Tuesday 29 January 2013

WILDSBILTONG / WORS / SOSATIES


Hier het ek dit gemaak en dit is Heerlik>Helena Kruger
Frieda Greyling

BUURVROU se WILDSOSATIES

Ek gebruik nou al 5 jaar buurvrou Aletta Nel, se sosatie resep vir my kudu stal by die Biltongfees! Hang maar af hoeveel blokkies jy het, ek verdubbel en verdubbel ..
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
2 uie, ringe gesny
1 kop wit asyn
30 ml geel suiker
120ml appelkooskonfyt
60 ml blatjang
45ml matige kerriepoeier
5ml borrie
8ml sout
3ml fyn gemmer
*Braai uie tot sag
*voeg res van best by en kook net 1 min.
*marineer blokkies 5 dae in houer in die yskas.
*ek ryg 2 kudu blokkies. varkspek, 3 kudu blokkies, varkspek, 2 kudu blokkies


 Eben Maritz

WILDSVLEIS-SALAMI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
(Met erkenning aan Ben Heystek)
2kg Wildsvleis, sonder Bene en senings, in 50-mm blokkies gesny
1.75kg Varkvleis, sonder Bene en senings, in 50-mm blokkies gesny
2 Knoffelhuisies, fyngemaak
20ml Sout
10ml Vars gemaalde swartpeper
10ml Salpeter
125ml Droë rooiwyn
750g Spek in 3mm blokkies gesny
Salami omhulsel, 50mm in deursnee
Meng vleisblokkies met al die geurmiddels, behalwe die wyn en spek.
Maal grof en voeg die wyn by. Meng liggies maar deeglik en maal nog ‘n keer. Voeg gesnyde spekblokkies by. Stop omhulsel baie styf en bind met tou vas. Laat twaalf uur hang om geur te trek en omhulsel te laat droog word.
Berook vier uur en hang tien dae lank op ‘n koel plek om droog te word.




WILD DROËWORS MET HOLSUM VIR DUN DERMS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
5kg wildsvleis

1kg Holsum

250ml asyn

75g sout (5eetl)

25ml braaivleisspeserye

5ml naeltjies

10ml wit peper

5ml gerasperde neut

50ml koljander geskroei en gemaal

Sny vleis en Holsum in blokkies.
Meng al die droë bestandele. Strooi jou vleisblokkies oop en sprinkel asyn oor. Strooi res van bestandele oor meng goed, maal en stop in dun derms. *Greeff Heydenrych*






TRADISIONELE WILD DROËWORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
5kg wildsvleis
1,3kg skaapstertvet
50g sout
50ml gemaalde koljander
5ml fyn naeltjies
10ml peper
200ml asyn
100g worsderms
Sny die vleis en vet in blokkies. Meng alle ander bestandele. Strooi jou vleisblokkies mooi oop, sprinkel die asyn daaroor en strooi die mengsel oor die vleis en vet blokkies. Meng deeglik en stop in medium derms. Hang op om droog te word. *Greeff Heydenrych*


Helena Kruger

Van Blommestein se wildswors

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
• 7 kg wildsvleis, in klein blokkies gesny
• 3 kg vet varkvleis, in klein blokkies gesny
• 1 kg spek, in blokkies gesnyy
• ¾ koppie geskroeide koljander, gemaal en gesif
• 4 eetlepels sout
• 1 eetlepel vars gemaalde swart peper
• 2 ½ teelepels fyn neutmuskaat
• 2 ½ teelepels gemaalde naeltjies
• 1 ½ koppie bruinasyn
• 300-400 g varkderms, in water geweek
1 Meng die wilds- en die varkvleisblokkies met die spek.
2 Sprinkel die sout en die peper, die neutmuskaat en die naeltjies oor en meng goed deur (gebruik jou hande – dit werk die beste). Bedek en laat oornag in die yskas sodat die geure mekaar kan vind.
3 Maal die vleis deur ‘n vleismeul, maar wees versigtig om die vleis nie te fyn te maal nie. Gooi die asyn by en meng liggies. Die spulletjie hou nie daarvan om te veel mee gekarring te word nie – dit maak die wors droog.
4 Stop die derms en laat oornag in die yskas rus. Weg 7/10/10 

WILDSWORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html

5 kg wildsvleis (helfte wild ander helfte skaap of vark of bees)
50 ml sout
50 ml koljander
5 ml peper
250 ml asyn
125 ml Worcestersous
100 g hawermout
Meng alles, maal en stop die wors.


WILDSMARINADES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
Die volgende marinades is heerlik vir wildvleis. Marineer die vleis `n dag of twee daarin.

MARINADE 1 2 Uie, gekap 125ml Kookolie 2 Takkies vars pietersielie, gekap 250ml Wit wyn 30ml Asyn 2 Lourierblare Sout en peper na smaak Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.

MARINADE 2 375ml Rooiwyn 125ml Asyn 1 Ui, gekap 2 Huisies knoffel, gekneus 5 Heel naeltjies Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.

MARINADE 3 375ml Rooiwyn, 125ml asyn of 250ml sjerrie 125ml Water 5ml Sout 2.5ml Swartpeper 2 Lourierblare 6 Heel peperkorrels 3 Heel naeltjies 22.5ml Bruinsuiker Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.

MARINADE 4 250ml Droë witwyn 500ml Appelkoos-, Lemoen- of pynappelsap 30ml Sojasous 60ml Kookolie 1 Lourierblaar 5ml Fyn knoffel 5 Heel naeltjies 5ml Gemaalde gemmer Meng alles saam. Geen kooktyd nodig.28/7/10 Carol Elliot Claassen





Helena Kruger

TRADISIONELE WILDSBILTONG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
5kg biltongvleis
75g sout
5ml bruinsuiker
50ml grof gemaalde koljander
500ml asyn
2.5ml koeksoda (opsioneel)
(Alle lepelmates afgeskraap)
Meng al doe droë bestandele.  Pak die vleis in erde- of plastiekskottels.  Die biltonge heel onder.  Strooi speserye oor elke laag en besprinkle met asyn.  Roer die biltonge deeglik om na 12 uur.  Hang op om te droog na 24 uur.


BEREKEN DIE SPESERYE AS VOLG PER KILOGRAM VLEIS:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
15g sout
1ml bruinsuiker
10ml koljander
50ml asyn
*Maklike smaalike wildsgeregte* Greef Heydenrych    

No comments:

Post a Comment