Monday 21 January 2013

WAATLEMOEN KONFYT





GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN SOETWAATLEMOENSTUKKE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/waatlemoen-konfyt.html
Prof. Jess Davidtsz waarsku in Jess Davidtsz se kookboek dat die prikgaatjies oral moet wees, maar dat jy die stukke nie voos moet prik nie. Moet ook nie van die kalkafsaksel op die stukke laat kom nie, want dit sal bruin vlekkies maak.

As die konfyt te vinnig kook, bly dit liggroen van kleur, die gewenste kleur is goudgeel of effens bruingoud. Die donkerbruin kleur word verkry deur die konfyt een of twee keer ornag in die stroop te laad koud word.
Om die konfyt brosser te kry kan ½ telepel fyn aluin by die water gesit word waarin die skil opkook of ‘n stukkie so groot soos ‘n ertjie. Moenie te veel insit nie, dit sal die skil hard maak..*Dalene Brits*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

                                                         07/04/2015 Helena Kruger



WAATLEMOEN KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/waatlemoen-konfyt.html
Skil en sny waatlemoen in mooi stukke. Prik met n vurk en laat oornag in n mengsel van gebluste kalk en water le Plaas n piering bo-op om die skille onder te hou.[ 25ml gebluste kalk op 5lt.water]
Dreineer die volgende dag en spoel mooi skoon af.
Kook n groot kastrol met water en plaas jou stukke daarin en kook tot sag maar nie pap nie !!Dreineer goed en maak droog kook jou stroop.


Stroop
1kg w/blokkies
2.5lt water
1.5kg suiker
20ml suurlemoensap
Paar stukke gedroogde gemmer
Kook jou stroop en roer tot al die suiker opgelos is en helder is.=5min.
Plaas jou blokkies versigtig in die kokende stroop en kook tot die stroop dik is en die stukkies mooi deurskynendis Pak in bottels , gooi sous bo-oor en verseel dadelik!!* HELENA KRUGER *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


                                    07/04/2015 Helena Kruger
 


No comments:

Post a Comment