Tuesday 29 January 2013

KLEINWILD/ VARK/ YSTERVARK/ BOSVARK



BOERE BOSVARK WELLINGTON

Vir 4 mense.
4 x 250 g Bosvark - Vlakvark filette skoon gemaak en geporsie
8 - 16 groot swart sampioene liggies gebraai en fyn gekap
Gemaalde koljander
Ongeveer 50 g van elk om ʼn droë vryf te maak vir die bosvark
Sout
Peper
Knoffel sout
Vier +- 16 x 16 cm pof deeg liggies uitgerol en gemeel .
2 eiergele liggies gemeng met ʼn bietjie van die droë vryf mengsel.
Botter vir ligte braai +- 75g
Smelt bietjie botter in ʼn pan en seel die filette liggies en bak dit vir ongeveer 15 minute in ʼn 180 °C oond.
Haal dit uit en laat dit afkoel, wees versigtig om nie die filette uit te droog nie.
Bedek die filette liggies met die droë vryf.
Smeer die pof deeg met die fyn gekapte sampioene.
Rol die bosvark filette in die pof deeg blokkies versigtig met die sampioene.
Maak 2 klein gaatjies bo die Bosvark Wellingtons en smeer dit liggies met die eiergeel mengsel.
Bak vir ongeveer 10 minute teen 180 * C tot die deeg goudbruin is.
Sny elk van die porsies in die helfte en bedien met ʼn tuisgemaakte “gravy” - soet groente en kapokaartappels.
ʼn Vinnige wenk is die volgende : om nie die filette te droog te bak nie, maar onthou ʼn bosvark is ʼn omnivoor, die vleis moet goed gaar wees vir die verbruiker se eie veiligheid.
Nog ʼn wenk is dat die droë vryf aangepas kan word na die verbruiker se smaak - m.a.w. as die verbruiker ʼn meer tradisionele Suid-Afrikaanse smaak wil hê moet die verbruiker die porsies met ʼn droë vryf bedek wat bestaan uit Suid – Afrikaanse speserye soos - koljander, kaneel, sout en peper, maar die verbruiker kan ook dan gaan vir iets soos ʼn Italiaanse smaak, en dan kruie gebruik soos oreganum, neutmuskaat, pietersielie, sout en peper.
Bron: Pieter Malan/ Pasella
Plasing: Tiana Botes.




GEMARINEERDE VLAKVARKBOUD

1 pakkie pynappeljellie
25ml geelkerrie(so Good)
5ml gemmer
25ml suiker
200ml asyn
250ml pynappelsap
12,5ml Grama's worcestersous,
4 uie , in ringe gesny en effens gebraai
50ml blatjang
100ml sultanas
100ml gekapte neute
6 suurlemoenblare of lourier
sout en swartpeper na smaak
1 vlakvark- of bosvark boud
METODE:
Meng die jellie, kerrie, gemmer en suiker met die asyn, pynappelsap en worcestersous.
Voeg die uie by en kook vir 5 minute.
Gooi die blatjang, sultanas, neute en blare by.
Sout en peper na smaak en laat afkoel.
Marineer die vleis vir 'n dag in die sous. Bak stadig in die sous tot sag en bruin.
Bron: SA Jagter, Bos en kombuis
Plasing: Jana Prinsloo / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK.




VLAKVARK BOUDJIE


1 vlakvarkboudjie .
12.5ml Knoffel-en-kruie-geurmidde
5 ml fyn naeltjies .
2 ml groente-aftrekselpoeier
2 ml gegeurde seesout
5 ml fyn gemmer
swartpeper
2 pakkies (250 g elk) streepspek
Meng al die smaakmiddels. Rol spekrepies in geurmiddels laat le bo oor boudjie.
MARINADE
200 ml appelsap. Nartjieskil
100 ml Coke .marmelade
Plaas die boud in die appelsap en marineer 24 uur lank in die yskas. Draai gereeld om. Druk nou eers diestukkies nartjieskil in spekgaatjies in die boud. Plaas boud en appelsap in 'n swaarboomkastrol en voeg Coke by. Sit deksel op en bak sowat 4 uur stadig by 160C tot sag en gaar, afhangend van die grootte van die boud. Bedruip nou en dan met marinade tot mooi bruin. Smeer marmelade oor en sit terug in oond sonder die deksel. Verhoog die temperatuur tot 200 grade C en bak die laaste 20 - 30 minute sonder deksel om die boud mooi te verbruin./Watertand Resepte vir pud en jonk.


VLAKVARKBREDIE:
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday, July 26, 2011 at 1:11pm
2 kg vlakvark, in blokkies gesny
250 ml koekmeel (gegeur met sout, peper en gemengde, droë kruie)
45 ml olie
45 ml botter
1 pak (250 g) repiespekvleis, gesnipper
2 groot uie, in wiggies gesny
4 knoffelhuisies, in stukkies gesny
500 ml wildsaftreksel
10 middelslag baba-aartappels, gehalveer
250 ml port
2 lourierblare
2 takkies vars roosmaryn
1 pak (250 g) knopiesampioene, grof gesnipper
125 ml - 250 ml suurroom
Vars pietersielie,
vars gerasperde suurlemoenskil,
sout en peper na smaak.

Druk die vlakvarkblokkies deeglik droog en bestuif dan met die gegeurde meel.
Verhit die botter en olie saam in 'n pot en braai die vleis in lotte tot goed bruin.
Skep uit met 'n gaatjieslepel en hou eenkant.
Braai die spek, uie en knoffel in die orige botter-en-olie-mengsel tot die uie sag is.
Sit die vlakvarkblokkies terug, voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt.
Bedek en prut vir ongeveer 1 ½ uur of tot die vleis sag is.
Voeg die aartappels, port, lourierblare en roosmaryn by en prut oop vir nog 30 -45 minute.
Voeg die sampioene by en prut tot gaar.
Roer die suurroom, pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper by.
Sit voor op krummelpap.
Genoeg vir 10 mense.


VLAKKEN VLAKVARK: 
[By Jan Braai]
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Monday, 03 October 2011 at 16:40.By Jan Braai
Kry nou die dag ‘n vlakvarkrib. Dit lyk heel skaflik, maar om dit sag te kry vir braai is ‘n ander storie. Ek kry hierdie resep toe by Fieta Obberammastra van Namibië.
■Water
■Lourierblare
■Peper korrels
■Tamatiesous
■Worcestersous
■Aromat of Tabasco

■Maak ‘n swartpot vol water. Laat die water kook, soos in borrelend.
■Gooi twee lourierblare en ‘n handvol peperkorrels in die water.
■Plaas dan die vlakvarkrib in die pot.
■Kook die rib vir 13 ure in die water. (Nie net om dit sag te kry nie, maar ook om die geur van nat-hond en meerkatpie uit die rib te dryf.)
■Haal die rib uit en laat dit afkoel. Smeer met tamatiesous, aromat, Mrs Balls, Tabasco..enigiets geurigs en braai die rib oor kole.
■Die beste wenk is egter om nie die vlakvark met jou kar te tref nie. Sodoende spaar jy die gedwonge kennismaak met die rib.


GEROLDE VARKVLAK FILET: 
[Johan Smith]
Vat 1 groot vlakvark fillet en laat dit goed week in droe rooi wyn.
Rol dan in swart pepper en knoffel saam met bietjie growe sout.
Draai in spek toe en smeer met heuning.
Bak dan tot lig bruin by 180 * C.
Sit voor saam met kapokaartappels en groente.


VLAKVARK WARMSLAAI: 

BESTANDDELE:
600g vlakvark lende
120g roketblare
250g kersietamaties, gehalveer
250g pynappel, opgesny in blokkies
250g mong-tout (peulertjies), in repies gesny
1 geel soetpeper
METODE:
Braai pynappelblokkies in verhitte pan tot effense goudbruin kleur en sag. Halveer soetpeper en plaas op boonste oond onder rooster. Rooster tot vel swart verkleur het. Laat effens afkoel en skil vel af. Sny peper in repies. Laat kersietamaties onder rooster in oond vir ‘n paar minute tot effens verkleur en sag.
Verhit pan op hitte met n klein bietjie olie. Voeg vlakvark lende in pan en braai tot goudbruin en verlange gaarheid. Verwyder vleis en laat staan vir 3 - 4 minute. Sny in skywe.
Kombineer vleis met slaai bestanddele in bak en meng. Bedruip slaai met sous.
SOUS:
50ml rooiwynasyn
150ml olyfolie
2 Eetl rooibessie jellie
Handvol kruisementblare (±10g)
Knippie sout
Voeg alle bestanddele saam in voelselverwerker/menger en meng saam tot jellie opgelos het in sous. Sous het n pienk romerige kleur en tekstuur.
Indien ‘n menger nie beskikbaar is nie, smelt jellie eers oor lae hitte voor meng met ander bestanddele. Voeg gekapte kruisementblare laaste by en meng goed.



BOSVARKRIB
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html

1ui fyn gekap,
1knoffelhuisie fyn gekap,
5ml sout,
knippie van swartpeper,
fyn gemmer,
fyn naeltjies ,
15ml bruinsuiker,
25ml olie,
50ml tamatiepuree,
30ml Sweet Chilli sous,
15ml Worcestersous,
30ml Blatjang,
50ml coke-cola,
50ml vleisaftreksel.
2kg [ongeveer] Bosvarkrib.
Meng al die bestanddele en prut vir so 15min. Plaas jou rib in n oondbak en smeer jou sous oor. Bedek jou pan en bak vir so 11/2h lank by 180*C. Maak vir die laaste 1/2h jou pan oop om mooi bruin te bak.[Kyk maar kort kort en gooi van die sous in die pan weer bo-oor jou rib..baie lekker [kook jou aartappels halfpad en plaas dit rondom jou rib om mooi bruin te bak. Lekker gekookte stamkoring smaak heeeerlik daarby Helena





Vlakvark Boudjie
12.5ml Knoffel-en-kruie-geurmidde
5 ml fyn naeltjies .
2 ml groente-aftrekselpoeier
2 ml gegeurde seesout
5 ml fyn gemmer
swartpeper
2 pakkies (250 g elk) streepspek
Meng al die smaakmiddels. Rol spekrepies in geurmiddels laat le bo oor boudjie.
MARINADE
200 ml appelsap. Nartjieskil
100 ml Coke .marmelade
Plaas die boud in die appelsap en marineer 24 uur lank in die yskas. Draai gereeld om. Druk nou eers die
stukkies nartjieskil in spekgaatjies in die boud. Plaas boud en appelsap in 'n swaarboomkastrol en voeg
Coke by. Sit deksel op en bak sowat 4 uur stadig by 160C tot sag en gaar, afhangende van die grootte van
die boud. Bedruip nou en dan met marinade tot mooi bruin. Smeer marmelade oor en sit terug in oond
sonder die deksel. Verhoog die temperatuur tot 200 grade C en bak die laaste 20 - 30 minute
sonder deksel om die boud mooi te verbruin.
By: Kook Jou Hart Uit

VLAKVARKBOUD GESTOP MET PRUIMEDANTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
Vulsel:
50ml vars gekapte pietersielie,
250ml pruimedante ontpit en fyn gekap,
2t sout
3ml swartpeper,
Meng alles en maak gaatjies in boud en stop dit daarmee.
Marinade vir jou boud:
1lt Karringmelk
12,5ml Suurlemoensap
125ml Coke-cola
1ui fyn gekap
30ml Sweet Chilli sous
3-4 knoffelhuisies gekneus
Meng jou marinade en plaas jou boud oornag daarin in die yskas, Haal dan jou boud uit en maak hom mooi droog[anders brand dit swart] Verhit olie en botter in jou Swaarboompot en verbruin jou boud alkante. Voeg so 1k van die marinade by en plaas die deksel op en bak dit so 21/2h in n oond van 160*C .!!
Jy kan ook die boud oornag in jou oond plaas op 100*C en more oggend is hy lekker gaar [Jy kan nou ook sommer lekker groot aartappels langsaan in sit.voor jy dit in die oond plaas.].Haal jou boud uit die sous en gooi dit deur n siffie as jy wil en verdik dit met n bietjie Mielieblom of Bisto met so n 125ml room by baie lekker **11/4/12* Helena Chilli Kruger.


PYNAPPEL VLAKVARK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
1 vlakvarkblad in blokkie gesny of blokkies vleis van u keuse
2 groot uie in ringe gesny
25ml asyn
1 klein blikkie tamatiepuree
25ml suiker
440g pynappelstukke
mielieblom, sout en peper
250ml koekmeel
olie vr braai
2.5ml fyn gemmer
Sout en peper die vleis na smaak. Rol vleis in koekmeel. Braai die uie in 'n bietjie olie, braai die vleis en uie saam vir ongeveer 10min. Maak nou die sous van Pynappelstukke en stroop, asyn, suiker, gemmer en tamatiepuree. Verdik die sous met mielieblom. Kook totdat sous borrel. Plaas vleis in kasserolbak en gooi sous oor. plaas deksel op en bak stadig in oond by 160 grade vir 1en 'n half uur.


Helena Kruger
Vlakvark-tjops met bossies groenbone 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
800g vlakvarktjops
1 groot eier, liggies geklop
125g gerasperde parmesaan
25ml sonneblomolie
200g groenbone
125g swoerdlose strepiespek
1 Doop die vlakvarktjops in die eier en dan in die parmesaan.
2 Verhit die olie oor matige hitte in 'n groot pan. Braai die tjops met die parmesaanlaag tot alkant goudbruin en heeltemal gaar.
3 Kook die groenbone vir ongeveer ses minute in 'n bietjie gesoute water tot net sag. Haal van die plaat af en dreineer. Maak klein bossies groenbone en rol elkeen in 'n repie spek op. Sit op 'n gesmeerde bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond of onder 'n matige warm oondrooster tot die spek gaar is. Sit voor met vlakvarktjops en aartappel-rösti of 'n ander aartappelgereg.Idees “25/5/11


Helena Kruger
Krakerige Bros Ystervarkvel

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
Single Camping Club Ancoise!!!
Neem een goed skoongemaakte ystervarkvel en vryf met growwe sout in
Sny in blokkies en bedruip met die volgende sousie.
Halwe koppie asyn
1 Eetlepel sagte bruinsuiker
1t sout
Bak @ 180 C tot mooi goudbruin en skakel dan die roosterelement aan..
Geniet as voorgereg voor braai met n lekker glassie wyn 21/8/10 Ancoise Dankie


Helena Kruger
Bosduifborsies met peppadews en feta kaas

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
Single Camping Club !!! Ancoise
Neem ongeveer 1 kg bosduif borsies, ontvel.
Kook stadig met 1 kop water in slow cooker tot sag maar steeds ferm
Sny in dun skyfies wanneer afgekoel.
Neem 5 skywe fetakaas en frummel oor vleis.
Sny 1 bottel (350gr) peppadews baie fyn en voeg by.
Kook intussen die sous waarin peppadews ingele is met n eetlepel maizena. Gooi oor mengsel en roer liggies deur.
Bedien in Filobakkies Ancoise Baie Dankie ♥ Helena 21/8/10


Carol Elliott Claassen
Kolgans in die oond gebraai.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
Smeer met olyf olie , spice hom en draai met bacon toe. Liquidize" n paar appels en stop hom binne in , om hom lekker vogtig te hou en hy nie uitdroog nie, draai hom in foelie toe en bak stadig .


Carol Elliott Claassen
Kolgans

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
Die volgende ene kom uit n jagters blad . In n pot is enige wilde voel lekker, of probeer bietjie die 1 as jy hom in die oond wil maak.Skil hulle heeltemal en knip sommer die vlerkies waar die vel nie wil af nie.Vat n oondpan, sit dan aartapells, wortels, selery en uie so in kwarte onder die pan, en die voels bo op die groete.
Gooi dan jou keuse van n spesery oor en n wyn of bietjie cherry. Ek gebruik nogals baie naaltjies en chicken spice. OBS werk mooi vir die wyn gedeelte.Pak nou repe bacon oor die voels en maak hom toe met foelie. Teen so 180 C bak vir so 2 ure.Haal die foelie af en voel of hulle al sag is. As hy nie is nie sit die foelie treug en kyk so elke 30 min. Party voels is taaier as ander.As hy sag is sit n dik sous op, soos spare rib marinade met heuning gemeng, net om hom mooi kleur te gee en daar gaan jy.Ander opsie is in n slow cooker, dan is die verbeelding oop van n tipe van n kerrie to n portugese smaak...kook die bene af vir pastei..





TARENTAAL MET PIESANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
[Babsie van Oudtshoorn]
1 tartetaal
3 groot piesangs
Sout en peper
¼k suurlemoensap
Meelblom 1t botter
6 repies spek
Berei die tarentaal voor. Strooi sout en peper oor en vryfbietjie meelblom in. Sit die spek oor die bors. Skil die piesangs, sny in kwarte, doop in die suurlemoensap en stop dit in die buikholte van die tarentaal. Sprinkel res van suurlemoensap oor die tarentaal, stip met baie botter en vou die tarentaal toe in tinfoelie (blink kant na binne).
Bak 2 uur in matige warm oond totdat die vleis sag is. Haal uit en laat die tarentaal bruin bak.
OF maak in potjie met groente en aartappels.


Elda Lombard


Rooiwyn Tarentaal Potjie


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
1 groot tarentaal in porsies opgekap
lekker groot stuk varkspek, in blokkies gesny
4 et botter
3 et kookolie
3 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
1 pakkie baby carrots
1 blaar seldery, opgekap
lourierblaar
1tl tiemie
5 ml gedroogde oregano
250 ml droe rooi wyn
100 ml vleis aftreksel
350 ml knoppie sampioene
10 ml pietersielie
Swartpeper
Sout na smaak
METODE
Braai spek in groter potjie tot bros.
Verwyder en hou eenkant.
Voeg botter en olie na die oorblywende vet en soteer uie en knoffel tot deurskynend.
Verwyder en hou eenkant.
Voeg tarentale gedeeltes en bruin aan alle kante.
Voeg uiemengsel, wortel, seldery en spek bo-op.
Voeg kruie, sout en peper.
Verhit wyn en aftreksel saam in kleiner potjie en gooi oor tarentaal.
Bedek en prut stadig vir 2 - 3 uur of tot sag.
Sit sampioene bo-op en sprinkel met pietersielie.
Plaas deksel op en prut vir 'n verdere 15 minute of totdat sampioene sag is.


Gerda du Plessis
ystervarkboudjie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
Hy lê in die marinadesous tot more-oggend.
Die vleis is rooi, jy sal hom maklik vir 'n klein lamsboudjie kan aansien.
Marinade :
bietjie water
eetlepel blatjang
twee glasies muskadel (een is vir eie gebruik)
peper
sout
woestersous
fyn-gekerfde vars uie
bruin asyn
knertsie suurlemoensap
twee groot eetlepels appelkooskonfyt
gemengde kruie, uit 'n botteltjie, en ...
as jy daar verbystap gooi jy net 'n paar lepels marinade uit die bak oor die vleisie.
In die yskas.
Gaitshi Gubib
Nou-ja, hy was lekker sappig, gladnie taai nie, maar die smaak is effens vreemd.
Die marinade was lekker, die boudjie was oornag daarin, mens sal die marinade enige tyd met ander vleis kan gebruik.
Hy het 'n raps meer as twee ure in die oond in 'n platboom gietysterpotjie teen 180 C gebak. Ek het hom ook twee keer uitgehaal en omgekeer terwyl hy gebak het.
daar is nog 'n vleisie oor, ek kan hom altyd vries vir iemand wat belangstel om te kom proe.


Dalene Brits
vlakvarkboud

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
Nou hier is nog 'n idee van die 'Jagtersforum' af:
Laat le 2 dae in old brown sherry
Draai om gereeld
Stop met knoffel, roos marein, kersies, saatlose pruime en baie gevriesde spek stukkies
Gooi sout en peper
Sit in oond sommer met die old brown in die bak


Fyngestoofde Tarentaal

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kleinwild-vark-ystervark-bosvark.html
1 Tarentaal [Mooi skoongemaak]
25 ml vet of olie
150 gr spek, in blokkies gesny
1 ui fyngekap
2 seldery stingels fyn gekap – opsioneel
25 ml suurlemoensap
10 ml sout
2 ml pepper
250 ml kookwater
3 lourierblare
12 peperkorrels
6 naeltjies
25 ml koekmeelblom
50 ml portwyn
1. Sny die vleis in stukke. Verhit die vet in ‘n kastrol met ‘n dik boom. Braai die vleis en spek tot bruin.
2. Voeg die ui, seldery, suurlemoensap, sout en pepper en water by.
3. Bind die lourierblare, pepperkorrels en naeltjies in ‘n stukkie kaasdoek en sit by die vleis. Kook stadig totdat die vleis sag is. Seker so +- 2ure
4. Haal al die bene en die sakkie met geurmiddels uit.
5. Maak die meelblom met die wyn aan, roer dit in die vleis en kook totdat die sous dik word."Dit is nie my resep nie maar julle kan dit maar maak "Heerlik Helena Kruger..

1 comment: