Tuesday 29 January 2013

WILDVLEIS RESEPTE




Hier het ek die Kudu steak gaargemaak en dit in my Slow-cooker geplaas met skyfies klaar gekookte aartappels tussen in..Helena Kruger

SKOONMA SE KUDU STEAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Frieda Greyling Skoonma sout en peper haar koedoe steaks, strooi meelblom oor en braai alkante om te seel (nie gaar nie)
Pak in bak met deksek
Braai uie in dueselfde pa as vleis
Maak dan die sous:
1 eetlepel Bisto
1 eetlepel Worcestersous
1 eetlepel meelblom
1 eetlepel tamatiesous
3 kop water
Gooi oor vleis en uie en bak tot gaar

                                                   
                  



Amper dieselfde resep as die boonste een en ja jy kan ook wildvleis gebrui...Heerlik Helena>

SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html

(OOND)Steak bv serlion, rump of fillet
Meng sous:
2 eetl bisto
1eetl meel
2eetl tamatiesous
Worchestersous en chutney na smaak
Meng met 2 ½ koppie kook water

250gr sampioene in dun skyfies gesny
1 ui gekap
Sout en peper.

Braai jou sampioene en uie tot sag. Hou eenkant
Braai vleis liggies en seel in warm olie.
Sit in oondpan met deksel op , gooi die sous en sampioenmengsel oor en bak teen 140grade vir omtrent 2 ure
Bedien met roerbraai groente, kapokaartappels, mengeslaai, rys
Bron: Kreatiewe kosidees

Berie Vd Velden Smith

WILDVLEIS KASSEROL MET DROe VRUGTE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
[oubaas]
1,5kg wildsvleis met bene in stukke gesaag.
MARINADE
500ml rooi wyn
4 knoffelhuisies, gekneus
10ml gedroogde gemengde kruie
100ml olie
30ml bruinsuiker
15ml Worcestersous
50ml botter
2 uie
1 wortel, gerasper
2 selderystingels, gekap
2 tot 3 lourierblare
6 heel naeltjies
6 wonderpeperkorrels
50ml vars suurlemoensap
500ml vleisaftreksel
250ml rooiwyn
500g droevrugte
50ml maroela-jellie.

Marineer vleis twee dae lank in marinade. Verwyder vleis uit marinade en behou die vloeistof. Verhit botter en braai uie, wortel en seldery in swaarboompot. Braai vleis tot bruin en plaas in kasserol. Skep uie-en-wortelmengsel bo- op. Gooi marinade oor. Voeg lourierblaar, naeltjies, wonderpeperkorrels en suurlemoensap by. Geur goed na smaak met aromat, sout en vars gemaalde peper. Plaas in oond en prut 3 uur lank by 160C. Vul vloeistof aan met rooi wyn en vleisaftreksel soos benodig. Vir ekstra geur kan 250ml room bygeroer word net voordat dit voorgesit word. *.


GEROLDE WILDSRIB


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
 
[WILDSVLEIS RESEPTEBOEK]
Hierdie resep is vir n rib van medium grootte soos bv, rooibok of springbok indien die rib groter is moet die bestanddele aangepas word.
Bestanddele
10 ml sout
10 ml swartpeper
5 ml fyn naeltjies
5ml neutmuskaat
25ml fyn koljander
15ml knoffel vlokkies
50ml worcestersous
10ml gelatine
300ml rooiwyn
200gr onbytspek
Metode
Meng al die bestanddele saam behalwe die gelatine, rooiwyn en ontbytspek.
Prik die vleis aan die kant waar die been uitgehaal is met die mespunt.
Smeer die bestanddele goed in.
Pak die ontbytspek op en strooi die gelatine oor.
Rol die rib styf vas. Gebruik gewone tou om dit vas te bind of koop spesiale net by n slaghuis.
Plaas in n houer en los dit in die yskas vir ongeveer 48 uur.
Gooi rooiwyn oor en bak in die oond vir ongeveer vier ure teen 180 grade Celsius
Sny in skywe en bedien met gemengde groente en rys..


GEURIGE WILDFILET:


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
[WILDSRESEPTE]
Marineer twee groot fillette vir ongeveer twee ure in die volgende marinade:
Bestanddele
Sap van vyf suurlemoene
Twee fyngekapte knoffelhuisies
250 ml Olyfolie
50 ml Sojasous
10 ml. Gemengde vars of droë kruie
2 ml Swart peper
2 ml "Spice-O-Mat"
Metode
Ladeer fillet en vul met die volgende vulsel:
Twee blikkies gerookte mossels
Een pakkie soutbeskuitjies, fyngedruk.
Een houer maaskaas (Verkieslik met grasuie en kruie)
Smeer ook bo-oor fillets.
Bak in oond of rooster oor kole.
Bedien met vars groente gesorteer in olyfolie, kruie en speserye na smaak, stampkoring en mangoslaai.
Versier met vars roosmaryntakkies en kumkwatte wat in lemoenlikeur gepreserveer is.*Berie*
.

GEVULDE ELANDFILET:


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
 
[WILDSRESEPTE]
Filet moet vooraf gemarineer word in jogurt en gekapte juniperbessies vir 2 tot 3 dae.
Maak ‘n snit in die vleis om die vulsel in te sit. Nie in die middel nie maar aan die kant van die vleis sodat die middel nog kan “rare” wees. Moenie deursny nie anders braai die vulsel uit.
Vulsel
1 Medium groot ui fyn gekap
1 Medium soetgroen rissie fyn gekap
3 Groot swart sampioene fyn gekap
½ Teelepel knoffel fyn gekap
Braai tot gaar is en sit speserye by
Speserye
Grof gemaalde growwe sout en swart peper
‘n Knippie witpeper
Klein bietjie foelie of neutmuskaat
Meng dan 250g gerasperde mozarella by die vulsel
Stop die filet
Steek toe met tandestokkies
Braai filet op kole vir 20 min - vir “medium rare”
Sny in dik skywe
Bedien saam met suurlemoen skywe, gebakte aartappel en groente
.*11/3/13*Berie*.

Piet Pompies

ONTBEENDE WILDSBOUD GEVUL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
MET BACON, KAAS EN PEPPADEW:
RESEP:
15 ml gedroogde Basil
10 ml gedroogde Tiemie
10 ml Knoffel vlokkies
5 ml Gedroogde Roosmaryn
1,25 ml fyn Naeltjies
30ml fyn Koljander
30 ml Aromatic Lemon and Herbs
1) Meng bogenoemde saam in n bakkie en vryf fyn tussen vingers.
2)Meng 25 ml elk Woreshiresous en suurlemoensap in nog n bakkie.
3)1 pak streaky bacon, dunner gestrek met die agterkant van n mes.
4)1/2 koppie fyn gerasperde Cheddar kaas of Feta,gekrummel.
5)Pepadews, soveel jy wil.
6)Sout,varsgemaalde swartpeper en Aromat na smaak.
7)Gelatien poeier.
8)Olyfolie en Braaisout.
9)2 lourierblare en n kersie. (opsioneel)
10) Stuk vleis net.(Kry by jou slagter)
11) 4,5 kg Wildsboud.
METODE:
Ontbeen die boud en vlek oop tot redelik dun- so 2 cm.
Verwyder alle los senings en kliere
Laat die boud oop le met die binnekant bo.
Sprinkel die woreshiresous mengsel oor en vryf goed in.
Sprinkel sout, aromat en maal swartpeper na smaak oor.
Strooi die kruiemengsel eweredig oor die vleis.
Strooi nou gelatien poeier oor.
Sprinkel die kaas eweredig oor.
Pak vleis toe met gestrekte bacon.
Skeur elke Pepadew in 3 dele en pak hier en daar op bacon.
Sprinkel van die peppadew stroop oor.
Strooi weer gelatien poeier oor.
Bind die vleisnet se een kant toe met n toutjie.
Trek vleisnet oor n groot koffieblik wat oopgesny is aan weerskante.
Rol die vleis op in n rol en werk hom in die koffieblik in van die oop kant van die blik af.
Tel die blik regop en skud die rol versigtig uit in die net in.
Bind die net teen die vleis af en sny die oortollige net af.
Werk die lourierblare en kersie onder die net in. (Opsioneel)
Vryf die hele rol met olyfolie in en sprinkel goed met sout.
OM GAAR TE MAAK:
Sny 2 uie in dik skywe en pak onder in n baksakkie.
Sit rol op uieskywe.
Gooi 250 ml Pynappelsap (liqui-fruit) by.
Bind sakkie af en plaas in n oond pan.
Steek n gaatjie in die bokant van die sakkie.
Sit in n voorverhitte oond op 180 grade C.
Draai onmiddelik die hitte af na 120 grade C.
Bak tot vleis gaar en sag is,omtrent 4 ure.
Kan ook deurnag gebak word op 100 grade C.
Die rol kan ook gevries word vir latere gebruik..


Juliana Gebhardt

Wilds fillet


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Sous: “Ek het geen mates nie, skat met die oog”
Olyfolie
Worcestersous
Suurlemoensap
1 bier, maak nie saak watter bier jy gebruik nie, dit maak die vleis souterig
Laat staan vir 2 dae
Gebruik ‘n dik boom pot, braai lekker bruin aan albei kante in botter, Dan kan jy of jou pot sagter sit vir so 5 min, of jy kan jou fillet uithaal en oor kole braai vir 5 min. Laat staan vir ‘n paar min om te rus voor opdiening.
Hierby kan jy ‘n mushroom sousie en kapok aartappels bedien met ‘n groen slaai.

Elda Lombard

Wilds Schnitzels met geglanseerde Appelkose

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
2 wildsvleis steak snitte, dun gesny
halwe kop koekmeel, gemeng met knoffesout en swart peper na smaak in die koekmeel in
3 Kop broodkrummels
2 eiers liggies geklits
1 eetl olie
1 eetlp botter
METODE
1. Plaas jou steaks tussen 2 lae plastic wrap...... moker die vleisie goed met vleishammer... bottel met plat boom werk net so goed...
2. Doop nou vleis in die koekmeel mengsel, dan in die geklitse eier..
3. Plaas helfte van die broodkrummels bo op waspapier, sit nou gedoopte vleisie daarop, gooi oorblywende krummels bo op vleis, druk plat met palm van jou hand.
4. Plaas op bord , maak toe met cling wrap, laat staan in yskas vir 40 min..
5. Verhit jou swaarboom pan met die olie en botter
6. Braai die schnitzels vir + - 2 min aan albei kante.tot goudbruin.., dreineer op kombuispapier
.

Elda Lombard

Wildsbobotie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
750g gemaalde wildsvleis
50ml olie
1 ui, gekap
15ml kerriepoeier
7ml sout
4 eetl bruin asyn
6 eetlfyn appelkooskonfyt
1 Granny Smith-appel, gerasper
50ml pitlose rosyne
1 sny witbrood
350ml melk
2 eiers
5ml borrie
4 vars suurlemoen- of lourierblare.
METODE
Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend.
Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minute lank.
Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin.
Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by.
Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank.
Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel.
Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel.
Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor .
Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol het. .


Rene Truter Wessels
Albé Neethling, een van die skrywers van Karoo Wildsvleis kookboek, verduidelik dat koljander en naeltjies perfek pas by wildsvleis en hier word dit goed gebruik.



WILDSPASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
(Bedien 10-12)
1.5 kg wildsblad of -boud
375-500 ml karringmelk
125 g swoerdlose spek, gekap
2 e botter
1 groot ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
500 g skaapskenkels, in 25 mm-skywe gesaag
2 e koekmeelblom
1 t sout
vars gemaalde swartpeper
1 heel ui, geskil met 5 naeltjies daarin gesteek
2 lourierblare
2 t fyn koljander
2 k aftreksel, verhit
1 k rooiwyn
400 g skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
Marineer die wildsblad of boud in karringmelk vir een dag in die yskas. Druk vleis droog en gooi karringmelk weg. Sny dit in 25-mm blokkies.
Braai spek in verhitte botter of olie tot bros en skep uit. Braai gekapte ui in dieselfde kastrol tot sag saam met die knoffel. Skep uit. Voeg ‘n bietjie olie by en braai lamskenkels in dieselfde kastrol tot goudbruin. Skep uit.
Bedek die stukkies wildsblad of boud met koekmeelblom en braai ‘n paar stukkies op ‘n keer tot goudbruin. Voeg lamskenkels, spek en uie by wildsvleis in kastrol. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper, en voeg die heel ui met naeltjies by. Voeg ook die lourierblare en koljander by, gevolg deur aftreksel en rooi wyn. Verhit tot kookpunt, verlaag temperatuur en bedek met ‘n deksel. Laat prut 3-4 uur, of tot die vleis sag is en van die bene afval. Laat afkoel en verwyder bene en heel ui. Vlok vleis. Prut die sous totdat dit dik is. Laat afkoel.
Meng sous by die vleis soos verlang, skep in ‘n groot pasteibak en versier met deegrepies. Prik deeg met ‘n vurk. Verf met geklitste eier en bak 15 minute by 230°C. Verlaag temperatuur tot 180°C, en bak nog 30-35 minute. Bedien met gestoofde droëvrugte..

Rene Truter Wessels

Wildspastei.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 kg fyn afgekookte wildsvleis
3 koppies vars broodkrummels
½ koppie rou sago
7 ekstra groot eiers, geskei
2 groen rissies, ontpit, in blokkies gesny
2 middelslag uie, gerasper
150 ml tamatie puree
50 ml peperwortelsous
7 ml sout
10 ml bruinsuiker
Pietersielie na smaak
2 blikkies geroomde sampioen sous.
50 ml droe mostertpoeier
2 ml kremetart
Week die sago 30 minute lank in 250 ml koue water
Voor verhit die oond tot 180 drage Celsius
Berei n 2-L oondbak voor[smeer]
Meng die vleis[afgekoel wees] broodkrummels saam
Voeg die eiergele by, dan die sago
Voeg by smoor uie en soet groenrissies
Voeg by tamatie puree, peperwortelsous sout, suiker, pietersielie, geroomde sampioene.
Meng die vleismengsel liggies deur
Meng die die mosterdpoeier met n bietjie water om n pasta te vorm. Gebruik die helfte in die vleismengsel.
Skep in bak en bak vir ongeveer ½ uur of tot ligbruin van bo.
Klits die eierwitte en kremetart styf en voeg die res van die aangemaakte mosterd by. Klits goed tot gemeng en smeer oor die vleislaag. Plaas terug in die oond totdat die bo-laag ligbruin is. uit Ma Susie se boekie
.




Marlene Minderon
BLOUWILDEBEES PASTEI:


Ek het net uie en garlic gebraai met my Kerrie en naeltjie en steranys en toe my blouwildebees skenkels ingesit dit gebraai en toe my stock ingesit en laat kook. Toe dit sag is het ek dit van die been afgehaal en al die bene verwyder. Het toe my groente klein gesny en ingesit en liggies gekook met n bietjie oxtailsop tot die sousie lekker is . Het dit in n bak gesit en toe my deeg wat ek tweeweke terug gemaak het van my vleispasteitjie gevat en dit was toe ontvries en oor my vleis gesit.Het mayo oor gesmeer en toe gebak in die oond op 180 grade tot bruin. Ek gebruik maar my eie verbeelding en dis elke keer n wenner





COUNTRY GRILLED WILDSVLEIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
(Met erkenning aan Renè van Zyl)
6 Wildsvleis tjops
50ml olie
15ml Suurlemoensap
80ml Medium Cream Sherry
125ml kweper jellie
1 knoffelhuise  gekneus
2ml droë tiemie
5ml sout
Swart peper
Meng knoffel, tiemie, olie en suurlemoensap en marineer vleis vir 2 ure. Braai oor kole
of rooster vir 15 min. en gooi sout en peper op. Kan ook in oond gebak word. Sprinkel
met sjerrie en bedien met kweper jellie.  *SA Jagters kookboek
.


Christabel Garisch

Lekker wildssteak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1/4 koppie bruin asyn
1/4 koppie worcestersous
1/4 koppie olie
Marineer tenminste vir 'n halwe dag! Sout en pepper op vuur of in pan!
.

Peggy Devine

WILDSVLEIS PATTIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Ek meng altyd my wildsvleis meet dieselfde hoeveelheid gewone mince, fyngekapte ui, koljander, bietjie naeltjies, sout en pepper, bietjie weatbix of brood en eier.
Meng en maak patties. Bak in vlak olie of op die rooster.
.

Goulash


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
By: James Martin From: Good Food Live
Serves: 4
Enjoy a hearty warming dish with James Martin's simple and tasty recipe for a traditional beef goulash
Ingredients
2 tbsp olive oil
700 g stewing steak, cut into chunks
30 g plain flour
1 large onion, thinly sliced
2 clove garlic, finely chopped
1 green pepper, deseeded and thinly sliced
1 red pepper, deseeded and thinly sliced
2 tbsp tomato purée
2 tbsp paprika
2 large tomatoes, diced
75 ml dry white wine
300 ml beef stock, home-made or shop-bought
2 tbsp flat leaf parsley, chopped
black pepper
150 ml soured cream
Method
1. Preheat the oven to 170°C/gas 3.
2. Heat 1 tablespoon of olive oil in a casserole dish or heavy-based saucepan.
3. Sprinkle the steak with the flour and brown well, in batches, in the hot casserole dish. Set the browned meat aside.
4. Add in the remaining olive oil. Add in the onion, garlic, green pepper and red pepper to the casserole dish and fry until softened, around 5 minutes.
5. Return the beef to the pan with the tomato puree and paprika. Cook, stirring, for 2 minutes.
6. Add in the tomatoes, white wine and beef stock. Cover and bake in the oven for 1 hour 30 minutes. Alternatively, cover and cook it on the hob on a gentle heat for about an hour, removing the lid after 45 minutes.
7. Sprinkle over the parsley and season well with salt and freshly ground pepper. Stir in the soured cream and serve..

Ronel Van Dyk Logan
LEKKER FYN WILDSVLEIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
naeltjies, sout en peper biefblokkies halfkoppie asyn en koppie water om biefblokkies op te los, varkspek in stukkies gesny, meng alles in botteltjie skud goed en kook jou vleis daarin gaar tot dit van die been afval,ek sit net water by om genoeg in pot te kry en as als sag is aartappels in, verdik net met klein bietjie bisto en maizena, dis heerlik en die pot wat oorbly maak ek die aartappels fyn in die vleis en maak pasteie!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html


Stella Strauss
WILDSVLEIS IDEES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
As jy afkook -fyn- maak 'n bietjie 'n lekker soeterige boerekerrie. Ek maak pastei so en dit is lekker. Jy kan ook wildssteak 'n dag in helfte melk helfte dieet coke laat le en dan sit jy steak in foelie gooi speserye, room en bacon op, draai toe en bak- dis 'n treffer! Vir wildsboudjie werk karringmelk lekker. Dalk moet ek bo genoemde met 'n boud ook probeer. Dink dit kan net lekker wees!
.


Juanita Janse Van Rensburg
KOEDOEPASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Braaivleis en resepte - Anna Eksteen
3kg koedoevleis in blokkiesgesny 200g varkspek in blokkies gesny
250 spekvleis gesnipper 10ml sout
swartpeper na smaak 5ml fyn koljander / koljanderblare ± handvol
6 heel naeltjies in klein ui gesteek 4 gekneusde knoffeltoontjies
2 groot uie gekap 15ml olie
25ml maroelajellie 400g skilferdeeg- uit gerol
Geur vleis met geurmiddels. Braai uie tot deurskynend. Voeg vleis by en kook vir 4uur. Onthou om vleis aftreksel by te voeg. Geur met maroelajellie. Plaas in vleisskottel. Sit bo-op vleis en bak by 220°C vir 10 minute.(Onthou om deeg te verf met geklitste eier.).


Juanita Janse Van Rensburg
Venison Potjiekos

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Uit die boek - Potjie
2 kg (± 4½ pounds) deboned venison, cut into small blocks
(kudu, springbok or impala is excellent)
1 kg (± 2.2 pounds) beef shin (shank, knuckle-bone), cut into slices
75 ml (5 tablespoons) cake-flour
15 ml (1 tablespoon) salt
Freshly ground black pepper (to your taste)
3 ml (a pinch) graded nut
1 can (± 400 ml) mushroom soup
1 litre (4 cups) apple juice
250 ml (1 cup) dry white wine
4 potatoes, cut into small blocks
5 carrots, sliced
4 onions, sliced
1 butternut squash, sliced
4 peeled tomatoes, coarsely chopped
Dumplings:
360 g (750 ml/3 cups) self-raising flour
7 ml (½ tea spoon) salt
375 ml (1½ cups) milk
Method
Barbecue (braai) meat in a heated "potjie" until brown.
Add cake-flour, soup and flavouring substances .
Heat the apple juice and wine in a small pan and pour it over the meat.
Put on the lid and simmer for 3-4 hours,
put the vegetables in layers on top of the meat,
put on the lid and simmer for another half an hour.
In the mean time, mix all the ingredients for the dumplings together to form a soft dough, scoop the dough on top of the vegetables and simmer for another half an hour..


Helena Kruger
Gevulde Eland Filet

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Filet moet vooraf gemarineer word in jogurt en gekapte juniperbessies vir 2 tot 3 dae.
Maak ‘n snit in die vleis om die vulsel in te sit. Nie in die middel nie maar aan die kant van die vleis sodat die middel nog kan “rare” wees. Moenie deursny nie anders braai die vulsel uit.
Vulsel
1 Medium groot ui fyn gekap
1 Medium soetgroen rissie fyn gekap
3 Groot swart sampioene fyn gekap
½ Teelepel knoffel fyn gekap
Braai tot gaar is en sit speserye by
Speserye
Grof gemaalde growwe sout en swart peper
‘n Knippie witpeper
Klein bietjie foelie of neutmuskaat
Meng dan 250g gerasperde mozarella by die vulsel
Stop die filet
Steek toe met tandestokkies
Braai filet op kole vir 20 min - vir “medium rare”
Sny in dik skywe
Bedien saam met suurlemoen skywe, gebakte aartappel en groente*Jagters Forum*28/6/12
.





Helena Kruger
Springbok Filltes

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Bacon-Soet-Suur Chilli Sousie

Eie Resep Helena*
6 Springbok fillets
6 Repe spekvleis
2e Worcestersous
1e Heelkorrel-mosterd
½ t fyn koljander
½ t grofgemaalde swartpeper
Meng en marineer die filltet vir so 15min.
Draai Spekvleis om fillets en steek vas met tandestokkie
Braai in bietjie olie aan al die kante tot med sag
Meng 2 e Sweet-chillie sous en 1t chilli blatjang [enige brandsousie] ½ t asyn en smeer oor fillet voor jy dit uit jou pan haal [skud jou pan n paar keer om mooi almal te bedek]
Laat rus vir paar min. op jou houtplank en sny voor vir jou bord..
Bedien met n heerlike dip-sousie of bo-op lekker fyn aartappels *Yummy**8/6/12
.
                                                                            
                                            <Bediening van Springbok fillets>Helena Kruger



Helena Kruger
KUDU RUGBILTONG GESTOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
*Eie Resep Helena*
1 Rugbiltong
1k Spekvleis
1k Biltong
1t Gekapte vars Knoffel
1 eierwit
1t Pietersielie
½ t fyn koljander
swartpeper
VUL*
Sny n paar snye om die biltong oop te vlek
Smeer met chilie-sous [of blatjang]
Meng biltong,spekvleis-blokkies, pietersielie, gekapte vars knoffel
Meng met 1 eierwit en vul die biltong tussen die gleuwe, strooi 1/2t koljander,swartpeper oor en rol op en steek goed vas met sosatie of tandestokkies
Verbruin in pan op stoof en plaas in jou Slow-Cooker
       

Maak jou sous en gooi dit oor.
SOUS*
1 Hoender ekstrak blokkie
300ml water
1 ui
1 t gekapte knoffel
1k Gekapte sampioene
30ml BBQ-Sous
1t Soya-sous
60ml Mayonasie
120ml Tamatie-sous
200ml Rooi-wyn
1 Pakkie Beef-Stroganoff van Knorr
Braai ui, knoffel en voeg die ander bestd.by. Kook vir 5min en gooi bo-oor jou rol in die Slow-Cooker . Stel op High vir 4h en op Med vir 2h N.S= Ek het klein heel uitjies en kwart[pre-cooked] aartappels rondom gepak voor ek die sous oorge-gooi het]
Haal uit sous en sny voor met lekker rys en n heerlike groenslaai **19/6/12 *Helena Chilli Kruger.
— at Die Grasdak Bultfontein..

                                                    <Foto>Kudu Rugbiltong gestop<


Louise Jacobs Nieuwoudt
HEERLIKE SPRINGBOK POT
Die Springbokpot se inhoud, was sommer springbok gemengde kookvleis, bacon, mushrooms, aartappels, spinasie, boontjies, mielietjies, uie, garlic, blik perskes, neute en sousie was room, oxtail soppoeier en pakkie 3cheeses sous en ongelukkig wil hy nie sy geheime speserye met my deel nie... :( Dis sy eie homemade spice!.


Maré Nieuwoudt
Wildspastei

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Deur Aletta Lintvelt
Vir 1 groot pastei
Voorbereityd: 2 uur
Baktyd: 30 minute
Wildsvleis en sampioene is ’n wenkombinasie in die winter. Jy kan die wildsvleis met stowebeesvleis of skaaprugstringvleis vervang.
Jy benodig (vir die vulsel):
sonneblomolie
1 groot ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en gekap
500g wilde of bruinsampioene, gesny
500g lamskenkels (of spek)
1,5kg wildsvleis soos skenkels, nek of blad
750ml hoenderaftreksel, of genoeg om die vleis te bedek
3 eetlepels elke varsgemaalde koljander en komyn, gerooster
1 suur appel, fyn gerasper
2 takkies roosmaryn
1 teelepel elk wonderpeper, naeltjies en kaneel (opsioneel)
1 teelepel gemaalde peper
2 eetlepels blatjang
3 eetlepels sojasous of sout na smaak
3-4eetlepels bruinasyn of na smaak
1 rol blaardeeg met regte botter (ontdooi)
Vir die kors (of gebruik gekoopte blaardeeg):
2 ½ koppies meel
1 koppie botter
1 koppie roomkaas
Só Maak Jy
Maak eers die kors: Vryf die botter in die meel en meng die roomkaas daarby in tot ’n deeg gevorm het. Bedek dit met kleefplastiek en plaas dit in die vrieskas vir 20 minute.
Verhit die olie in ’nswaarboomkastrol en braai die ui, knoffel en sampioene stadig totdat dit sag is.
Gooi die res van die bestanddele (behalwe die deeg!) in die kastrol en verhit dit totdat dit begin kook. Sit ’nstyf¬passende deksel op en laat dit stadig prut totdat die vleis sag is en van die bene begin afval (dit sal 2½-3 uur vat). Jy kan dit ook in die oond bak teen 150 °C.
Skep die bene af en as die pot baie water in het, laat dit vinnig prut totdat die mengsel dik is, maar nie droog nie. Proe aan die vulsel en gooi nog sout of peper by indien nodig. Jy kan ook bisto of ander vleissouspoeier gebruik om die sous dikker te maak en meer geur te gee.
Skep die vleis in ’ngroot pasteibak en laat dit eenkant staan om heeltemal af te koel.
Rol die deeg uit en bedek die pasteivulsel daarmee, verf dit met geklitste eier en bak dit vir ongeveer 35 minute in ’nvoorverhitte oond van 200ºC of totdat die kors goudbruin en gaar is.- Weg tydskrif

Carol Elliott Claassen
GEBRAAIDE WILDSBOUD IN SOETWYN

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 wildsboud
500g skaapskenkel of nek
MARINADE:
250ml soetwyn
15ml Worcestersous
60ml olie
60ml appelkooskonfyt
30ml wynasyn
15ml growwe sout
5ml swartpeper
3 knoffelhuisies, fyngedruk
Marineer boud vir 2 dae in karringmelk, in die yskas. Gooi karringmelk weg. Plaas die vleis in 'n swaar yster kastrol of kasserolbak bo-op die nekvleis. Gooi die marinade oor. Sit die deksel op en bak 3 uur of langer in 'n stadige oond by 170C tot die vleis bruin, sag en geurig is. Verdik die sous effens met mielieblom. Proe en pas aan waar nodig. Sit voor met rys, groente en kweperjellie .

Carol Elliott Claassen
GESTOPTE WILDSBOUD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 medium (2 tot 2,5kg) wildsboud
250g spek
125ml asyn en 125ml droë rooiwyn
5ml peper
2ml fyn gemmer
12,5ml suiker
75g ontpitte rosyntjies
2 knoffelhuisies, gekap
1 groot ui, in skywe gesny
12,5ml appelkooskonfyt
6 naeltjies
25ml koekmeel
Sny spek in 10mm repe en laat week in mengsel van asyn, sout. peper, gemmer en suiker lê. Steek gate met mes in boud groot genoeg om voorvinger in te druk. Steek in elke gat 'n stukkie knoffel, rosyntjie en stukkie-repie- spek. Rangskik uie skywe bo-op boud en gooi asyn mengsel oor. Laat 3 dae staan en draai twee keer per dag om. Smeer boud met appelkooskonfyt. Sit boud in dikboomkastrol, gooi asynmengsel by ± 375ml water. Kook stadig tot vleis sag is. Gooi sous af en hou eenkant. Braai nou boud bruin in kastrol en haal uit. Meng meel met sous en kook vinning op, terwyl aanhoudend geroer word. Pasop vir aanbrand..



ZEBRA STEW

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Yvonne Gouws
1 kg zebra meat, using topside
1 tablespoon flour
Good pinch of mixed herbs
1 lb. tomatoes, peeled
Salt and pepper
Pinch of celery salt
3 tablespoons oil
1 large onion
Pinch of paprika
1 cup stock or Knorr-Swiss onion soup
½ cup cream
Cut meat into stewing pieces, dip in seasoned flour and brown in oil. Add tomatoes, quartered and seeds removed, then the stock or soup and seasoning. Simmer until tender, depending on age of zebra. Just before serving add cream and a little red wine, if available 14/5/12
N.S=Dankie vir almal, ek het n potjie van hom gemaak en almal het hulle vingers afgelek..


Wildspastei

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
'n Resep van Annalize Groenewald. (Landbou)
'n Heerlike pastei met geurige beloftes onder die goudbruin kors.
1,5 kg wildsblad of -boud
375 - 500 ml karringmelk
125 g swoerdlose spek, gekap
30 ml botter
olie, opsioneel
1 groot ui, gekap
3 vet knoffelhuisies, gekneus
500 g skaapskenkels, in skywe van 25 mm gesaag
30 ml koekmeelblom
5 ml sout
vars gemaalde swartpeper
1 heel ui, geskil met 5 naeltjies daarin gesteek
2 lourierblare
10 ml fyn koljander
sowat 500 ml aftreksel
250 ml rooi wyn
400 g bereide skilferkorsdeeg (sien bereiding later op blad)
1 eier, geklits
Marineer die wildsvleis in karringmelk. Bedek vleis met kleefplastiek en plaas in yskas vir 'n dag lank. Druk vleis droog en gooi karringmelk weg. Sny dit in blokkies van 25 mm. Braai spek in verhitte botter. Braai gekapte ui in dieselfde kastrol tot sag en deurskynend en roerbraai knoffel by. Voeg spek by. Voeg 'n bietjie olie by en braai lamskenkels in dieselfde kastrol tot goudbruin. Bedek wildsvleis met koekmeelblom en braai 'n paar stukkies op 'n keer tot goudbruin. Voeg lamskenkels, spek en uie by wildsvleis in kastrol. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en voeg die heel ui met naeltjies by. Voeg ook lourierblare en koljander by, gevolg deur verhitte aftreksel en rooi wyn. Verhit tot kookpunt, verlaag temperatuur en bedek met 'n styfpassende deksel. Laat prut sowat 3 - 4 uur, of tot die vleis sag is en van die bene afval. Vul vloeistof, indien nodig, aan met aftreksel of rooi wyn. Laat afkoel en verwyder bene en heel ui. Vlok vleis. Prut tot sous lekker dik is en die meeste van die vloeistof afgekook het. Geur en laat afkoel tot koud. Voorverhit oond tot 230 °C. Skep vleis in 'n groot pasteibak. Bedek met 'n laag skilferdeeg en versier met deegrepies en -motiewe. Prik deeg met 'n vurk om stoom te laat ontsnap. Verf met geklitste eier en bak 15 minute. Verlaag temperatuur tot 180 °C en bak nog 30 - 35 minute. Bedien met gestoofde droë vrugte.
Genoeg vir 10 tot 12 mense.
Skilferkorsdeeg
Hoewel tydrowend, bly dit maar lekker. Dit vertoon ook baie aantreklik as dit op 'n pastei gebruik word. Dit is uiters belangrik om die bestanddele en die werkvlak koel te hou en om die deeg egalig uit te rol sonder dat dit gerek word. Maak die deeg 'n dag voor die tyd sodat dit voor gebruik goed kan rus.
280 g (500 ml) koekmeelblom
2,5 ml sout
250 g koue botter
125 - 150 ml yskoue water
5 ml vars suurlemoensap
Stap vir stap skilferkors
Stap 1: Sif die meel en sout saam in 'n groot mengbak. Vryf 30 ml van die koue botter in meel. Voeg net genoeg yswater, gemeng met suurlemoensap, by om bestanddele te laat kleef.
Stap 2: Knie en vorm in 'n vierkantige, plat stuk deeg. Draai toe in kleefplastiek en plaas in die yskas vir 1 uur.
Stap 3: Verwyder die res van die koue botter uit yskas. Plaas botter tussen twee lae kleefplastiek of in 'n plastieksakkie. Druk dit met rolstok platter, en rol dit dan met 'n meelbestrooide rolstok uit tot 'n vierkant van 150 mm x 150 mm.
Stap 4: Rol deeg uit tot 'n vierkant van 250 mm x 250 mm. Maak seker die vorm is netjies om jou taak later te vergemaklik.
Stap 5: Plaas botter in die middel van die deeg en vou die deeg bo-oor die botter om dit "toe te draai". Rol deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak.
Stap 6: Vou in drie: Vou die onderste derde van deeg boontoe, en die boonste derde ondertoe. Seël rande, draai toe in kleefplastiek, en verkoel vir 30 minute.
Stap 7: Rol weer uit. Vou weer eens in drie, soos hierbo beskryf. Herhaal die uitrol-en-vou-proses sewe keer.
Stap 8: Verkoel deeg tot benodig. Rol deeg uit, bedek pastei en plaas terug in die yskas vir 30 minute voor dit gebak word.
Bak in 'n voorverhitte oond teen 200° C vir 20 - 25 minute tot goudbruin en uitgerys.   13 Augustus 2004
.


Helena Kruger
WILDSBOUD IN ROOM-SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Plaas bevore Wildsboud in jou drukkastrol en voeg die volgende by:

125ml water
40ml bruinsuiker
2 loulierblare
20 heel peperkorrels
375ml asyn
4 heel naeltjie
sout na smaak [ nie te veel nie]
Kook tot gaar maar nie sag nie**
Braai intussen 
1ui fyngekap 
1 seldery stingel fyngekap
1 gerasperde wortel in olie net liggies
Voeg 125ml water by en prut tot gaar
Skep jou boud uit en laat afkoel en sny in lekker dikkerige skywe.
Plaas die skywe in n oondskottel en tussen in[elke skyf] pak jy droe vrugte wat jy in n bietjie sjerrie of brandewyn geweek het.
Sif jou sous wat jy die boud in gekook het deur, en meng dit met jou uie-mengsel 
Voeg daarby:n skeut wyn en so 30ml appelkooskonfyt en 1 blokkie beesvleisekstrak
Verdik die sous met n bietjie Bisto of Beesstersoppoeier.
Giet nou jou sous oor jou skywe en droee vrugte in jou bakskottel [alles moet goed bedek wees] en plaas n deksel op en plaas in die oond 180*C vir +-1h [of tot jou vleis sag en jou vrugte sag is]
Net voor opdiening gooi so n 1k Vars room oor en laat dit net meng met jou sous[ moenie jou vleis roer nie]..Die skywe is heerlik sag en sappig..Bedien met lekker Bonnet of Basmati rys en vir n soetigheidjie so n bietjie soet patats..en ja moenie die Beetslaai vergeet nie**Helena Kruger 12/3/12**.

Wildsvleis-lasange

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Berei wildsvleis voor soos vir fyn afgekookte vleis.
Braai spek blokkies en voeg by die wildsvleis.
Voeg die soetsuur sous by die vleis mengsel en kook deur.
Laag witsous, lasange velle, vleis mengsel.
Herhaal en eindig met witsous.

GEBAKTE SPRINGBOKSKENKELS MET GROENPEPERSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html

6 springbokskenkels
3eetl olyfolie
1 teel koljander vangemaal
2 klein uie gehalveer
3 klein worteltjies
¼ kp rosyne
2 naeltjies
2knoffelhuisies gehalveer
1 lourierblaar
1 roosmaryntakkie
1kp gekapte spek
1 kp Port
½ kp lemoensap
Growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 160°C.  Smeer die skenkels met olyfolie, vryf dan in met sout en peper en koljander.  Sit in ‘groot baksakkie en gooi al die ander bestandele by.  Sit die baksakkie in ‘n groot oondpan.  Bak ongeveer 2 ure tot sag.

RYK GROENPEPERSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 ui fyngekap
3 eetl botter
3 eetl groenpeperkorrels
1 teel aangemaakte mosterd
2eetl brandewyn
1kp room
2eetl gekapte pietersielie
1/ teel sout
Sorteer die uie in die botter tot sag, maar nie bruin nie.  Gooi die peperkorrels en mosterd by.  Maak die brandewyn effens warm.  Steek dit aan die brand en gooi dit oor die uiemengsel.  Kook die sous tot dit na sowat ‘n derde verminder het.  Verlaag die hitte en gooi die room, pietersielie en sout by.  Laat stadig prut tot die sous verdik.  *Rapport* .



SPRINGBOKBOUD GESTOP MET SKAAPSTERTVET/SPEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
4 kp karringmelk
1 springbokboud van sowat 2kg
3 knoffelhuisies geskil en in repe gesny (Opsioneel0
125 – 250g skaapstertvet of swoerdlose spekvleisstukkies
¼ kp olyfolie
1 teel droë roosmaryn
Growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 kp pinotage of ander rooiwyn
SOUS
¼ kp port
3eetl meelblom
1 eetl aapelkooskonfyt
¼  kp room
Gooi die karringmelk oor die vleis en marineer vir 1-2 dae..  Draai nou en dan,  Voorverhit die oond tot 160°C.  Druk die boud droog en maak klein snitte oraloor met ‘n skerppuntmes.  Stop met repies knoffels, skaapstert/spek .  Sit in ‘n kasserolbak en besprinkle met olyfolie, roosmaryn, swartpeper en sout.  Giet die wyn oor  Bedek en bak sowat 2 ure.  Haal die boud uit en verbruin vir ‘n paar minute onder die oondrooster.  Gebruik ongeveer 2 kp van die sous en gooi die port by. (Indien te min sous, vul aan met kookwater)   Los die meel op in ‘n klein bietjie water en roer by die sous tot dit verdik.  Geur met konfyt.  Bedien warm met gebraaide aartappels en groente of koue skywe op ‘n laag roketblare.  *Rapport*
.


GEBRAAIDE SPRINGBOKLENDE IN WEBER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 springboklende ongeveer 1 kg.
12-18 swoerdlose repe spek
1 rooi en  1 geel soetrissie ontpit en in groterige stukke gesny
Growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
MARINADE
1 ui fyngekap
2 knoffelhuisies fyngekap
¼ kp olyflie
½ kp sojasous
2 eetl druiwe-asyn
2 eetl bruinsuiker
1 eetl Dijon mosterd
1 teel tiemie
1 kp Chardonnay
Maak eers die marinade deur die uie en knoffel in 2 eetl olyfolie  te soteer tot sag. Gooi die oorblywende bestandele by en bring tot kookpunt.  Roer vir ‘n minuut of so en laat dan afkoel.  Marineer die lendestuk vir 12-24 uur.  Haal die lendestuk uit marinade en geur met sout en peper. (Onthou die sojasous gee reeds goeie souterige smaak)  Bedek die lende met die repe spek en steek vas met tandestokkies, indien nodig.  Giet die soetrissie en oorblywende marinade in ‘n groot genoeg druppan.  Sit die lende op die rooster reg bo die druppan.  Braai vir 20-25min in ‘n Weber op die indirekte metode.  Die vleis moet sag en nog pienk in die middel wees.  Laat effens afkoel en sny in dun skyfies as voorgereg om saam met drankies te geniet.  *Rapport*

WILDSVLEIS MET SAMPIOEN- EN WYNSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
600g Wildsrugstring
1 Blokkie vleisekstrak
250g Gekapte uie
50ml Knoffelpoeier
30g BBQ speserye
1 pakkie Sampioensop
5ml Sojasous
50ml Mayonnaise
1 blikkie Gesnipperde sampioene
100ml Tamatiesous
300ml Water
200ml Droë rooiwyn
100ml Kookolie
Sout en peper na smaak
Skakel die oond op 180°C. Sny die vleis in blokkies. Verhit die olie en braai die vleis vinnig bruin en daarna die uie. Plaas in oondskottel en gooi sout en peper na smaak
by. Meng die sampioene in. Maak `n sous van die res van die bestaandele en gooi bo- oor. Sit deksel op en bak vir 2 uur. Vul met water aan indien nodig. Bedien met rys en `n groen slaai. .



FRIKKADEL STROGANOFF

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
2 kg gemaalde wildsvleis
2 groot gekapte uie
25ml vars pietersielie of 10 ml gedroogde pietersielie
75 ml suurlemoensap
15 ml gerasperde suurlemoenskil
4 snye brood geweek in 450 ml vleisekstrak
20 ml sout
Meng alles goed en vorm klein frakkadelletjies. Bak in oond vir 20 minute. Skep uit in
‘n diep bak.
Sous:
3 uie gekap
500 g gekerfde sampioene
100 ml botter
20 ml mosterd poeier
15 ml sout
50 ml koekmeel
1 liter melk
50 ml gekapte pietersielie
250 ml suurroom
Soteer die uie en sampioene in botter, voeg mosterd, sout en meel by. Voeg warm melk geleidelik by en roer oor lae hitte tot dik. Voeg pietersielie en room by net voordat u dit bedien. Giet sous oor die frikkadelle en bedien dadelik .


KUDU-RUGSTRING GEVUL MET HOENDER- EN BILTONG-MOUSSE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Verhit oond tot 160°C. Verwyder alle vet van die kudu-rigstring. Neem die steel van
`n houtlepel en druk `n 2cm tonnel in die middel van die rugstring. Neem `n rou hoenderbors en verwyder die vet, meng met die wit van `n eier, biltong-poeier, speserye, sout en peper na smaak. Plaas die hoender- en biltongmousse in `n pypsak en vul die holte van die rugstring daarmee. Maak die oopkant styf toe met `n tandestokkie of stukkie lyn. Verwarm olyfolie in `n braaipan tot matig en braai die vleis vir 2 minute aan albei kante. Behou die sous.
Plaas rugstring in oondpan en bak vir ± 20 minute. Haal uit en laat rus vir 5 minute.
Sny in 1,5 tot 2cm dik skywe.
Sous:
Meng genoeg rooiwyn met die sous en reduseer vir 2 minute, roer bietjie botter by tot sous verdik. Gooi oor gesnywe skywe en bedien..

BOBOTIE MET WILDSVLEIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Braai 4 groterige uie in botter. Voeg hierby
30 ml gemmer
2 ml peper
10 ml sout
15 ml borrie
15 ml kerrie poeier
30 ml bruinsuiker
Voeg die volgende by hierdie kerriemengsel:
2 snye water geweekte brood
1 kg gemaalde vleis ( 750 g wild en 250 g vet skaapvleis)
60 ml blatjang
30 ml appelkooskonfyt
150 ml rosyne
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiepuree
30 ml room
Kook die mengsel vir 30 minute oor lae hitte, skep in bak, klits 2 eiers met 250 ml melk en gooi oor mengsel, steek gerolde lemoenblare in mengsel en bak by 180°C vir 30 minute.*CAROL*
.


Carol Elliott Claassen
Springbokfilet met biltongkors

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 Springbokfilet , so 1 kg
Sout en peper
100 ml koekmeelblom
125 ml fyn biltong
Voorverhit oond tot 160 C. Geur die filet met sout en peper . Rol in die meel, daarna in geklitste eier en laastens in die biltong. Oondbraai 15-20 min tot gaar buite-om, maar steeds pienk binne-in. Moet nie TE gaar maak nie. Draai in foelie toe, en laat rus 10 minute in lou-oond. Verhit n riffelpan tot rookwarm en panbraai vinnig. Sny in porsies en sit voor met groente en Uiemarmelade .


Helena Kruger
Joghurtmarinade vir heel stukke wildsvleis

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
2k ongegeurde joghurt
50ml suurlemoensap
2t suurlemoenskil gerasper
2t gemaalde swartpeper
2 roosmaryntakkies[ ops]
4-6 suurlemoen blare
6 stukke vars pietersielie
1-2 huisies knoffel gekneus
Meng alles en marineer jou stuk vleis in dit vir so 2dae draai dit gereeld om[onthou hou dit in die yskas..en voor jy dit gaarmaak of braai vee asb. al die marinade met n skoonlappie af sout dit lekker en smeer dit botter] <3Helena♥ 17/7/1.

Helena Kruger
Heerlike Mosterdsous oor Koedoetonge

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
MOSTERDSOUS
100ml olie
20ml koekmeel
100ml suiker
knippie sout
2t mosterdpoeier
200ml water
20ml suurlemoensap
80ml asyn
250ml mayonaise
Meng jou olie, meel, suiker, sout, en mosterdpoeier tot n pasta. Voeg die water, suurlemoensap en asyn by. Verhit dit tot kookpunt. Roer en kook dit vir 5min. Roer nou jou mayonaise by en skep dit oor jou gaar tongskyfies en bak dit in die oond vir so 15min. by 180*C Baie lekker en ons gooi altyd die tonge weg..ek kook dit sommer in my Stoompot to lekker sag anders kook dit so om en by 3h tot dit sag is ..jy kan die tonge ook in jou slowcooker gaarmaak [onthou om die velletjies af te trek en dan te sny] Helena ♥ 17/7/10
.


 


Helena Kruger

HEERLIKE PREI GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
BY WILDSVLEIS OF AS N BYGEREG BY BRAAIVLEIS!!
SOET-SUUR PREIE
100ml olyfolie
5 tamatie geskil en gekap
65ml korente
10 jong preie in 50mm stukke gesny[skoon gewas]**Leeks*
50ml asyn
25ml bruinsuiker
Verhit jou olie en prut jou gekapte tamaties tot lekker sag. Voeg nou jou korente en preie by en prut dit vir so 15min. Skep jou preie uit in n opskepbak en voeg jou asyn, bruinsuiker by jou tamatiesous in jou kastrol en kook dit tot n matige dik sousie. Skep dan jou sous oor jou preie en laat dit afkoel of bedien dit lekker warm.Heeltemal ietsie anders en baie lekker♥ Helena 17/7/10 ♥ .


Carol Elliott Claassen
Sitrus-koedoe

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
koedoefilet of springbokrugstring van sowat 2,5 kg
gemaalde swartpeper
2 eetlepels olyfolie
sout na smaak
Sitrussous
1 liter vars lemoenskap
1 teelepel suurlemoensap
3 stukke heel steranys
3 naeltjies
1 heel pypkaneel
10 peperkorrels
1 knippie sout
1 teelepel Maizena
Dis nie ’n kitsdis nie, so begin sommer ’n dag voor die tyd. Gee die peperpot ’n paar draaie bo die olyfolie; meng die olie en peper en vryf die vleis daarmee. Besprinkel dit dan met sout en draai die vleis toe in kleefplastiek (cling wrap) .Sit die vleis in die yskas vir ’n volle 24 uur sodat die geure kan intrek.
Op die groot kookdag, maak jy die sous so:
Sit al die bestanddele vir die sous in ’n potjie en laat dit prut totdat die helfte daarvan weggekook het. Gooi die sous deur ’n sif en dan terug in die potjie. Plaas dit weer op die hitte. Wanneer dit prut, roer jy die Maizena – wat nou met ’n bietjie water gemeng is – by om die sitrussous te verdik. Nou haal jy die vleis uit die yskas – minstens 2 uur voordat jy dit gaan braai. Braai dan die filet oor matige kole vir tussen 20 en 30 minute, afhangende van hoe jou mense van hul vleis hou. Wanneer dit gaar is, haal jy die vleis van die kole en laat dit rus vir sowat 10 minute sodat die sappe terug in die vleis kan intrek. Sny dit in skywe en bedien dit met die sitrussous. 28/7/10 Carol Elliot Claassen♥ .



Carol Elliott Claassen
WILDSBOUD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 Matige groot wildboud (rooibok, ribbok, rietbok ens)
30ml Kookolie
250g Varkspek repies (“streaky”)
10 Knoffelhuisies Marinade:
5ml Fyn naaltjies
2ml Fyn neut
5ml Gemaalde swartpeper
15ml Fyn gebraaide koljander
10mI Sout
10ml Suiker
150ml Bruin asyn
100ml Worcestershire sous
100ml Tamatie sous
Stop boud met spek en knoffelhuisies. Meng alle bestandele vir marinade saam, en plaas wildsboud daarin. Plaas in yskas vir 2 tot 3 dae, en draai vleis daagliks.
Verwyder uit marinade en druk droog met papierhandoek. Braai wildsboud in verhitte kookolie in `n swaarbodemkastrol tot bruin. Voeg verhitte marinade by en potbraai tot
vleis sag is. Bedien met gemengde groente en gebakte aartappels. .


BRAAI VAN WILDBIEFSTUK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Vir heerlike sagte wildsbokbiefstuk (“Steaks’)
500g Egte botter
Klein bottel Marmite
Smelt botter en marmite saam. Druk vleis droog met papierhanddoek en doop in warm botter mengsel. Plaas in `n bak vir 2-3 ure. Moenie enige ander spesery of sout byvoeg wanneer vleis gebak of braai word nie. Vir beter versagting, gooi van die oorblywende
botter mengsel bo-oor vleis en laat staan vir `n verdere paar ure. Die oorblywende botter mengsel kan gevries word of dien as smeermiddel terwyl vleis braai .

WILDSBOUD IN BIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
3kg Wildsboud
250g Varkspek of skaapstertvet
500ml Bier
50ml BBQ spesery
25ml Knoffelsout
30ml Botter
50ml Bruinsuiker
10ml Sout
3ml Grofgemaalde swart peper
Lardeer die boud met die spek of vet. Marineer die vleis in die bier vir 2 dae, draai gereeld om. Verwyder die vleis uit die marinade en vryf droog. Braai die vleis bruin in verhitte botter en voeg verhitte marinade en die res van die bestandele by. Prut vir
3-4 ure of tot die vleis sag is en sit voor..


BOSVELD-WILDSMEER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
(12 porsies)
Sit hierdie voorgereg voor met bros Franse brood en suuruitjies.
1.6kg Wildsvleis met `n paar stukkies been, in 50mm blokkies gesny
900g Vet varkvleis soos lies, in 50mm blokkies gesny
20ml Sout
20ml Vars gemaalde swartpeper
1ml Vars gerasperde neutmuskaat
2ml Gemengde speserye
5ml vars OF 1ml droë tiemie
2 Lourierblare
1 Knoffelhuisie, ongeskil en gekneus
Gesmelte varkvet of verhelderde botter
Plaas wilds- en varkvleisblokkies in oondkastrol, geur met sout, peper, neutmuskaat, gemengde speserye, tiemie, lourier blare en knoffel. Voeg 400ml water by, verhit tot kookpunt en roer deurentyd. Bedek met aluminium foelie en deksel en bak 3-4 uur in
`n voorverhitte oond by 160°C. Roer af en toe tot vet gesmelt en helder is. Vul vloeistof met water aan om te voorkom dat vleis vas sit, maar moenie dat vloeistof kook nie. Dreineer vleis en verwyder lourierblare en knoffel. Behou vet en laat afkoel.
VIok vleis en verwyder stukkies been.
Meng koue vet met vleis, proe en geur indien nodig. Skep in bakkies en druk stewig vas om lugblasies te verwyder. Bedek met gesmelte varkvet of verhelderde botter en
bewaar tot 6 weke in `n koelkas. Laat minstens twee dae in koelkas ryp word voor gebruik. lndien dit binne enkele dae geëet word, kan dit met kleefplastiek bedek word .

BLESBOK WILDSROL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 Ontbeende blesbokrib, vryf vleis in met sout
Marinade:
125ml Asyn
125ml Olie
125ml Sjerrie
12.5ml Worcestersous
12.5ml Tamatiesous
1 Gekerfde ui
12.5ml Seledery
5ml Sout per 1kg vleis
1ml Peper per 1kg vleis
Metode:
Plaas rib, vel na onder, op broodbord
Stop rib met:
250g Spekrepe
Gedroogde appelkose
500ml Gegeurde maalvleis
Rol rib toe en bind vas.
Marineer vleis oornag – behou marinade vir latere gebruik. Bak in toe pan teen 200°C   (30 min vir elke 500g vleis). Sif marinade en giet oor vleis – bak oop tot bruin. .

WILDSFRIKADELLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1kg wildsmaalvleis
500g gemaalde skaapstert vet
3 rou aartappels
2.5 ml fyn naaltjies
15ml kerriepoeier
15 ml suiker
5 ml koljander
25ml asyn
5 ml sout
1 ml peper
2 uie in skywe gesny
12.5 ml botter
250 ml beesvleisaftreksel
12.5 ml blatjang
Voeg droe bestandele, asyn en blatjang by vleis werk deur en maak bolletjies. Braai uie met botter in swartplatboom pot tot bruin. Plaas vleis bolletjies in swartpot, gooi vleis aftreksel by en prut oor stadige hitte tot gaar. Eet te lekker!
.
KOUE WILDSVLEISPOTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Gebruik oorskietwildsvleis of veerwild en sit voor in klein potjies as smeer, of smeer op
vars brood.
250g Gaar wildsvleis soos veerwild, haas en stowewildsvleis, ontbeen en fyn gekap
125g Gladde maaskaas met uiegras
2 Knoffelhuisies, fyngemaak
10ml Brandewyn of whisky
Sout en vars gemaalde swartpeper
Rooipeper
Meng vleis met die res van die bestanddele en laat `n paar uur staan om ryp te word.


Helena Kruger
WILDSVLEISSKENKELPOT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
500g Springbokskenkels in skywe gesaag
500g varkskenkels in skywe gesaag
500g skaapskenkels in skywe gesaag
2uie in dik ringe gesny,
2knoffelhuisies gekneus,
50ml olie,
1t sout,
1/2t peper,
350ml vleisaftreksel,
30ml asyn,
30ml fyn appelkooskonfyt,
50ml Sweet Chillie sous,
10ml Worcestersous,
250g gemngde droevrugte.
Braai jou uie en knoffel liggies in die olie in jou swartpot, skep hulle uit, geur jou skenkels met die sout en peper en verbruin dit in die pot, voeg jou uie en knoffel by, voeg alles by [behalwe jou droevrugte] Bedek jou pot en prut dit vir so 21/2h baie stadig. Plaas jou droevrugte nou op en prut nog vir so 30min. Julle kan dit maar maak so lekker jy dink jy is van n ander planeet af!!! die wat nie hou van die vark in nie kan maar net nog wild bysit!!!!Helena [Klein heel aartappels tussen in is baie lekker] .

Helena Kruger
WILDSBOUD GESTOP MET PRUIMEDANTE VULSEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Vulsel:

100g gemaalde Varkvleis,
50ml vars gekapte pietersielie,
250ml pruimedante ontpit en fyn gekap,
2t sout
3ml swartpeper,
Varkspek in stukkies gesny.
Meng alles en maak gaatjies in boud en stop dit daarmee.
Marinade vir jou boud:
1lt Karringmelk,
12,5ml Suurlemoensap,
125ml Coke-cola,
1ui fyn gekap,
30ml Sweet Chilli sous,
3-4 knoffelhuisies gekneus.
Meng jou marinade en plaas jou boud oornag daarin in die yskas, Haal dan jou boud uit en maak hom mooi droog[anders brand dit swart] Verhit olie en botter in jou Swaarboompot en verbruin jou boud alkante. Voeg so 1k van die marinade by en plaas die deksel op en bak dit so 21/2h in n oond van 160*C .!!
Jy kan ook die boud oornag in jou oond plaas op 100*C en more oggend is hy lekker gaar .Haal jou boud uit die sous en gooi dit deur n siffie as jy wil en verdik dit met n bietjie Mielieblom of Bisto met so n 125ml room by baie lekker!!!!Lekker geelrys en n patat of twee,..gaaf se ekke. HELENA .

Helena Kruger
WILDSPOTJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Wildsvleis soos nek of blad of rugstring in stukke gesaag
2 uie in ringe gesny
2 knoffelhuisies gekneus
500g spekvleis, gesnipper
1 Blikkie (340 ml) bier
Sout en peper
5ml Fyn naeltjies
5ml Fyn gerasperde neutmuskaat
125ml Asyn
30 ml Worcestersous
80ml Rooiwyn
80ml Tamatiesous
80ml Vrugteblatjang
500g Aartappels
350g Murgpampoentjies
250g Wortels
250g Sampioene
Smoor vleis en die helfte van die uie en die varkspek vir 1½ uur in `n ysterpot. Voeg die res van die uie by, asook die knoffel en die spekvleis. Roer een of twee maal deur totdat
die meeste van die vet uitgebraai is. Voeg die bier by en voeg die res van die bestanddele - behalwe die murgpampoentjies, wortels en sampioene by. Bedek en smoor tot vleis byna sag is. Voeg die orige groente by, geur met sout en peper en prut nog 20 minute of totdat groente lekker sag is maak jou sousie bietjie dikker met n bietjie Mielieblom as dit te dun na jou smaak is.. Helena .


WILDSVLEIS SKYWE IN WYNSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
8 wildsvleis skywe (filet)
25ml olie
250g gesnyde sampioene
5ml worcestersous
25ml meelblom
vars gemaalde swart peper
10ml sout
1 gekapte ui
100ml rooi wyn of sjerrie
250ml room of jogurt
5ml gekapte tiemie
Sprinkel sout oor die vleis skywe. Verhit die olie in 'n braaipan en saute die uie en sampioene. Verwyder van die hitte en hou warm. Verhit die braaipan en braai die vleis beide kante tot die vleis gaar is. Voeg die uie en sampioene, wyn en worcestersous by. Kook vir 'n paar minute. Meng die room en meel en gooi oor die vleis. Roer die tiemie en peper by. Prut vir 5min en bedien met rys of noedels .


GEVULDE WILDSVLEIS RIBBETJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
2kg wildsvleis rib, ontbeen en gesout
200g bees maalvleis
1 knoffelhuisie gekneus
5ml gekapte tiemie
200ml appelsap
250ml gedroogte appelkose
5ml sout
3 repies spek opgesny
100g margarien
Meng die appelkose, maalvleis, sout, knoffel en tiemie om n vulsel te vorm.Smeer aan die binnekant van die rib, rol dit op, en bind vas met tou. Plaas die rib in 'n braai pan, smeer margarien oor die rib en gooi die appelsap oor. Bedek die rol met foelie om te verhoed dat dit uitdroog wanneer bak. Bak vir 2-2 1/2 uur met die deksel op teen 180 grade. Bedruip gereeld met die apelsap in die bak. Sny die tou en sny die vleis in porsies. Bedien met bruin rys en droevrugte slaai. Geniet hom. .

GEURIGE WILDSBOUD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 GROOT WILDSBOUD
300g varkspek in repe gesny (of bacon)
4 groot knoffelhuisies
Pitlose rosyntjies
Marinade:
250ml Chateau Libertas
250ml Kookolie
250ml asyn
3 middelslag uie in ringe gesny
6 heel naeltjies ( 2ml fyn naeltjies)
5ml suurlemoenpeper
20ml koljander
5 ml bruin suiker
15ml sout
25ml fyn appelkooskonfyt
15ml mielieblom
5ml bruin sous poeier
Bietjie water
Meng marinade bestandele deeglik en laat le die spek (bacon) daarin vir ‘n rukkie
Steek gate in die boud en stop die boud met die spek, rosyntjies en knoffel.
Plaas die boud in ‘n plastiek of glas houer met ‘n deksel en gooi die marinade oor, maak toe, sit in die yskas vir 3 dae terwyl jy dit gereeld omdraai en weer die uie bo-op pak.
Na 3 dae, haal boud uit marinade, smeer met appelkooskonfyt, plaas in swaarboom kastrol of ysterpot. Gooi marinade oor en prut vir ongeveer 3 ure tot goud bruin en gaar.
Draai gereeld om terwyl gaar maak. Indien te min vloeistof, kan 250ml water bygevoeg word.
Haal boud uit sous. Laat heeltemal afkoel, sny in skywe en plaas op opdienskottel.
Meng die mielieblom en souspoeier met bietjie water en gooi by die kookvloeistof in die kastrol om dit te verdik. Kook goed deur, gooi oor die gesnyde vleis en bedien.
Indien jy die boud heel wil hou, pak geblikte pynappelringe bo-op nadat dit gaar is, en sit vir 15min in die oond by 180 Grade, bedien dan die sous apart.
.

Helena Kruger
WILDSVLEIS GHOELASJ

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1,2 kg koedoe-ghoelasjvleis (of ander wildsvleis)
75g koekmeel
50 ml olyfolie
2 groot rooi-uie, in skyfies gesny
6 knoffelhuisies, fyngedruk
500 g dwergsampioene, in skyfies gesny
125 ml rooiwyn
30 ml tamatiepasta
30 ml heelkorrelmosterd
30 ml mielieblom
500 ml wilds- of beesvleisaftreksel
5 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
6 jong worteltjies, geskil en in skyfies gesny
6 babapreie, in skyfies gesny
'n takkie elk vars tiemie, roosmaryn en origanum
gekapte vars pietersielie vir garnering
1 Geur die vleis met sout en peper en sif 'n bietjie meel oor. Verhit van die olie in 'n kastrol en verbruin die vleis bietjies-bietjies. Skep die vleis uit die kastrol en pak dit in 'n oondbak.
2 Gebruik dieselfde kastrol en soteer die ui, knoffel en sampioene. Gooi die rooiwyn en tamatiepasta by en kook dit af. Roer die mosterd en mielieblom by die aftreksel, en gooi dan die aftreksel, aartappels, wortels en preie in die kastrol. Verhit dit tot kookpunt. Haal dit van die plaat af en gooi die inhoud van die kastrol oor die vleis in die oondbak. Voeg die vars kruie by en bak dit met die deksel op vir ongeveer een uur of tot die vleis en aartappels sag is. Garneer dit met gekapte vars pietersielie en sit dit voor met rys. Louisa Holst Idees!♥ .

WILDSPASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1.5kg skenkels met vleis aan of opgesaagte nek
½ pakke ontbytspek of 2 russians opgesny
1 teel sout
1 ui gekap
250g vars sampioene of 1 blikkie
25ml asyn
Peper na smaak
4 heel naeltjies
15ml worcestersous
2 teel bisto
KORS
125ml meelblom
2 teel bakpoeier
Knippie sout
2 eetl botter
½ kp melk
1 eier
Bedek skenkels met water in dikboomkastrol. Voeg asyn, naeltjies, uie, sout en peper by en kook vir 3-5 uur oor matige hitte tot sag. (kan ook in in die druk koker gedoen word, dan is die tyd baie korter.) Voeg nou die ontbytspek/Russians en sampioene by en kook nog vir 30 min. Verdik nou die sous in die kastrol met bisto en worcestersous. Skep oor in vuurvaste bak. Maak pasteikors.
Sif al die droe bestandele . Vryf botter met vingerpunte in die meel in. Klits die eier en voeg die melk by. Meng die meel om ‘n slap deeg te vorm. Skep met lepel oor warm gaar vleis en bak vir 10min by 200 grade tot goudbruin. Geniet hom… (Greeff Heydenrych  .


WikusandBetsy Viljoen
Vir enige wildsboud

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Knoffel huisies
vark spek of bacon ( in klein blokkies gesny)
brood in blokkies gesny
room
sout en peper
rol die brood blokkies in die room en sout en peper..Druk die lem van 'n skerp mes in die vleis in aan albei kante van die boud. Dan stop jy elke gat met 'n blokkie brood, 'n blokkie spek/bacon en 'n huisie knoffel. Sit die boud dan in die oond pan en gooi room oor en 'n bietjie water. Sit die deksel op en bak in 'n matige oond vir so 1-2 uur tot lekker sag en gaar(afhangend van hoe groot die boud is). Moet nie oop bak nie want anders is dit te droog. Dan maak jy 'n lekker sous met die vloeistof wat oorbly en sous poeier.Heerlik en is altyd 'n wenner. Die geheim van wildsvleis is dat jy room en knoffel moet by sit want dit is baie droog.



 




GESTOPTE VETDERM

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 vetderm van Koedoe of Gemsbok
Niere
½ lewer
5ml knoffelvlokkies
2.5ml sout
25ml asyn
25ml worcestersous
Peper na smaak
1 ui in blokkies gekap
Was die vetderm goed af. Dop dit om sodat die vetkant binne is. Plaas dit in ‘n sterk sout oplossing vir 1-2 ure.
Verwyder al die vliese van die lewer en niere en sny in klein blokkies. Voeg asyn, worcestersous en speserye by en meng goed. Bind die vetderm goed toe en stop die blokkies in die derm. Bind elke 20cm af, en bind die end ook goed toe. Braai baie stadig oor matige kole tot gaar.
Bedien warm saam met vars brood en botter.

LEWERWORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 hart, lewer en niere van wildsbok
2 uie in kwarte gesny
¾ k broodkrummels
½ eetl koekmeel
1 ½ teel sout
Peper na smaak
1 eier geklits
Verwyder vliese van niere en lewer. Sny hart, lewer en niere in blokkies
Meng vleis, brood, uie en speserye en maal alles saam. Voeg nou die eier en koekmeel by en meng goed. Stop in derms en braai oor kole soos boerewors..


LEWERSMEER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 lewer ontvlies
500ml botter
2 groot uie gekap
15ml – 20ml sout
10ml suiker
Knippie van elk: neut, naeltjies en peper
25ml brandewyn
Soteer uie in die helfte van die botter. Bak die lewer in die ander helfte van die botter. Maal nou die lewer en uie deur ‘n fyn siffie. Voeg alle ander bestandele by en meng deeglik. Maal alles weer vir ‘n tweede keer. Plaas in glashouer en bewaar in yskas. Bedien op growwe brood..

WILDSLEWER IN SUURSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 lewer en niere
500ml room
5ml sout
1 ui gekap
Peper na smaak
25ml maizena
450ml asyn
Olie vir braai
Sny lewer en niere in klein blokkies. Braai lewer, niere en uie in olie en bietjie water. Plaas deksel op pot en prut vir 10-15 min. Meng nou die room, maizena en asyn en roer dit stadig by die gaar lewer en niertjies.
Bedien saam met roosterbrood of lekker stywe mieliepap..

Helena Kruger
Sous vir Wildsharte

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
190ml pitlose rosyne
60ml hanepootwyn
375ml vars room
Maal of verpulp die rosyntjies. Meng alles en verwarm dit oor matige hitte.[roer aanmekaar anders brand dit.Bedien die sousie saam met jou wildsharte warm of koud.Sny jou harte in repies en plaas op n stukkie foelie op n bakplaat geur dit heerlik met speserye en maak n pakkie[vou stuif toe] en bak in jou oond[160*C] vir so 2h tot lekker sag gooi die sous oor of bedien dit apart heerlik.!!!Gekry by een van my Jagters vriende!!17/6/10♥ .


FYN GESTOOFDE WILDSVLEIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1kg wildsvleis, nek, bors, bene ens.
200g varkspek
10ml sout
10 peperkorrels
2 lourierblare
6 naeltjies
Knippie peper
25ml asyn
50ml rooiwyn
Plaas stukke vleis en spek in swaarboonkastrol, voeg, naeltjies en peperkorrels by, bedek met water. Kok vir 3-4 ure tot sag. Voeg res van die speserye by ne 2 uur se kook. Verwyder al die beentjies en senings en vlok die vleis fyn. Hierdie vleis kan lank gevries word. Gebruik suurroomkors om pastei te maak.

SUURROOMKORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
375ml koekmeel
1 ml sout
125ml botter
125ml suurroom
Sif meel en sout saam, vryf botter met die vingerpunte in die meel in. Voeg nou die suurroom by om ‘n stywe deeg te vorm. Rol die deeg uit en plaas bo-op vleis. Bak vir 20-30 min by 200 Grade C tot ligbruin en bedien warm.

WILDSTEAK BLINDEVINKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
6 -8 plat skywe kudu of wilds steaks
1 pakkie bacon sonder swoerd
Sout/peper/fondor/braaivleisspeserye
1 groot lourierblaar
5 swart peperkorrels
Suurlemoensap
250ml room
125ml skaap of varkvet of botter vir braai
Kap vleis liggies aan werskante met vleishamer. Geur liggies met sout,peper,fondor en braaivleisspeserye. Plaas bacon op steak en rol op. Steek vas met tandestokkie.Sprinkel nat met suurlemoensap. Sit in kastrol en braai tot gaar in vet. Moet mooi bruin wees, gooi room oor, sit swart peperkorrels en lourierblaar by en prut vir 10-20 min.
Dien op met rys en gebakte aartappels. *Greeff Heydenryc  .


GEKRUMMELDE WILDSFILETTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Enige groot filet of rump
Ontsening en sny in skywe, .
Meng 410g ingedampte melk of karringmelk,
25ml aangemaakte mostert en
15ml worcestersous.
Marineer vir 2 dae in hierdie mengsel. Haal filette uit en droog af.
Berei krummelmengsel in plastieksakkie:
Krummels, sout, swart peper, Maggie-geursel en 25ml maizena. Plaas vleis in sakkie met krummelmengsel en skud goed. Haal uit en sit in die yskas vir 2 ure. Verhit olie in ysterpot, braai albei kante tot bruin. Plaas op opdienbord. Sit op elke filet ‘n kaaswiggie. Plaas terug in die oond (grill) tot kaas gesmelt het. Pasop vir brand.
Bedien met chips en mengelslaai.
*Elsa Fletcher – wildsvleis “Daar doer in die Kalahari..



ROOIBOKBLAD IN KARRINGMELK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
1 Rooibokblad
5ml sout,
2ml peper,
30ml olie,
30ml botter,
2 uie gekap,
2 knoffelhuisies gekneus,
500ml karringmelk,
2.5ml fyn koljander,
5 peperkorrels,
2 lourierblare,
4 heel naeltjies
50ml room.
Ontbeen jou boud, sout en peper, en rol hom op en bind dit vas. Verhit jou olie en botter en verbruin die rol. Voeg jou uie en knoffel by en verbruin dit tot mooi deurskynend. Voeg alles by [behalwe jou room] Plaas jou deksel op en bak dit vir so 3h by 160*C. Haal jou blad uit en gooi die vleissousie deur n sif en voeg die room dan by. Bedien jou sous saam met jou vleis . Baie lekker saam met vars klein aartappels en ouma se rys, Helena

 


 Luzel Middleton
WILDSBOUD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
My man kom al jare met wildsvleis by die huis, beste en maklikste manier, Italian slaaisous. Vir n boud gebruik so twee botteltjies, gooi oor boud, marineer vir n volle dag deur heeltyd boud te draai. Voor gaarmaak stop met spek en knoffel. Ons sit wildsboud vir 25min per 500g in oond, hou net dop, kan vinnig droog word. 



Derick Lambrechts

Blouwildebees het geen wilde smaak nie, dis van die lekkerste wilds vleis wat ek nog geeët het. Ons het steaks gesny en dit nes bees gebraai. N mens wat nie weet wat hy doen nie kan die beste beesfilit ook laat sleg smaak. Laat weet my wat jy daarvan dink.....smaak verskil mos.

Yolandi Lamprecht
Ja, ons maak blouwildebees en Kudu soos bees gaar - braai net in botter in 'n pan en maak 'n lekker Peper of Sampiooen sous daarby - heerlik!!
 Karin Venter Hoffmann
Om die wild smaak uit wildsvleis te kry moet die karkas hang soos enige ander karkas. Watse snitte wil jy voorberei, fillets, loins of is dit met bene in?

Karin Venter Hoffmann
Die fillet vat jy en laat hom kamer temperatuur word. Dan vat jy bacon en wrap die fillet in bacon, die fillet is nie so groot nie omtrent so 1,4 kg. Moet hom nie sny nie maak hom as geheel gaar. Gooi gewone speserye op soos met bees, wrap hom en sit foelie oor. Bak dan in oond vir so 30 min en dan maak jy dit oop sodat dit net effens 'n bruin kors braai. Onthou enige wildsvleis het nie vet nie en jou bacon dien dan as sy vet. Moet dit nie meer as medium gaar maak nie. Sy steaks kan jy in olyf olie laat le met suurlemoen en sout en peper en dan ook braai op oop kole. Of jy kan 'n marinade voorberei met yogurt. Laat dit ook "ontdooi" tot kamer temp voordat jy dit marineer. Kookvleis word meestal net gebruik vir pastei maar ook suksevol as wildspot met gewone "bees" speserye, uie wat jy saam braai en dan kan jy rooi wyn gebruik om dit in te braai. Laat weet as daar nog iets is

Antoinette Groenewald Naude
Wildsvleis proe wild omdat mense allerhande speserye ingooi. Maak dit gaar soos beesvleis selfs die kookvleis dit is heerlike vleis en jy kan dit op enige manier gaarmaak  


SPRINGBOK PASTEI


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.htmlGemaak deur die studente van die Olive Sjefskool buite Bloemfontein.
Bestandele:
Vulsel:
2 kg Springbokvleis sonder been (enige deel), in blokkies gesny
1 e botter
1 e olyfolie
1 ui, gekap
1 wortel, gekap
4 lourierblare
4 naeltjies
12 ‘allspice’ bessies
60 ml asyn
125 g spek, gekap
½ t fyn koljander
½ t neutmuskaat
1 e kweperjellie
2 e soet rooiwyn
1L beesvleisaftreksel
sout en pepper, na smaak 

Deeg:
1 rol blaardeeg, ontvries
Metode:
Verhit die olyfolie en botter en braai die vleis, ui, en wortels tot ligbruin.
Gooi al die ander bestanddele by en prut 2 ure tot die vleis sag is.
Skep die vlies uit en verminder die vloeistof tot relatief dik. Indien nodig verdik met mielieblom.
Meng in by die vleis.
Rol die deeg uit en gebruik om ramekins of ‘n pasteibak uit te voer (hou genoeg eenkant vir die bo-kant).
Plaas die vulsel in die middel en maak toe met deeg bo-op.
Maak seker daar is ‘n spasie vir die lug om te ontsnap.
Bak by 180°C 20 minute tot goudbruin.
Wil jy jou eie deeg maak? Hier is ‘n resep:
Sif 500g meel en 2t sout saam.
Maak ‘n gat in die middel.
Smelt 175g varkvet of botter saam met 1 koppie water.
Roer in by die meelmengsel met ‘n houtlepel en werk dan deur met jou hande.
Laat dit staan 5 minute voor jy dit uitrol en gebruik.
Bron: Pasella Resepte 
Wildspastei
Marietjie Koekemoer Swanepoel
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html

Boudvleis is effe te droog vir pasteimaak. Gebruik wildsskenkel selfs rib of nek. Kook die vleise op met lamsskenkel in soutwater. Geur met bruin asyn, witpeper, heel naeltjie ( so 3) en gerasperde heel neut. Ek skroei koljandersade en maal dit dan saam met 'n korrel of 5 pimento. Voeg by. Wanneer die vleise van die been afgekook het, flok dit en verwyder alle beentjies. In Leipoldt se boek word daar verwys na garingvleis. Jou vog moet nie te veel wees in jou eindproduk nie, anders kook die deur jou kors. Vir die kors kan jy self een maak van bruismeel, sout, gerasperde botter en as vog yskoue sodawater en 'n skoot brandewyn. Rol 3x uit, sit in yskas in tussenposes. Of andersins, koop een. Bak jou pastei teen 180grade C vir ongeveer 50 min tot die kors bruin en bros is. Bedien met droëvrugte wat oornag geweek is in portwyn, 'n droë lemoenskil en kaneelstok. Voeg n hoogvol telepel vlapoeier by wanneer jy die opkook. Wonderlike metgesel. Asook vars groen ertjies. Kweper natuurlik komplimenteer wildsvleis gunstig. Hierby die kors foto. Stuur nou 'n foto van die wilsdpastei aangesien ek net een kan aanheg. 
.





Sanelda Du Toit 
WILDSVLEIS MARINADE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html
Ek gaan vir jou n marinade gee wat jy aanmaak en hom dan daarin laat le voor jy hom gaarmaak. Ekt verlede jaar n wildsboud present gekry te same met die marinade resep, dit was BAIE leke! 
Stop jou wildsboud mt spek. 
500ml karringmelk. 
15ml knoffel. 
15ml aromat. 
10ml peper. 
250ml olyfolie. 
25ml Worcestersous. 
10ml mosterdpoeier. 
25ml suurlemoensap

Meng alles en gooi oor: Marineer vir (dag en nag)  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html 



SKAAP SKENKEL EN KERRIE POT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wildvleis-resepte.html

**by/deur Vleisland Resepte**
( Ek het hierdie al met Rooibok, en Springbok skenkels ook gemaak)

4 lekker groot skaap skenkels/Wild skenkels
1 eetlepel sout
1 teelepel peper
1 teelepel koljander
1 teelepel neut muskaat
2-3 heel naeltjies.of so 1/2 teelepel fyn naeltjies.
1 teelepel Borrie
1 teelepel kerrie
1 eetlepel asyn
1 eetlepel APPELKOOS JAM..
1 groot ui
1 groot Aartappel..
1/2 koppie room net so voor opskeptyd..

Kook n lekker potjie rys saam..so gebraaide rys..en geniet.

No comments:

Post a Comment