Thursday, 31 January 2013

GAARMAAK METODES / SOUSE



Rina De Bruyn
HEERLIKE KAAINGS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html

Ek vat skaaplies. Sny in blokkies en sit in pot. Dan gooi ek bietjie asyn by (vat die wilde smaak bietjie weg. Braai tot amper bruin. Dan gooi ek bietjie melk en sout by. Die melk maak hom lekker bros en goud bruin. Dit is njammies. As die kinders kom kuier op die plaas, soek hul die pap en kaaings









Helena Kruger
MAAK VAN KAIINGS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
Gebruik n skaap se lies en sny dit in repe**sny dit dan klein blokkies en braai dit in n warm pan..ysterpot..tot lekker crispy**gooi sout en whalla***
Of sny varkspek in repe[met randjie aan] en dan in blokkies[skerp mes] en braai dit stadig ui...tot crispy.en dan maal dit met n growe meule en gooi sout en peper by en smeer op jou brood of eet dit saam met jou pap**Ja moenie lag nie Koningskos**en die vet wat jy uitgebraai het gooi in bottels en plaas in jou yskas ..ook dit is Heerlik met sout en peper op vars brood***Whalla***Baie van ons het grootgeword met dit op die etenstafel***7/5/12 Helena Chillie Kruger**


VARKTJOPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
MENG DIE VOLGENDE EN GOOI OOR VARKTJOPS VOOR JY DIT IN DIE OOND ROOSTER –
GENOEG VIR 4 TJOPS
30ml olyfolie
60ml sojasous
30ml bruinsuiker
30ml suurlemoensap
¼ ui baie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyngedruk
Sit die tjops in ‘n oond pan, meng die sousie en gooi oor die tjops.  Rooster die tjops vir ongeveer 25min of tot net gaar.  Sit voor saam met heerlike kapok aartappels *Idees**.


Dries Von Weidtz
DRIES SE VARKBOUD “RUB

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
Lekker "rub" (soos die ingelse se) vir vark is : 1 tl sout , 1tl swart peper , 3 eetl paprika , 3 eetl bruin suiker . Marineer boud daarin vir so n paar ure ., Sit in die oond of slow cooker en maak stadig gaar..


LEKKER SPARE-RIB SOUSIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
1 Klein botteltjie soja-sous
5 e Goue Stroop
2 e Tamatiesous
1/2k Asyn
4 Knoffelhuisies gekneus
2 e Blatjang
Sap van 1 Suurlemoen
Meng alles en gooi oor jou vleis.
Marineer dit oornag
Bak in die sousie tot sag.***Annemarie-van Heerden. 12/3/12.





Old-Fashioned Pot Roast

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
From Country Living
Producing a fork-tender, melt-in-the-mouth roast in less than an hour is still one of the pressure cooker's most dramatic feats.
(Adapted from Cooking Under Pressure by Lorna J. Sass.)
1  (about 3 1/4-pounds) beef chuck, substitute round roast, trimmed of excess fat
4 clove(s) garlic (optional), thinly sliced
4 tablespoon(s) vegetable oil
1 pinch(s) salt
1 pinch(s) ground black pepper
1 cup(s) finely chopped onion
1/2 cup(s) finely chopped carrot
1/2  finely chopped celery
1/2  finely chopped parsnip, substitute turnip if desired
2 1/2 cup(s) canned beef stock, substitute bouillon
2  bay leaves
1 teaspoon(s) dried thyme leaves
1 1/2 pound(s) medium-size red potatoes, scrubbed and quartered
3  medium-size parsnips, peeled and cut into 3 or 4 chunks
2 tablespoon(s) all-purpose flour, mashed into 2 tablespoons softened unsalted butter
Fresh thyme leaves (optional)
Directions
If desired, make 3/4-inch-deep, evenly distributed incisions in roast and push one slice of garlic into each.
In 6-quart pressure cooker, heat 3 tablespoons oil over high heat. Add meat and brown well on all sides lifting meat frequently with spatula to prevent sticking -- about 2 to 3 minutes per side. Add extra oil as needed. Season each browned side with salt and pepper, be conservative if you're using canned stock or bouillon. Remove meat to platter and set aside.
In blackened oil remaining in cooker, sauté the chopped onion, carrot, celery, and parsnip for 3 minutes, stirring occasionally, scrape any browned bits from bottom of cooker. Add beef stock, bay leaves, and dried thyme.
Set rack or trivet in cooker and place meat on it, broad side down, so that as much surface as possible submerges.
Lock lid into place, heat to high pressure over high heat. Reduce heat to just enough to maintain high pressure and cook 60 minutes. Let pressure drop naturally for 15 minutes. Remove lid, opening it away from you, to allow any remaining steam to escape.
When pot roast is done, it should be easy to pierce with a fork. If it is not sufficiently tender, lock lid back in place and heat to high pressure for another 5 minutes, let pressure drop naturally.
When roast is fork-tender, transfer to platter, set aside in warm place. Remove rack from cooker. Place potatoes, whole onions, and parsnip chunks in cooker. Lock lid into place and return to high pressure over high heat. Reduce heat to just enough to maintain high pressure and cook 5 minutes.
Meanwhile, slice meat. Reduce pressure in cooker using quick-release. Remove lid, opening it away from you, to allow any remaining steam to escape. With slotted spoon, transfer vegetables to platter around meat, set aside in warm place.
Over high heat, gradually whisk flour-butter mixture into liquid in cooker. Cook, stirring constantly, until mixture thickens -- 3 to 4 minutes. Remove bay leaves and season to taste. Pour gravy over meat and vegetables on platter, sprinkle with fresh thyme, if desired, and serve immediately..


3 Hour Old Fashioned Oven Pot Roast

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
food..
1 (3 -5 lb) bottom round beef roast
salt  & pepper
2 tablespoons cajun seasoning (or seasoning of your choice)
4 medium carrots, cut in 2 inch lenths
2 large onions, quartered
8 medium fresh mushrooms,
whole 12 small new potatoes, scrubbed
1 1/4 cups water, divided (or beef broth)
3 tablespoons water, cold
1 tablespoon cornstarch
Directions: 1 Pre heat oven to 375F degrees. 2 Sprinkle salt and pepper all over roast, place fat side up in dutch oven or roaster; bake uncovered for 1 hour at 375f degrees. 3 Reduce heat to 325f degrees, sprinkle roast with desired seasoning; add 1/2 cup water or broth to roaster, cover and bake for 1 hour. 4 Remove the roaster from the oven; add 3/4 cup water or broth to roaster, add the potatoes carrots, onions and mushrooms, sprinkle them with salt and pepper; cover and roast for another hour or until veggies are tender. 5 Remove roast to platter and slice; surround with veggies, cover with foil and keep warm. 6 Add cornstarch to cold water, whisk and add to roaster, whisk while bringing to boil, simmer for 5 minutes or until thickened; ladel over roast and veggies; serve and enjoy..


Rene Truter Wessels
Gesmoorde vleis

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
Goedkoop vleissnitte is gewoonlik taai en meer geskik vir smoor.
Smoor maak nie net die vleis sag nie, maar sorg ook vir 'n lekker geurige sous.
So min as moontlik vloeistof moet gebruik word tydens die smoor van vleis, dit moet in 'n pot gesmoor word wat 'n deksel het wat goed pas en die pot moet in jou oond pas. Dit word in die oond gedoen sodat die vleis hitte van bo en onder kan kry.
Die basiese proses vir die smoor van vleis of wild verloop as volg:
Verhit 40 ml olie in jou pot.
Wanneer dit begin rook plaas jy die vleis in die pot en braai dit bruin aan alle kante.
Verwyder die verbruinde vleis uit die pot.
Draai die hitte so laag as moontlik en gooi 500 ml opgesnyde groente (byvoorbeeld uie, wortel, seldery en soetrissie) in die pot, plaas die deksel op en smoor dit vir 5 minute lank.
Plaas nou die vleis op die groente, geur met sout en peper en plaas 'n bouquet garni in die pot.
Gooi die vloeistof by soos in jou resep aangedui word. Die vloeistof behoort so 5 tot 7 cm van die bodem af te lê.
Plaas die deksel op en plaas en plaas in 'n 160°C-oond vir die tyd soos in die resep aangedui. Die tyd hang af van die grootte van die vleis. Dit moet 20 minute per 450 g wees plus 'n ekstra 20 minute. So sal 'n 900 g boud byvoorbeeld (2 x 20 minute) + 20 minute = 1 uur in die oond wees.
Jy moet af en toe die vleis bedruip en omdraai.
Verwyder die vleis uit die sous en skep die vet af en gooi dit deur 'n sif. Gooi die groente op jou komposhoop. Al wanneer jy die groente saam met die vleis bedien is wanneer die gaarmaakproses kort was en die groente nog geur behou het.
Jy kan die sous saam met die vleis bedien. Voor dit bedien word kan dit met beurre manié verdik word..





Christina Stienie Breed
MURG GESTOP IN FILLET

Weet jy , my broer het altyd die murg uit die bene gehaal en n fillet oorlangs gesny en met die murg gestop en gebraai!! So as jy dan die Fillet skyfies sny, lê die murg so binne Mmmmm HEERLIK !! 14/6/12***







Martie Fourie Moolman
MURGBENE
Colestrol bom

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
6 murgbene
3 E olyfolie
1 groot ui gekap
3 knoffelhuisies
vars kruie
250ml rooiwyn
250 ml groente aftreksel
maldon sout, swart peper, suurlemoensap
Braai ui en knoffel, voeg alles in pot en prut stadig tot murg sag en liggeel is. Bedien met roosterbrood. Gebruik die oorblywende aftreksel om sop mee te maak.

Berie Vd Velden Smith
OOR DIE KOLE MURGBENE EN ROOSTERBROOD:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
vier murgbene per persoon;

sout en peper; en
roosterbrood.
METODE
Sprinkel albei kante van die murgbene met sout en peper en braai op die kole vir vyf minute aan ’n kant. Maak roosterbrood en sny in vingers. Sit murgbene en brood op bord en bedien as voorgereg. Elkeen kan self die murg uit die bene krap en op die roosterbrood smeer.
MURGBENE
Jewls Rauch
Pieta, ek pak die murgbene mooi netjies in die stoompot en stoom vir 30 minute op hoog. Dan gooi jy daai murg uit in 'n bord, gooi jou gunsteling vleisspesery oor, meng en smeer op roosterbrood wat 'crispy' is. Smeer maar dun want anders kan dit oorw
eldigend wees!! As ons mekaar weer sien gaan ek vir jou Six Gun Spice gee. Dis die ene wat ek gebruik vir die sopbene maar gewone sout en peper met bietjie neut is ook lekker. Little is more....



 
Barbara se Osso Bucco

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
Deur Barbara Joubert, SARIE
Hier kook ons nou ’n bietjie Italiaans. As jy nie kalfskenkels in die hande kan kry nie, is lamskenkels ’n goeie plaasvervanger. Beslis my gunsteling.
50 g botter
1 groot ui, fyngekap
4 wortels, fyngekap
2 selderystokke, fyngekap
2 huisies vars knoffel, fyngekap
8 - 10 kalfskenkels, 6 cm dik gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
na smaak
meel om skenkels in te rol
sowat 90 ml olyfolie
500 ml droë wit wyn
200 ml hoenderaftreksel
10 ml droë basiliekruid
10 ml droë tiemie
2 blikke heel tamaties, gekap
hand vol fyngekapte pietersielie
2 lourierblare
Gremolata
gerasperde skil van 2 suurlemoene
3 huisies vars knoffel, fyngedruk
2 hande vol fyngekapte pietersielie
Meng die suurlemoenskil, knoffel en pietersielie saam - dit is die vinnigste deel van die resep. Smelt die botter in ’n swaarboomkastrol groot genoeg om die skenkels te hou. Voeg die gekapte uie, wortel, seldery en knoffel by en braai oor lae hitte vir sowat 10 minute. As die oondplaat te warm is, sal die botter brand; wees dus versigtig. Bind die skenkels met ’n toutjie vas sodat dit mooi bymekaar bly wanneer dit oond toe gaan. Geur die kalfskenkels met sout en peper en rol in die meel. Skud die oorskiet-meel af. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die kalfskenkels tot bruin - net 3-4 op ’n keer. Dis nou waar die geduld inkom. Plaas die skenkels bo-op die gebraaide mengsel uie, wortel, knoffel en seldery. Voorverhit die oond tot 180° C. Giet die wyn in die pan waarin die skenkels gebraai is. Kook tot die helfte af. Voeg die hoenderaftreksel, basiliekruid, tiemie, tamatie, pietersielie en lourierblare by en bring tot kookpunt. Gooi oor die skenkels. Bring tot kookpunt bo-op die stoof. Plaas deksel op en sit bak in ’n voorverhitte oond vir sowat 2 uur. Die skenkels moet sag wees en die sous taamlik afgekook. As daar nog te veel sous na jou smaak is, laat die gereg sonder deksel in die oond bly tot die sous effens meer afgekook het. Sit voor saam met risotto en strooi gremolata bo-oor. 13/6/12.


Helene Esterhuyze Jacobs
HEERLIKE PERSKESOUS STEAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
Braai die fillet in olie tot gaar. Dreineer 1 blik (410g) perskes, en voeg sap by steak. Braai nog so bietjie en voeg een houertjie room in. Sout en peper na smaak. Bedien met mash. Heerlik! So op my aandete lys! .


Tina De Welzim-Wewege ‎
Kluitjies om op jou vleis te sit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
500gr Self -raising. 1 eetlepel olie , kwart teelepel sout. Meng met water ,nie te slap nie. Sit lepelsvol op die vleissous..



BIEFSTUK IN BIERMARINADE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
6 biefstukke (T-been of kruisskyf)
1 suurlemoen (skil gerasper en sap uitgedruk)
1 ui (fyn gekap)
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
80ml bruinsuiker
340ml bier
5ml mostertpoeier
Plaas die vleis in ‘n enkellaag in ‘n marineerbak. Verhit bruinsuiker, bier, ui en mostertpoeier, suurlemoenskil en sap saam tot kookpunt. Verminder hitte en laat vir 10min onbedek prut. Laat heeltemal afkoel. Gooi marinade oor die vleis en marineer vir sowat 2 uur of oornag. Draai vleis gereeld om. Verwyder uit marinade, geur met sout en peper. Rooster tot verlangde graad van gaarheid. Kan riffelpan (rook warm) gebruik op die stoof of oor die kole. Bedien met sous van u keuse.
Wenk: Gebruik altyd baie goeie gehalte vleis.


Sjokolade-Kersie en Chilli sous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gaarmaak-metodes-souse.html
200 g beesfillet per persoon
1 rooi rissie sonder pitte
50 ml rooiwyn
50 ml port
50 ml beesaftreksel
15 ml balsamiese asyn
25g donker sjokolade
halwe blik swart kersies
sout en peper na smaak
koljander
olyfolie
margarien
Seel vleis in pan.
Neem 'n swaarboomkastrol en braai die rissie effe in margarien en olyfolie.
Voeg die wyn en port by, en laat dit 'n bietjie kook tot 'n reduksie.
Voeg beesekstrak en balsamiese asyn by, asook die sjokolade en 'n halwe blik swart kersies.
Laat dit stadig prut, proe dit, dalk wil jy bietjie sout by gooi.
Sny intussen die fillet in skywe en gooi hierdie warm sous daaroor! Kosmater .

 

No comments:

Post a Comment