanhoudend. Roer die bakpoeier daarby en giet dan die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak of kleiner individuele bakkies. Sprinkel die kaas wat uitgehou is, oor en bak dit in die oond vir 15-20min of tot gestol. Sit die tert voor met aartappelwiggies en slaai. *Kos idees* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html



Helena Kruger
TUNA MANDJIES 
Sny die korsies van 6 snye witbrood af. Rol die brood plat met koekroller en verf al twee kante met sonneblom olie.
Sny in kwarte en druk dit vas in kolwyntjie pan.
Bak vir 15 min of tot bros.
VULSEL
Meng:
1 blik tuna in water (gedreineer) met
50 ml mayonaise
20 ml tamatiesous
Skep lepelsvol in mandjies en versier Zelda 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html



Helena Kruger
ASPERSIE EN TUNA TERT 
1 blik (470 g) aspersies, gedreineer
1 blik (280 g) blik ingedampte melk
1 groot pak Sout en Asyn skyfies, fyngemaak
3 eiers
2 k gerasperde Cheddarkaas
Metode:
Meng alles en sit in mengbak.
Bak oop vir 40 minute teen 180*C
Haal uit en sit laaste bietjie kaas oor.
Eet warm of koud. Helena ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html

Helena Kruger
TUNA EN MIELIE KOEKIES
375ml Fyngedrukte gaar aartappels
6 Spreituie gekap
340g Tuna gedreineer
410g Heelpitmielies
45ml Vars Pietersielie
1 eier, sout en swartpeper
125ml meelblom
250ml droe broodkrummels
1 eier geklits
Metode:
Meng aartappels, uie, tuna, mielies, pietersielie, 1eier, sout en peper. Vorm nou jou koekies en bedek hulle met die meel, doop hulle in geklitste eier en dan in die broodkrummels. Braai mooi bruin en geniet dit saam met n suurlemoenskyfie ,heerlike bak groen en rooi slaai ag hoe honger word ek nou!!!!Helena ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html

Helena Kruger
TUNA PINWHEELS 
1 x Pak gevriesde skilferdeeg ontdooi
1 x Blik tuna
1/2 ui fyn gensy
4 eetlepels mayonaise
1/2 kopppie cheddar
Vars gemaalde swart peper
Metode:
Meng alles saam smeer oor die deeg. Rol op sit in die vrieskas vir 30min sny in ringe. Bak vir 25min teen 180 grade Helena
  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html



Molly-Ann Underwood Schmidt
VISKOEKIES MET TUNA 
Porsies:10 koekies
Voorbereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
2 x 48 g-pakkies kitsaartappels (bv. Smash)
2 x 170 g-blikke tuna in water, gedreineer
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
1 eier, geklits
15 ml gedroogde pietersieiie
2 ml sout
125 ml olie
Metode:
1. Maak die kitsaartappels aan volgens die aanwysings op die verpakking.
2. Meng al die bestanddele, behalwe die olie, goed saam.
3. Verhit van die olie in 'n vlak pan en braai lepelsvol van die tunamengsel in die warm olie vir ongeveer 3 minute aan elke kant tot ligbruin. (Dit is beter om die koekies in klompies gaar te maak.)
4. Dreineer die viskoekies op handdoekpapier.
5. Sit voor met Pikante aartappelslaai en Tartaarse sous.
Variasie: 425 g sardyne in tamatiesous kan in plaas van die tuna gebruik word. Verwyder die grate voordat die vis fyngemaak word. Avokadodoopsous smaak ook heerlik saam met die Viskoekies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html



GEBAKTE TUNA-EN-GROENTE RISOTTO 
(6 Porsies)
Kan die risotto ook maak met skelvis of gerookte snoek, dis ewe lekker
1 uit gekap
2 knoffelhuisies gekap
2 stele selfery gekap
1 rooi soetrissie gekap
30ml olyfolie
30ml botter
250ml Arborio-rys
125ml witwyn
1-1.25l  kokende hoender of groente aftreksel
2 blikkies tuna goed gedreineer
4 murgpampoentjies gerasper
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Fyngerasperde skil van ½ suurlemoen
45ml gekapte vars pietersielie
30ml botter ekstra
50g gekrummelde bloukaas of feta of cheddar
4 eiers geklits
Voorverhit die oond tot 160°C en smeer ‘n losboomkoekpan van 24cm goed met botter.(of gewone oondbak)  Braai ui, knoffel, seldery en soetrissie in die olie en botter in ‘n swaarboom kastrol tot sag.  Voeg die rys by en braai tot die korrels met ‘n vetlagie bedek is. Voeg die wyn by en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt.  Prut tot geabsorbeer.  Begin nou om die aftreksel koppie vir koppie by te voeg.  Roer en kook na elke byvoeging en voeg eers weer aftreksel by as die voriges geabsorbeer is. Herhaal tot die aftreksel opgebruik is en die rys gaar is.  Verwyder van die hitte  en roer die tuna, murgpampoentjies, geurmiddels na smaak, suurlemoenskil, pietersielie, botter, bloukaas en geklitste eiers by.  Skep in voorbereide pan en bak vir 35min of tot ferm.  Laat effens afkoel en keer uit.  Sit voor met ‘n mengelslaai.   *Landbouweekblad*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html



Tuna-viskoekies 
1 blik (170 g) fyn tuna, goed gedreineer
Sap en fyngerasperde skil van ½ klein suurlemoen
2 agurkies, fyn gerasper
1 groot, gaar aartappel, fyn gedruk
30 ml gekapte, vars pietersielie
½ wiel fetakaas, fyn gekrummel
1 eier
15 ml melk
60 ml koekmeel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Olie, vir braai
Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, agurkies, aartappel, pietersielie en fetakaas goed saam. Klits die eier en melk saam en voeg by. Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute. Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper. Vorm vismengsel in koekies en rol liggies in die gegeurde meel. Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar. Sit voor met vars suurlemoen, aartappelskyfies en slaai. Genoeg vir twee tot drie mense *Landbouweekblad*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html


Tuna Wasgoedbondeltjie
Geskryf deur: jpetro  Boerekos.com
Vir die Vulsel:
3 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
5 ml mosterd
Pietersielie na smaak
Sout, swart peper na smaak
Paprika na smaak
1 k gerasperde kaas
1 blikkie tamatie puree
1 groot ui, lekker fyn gekerf
Gooi alles in een mengbak, roer mooi deur.
Vir die Deeg:
4 kp meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g botter
Yswater
So Gemaak:
Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg.
Rol dunnerig uit.
Druk vierkant vormpies uit deeg
Skep lepel vulsel in middel, bring hoeke bymekaar en steek vas met heel naeltjie.
Bak in diep olie tot goudbruin, plaas op kombuispapier om te dreineer.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html





Helena Kruger
VINNIGE VISTERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html

2 Blikkies tuna
8 Crabsticks[stukkies gesny]
1 Pakkie klein Shrimps
2e gekapte ui
2e gekapte soetrissie
Visspeserye[sout en peper na smaak]
1k Kaas
3e meelblom
4 eiers [geklits]
1k melk
Braai uie en soetrissies tot gaar
Voeg jou Shrimps en speserye by en haal af, laat afkoel
Meng eiers, kaas, meelblom en melk en voeg jou vismengsel by
Gooi in jou pan of tertbak,strooi bietjie Paprika oor en bak vir 35-40min by 180*C 24/5/12*Helena Chilli Kruger.


Vinnige tunatert
Kos & onthaal - idees
Oondtemperatuur: 180 °C
• 300 ml gerasperde cheddar
• 4 snye brood sonder korsies, in klein stukkies gebreek
• 30 ml botter
• 250 ml melk
• 1 blik tuna in water, gedreineer
• 2 groot eiers
• 1 groot ui, gerasper
• 5 ml bakpoeier
• aartappelwiggies en slaai om voor te sit
1 Hou ’n kwart van die kaas eenkant en meng dan die res van die tertbestanddele, behalwe die bakpoeier, in ’n kastrol.
2 Kook die mengsel vir ’n paar minute oor ’n lae hitte en roer dit aanhoudend.
3 Roer die bakpoeier daarby en giet dan die mengsel in ’n gesmeerde oondbak of kleiner individuele bakkies. Sprinkel die kaas wat jy uitgehou het, oor en bak dit in die oond vir 15 tot 20 minute of tot gestol. Sit die tert voor met aartappelwiggies en slaai http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html


Dalene Brits
TUNA PIE
1 tin tuna
4 eggs
80ml mayonaise
3 cups  cooked rice
200ml milk
1 onion - chopped
1 cup cheese - grated
salt, pepper & aromat to taste
1tps parsley (optional)
Mix all ingredients together.
Pour mixture into pan.
Sprinkle lightly with caynne pepper or paprika
Bake for ± 1 hour @ 180ºC http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html


Dalene Brits
Tuna Ete
6 Sny brood
2 Sakkies gegeurde tuna
1 Koppie gerasperde Cheddar kaas
1 Groot blik Idealmelk
2 Eiers
Knippie sout en rooipeper
1 Blokkie Knorr Seazons green pepper en 1 blokkie onion
Sny korsies van brood af en pak in 'n gesmeerde oondskottel.
Verdeel tuna eweredig oor brood.
Strooi kaas oor.
Klits eiers, sout, rooipeper, melk en fyn gemaakte Knorr blokkies.
Gooi oor tuna en bak 35 min by 170° tot gestol.
In plaas van brood kan 'n pak fyn gemaakte Bakers Bacon Kips gebruik word.
Annamarie Baggerman - OP RSG GEPLAAS  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html


Amanda Rademeyer
TUNAGEBAK
4 eiers
1x200g blik tuna
1enhalf kop gaar rys
200ml melk
1 meduim ui gekap
knippie sout
5 Eetl mayonnasie
2 en half koppie cheddar kaas gerasper
Meng al die bestandele en plaas in gesmeerde oonsvaste bak strooi kaas oor en bak
30-35min tot kaas bo op borrel teen 180c sit warm voor met n slaai geniet. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html



TUNA MET PAPAWERSAAD
Deur Barbara Joubert, SARIE -
Dis ’n heerlike gereg om voor ete aan te peusel. Die kombinasie van papawersaad en vars tuna is met een word verruklik  (2 porsies)
sowat 200 g tuna-steak
1 eierwit
15 ml suurlemoensap
sowat 100 ml papawersaad
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
olyfolie
vinkel vir garnering
Sny die tuna in twee lang stukke. Klits die eierwit effens en voeg die suurlemoensap by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Rol die tuna in die eierwit en dan in die papawersaad. Die tuna moet heeltemal met die saad bedek wees. Verhit die olie in ’n pan en braai die tuna weerskante vir sowat 1 minuut aan elke kant. Garneer met vars vinkel.*20/3/13 +foto http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html




Moira Botha Dyer

Tuna-en-Aartappelgebak
125ml mayonnaise
125ml Griekse jogurt
8 baba-aartappels gekook en gehalveer
2 blikke (170g) tuna gedreineer
6 sprietuie gekap
4 radyse skywe gesny
 Verhit oond 180g. Meng mayonnaise & jogurt. Sit res v d best in oondbak. Giet sous oor en geur na smaak. Meng ligweg.
Bak tot net warm. Sprinkel vars pietersielie oor en bedien met slaaie van keuse
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tuna-geregte-terte.html

 

No comments:

Post a Comment