Tuesday 29 January 2013

VOLSTRUIS RESEPTE

VOLSTRUISNEKhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html
Laat so n half uur in asyn water le en spoel goed af.
Plaas in jou drukkoker vir 60min. met1k blokkies varkspek, uie, seldery en blokkies wortels [so n half koppie] en so 1+half k hoenderaftreksel,en 30ml asyn

Maak oop en voeg sout,pepper, bietjie naeltjies, bietjie neut, 1 pakkie tamatie Paste,2t appelkooskonfyt by
Voeg ook nou jou aartappels en stukke wortels by en maak toe en kook nog 20min.
Maak oop en verdik jou sousie met bietjie Mielieblom[gemeng met water]


N.S>amper so n Soet-Suur sousie..Helena Kruger.17/01/13
 Murgsag en Heerlik**Helena Chilli Kruger

Dalene Brits

VOLSTRUISNEK VIR FYNPROEWERS


1 volstruisnek
Stukkie vet skaap-of beesvleis
1 groot ui
1 liter gemmerlin
1 blik (410g) tamatiepuree
1 blik (410g) heel tamaties
Halwe pakkie sampioene
2 beesvleisekstrakblokkies
1 pakkie tamatieroomsop-poeier
250 ml vars room
METODE:
Kook die volstruisnek saam met die skaap-of beesvleis en ui tot amper sag in die gemmerlim. Voeg die puree, tamaties, sampioene en ekstrakblokkies by en kook tot sag. Meng die soppoeier en room goed, voeg by en laat prut 2 minute.
Landbouweekblad 24 Desember 1999
Ek het die room weggelaat en nee jammer, daar was nie tyd vir 'n foto nie. Ha ha

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

Helena Kruger
VOLSTRUISKERRIE 
• 1 kg Volstruissteak OF -ghoelasj
• 2 eetlepels olie
• 2 uie, fyn gekap
• 2 knoffelhuisies, gekneus
• 2 klein groenrissies, fyn gekerf
• 5 cm stukkie gemmer, gerasper
• 1½ teelepels borrie
• 2 teelepels gemaalde komyn
• 3 teelepels gemaalde koljander
• ½ - 1 teelepels rissiepoeier
• 1 - 1½ teelepels sout
• 425 g blik fyn tamaties
• 125 ml kokosroom
Metode:Sny die vleis in blokkies. Verhit die olie in ’n groot swaarboompan (met deksel). Braai uie 10 minute oor medium hitte tot goudbruin. Roer dikwels. Voeg knoffel, rissies en gemmer by, en braai nog 2 minute. Wees versigtig om die mengsel nie te brand nie.
Meng die borrie, komyn, koljander en rissiepoeier in ’n klein bakkie. Voeg 2 eetlepels water by en roer tot ’n gladde pasta. Voeg by mengsel in pan. Roer aanhoudend vir 2 minutes.
Voeg die vleis bietjie vir bietjie by en roer goed totdat die vleis met speserye bedek is. Dit is belangrik dat die vleis goed bedek moet wees en bruin gebraai word. Voeg sout by en roer die ongedreineerde tamaties by. Bring tot kookpunt. Bedek pan en verminder hitte tot laag.
Laat 45 – 60 minute prut totdag die vleis sag is. Roer kokosroom 30 minute voor die einde van kooktyd by. S.A.Volstruis 28/7/10
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

Helena Kruger
VOLSTRUISSTEAK-VOORGEREG 
• 3 volstruissteaks
(±100 g elk, 20 – 25 mm dik)
• 2 eetlepels olyfolie
• seesout en grofgemaalde swartpeper
Metode: 

Geur beide kante van steak met sout en peper. Sit 1 uur lank in yskas. Haal uit en hou dit nog een uur lank by kamertemperatuur voor gaarmaak. Verhit olyfolie tot baie warm. Klad vog op steaks met kombuispapier en braai 3 – 7 minute, afhangende van hoe gaar jy van jou steak hou. Verwyder steaks van die pan en plaas in opdienbord. Sny in dun skywe en bedien dadelik.
Bedien met kruierysous (monkeyglandsous). 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

Tersia de Wet
KRUIERYSOUS
• 2 eetlepels olie
• 1 groot ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• ½ koppie water
• 410 g blik heel geskilde tamaties
• 1 koppie tamatiesous
• ½ koppie Worcestershire-sous
• ¾ koppie vrugteblatjang
• ¼ koppie bruinsuiker
• 2 eetlepels asyn
• 1 teelepel Tabascosous
Metode: Verhit olie in swaarboomkastrol en sauté uie en knoffel tot sag. Voeg oorblywende bestanddele by en laat 30 minute oor lae hitte prut terwyl af en toe roer. S.A.Volstruis 28/7/10 ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

Helena Kruger
VOLSTRUISGHOELASJ-SOP
• 650 g volstruissteak
• 125 g volstruis-bacon
• 2 eetlepels olie
• 1 groot ui, gesny
• 2 knoffelhuisies, gekneus
• 1 teelepel paprika
• 1 teelepel karwysaad
• 40 ml meelblom
• 5 ml bruinsuiker
• 400 g blik tamaties (fyn)
• 4 koppies beesvleisaftreksel
• 2 medium aartappels in klein blokkies gesny
• Suurroom vir garnering
Metode: Sny vleis in klein blokkies. Verhit olie in ’n groot swaarboompan en braai klein hoeveelhede vleis en bacon tot bruin, en hou eenkant.
Voeg die ui in pan en kook 5 minute tot sag. Voeg knoffel, paprika en meelblom by en kook nog 'n minuut. Voeg karwysaad, ongedreineerde fyn tamaties, suiker, aftreksel en vleis by. Roer. Bring tot kookpunt en laat prut.
Voeg aartappels by en laat prut nog 30 minute totdat aartappels en vleis sag is.
Bedien kokend warm.
Garneer met ’n klont suurroom en ’n knypie paprika. S.A.Volstruis 29/7/10 ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

Helena Kruger
TUISGEMAAKTE VOLSTRUISBURGERS
• 500g volstruismaalvleis
• 1 ui, gekap en gebraai
• 1 knoffelhuisie, gekneus
• 1 eetlepel kappertjiesaad, gekap
• 2 ansjovisfilette, gekap
• 1 teelepel Worcestershiresous
• 1 sny volgraanbrood, gekrummel en geweek in
• ¼ koppie water
• 1 eier, geklits
• sout en gemaalde peper na smaak
• olie vir gaarmaak
• 6 sagte broodrolletjies
• 3 tamaties, in skywe gesny
• blaarslaai
Metode: Knie die maalvleis, uie, knoffel, kappertjiesaad, ansjovisfilette, Worcestershiresous, brood, eier, sout en peper saam.Verdeel in 6 en vorm patties. Bevog met olie en panbraai tot mooi bruin en gaar. Bou burgers met res van bestanddele. S.A.Volstruis 29/7/10 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html



Helena Kruger
Volstruis roereier
Een volstruiseier is normaalweg genoeg vir 10 tot 12 persone.
Die volstruiseier moet goed geklits word.
Voeg ¾ koppie melk by vir elke koppie eier.
Voeg sout na smaak by.
Smelt ’n bietjie botter in ’n pan oor lae hitte.
Gooi die geklitste eier by en roer aanhoudend tot dit gestol is.
Onthou dat die pan nie te warm moet wees nie 28/10/11
En dan as jy klaar kosgemaak het doen dit en gee vir iemand wat dit nodig het!!!!!
GALSTENE…Brand ‘n volstruiseier se dop tot as…en maal tot fyn poeier. Neem nou 1 mespunt van die poeier…1 eetlepel suurlemoensap en ‘n paar druppels suurlemoensap en meng goed. Drink 3 maal per dag so ‘n dosis om die galstene af te werk.!!!!!28/10/11
Bake at 350°F (175°C) 45 minutes
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html


 




Helena Kruger
Gerookte volstruisboud en volstruiseier
Kook 'n vars volstruiseier in 'n diep kastrol vir sowat 'n uur en 15 minute. Dis belangrik dat jy die eier gedurende die eerste 30 minute gereeld omdraai om te verseker dat die dooier (geel gedeelte) in die middel bly. Haal uit, plaas in koue water en laat afkoel. Maak
seker dat die eier goed koud is voordat jy dit met 'n hamertjie oopbreek en afdop.
Sny skywe met elektriese broodmes en bedien elke porsie met die
volgende sous:
30 ml mayonnaise
5 ml gegeurde sout
varsgemaalde
swartpeper
15 ml gekapte ui
vinkel en pietersielie vir
garnering
Plaas gerookte volstruisboud, wat in dun repies gesny is,
langs eier en garneer met 'n vars slaai.
Wenk: Een volstruiseier is genoeg vir sowat tien mense. “Karin du Toit van die gastehuis en plaas La Plume, buite Oudtshoorn” 28/10/11

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

Riaan Botes
VOLSTRUIS FILLET EN SALIE
30 ml olie
15 ml botter
1 x 300 g volstruisfilet, in porsies gesny(EK HOU VAN DIT BAIE DUN GESNY)
60 ml salieblare
60 ml sjerrie
Seesout en swartpeper na smaak
125 ml room
125 ml flou vleisaftreksel
Verhit olie en botter in ’n plat, oondvaste swaarboompot en braai die vleis daarin tot goudbruin. Skep uit die pan. Voeg die helfte van die salieblare by en braai vir ’n paar sekondes.
Voeg die sjerrie by en laat afkook. Geur goed en voeg die room en aftreksel by. Verhit tot kookpunt en skep die vleis terug. Laat prut vir 10 minute. Bedek en hou warm. Skep vleis op die polenta en garneer met die orige salie.
 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

Deon Huysamen
VOLSTRUIS FRIKADELLE
Volstruismaalvleis geneem, en die volgende daarmee aangevang: In die voedselverwerker het ek 4 geskilde groen appels, kwart ui, bietjie sout, kwart koppie baebeque sous, koppie fetakaas, 1/4 koppie chutney fyn gefoeter! Ek meng dit toe met die maalvleis asook 'n koppie rou oats en rol frikkadelle want dit was te pap vir sosaties.
Die wgrap ek toe in ontbytspek en plaas 'n ui dekseltjie bo-op wat Julia laat lag het en sê het: "Jôi, you make pretty food..".
Ek bak dit toe teen 181,23 grade in die oond vir naastenby 45 minute. Dit proe glad nie sleg nie! In die oond vir geselskap is daar 6 Abri patats in tinfoelie geplaas en ek gaan nou met 'n vurk goggalotsh of hulle gaar is!olstruismaalvleis geneem, en die volgende daarmee aangevang: In die voedselverwerker het ek 4 geskilde groen appels, kwart ui, bietjie sout, kwart koppie baebeque sous, koppie fetakaas, 1/4 koppie chutney fyn gefoeter! Ek meng dit toe met die maalvleis asook 'n koppie rou oats en rol frikkadelle want dit was te pap vir sosaties. Die wgrap k toe in ontbytspek en plaas 'n ui dekseltjie bo-op wat Julia laat lag het en sê het: "Jôi, you make pretty food..". Ek bak dit toe teen 181,23 grade in die oond vir naastenby 45 minute. Dit proe glad nie sleg nie! In die oond vir geselskap is daar 6 Abri patats in tinfoelie geplaas en ek gaan nou met 'n vurk goggalotsh of hulle gaar is!

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

Helena Kruger
VOLSRUISNEK BREDIE
Bestandele:
1 Kg Volstruisnek
1 stuk varkspek in blokkies gesny
2 Groot Ui in skywe gesny
4 tot 5 Aartappels in kwarte gesny
2 Wortels in ringe gesny
1 koppie rooiwyn
½ koppie beesaftreksel
Long pepper of swart peper
Sout
30 mℓ olyfolie
1 teelepel droё koljander blare of hand vol gekapte vars koljander
1 teelepel droё tiemie of hand vol gekapte vars tiemie
½ teelepel Gemaalde Koljander
⅛ teelepel Gemaalde Neut
3 Naeltjies
2 huisies knoffel
2 tot 3 loerierblare
3 tot 4 anchovie fillets
Metode:
Verhit olie in swaarboom pot, braai uie en in pot tot deurskynend en verwyder met gaaitjies lepel uit pot. Braai die volstruis nek stukke tot bruin, voeg die varkspek, anchovies, wortels en uie by en braai nog ‘n minuut of twee. Voeg die res van die bestandele behalwe die aartappels by, bring tot kookpunt. Verlaag die hitte sodat die pot net prut, laat prut vir so 1 ½ uur, voel of die vleis al sag is, indien so, voeg die aartappels by en prut tot sag.Indien nog vloeistof benodig word gedurende die kookproses, voeg bietjie water by, maar wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie. Bedien met rys.Kosmater 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html


VOLSTRUIS FRIKADELLE:
 [OUBAAS]
1 dik sny wit brood, korsies verwyder
500g volstruis maalvleis
1 uie, geskil en in blokkies gesny
1 groen appel, geskil, ontpit en gerasper
125ml vrugte blatjang
10ml sout
swart peper
25ml gekapte vars pietersielie
1 ekstra groot eier
37.5ml sonneblom olie
410g blik room tamatiesop

Verhit die oond tot 180C. Sit die brood in 'n bakkie en bedek met koue water. Laat dit staan tot meeste van die water geabsorbeer is. Pers die water uit die brood tussen jou hande en verkrummel die brood in 'n ander bak. Voeg die volstruis maalvleis, uie, appel, blatjang, sout, peper, pietersielie en eier by die brood. Meng goed. Vorm 20 klein frikadelle met jou hande. Verhit die olie in 'n groot braaipan. Sit die frikadelle in die pan en braai totdat hulle eweredig bruin is. Dreineer op papierhandoeke. Plaas in 'n 2 liter oondbak. Gooi die sop oor die frikadelle en bak vir 40 minute. Draai elke nou en dan en gooi die sop met 'n lepel oor totdat die frikadelle gaar is en die sop borrel. Bedien met pap en strooi gekapte pietersielie oor indien verkies. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/volstruis-resepte.html

No comments:

Post a Comment