Thursday 24 January 2013

VISKOEKIES / FRIKADELLE / BROODJIES



VISKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
Renee Potgieter

 Ek gebruik al jare my ma se resep met net 5 bestanddele :
Sout, peper,

n gerasperde ui, 
1 geklitste eier en n 
blikkie pilchards (die wat mens kry SONDER die tamatiesous). 

Die vloeistof gooi jy oor n broodjie vir die kat. As die mengsel effe te slap is om n lekker koekie te vorm, voeg bietjie meel by. 

SOET SUUR SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html*Soetsuur sous in die Mikrogolf.*
65ml suiker

50ml mielieblom
250 ml water
Meng saam in micro bak.
Voeg by
125ml bruinasyn
10 ml worcestersous.
Voeg alles saam en micro op 100% vir 6 min, roer na elke min.
*Hannelie Freemantle*21/01/2016






TUNA VISKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
.
Diane Roode Hancox
Ek het net 

sout, 
rooipeper, 
fyn ui, 
fyn pietersielie, 
fyn aartappels &
eier, 
meng goed, vrom lepelsvol in hand, rol in meel & braai in olie!.

                                                                                     

TUNA KOEKIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
an na na resep

Meng 1 pakkie kits-aartappels en
350 ml warm melk,
Dreineer 2 blikkies tuna en voeg by aartappels.
Voeg dan vlg by:
 gekapte grasuie (chives),
1 E gekapte vars pietersielie,
3 t suurlemoensap,
sout en vars gemaalde swart peper,
1 eier en
1 E droë broodkrummels.
Meng deur en skep eetlepels vol in medium warm, vlak, olie in pan. Bak alkant bruin. Bedien met skyfies en groen erte en slaai.
.
Danielle Marais
VISKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
1 blik (425 g) sardyne in tamatiesous
1 blikkie (200 g) tuna, gedreineer
1 ui, gerasper
1 eier, geklits
10 ml droe pietersielie
125 ml koekmeelblom
Sout en peper na smaak
Druk die sardyne in tamatiesous en tuna fyn.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Voorverhit n pan tot redelik warm. Gooi n bietjie olie daarin.
Skep lepels vol van die vismengsel in die olie en braai weerskante bruin.
Sit die koekies warm voor. 

Moira Botha Dyer
SARDYNPASTEI
4 groot aartappels sag gekook en gedreineer;
 60ml marg/botter;
2 eiers geklits;
 sout en peper na smaak;
 10ml bakpoeier.
 Mash aartappels en meng goed met res van best. Smeer pasteibak en kante en vul met aartappel mengsel. Vulsel: 1 blik sardyne (425g) in tamatiesous; 200ml mayonaise; 2 uie fyn gekap; 50ml pietersielie; 30ml asyn; 2 eiers geklits en 'n knippie rooipeper. Meng alles saam (hou net tamatiesous van sardyne uit) Skep in aartappelkors. Gooi nou sous van sardyne egalig oor mengsel. Rasper 'n laag kaas oor en bak by 180g vir 20-30min tot gaar.*15/3/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html


Esmerilda Hanekom
VISKOEKIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
1 blik sardyne in tamatiesous
1 klein ui, gerasper
100ml koekmeel
15ml bakpoeier
1 eier, geklits
Druk die sardyne fyn in 'n mengbak. Voeg ui by en meng deeglik. Sif meel en bakpoeier en voeg saam met die eier by die vismengsel. Geur na smaak. Meng deeglik. Verhit olie in 'n braaipan en skep lepel vol beslag in warm olie. Braai tot goudbruin en gaar aan albei kante. 


Molly-Ann Underwood Schmidt
VISKOEKIES MET TUNA 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
2 x 48 g-pakkies kitsaartappels (bv. Smash)
2 x 170 g-blikke tuna in water, gedreineer
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
1 eier, geklits
15 ml gedroogde pietersieiie
2 ml sout
125 ml olie
Metode:
1. Maak die kitsaartappels aan volgens die aanwysings op die verpakking.
2. Meng al die bestanddele, behalwe die olie, goed saam.
3. Verhit van die olie in 'n vlak pan en braai lepelsvol van die tunamengsel in die warm olie vir ongeveer 3 minute aan elke kant tot ligbruin. (Dit is beter om die koekies in klompies gaar te maak.)
4. Dreineer die viskoekies op handdoekpapier.
5. Sit voor met Pikante aartappelslaai en Tartaarse sous.
Variasie: 425 g sardyne in tamatiesous kan in plaas van die tuna gebruik word. Verwyder die grate voordat die vis fyngemaak word. Avokadodoopsous smaak ook heerlik saam met die Viskoekies..


Maryna Els Slabbert
Viskoekies 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
3medium aartappels geskil en in klein blokkies gesny
1blik 400g salm en
1blik 185g tuna gedreineer
sout en varsgemaalde swartpeper
60ml kwart koljander
2 eiers liggies geklits
30ml 2e suurlemoensap
Olie
tamatiesous om voor te sit
Kook di aartapperblokkies in soutwater tot sag Dreineer baie goed
Druk die vis fyn en meng dit goed met di aartappels in n mengbak geur met sout en peper na smaak voeg die
koljander en eiers by geur met suurlemoensap en meng deur Vorm sowat 16 groterige viskoekies met die
palm van jou hand of gebruik n koekiedrukker en plaas op n skinkbord
Verkoel vir sowat 15min om hulle ferm te maak sodat dit nie breek tydens gaarmaak nie
Giet heelwat olie in n verhitte pan en braai die viskoekies n paar op n slag tot bruin aan die onderkante
Draai met eierspaan om en braai ook aan die ander kant tot bruin Sit voor met tamatiesous
.


Gebakte visbroodjie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
Deur ARINA DU PLESSIS
Landbouweekblad
Bestanddele
500 g stokvisfilette, vel verwyder
15 ml olie
1 ui, gerasper
1 groot wortel, fyn gerasper
3 agurkies, fyn gerasper
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
8 eiers
250 ml room
250 ml tamatiepuree
125 ml vars witbroodkrummels
Voorverhit dieoondtot 180 °C. Stoom die vis in ’n pan met ’n bietjie water tot gaar en skep uit. Laat afkoel en vlok die vis fyn. Verhit die olie in ’n pan tot matig warm en voeg die uie en wortel by. Braai tot sag. Voeg die agurkies en gevlokte vis by en meng goed. Geur na smaak met sout en peper. Laat afkoel.
Klits die eiers, room en tamatiepuree saam en meng met die vismengsel. Smeer ’n broodpan met botter en druk die broodkrummels teen die basis en kante van die pan vas. Skep die vismengsel daarin. Bedek met foelie en sit die pan in ’n warmwaterbad (groter bak met warm water). Bak vir sowat 1 uur tot ferm. Laat effens afkoel en keer uit. Sny in skywe en sit voor.
Lewer ses porsies.


Visfrikkadelle met avokadosous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
Die Burger.
500 g vismootjies, sonder vel
4 E (60 ml) botter
1 ui, fyn gekap
2 snye dagoudbrood, korsies verwyder
1/2 K (250 ml) melk
1 K (250 ml) fyn droë broodkrummels
sout en peper
1 eier, geklits
11/2 E (22,5 ml) tamatiesous (uit die bottel)
4 E (60 ml) olie
Soteer die vismootjies 5 minute lank in botter. Voeg die ui by en braai nog 5 minute lank. Skep uit die pan en vlok die vis met 'n vurk. Week die brood 5 minute lank in die melk. Druk die oortollige melk uit en krummel die brood in 'n bak met die vis. Voeg sout, peper, eier en tamatiesous by. Meng deeglik in 'n voedselverwerker of met 'n vurk. Vorm klein frikkadelletjies so groot soos 'n okkerneut. Bedek met droë broodkrummels. Verhit die olie in 'n braaipan en braai die visballetjies aan alle kante tot goudbruin. Verwyder met 'n gleuflepel en dreineer op kombuis- of bruin papier. Hou warm.
Avokadosous
1 avokado
1 E (15 ml) suurlemoensap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1/2 K (125 ml) joghurt
sout en rooipeper
Maak die avokado met die suurlemoensap fyn. Voeg die knoffel by met genoeg joghurt sodat dit die bestandheid van 'n sous het. Geur met sout en rooipeper 18/4/12


Gillian Logan Bredenhann
VISKOEKIES IN DIE MUFINS PAN

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
 Ja, jy sal die dan ook in die oond muffin pannetjie kan maak. Ek het 'n blikkie plein pilchards gebruik, en met die volgende gemeng:
250ml melk
2 eiers
2 eetlepels meel
1 koppies gerasperde kaas
1 ui fyngekap
Sout peper pietersielie en enige ander speserye van jou keuse (ek het vars basiliekruid gebruik)
.


Maré Nieuwoudt
PRISCILLA SE VISFRIKKADELLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
2 snye dag oue witbrood
Water
500 g stokvis, gemaal
1 ui, fyn gekap
1 ekstra-groot eier
Sout en peper
Fyn gekapte pietersielie
METODE:
Laat week die brood in water tot uitgeswel. Meng dit met die res van die bestanddele en vorm bolletjies. Druk effens plat en braai in verhitte olie tot gaar.
Genoeg vir 6 mense.
HUISGENOOT EETSAAM  


Ade le
HOUTBAAI-VISKOEKIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
Carol van Heerden Vroue-Beeld se kosskrywer)
750 ml gevlokte gaar vis;
500 ml kapokaartappels;
45 ml gesmelte botter;
30 ml gekapte vars pietersielie;
sout en peper;
3 eiers;
droë broodkrummels;
kookolie om in te braai.
Meng vis en aartappels. Voeg gesmelte botter, pietersielie, sout en peper na smaak en 2 geklitste eiers by. Meng baie goed en proe of dit sout genoeg is. Laat vir 1 uur in yskas om styf te word. Vorm ronde koekies en doop in oorblywende geklitste eier, gemeng met 'n bietjie water, en dan in broodkrummels. Verkil 30 min. in
yskas. Braai weerskante in olie tot goudbruin vir sowat 15 min. Sit voor met eiersous vir aandete.
Eiersous
250 ml mayonnaise;
125 ml room of joghurt;
30 ml tamatiesous;
15 ml groen soetrissie, gekap;
15 ml rooi soetrissie, gekap;
15 ml pietersielie, gekap;
15 ml grasuie, gekap;
2 groot hardgekookte eiers, gekap.
Meng al die bestanddele en sit saam met viskoekies voor.
.



Helena Kruger
GROOT VISKOEKE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
400 g witvis van jou keuse, fyngekap
3 aartappels, gekook tot sag en fyngedruk
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekap
hand vol koljander, gekap
hand vol basiliekruidblare, gekap
1 eiergeel
85 g (150 ml) koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper
Buite-kors
2 eiers, liggies geklits
140 g (250 ml) koekmeel
150 g broodkrummels
60 ml olyfolie
Metode:
Verhit oond tot 180 ˚C. Meng vis, aartappels, ui, knoffel, koljander en basiliekruid. Voeg eier en meel by en meng goed. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mengsel in 6 ewe groot balle en druk effens plat. Buite-kors Doop koeke in eier, dan in koekmeel en laastens in broodkrummels. Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan en braai koekies sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Plaas in warm oond vir verdere 10 minute of tot gaar. Sit warm voor met piekel-uie en tamatieblatjang.[6 porsies] Sarie 21/4/11 .



Helena Kruger
HEERLIKE VISKOEKIES!! 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
1 Sardiens in Tamatiesous [groot]
4 snye brood wat in n bietjie melk geweek is
1 ui baie fyn gekap
2 eiers
1e Vars gekapte Pietersielie
1t Bakpoeier
sout en peper
2e Sweet Chilli Sous
Metode:
Meng alles saam, laat staan vir so n 20min. in yskas en bak lepels vol in vlak olie. Bedien met lekker fyn aartappels en n lekker groenslaai. N.S.[.Die oumense het meelblom gebruik om dit te bind] Helena
.

 
Andrieshia Gray
PILCHARDS VISKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html
1 blik pilchards in tamatie sous

2 snye wit brood
1 klein uie

1/2 koppie koekmeel
2 eiers
1 eetlepel asyn
Sout en peperDruk vis goed fyn met n vurk. Breek brood en meng met vis. Rasper ui en voeg by asook alle ander bestandele. Skep lepelsvol in warm olie en bak bruin. Om smaak te verbeter voeg pietersielie .

 
Marietjie Venter
Karp Viskoekies 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/viskoekies.html

Bestanddele: 
2kg gaar ontbeende vis. 
2kg gaar fyngedrukte aartappels. 
4 Eetlepels droe of 1koppie fyn vars pietersielie.
6 eiers geklits.
4 eetlepels Aromat. 
2 eetlepels fyn swart peper. 
1 eetlepel rooi peper. 
1 koppie suurlemoensap. 
4 groot uie fyn gekap. 
Genoeg olie om diep in te braai

Sit deur meuletjie meng dan die suurlemoensap goed deur bedek vir halfuur meng dan die eiers in en vorm balletjies in handpalm en druk effens plat en bak in matige warm olie diep genoeg om viskoekie te bedek tot bruin aan albei kante. 
Wenk
 sodra die koekie in olie geplaas word skuif vinnig bietjie rond sodat dit nie kleef nie. Plaas op draadrakkie of kombuispapier om te dreineer. Hierdie koekies vries fantasties.

No comments:

Post a Comment