Saturday 26 January 2013

VRUGTE ALLE SOORTE



Marthie Clark
GLANSKERSIES IN BRANDEWYN 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html

(eie resep)
Maak ‘n suikerstroop van 2 derdes suiker en 1 derde water. Kook saam totdat die stroop met ongeveer die helfte verminder het en voeg brandewyn na smaak by (ongeveer 150 tot 250 ml). Pak glanskersies stewig in gesteriliseerde botteltjies en gooi brandewyn stroop oor sodat al die kersies bedek is. Skroef deksels styf vas en laat staan vir 6 na 8 weke voor gebruik.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

PYNAPPELBLATJANG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
2.5kg ryp pynappels
2 groot uie
300g melassesuiker
125ml bruin asyn
15ml goue stroop
7ml kerriepoeier
5ml mostertpoeier
5ml sout
2ml borrie
METODE:
Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op. Voeg die res van die bestandele by, verhit tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. Bottel die blatjang warm en verseel dit dadelik. *Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

PYNAPPELRINGE OF STUKKE INGEMAAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Skil die pynappel, sny alle ogies en merke uit. Sny die stronk met ‘n pitboorder uit. Sny die vrugte in ringe of stukke.
Kook stroop vooraf oor matige hitte: 200g wit suiker vir elke 500ml water.
Kook die pynappelringe/stukke 20-30 min lank in matig vinnig in die stroop. Pak dit in die flesse en maak die flesse tot oorlopens toe vol met die stroop. Verwyder die lugblasies indien nodig. Verseel die flesse dadelik.*Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Carin Ras Wilson
KERRIE PYNAPPEL 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Tina Nel
Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur.
Dreineer.
Voeg nou die volgende besstanddele by:
4kp suiker
3 kop wit asyn
2t borrie
1 eetl sout
2t Kerrie
2t gemmer
1 ml rooi peper
3 groot suur pynappels (ek gebruik enige)
een en ‘n half opgehoopte eetl maizena
Kook 15 min tot dik en bottel warm
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

 



KOEJAWELS IN SUIKERSTROOP 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
15 ryp koejawels – geskil en deurgesny
5 1/2 koppies suiker
1 liter water
12 naeltjies
1 kaneelstok
METODE:
in ʼn groot pot maak jy alles stadig warm terwyl jy dit roer met n houtlepel totdat die stroop kook en die suiker gesmelt is, laat dit stadig prut totdat die stroop begin dik raak en op die agterkant van ʼn lepel bly klou
gly die koejawels in die stroop en prut saggies tot die koejawels net sag is, moet dit nie pap kook nie. trek die pot van die stoof en laat die koejawels afkook in die stroop
jy kan dit warm, warm in flesse inlê of jy kan dit in die yskas laat staan vir tot 3 weke
as jy inlê sorg dat jou bottels gesteriliseerd is – pak jou vrugte dan met ‘n lepel in warm bottels, gooi die warm stroop oor, skud om borrels uit te haal, seel die bottels, sit in ‘n kastrol met kookwater wat oor die bottels se koppe strek en kook vir 15 minute – daarna kan hulle spens toe tot jou lus jou weer kom kry en jy ‘n bottel oepmaak
as jy gril vir die pitte kan jy dit uitskep voor jy dit kook, en die koejawels in die middel deursny
bedien die koejawels saam met sy stroop en slagroom
NIEL STEMMET “KOSKENNER” 11/10/10 "Helena Kruger!!
*.
 


INGEMAAKTE LIETSJIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Dop die lietjsies af en ontpit dit oor ‘n vlykvryestaal- emalje- of erderbak om die sap  te vang wat afdrup.  Kook ‘n matige stroop van 200g wit suiker per 500ml water waarby die lietjiesap gevoeg is.  Plaas die lietjies in die kokende stroop en laat dit net weer opkook.
Skep die lietjies in warm, voorbereide flesse en vul dit met die kokende stroop.  Verseël die flese en draai die proppe ‘n halwe draai los.  Plaas die flesse in ‘n waterbad en steriilseer dit 15-20 min lank by 90°C.  Haal die flesse uit die water en draai die proppe styf vas.  *Lekker vir later*  Rina 8/12/11
Lietjies kan met groot sukses gevries word.  Pak dit met doppe en al in stywe vrieshouers of sakkies en bevries dit.  Dit kan ook tot 3 maande by ‘n temperauur van -1°C – 7°C bewaar word. 
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
PAPAJA-PIEKELS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
750ml gekapte groen papaja
500ml gekapte tamaties
3 uie, geskil en gekap
5ml rooipeper of na smaak
15ml sout
15m gekneusde gemmerwortel
250ml sultanas en pitlose rosyne, gemeng
250ml asyn
250ml suiker
METODE:
Plaas bestanddele in 'n inmaakkastrol en kook tot sag en vloeistof
ingedamp en dik is. Giet onmiddellik in gesteriliseerde inmaakflesse
en verseël.!!!!Baie Lekker!!!
Dankie Susan!!![Sus] 6/11/10 Helena"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

Carin Ras Wilson
Piesang Blatjang

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Flippen Lekka Spice Cabano
Bestanddele
800 g Geskilde Piesangs
2 Groenrissies
2 Uie
2 Knoffel huisies
250 g Sultanas (420 ml)
10 ml Sout
1 ml Peper
10 ml Kerriepoeier
5 ml Borrie
1 ml Tiemie
Knippie fyn naeltjies
750 ml Asyn
400 g Suiker (500 ml)
Metode
Sny piesangs in skyfies en kap die groenrissies, knoffel en uie fyn. Braai uie, groenrissie en knoffel. Maak 'n pasta van al die droë bestanddele. Plaas alles in 'n pot en kook vir 1 uur lank. Roer kort, kort. Bottel warm. Lewer 1.5 Liter.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
Marcia Van Heerden
GROENVYE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Hier is my resep (jammer vir die Engels). Dit is baie lekker as die wag verby is.
500 g green figs
500 ml sugar
25 g calcium hydroxide
3 whole dried star anise
3 dried allspice berries
1 piece of fresh ginger, peeled – don’t use anything that’s bitty because it will influence the syrup
Wipe the green figs, well and scrape along the sides with a sharp knife to remove wooliness.
Cut a cross at the base of the fig.
Dissolve the calcium hydroxide in 2 ½ litres of water and place the prepared figs in the water to soak over night.
The next day, drain the figs well to remove all traces of the calcium.
Dissolve all the sugar in 2 litres of water, add the dried spices and boil until you have a good syrup.
To this, carefully add the figs and the piece of ginger root and boil until the figs are just tender – they have to be quite crisp on the outside but tender enough for a skewer to go through with ease.
During the cooking process you will notice that foam accumulates at the top of the syrup, constantly remove this.
Pack the figs in suitable sterilized jars, seal and allow to mature for 6 weeks   7/10/2011
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



SMEERVYEROL MET SUIKER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Skil 5kg vye af en maal dit.  Voeg 1.5kg wit suiker by die vye, verhit dit stadig tot kookpunt en roer tot die suiker opgelos is.  Kook die mengsel 10 min lank. Sprei dit oop op ‘n gesmeerde plank, 1.8m x 30cm wat randjies het.
Droog die smeervye ‘n paar dae lank in die son.  Sodra droog is, maar nie kurkdrrog nie, sny in stroke van 20cm elk en draai dit om sodat die onderkant ook kan droog word.  Strooi strooisuiker oor en rol die stroke op.
SONDER SUIKER
Skil die vye af en druk fyn met ‘n vurk.  Sprei dit ongeveer 1cm dik op ‘n gesmeerde plank oop en sit in die son om droog  doen dit vroeg in die more sadat dit heldag in die on kan wees, keer dit die aand op ‘n gesmeerde plank uit en droog die die volgende dag verder in die son. Die smeervye kan ook in ‘n trek in die koelte gedroog word.  Wanneer die smeervye droog genoeg is, sif versiersuiker daaroor, rol dit op en bind met ‘n tou vas. 
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html

Regina Badenhorst Elmarie ek het die volgende vir jou gekry, Vrugte smeer, vye is nie geskik vir gekookte vrugtesmeer nie.
ONGEKOOKTE VRUGTESMEER.
2. was en skil vye, Voeg knippie sout by.
3. Maal die vrugte. Moenie suiker byvoeg nie. n Bietjie heuning kan met fyn vrugte gemeng word.
4. Smeer die vrugte 5 mm dik op bv. gesmeerdebotterpapier of bladplastiek en laat dit opplanke in die son droog word. Beskerm die smere teen die vliee en stof.
5. Rolop, of smeer n dun lagie heuing oor en rol dan op. Die heuning verhoed dat dit te veel uitdroog en versoet ook die smeer.
6. strooi suiker oor die rolle indien verkies. Draai in waspapier toe en bere in lugdigte flesse of blikke. Resep gekry in die boek: Voedselpreserveering, uitgegee deur die dep van nasionale opvoedkunde.

.
PRUIM-EN-APPEL BLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
1 kg pruime
250g suurappels
2 groot uie
500g pitlose rosyne
875ml bruin asyn
5 knoffelhuisies
3 brandrissies of na smaak
750g karamelsuiker
15ml sout
5ml wonderwortelpeper
5ml gemaalde gemmer
Sny die pruime in stukkies op en ontpit terselfdtyd.  Skil die suurappels, sny dit in kwarte op en sny die klokhuisies uit.  Sny die appelkwarte in stukkies op.  Skil die uie en kap dit grof op. Meng die pruime, appels, uie, rosyne en 625ml van die asyn en prut totdat die vrugte sag is.  Skil en kneus die knoffel.  Halveer en ontpit die rissies en sny dit fyn .  Voeg die knoffel en rissies saam met die oorblywende asyn en die res van die bestandele by die pruimmengsel.  Verhit dit stadig tot kookpunt en roer tot die suiker opgelos is.  Prut die blatjang in ‘n oop kastrol tot dik en roer dit af en toe.  Bottel dit warm en verseël dit dadelik.  *Lekker vir later* 
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Helena Kruger
DRUIWE-PIEKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Sit voor met koue hoender en kouevleis.
2,5kg swart of sultanadruiwe;
500ml suiker;
500ml wit asyn;
1 kaneelstokkie;
1 stuk vars gemmerwortel, gekneus;
6 naeltjies.
Spoel druiwe af en verwyder stingels. Meng res van bestanddele en
verhit tot kookpunt. Pak intussen druiwekorrels in gesteriliseerde
inmaakflesse wees versigtig om dit nie te kneus of te breek nie.
Giet asynmengsel oor. Verseël dit onmiddellik en laat een week staan— in Bultfontein (2), Free State
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Annette Swanepoel
Kerrie sultanas (sultana blatjang

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
tannie Ria Myburgh, Kanoneiland
2.5 kg ryp gekorrelde sultanas
1.2 kg uie, fyn gekap
1 kg wit suiker
1125 ml wit asyn (1.5 bottels)
1 eetlepel sout
1 eetlepel gemmer
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 eetlepel naeltjies
2 eelepels wonderpeper
2 eetlepels koljander
60 ml maizena (gebruik meer vir n dikker konsistensie, ek gebruik dubbel, anders is dit baie loperig)
Bind die speserye in n lap sakkie toe.
Kook die suiker, asyn, sout, kruie en uie saam (mens kans die speserye direk in die stroop kook, maar dan kleur dit die sultanas baie donker en word die blatjang baie sterker).
Voeg die sultanas by die kokende stroop en kook tot gaar (20 -30 min).
Maak die mielieblom met n bietjie asyn aan en voeg by die sultana mengsel terwyl geroer word.
Kook deur en bottel in warm, gesteriliseerde flesse.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Maré Nieuwoudt
PIEKELDRUIWE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
(Smaak heerlik met gerookte vis Aldus Martie Botha van Glencoe)
350 ml witsuiker
225 ml wit wyn of druiwe-asyn
15 ml ( 1e) balsamiese asyn
7 ml ( 1 1/2t) peperkorrels, gekneus
1 kaneelstok
350 g wit en swart druiwe, skoon afgewas
METODE:
Plaas die suiker en asyn in n pan en verhit tot die suiker opgelos is. Voeg die peperkorrels en die kaneelstok by en laat kook 2 minute lank. Verwyder van die hitte en voeg die druiwe by. Skep in skoon gesteriliseerde flesse en verseël.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .


Adéle Filmalter
DADELBLATJANG 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
(Cass Abrahams se The Culture and Cuisine of the Cape Malays)
Dis heerlik saam met enige vleisgereg of saam met piekels en kaas. Net reg vir die feestyd.
500 g ontpitte dadels
10 knoffeltoontjies
125 g vars gemmer, geskil
125 g droë rooi rissies
Sout na smaak
500 ml bruinasyn
METODE:
Voeg al die bestanddele, behalwe die asyn, in die voedselverwerker en meng tot glad. Voeg nou die asyn by en meng goed. Gooi die mengsel in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


INGEMAAKTE KERSIES
SOETKERSIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Prik dit met ‘n stopnaald of peuselstokkie. Of maak ‘n snytjie waar die stingel was en krap die pit uit. Pak die kersies styf maar sonder om dit te verdruk in warm inmaakflesse en bedek dit met kokende stroop gekook van 200g witsuiker vir elke 750ml water.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html

SUURKERSIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Halveer en ontpit dit, vang terselfdertyd die sap op om by die stroop te voeg. Pak die kersies styf maar sonder om dit te verdruk in warm inmaakflesse en bedek dit met kokende stroop gekook van 200g witsuiker vir elke 500ml water waarby die kersiesap gevoeg is.
ALBEI – Verseel die flesse, maar draai die skroefringe ‘n halwe draai los. Laas dit op ‘n vals boom in ‘n diep kastrol en giet genoeg warm wateer in die kastrol om die flese 5cm diep te bedek. Sit die deksel op, verhit die water tot net onder kokpunt (90°C) en steriliseer dit 20min lank by kamertemperatuur. Lig die flesse uit en draai die skroefringe onmiddelik styf vas.
*Lekker vir later*



SPESERYKERSIES IN ASYN

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
500ml wit asyn
400g wit suiker
5ml gekneusde wonderpeperorrels
4 heel kruienaeltjies
2 opgebreekte stokkies pypkaneel
1 liter suurkersies met kort stingeltjies
METODE:
Verhit die asyn, suiker en speserye tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te laat oplos. Laat die mengsel ‘n kwartuur lank prut met die deksel op. Laat dit oornag staan. Pak die kersies in gesteriliseerde inmaakflesse tot 1.5cm van die borand van elke fles af. Syg die asynmengsel deur en verhit die filtraat tot kookunt. Bedek die kersies daarmee. Verseel die flesse. Plaas die flesse op ‘n vals boom in ‘n groot kastrol en voeg genoeg warm water by om dit 5cm diep te dedek. Verhit die water tot kookpunt, sit die kastrol se deksel op en laat 10min lank kook. Haal die flesse versigtig uit en laat dit op ‘n gevoude afdroog doek afkoel. Bewaar dit op ‘n koel, dinker plek.
*Lekker vir later* .


SUURKERSIEBLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
1 kg ryp suurkersies
375g gebleikte sultanas
125ml wit asyn
150g wit of karamel suiker
5ml gemaalde wonderpeper
2ml gemaalde gemmer
METODE:
Was en ontpit die kersies. Verhit dit stadig saam met die ander bestandele in ‘n emaljekastrol tot kookpunt, roer die mengsel aan die begin todat die suiker opgelos is. Laat ongeveer 5min lank vinnig kook en prut dit dan verder totdat die mengsel dik is. Bottel die blatjang warm en verseel dit wanneer koud.*Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .


Sandra Visagie
ROOIBOSBESSIE-BLADJANG"CRANBERRY"

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
600g bruin uie in blokkies gesny
2 groen appels in blokkies gesny
15ml olyf olie
350g gevriesde rooibosbessies
400g strooisuiker
310ml (1 1/4 k) witasyn
15ml mosterd-saadjies
'n hand vol vars salieblare
5ml sout
Verhit 'n kastrol en braai die uie en appels vir 2 min. in olyf olie. Voeg die res van die bestandele by. Prut vir 30 min, oor matige hitte tot die mengsel verdik. Laat afkoel. Gooi in gesteriliseerde botteltjies.
Lewer 6 x 220ml botteltjies .

Leane Visser le Roux
Lukwartblatjang 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
2kg lukwarte gewas, ontpit en gehalveer
4 groot uie gekap
1 green pepper, ontpit en opgesny
500ml wit druiwe asyn (nie spirit vinegar nie)
375ml witsuiker
30ml kerriepoeier
10ml borrie
5ml knoffelsout
2ml sout
1ml rooipeper (cayenne)
1ml swartpeper
25ml mielieblom (maizena)
Nadat die lukwarte gewas, ontpit en gesny is, meng dit met die res van die bestanddele, behalwe die mielieblom, in 'n groot erdepot of drukkoker. Roer dit net om en kook vir 20 min onder druk of 60 - 75 min in die erdepot (tot die lukwarte sag is). Meng die mielieblom met bietjie koue water en laat goed deurkook en skep dit dan warm in gesteriliseerde flesse en verseel. Let op daar kom nie water by nie. Ek het bietjie meer rooipeper en gemaalde swartpeper gevat want ons hou van brandkos. Die resep se dit lewer omtrent 2 liter.
Dit is in Wenresepte No 3.
Hulle se as die lukwarte baie soet is, gebruik 'n bietjie minder suiker.  Ek het my resep gehalveer en dit werk net so goed.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Berie Smith
APPEL BLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
1 kg groen appels
1 groot ui, gerasper
375ml bruinsuiker
375ml asyn
125ml lemoensap
3 brandrissies, fyn gekap
5ml gemaalde gemmer
sout na smaak
3 knoffelhuisies, gekneus
Skil en ontkern appels. Rasper die appels. Meng al die bestanddele goed saam. Laat prut dit ongeveer 40 minute lank totdat die blatjang dik en souserig is. Skep die blatjang in warm gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies vorm nie. Verseël dit. Bewaar die blatjang op ‘n koel droë plek.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


GEDROOGTE APPELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Die boek lekker vir later se mens maak dit in die skadu droog waar daar 'n goeie trek is, en maak seker dat daar 'n dun kaasdoek bo-oor is om sand en muggies uit te hou. Ek sal dit in die sout mengsel (125G/5LITER WATER) laat le en dan buite droog maak, hulle bevel aan dat indien jy hom in die oond wil droog maak jy hom moet berook met swawel vir 'n uur of so en dan 4-6 uur teen 50Grade, draai die ringe om wanneer driekwart droog, jy sal weet dit is droog indien jy die ringe saam pers en hulle nie meer aanmekaar vassit nie en voel soos seemsleer. Indien jy dit in die oond droog maak, moet dit 12 uur staan teen kamertemperatuur voordat jy dit verpak.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


SPANSPEKKONSERF
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Halveer en ontpit 1 kg halfryp.spanspek in klein blokkies gesny. Strooi 500g wit suiker oor die blokkies. Bedek en laat oornag staan om stroop te vorm. Voeg die pulp van 20 ryp grenadellas, die sap van 2 suurlemoene en die fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen by die spanspek Verhit die mengsel vinnig tot kookpunt en roer aanhoudend. Verhit nog 500g witsuiker tot sterk lou en roer geleidelik by die vrugtemengsels. Hou aan roer totdat al die suiker opgelos is. Kook die konserf ongeveer ‘n halfuur lank vinnig tot dik en roer gereeld. Skuim die konserf af, indie nodig, bottel dit warm en verseël dit dadelik. *Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .



 
SPANSPEKBLATJANG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Halveer en ontpit 700g halfryp.spanspek in klein blokkies gesny.
2 ml koljanderkorrels
2ml mosterdsaad
2ml anyssad
2 kardemomsade
1 stokkie pypkaneel
2 groen brandrissies
2 knoffelhuisies
500ml siderasyn
300g karamelsuiker
30ml sout
Knippie rissiepeper
Knipie gemaalde neutmuskaat
250g pitlose rosyne
125g droë appelkoos halwes
125ml opgesnyde gemmerstukke in stroop
325ml water
750ml spanspekblokkies
Bind die koljander,mosterd,anys,kardemomsade en pypkaneel in ‘n stukkie kaasdoek toe. Halveer en ontpit die rissies en sny dit fyn. Skil die knoffel en maak fyn
Verhit die asyn, suiker, sout, rissiepeper neutmuskaat, knoffel, rissies en speseryesakkie tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook dit ‘n kwartier lank onbedek. Voeg die rosyne, appelkose, gemmer en water by die asynmengsel en prut dit ‘n halfuur met ‘n deksel op, roer gereeld. Voeg die spanspekblokkies by en prut dit 45min lank onbedek. Roer gereeld. Verwyder die sakkie n gooi dit weg, bottel die blatjang warm en verseël dadelik. *Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .


GEDROOGDE VRUGTE EN GROENTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Petro van der Westhuizen
Gebruik altyd die beste vrugte wat nie oorryp is nie.
Bewerk die vrugte onmiddelik nadat dit gepluk is.
Die vrug kan geskil of ongeskil wees voor jy dit ontpit, dit kan ook gekerf word.
Behandel nou met sout- of askorbiensuur.
Met sout kan die vrugte in soutwater gedompel word.
Gebruik 150 g sout in 5 liter water.
Moenie meer as 15 minute in die water hou nie.
Vir askorbiensuur moet jy 10 ml daarvan meng en dit oor die vrugte sprinkel.
Maak die konsentrasie bietjie sterker wanneer jy appels gebruik.
Dit help om verkleuring te voorkom.
Blansjeer nou die vrugte deur dit te kook of te stoom.
Dit help om die kleur en nutriëne te bewaar en voorkom klein barsies in vrugte.
Sit vrugte in kaasdoek en laat sak in kokende water.
Kook vir 5 minute en haal uit diewater. Gooi yswater oor.
Die volgende stap is om dit met swawel te berook om verbruining te keer, skadelike swamme te dood en dit versnel ook die droogproses.
Sit die vrugte in 'n kartondoos met gaaitjies onder in om lug deur te laat.
'n Bietjies lug is nodig anders sal die swawel nie brand nie.
As 'n mens blomswawel daaroor strooi sal die swawel mooi uitbrand.
Gebruik 500 g - 1,5 kg swawel per 3 m³ruimte.
Appelkose het egter 750 g swawel nodig, perskes 1 kg en pere 1,5kg of meer.
Pak nou die vrugte uit op draadrakkies.
Dit mag nie in die swawelboks gelaat word nie.
Die beste manier vir my is om die vrugte op draadrakke uit te pak, 'n houtboks met swawel onder in te skuif en die swawel aan die brand te steek.
Sit 'n deksel op en maak styf toe en laat vrugte 2 - 3 uur lank in die dampe bly.
* Swawel word algemeen gebruik as 'n preserveermiddel, maar dit moet nie buite rekening gelaat word dat dit allergiese reaksies by baie mense veroorsaak nie.
Dit word aanbeveel dat 'n veiliger alternatief gesoek word.
Laat weet asseblief indien u enige voorstelle het
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*. .



Petro van der Westhuizen
Vrugte Droog 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Maak 'n oplossing van 10 ml askorbiensuur in 500 ml water. Sprinkel oor vrugte. Berook met swael. Dit versnel die drogingsproses. Sit vrugte op draad en sit in son. Die vrugte mag nie natreën nie.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html

Songedroogde tamaties

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Halveer tamaties wat lekker ryp is.
Sit oopkant na bo in oond.
Strooi sout en suiker oor.
Droog soos met beskuit.
Dit moet nog elasties wees.
Bedek met olyfolie in bottels.
Sit lourierblaar,
´n paar peperkorrels en takkie roosmaryn in bottels.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .

Droog van Vrugte 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Appel, Kweper, Peer of Perske Smeer
Kies mooi ryp vrugte.
Skil dit en maal dit fyn.
Plaas in `n kastrol met net `n klein hoeveelheid water, net genoeg dat dit nie aanbrand nie.
Kook dit stadig tot dit sag is.
Roer af en toe.
Haal af en voeg `n kein hoeveelheid suiker by, maar moet nie die mengsel te soet maak nie.
Roer dit tot die suiker opgelos is en kook saggies verder tot dit dik is.
Gooi dit uit op plastiek materiaal wat met olie gesmeer is.
Sprei dit dun uit.
Laat in die son droog word.
Rol dit op in rolletjies wanneer dit droog is.
Dit sal 2 tot 3 dae neem om heeltemal droog te word

*.
DRYING FRUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
In hot climates..... peaches, apricots with loose pips and figs can be sun dried by halving them and laying them out in the sun to dry on wooden trays and bringing under cover at night, till dry and hard.
These fruits can be softened again by soaking or boiling in water.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .

MAKE A FRUIT ROLL 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
Mince your fresh fruit well [eg ripe unpeeled figs].
Add 5 to 7 ml of sugar for every 10 ml of minced fruit.
Cook for 15 minutes stirring occasionally.
Pour the hot mixture out thinly onto a plastic sheet greased with butter and let it stand in the sun.
It should be dry within 2 or 3 days.
Roll or fold before it dries completely.
*.


INGELEGDE KWEPERS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
6 kwepers, geskil die pitte verwyder en in kwarte gesny
30 ml bruinsuiker
50 ml botter
3 stukke kaneel
125 ml brandewyn en nog
METODE:
Kook alles stadig saam tot sag en gooi in flesse. Maak vol met brandewyn en verseël."Kosmater
*.


Dalene Brits
KWEPER BLATANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
500g kwepers in baie fyn stukkies gekap
2 groot uie, gekap
250g pitlose rosyne
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15ml fyn koljander
15ml growwe sout
500ml bruin asyn
1 skerp rooi rissie, fyn gekap
15ml fyn gemmer
375ml bruin suiker
Meng al die bestanddele in 'n groot kastrol. Kook stadig tot mooi dik en donker van kleur -sowat 2 uur lank. Bottel in gesteriliseerde flesse. Bêre op 'n koel donker plek om ryp te word vir minstens 'n maand. Lekker eet!
*.
 Helena Kruger
Gestoofde muskadel-kwepers

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html
SARIE KOS

Baie lekker saam met 'n kaasbord.
(6 porsies)
4 middelslag-kwepers
500 ml muskadel
Skil kwepers en sny in kwarte. Sny stronkgedeelte uit. Plaas kwepers in 'n bak met soutwater. Dit sal keer dat die kwepers bruin word. Verhit muskadel in 'n kastrol en voeg kwepers by wanneer wyn begin prut. Laat prut tot net sag. Laat kwepers in muskadel afkoel en hou dan in yskas tot benodig (10 - 14 dae). Sit voor met bloukaas.
Melissa Pecoraro 6/3/12
*.


VYE BLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vrugte-alle-soorte.html1,5 kg ryp vye, gesnipper met skil en al
1 kg bruinsuiker
1-2 uie, gerasper of fyngekerf
5 ml sout
Knippie rooipeper
15 ml fyn gemmer
12,5 ml mosterd
3 ml fyn naeltjies
2-3 koppies wynasyn
Knoffel na smaak
Handvol pitlose rosyne of dadels (opsioneel, maar baie lekker)

MetodeSny net die melkerige deel van die vye af en snipper fyn met skil en al.
Voeg al die ander bestanddele by en kook tot dik.
Laat oornag om koud te word.
Die volgende dag verhit en kook vinnig deur.
Bottel warm en verseël.**
Ina Van Loggerenberg *B/Bere*14/01/2017

No comments:

Post a Comment