Thursday, 31 January 2013

WORTELS GEREGTE




Liana Barnard Claassen

HEUNING EN LEMOEN WORTELS 

Kook die sap en skil van een groot lemoen en sit so 3~4 Eetlepels heuning by en lekker klont botter. Biki sout. Dan kook jy wortels tot amper sag en dreineer dit. sit sousie oor en stowe verder tot sag!  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wortels-bone-mielies.html




HEUNINGWORTELS
500g babawortels[ of in repies gesny]
80ml botter
80ml heuning
45ml bruinsuiker
Metode:
Kook wortels in kokende water vir so 5min.
Dreineer goed.
Smelt jou botter, heuning en suiker in n pan of in jou kastrol
Laat dit prut tot ligte karamel
Voeg jou wortels by en roerbraai dit stadig vir so 5-8min tot mooi blink en glanserig. "Helena Kruger"7/12/10  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wortels-bone-mielies.html


OONDGEBAKTE SOETWORTELS

2 kp gerasperde rou wortels
½ kp melk
2 eiers
2 eetl botter
Knippie sout
1/2k droë broodkrummels
½ kp suiker
Metode:
Meng botter en suiker. Voeg gekliste eiers by, dan melk en sout.
Roer krummels en wortels in.
Gooi in vuurvaste oondbak en bak vir 30-40min by 180°C tot gaar en ligbruin.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wortels-bone-mielies.html


GEELWORTELGEBAK
30ml botter of margarine
250ml sagte witbroodkrummels
250ml melk
750 geskilde gerasperde geelwortels
125ml suiker
2 eiers geklits
10ml bakpoeier
5ml sout
Voorverhit die oond tot 190°C.
Plaas die botter/margarine in ‘n oondvastebak , nie te groot nie, en plaas dit in die oond om te smelt.
Week die broodkrummels in die melk totdat hulle uitgedy is.
Meng die broodkrummels, melk, geelwortels, eiers, bakpoeier en sout saam.
Skep dit op die gesmelte botter/margarine in die bak.
Bak die gereg 30min of tot dit gestol het.
Sit dit warm voor.
Die gereg is ‘n pragtige oranje kleur en sal heerlik wees saam met braaivleis , of sommer net saam met lekker gekookte kos. *Wenresepte

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wortels-bone-mielies.html


Daleen van Staden
Baba wortels
Ek maak altyd die baba wortels maar het nie n resep nie sommer so nagedate.
1kg babawortels.
Grootblik Pynappelstukke
suiker
sout
mielieblom
Metode:
kook wortels in pynappelstroop en suiker aangevul met bietjie water maak mielieblom pasta verdik sous voeg pynappelstukke by en kook vinnig deur. Baie lekker

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wortels-bone-mielies.html


Elda Lombard
Gebakte wortel gereg
250 ml melk
500 ml gemaalde rou wortels
250 ml gaar aartapels
120 ml gerasperde kaas
5 ml bakppoeier
2 eiers
METODE
Meng al die bestandele BEHALWE die kaas
Plaas in n bakskotel. Strooi kaas oor. En bak in n matige oond  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wortels-bone-mielies.html

Elda Lombard
Ouma bak en brou
Soet worteltjies
Ek het grootgeword met die resep, en hou van iets soets saam met hoender.
Veral saam met spruitkool, omdat dit effens bitter is
700 g heel wortels
3 eetlepels bruinsuiker
100 g botter
sout na smaak
Dompel die wortels in kookwater en kook vir 5 minute.
Smelt die botter saam met die bruinsuiker.
Die suiker sal nie heeltemal smelt nie en dit gaan lyk of die botter en suiker skei. Hou net aan met roer en bring tot kookpunt. Kook die mengsel vir so 5 - 10 minute tot dit n karamelsous vorm.
Voeg die wortels by en roer goed. Jy moet seker maak die worteltjies word goed bedek met die karamel. Kook stadig vir nog 10 minute en geur met sout.
   
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wortels-bone-mielies.html

SOET WORTELS MET VLA

Kook jou wortels sonder sout tot gaar maar nie pap nie. Water af en kook die meeste water weg. Gooi botter by saam met stoop en suiker na smaak. Roer deur tot suiker gesmelt het oor lae hitte. Gooi 30ml vlapoeier by en roer deur tot al die poeier op gelos is en gaar is.
Petro Botha.   http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/wortels-bone-mielies.html



 

No comments:

Post a Comment