Thursday 31 January 2013

SOSATIES / MAALVLEIS / LEWER GEREGTE



Leon Smit
BOERE SOSATIES
sny 1.5 kg skaapboud in blokkies. sprinkel met sout en witpeper en plaas in ‘n diep skottel wat jy met vars knoffelhuisies smeer. bedek die vleis met ‘n mengsel van gesnyde uie, suurlemoenblare en ‘n sprinkeling van bruinsuiker. gooi ook ‘n 1/2 koppie melk oor die vleis.
 die volgende dag maak jy ‘n marinade deur die volgende saam te kook:
 1/2 k asyn
 8 gelyk eetlepels kerriepoeier
 1 e suiker
 2 e appelkooskonfyt
 sout
Metode:
laat die marinade afkoel, gooi ‘n paar loerierblare by en vars gekapte tjillies. gooi oor die vleis en laat staan ten minste vir eenvolle dag. ryg nou die vleis, dan ‘n stukkie vet, dan ui in rye op sosatiestokkieswat in water geweek is, braai die vleis op ‘n warm vuur http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Helena Kruger
HOENDER SOSATIES
500g -hoenderkebabs
sout na smaak
12 dro? appelkose, in sjerrie geweek vir 15 min
5 appelringe, in kwarte gesny
8 spekvleisrepies
1 groot groen soetrissie
1 groot ui
8-12 sampioene
Marinade:
150 ml kookolie
20ml aangemaakte mosterd
20ml Worcestersous
10ml Tobascosous
15ml sojasous
50ml brandewyn
10ml fyn klapper
10ml suurlemoensap
3ml suurlemoenpeper
Metode:
Klits al die bestanddele vir die marinade saam in ?n glas of erdehouer. Week die appelkose en appelringe vir ?n uur in net genoeg vloeistof om te bedek. Dreineer. Sny elke stukkie spek in die helfte en rol die kebabs daarmee toe. Sny ui in kwarte en breek in stukke. Verwyder die sampioene se stingels en gooi kookwater oor - dit sal die sampioene sag maak. Halveer die lourierblare en doop in kokende water tot sag. Ryg voorbereide bestanddele op sosatiestokkies en marineer vir 18-24 uur in koelkas. Dreineer en rooster oor matige kole tot vleis gaar is en spekrepies bros. Bedrup met marinade terwyl gebraai word.
JPETRO ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html






Helena Kruger
SOSATIES
2 kg beenlose vleis
200 ml droe wyn
200 g varkspek
3 uie, gekap
30 ml botter of margarien
36 klein uitjies
30 ml kerriepoeier
30 ml suiker
15 ml koekmeel
5 ml borrie
5 ml sout
2 ml fyn gemmer
1 ml peper
500 ml water
500 ml asyn
50 ml appelkoos konfyt
Handvol rosyne
Handvol droe perskes
Metode:
Sny vleis en spek in blokkies. Besprinkel dit met wyn.
Plaas dit in n groot houer (nie aluminium nie), met n digte deksel.
Braai gekapte uie in botter. Strooi gemengde droe bestanddele oor en braai liggies.
Voeg die res van die bestanddele by en laat opkook. Laat afkoel.
Gooi oor die vleis en sit die deksel op.
Laat vir 2 of 3 dae in die yskas marineer. Roer elke oggend en aand om.
Ryg op stokkies. Wissel vleis af met uitjies, spek en perskes.
“LIDIA” 27/10!!!!♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Helena Kruger
SOSATIE MARINADE
1 k Bruin Asyn
15ml Kerriepoeier
2.5ml Borrie
3 groot uie, in groot skywe gesny
3 e Blatjang
2 Loulierblare
3 e sSuiker
3 e Appelkooskonfyt
Metode:
Kook alles goed saam.[uie moet nie pap gekook wees nie]
Laat dit afkoel.
Marineer blokkies vleis of skaaptjoppies in die sous vir so twee dae of langer!!Roer elke dag om !!!
Helena ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Molly-Ann Underwood Schmidt
AARTAPPEL EN SPEK SOSATIES
Porsies: 6-8
Voorbereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
1 kg klein aartappeltjies, gaargekook
1 x 250 g-pak swoerdlose spek
250 g knopiesampioene, skoongevee
200 ml gesmelte knoffelbotter
8 sosatiestokkies
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
2. Draai ‘n repie spek om elke aartappeltjie en ryg afwisselend met die sampioene op die sosatiestokkies.
3. Smeer gesmelte knoffelbotter oor elke sosatie en rangskik die sosaties op 'n bakplaat.
4. Rooster die sosaties ongeveer 10 minute op die boonste rakkie van die oond.
5. Sit warm voor.
Variasie: Die sosaties kan ook oor die kole gebraai word.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Carin Ras Wilson
Sosaties (25-30)
Hoërskool Garies Kookboek
1 skaapboud (1 ½ - 2 kg)
10 ml sout
2 ml peper
1 knoffelhuisie
30 g ontpitte rosyne (50 ml)
60 g droë appelkose (100 ml)
5 gekneusde lemoenblare of lourierblare
Sny vleis in blokkies van 20 x 20 x 15 mm.
Strooi sout en peper oor.
Vee skottel met knoffel en pak vleis in lae met res van bestanddele.
Sous:
3 groot uie, in ringe gesny
250 ml kookwater
30 ml kerriepoeier
30 ml suiker
2 ml gemmer
12,5 ml mielieblom
500 ml asyn of asyn en droë wyn
Kook uie 10 minute in water. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Tiana Botes
Eskort resep
Varkvleis Sosaties
varkboud in blokkies gesny
250g dro? appelkose
440g pynappelstukkies
2 lemoene se sap
30ml vrugte blatjang
15ml heel korrelmosterd
10ml heuning
15ml vars of 10ml dro? roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper
Ryg die varkblokkies afwisselend met die dro? appelkose en pynappelstukkies op die sosatiestokkies. Meng die res van die bestanddele, buiten die sout en peper. Giet in ?n bak en marineer die sosaties daarin. Geur die sosaties met sout en peper net voor dit gebraai word. Braai oor matige kole tot net gaar en bedruip gereeld met orige marinade. ( Hoe langer die sosaties marineer ? hoe lekkerder is dit.) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Johann Botha
25 minute SOSATIES
(4 porsies)
450 g lamsvleis-blokkies
125 g sagte droë-appelkose
1 ui, helfte fyngekap en ander helfte grofgekap
6 sosatiestokkies, in water geweek
45 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
30 ml kerriepoeier
30 ml bruinsuiker
60 ml appelkooskonfyt
50 ml asyn
sout en varsgemaalde swartpeper
Ryg vleisblokkies, uiestukke en appelkose om die beurt op sosatiestokkies tot al die vleis op is. Verhit olyfolie tot warm in 'n middelslag-pan. Voeg fyn ui en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute. Voeg kerriepoeier, bruinsuiker, konfyt en asyn by. Braai vir nog 5 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Sit sosaties in warm sous en meng goed sodat dit oral bedek is. Verhit 'n riffelpan tot vuurwarm. Braai sosaties vir sowat 5 - 8 minute aan 'n kant of langer tot gaar. Sit warm voor.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html

Peggy Devine
KERRIE SOSATIES
2 e appelkoos konfyt
1 en half e kerrie
drie kwart e borrie
1 en half kg vleis
2 groot uie
2 e suiker
1 e mazina
2 k asyn
half k bladjang
suurlemoen blare
sout en pepper na smaak
Kook alles vir 5 min saam behalwe die vleis. Sny vleis in blokkies, gooi afgekoelde sous bo-oor. Laat staan vir 3 tot 4 dae in yskas. Ryg vleis afwisselend met spek blokkies.
BAIE LEKKER met vark tjops ook. MY EIE!! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Helena Kruger
Beesvleis- en Garnaalsosaties
Hierdie dis is deur Reuben Riffel gemaak vir Erfenisdagbraai.
600g rump steak, in blokkies gesny
18 groot garnale, afgedop & gehalveer
Marinade:
1 gekapte knoffel
1e tamatiesous
3e Bovril
1e olyfolie
1 t grofgemaalde swartpeper
Meng al die marinadebestanddele en marineer die vleis ten minste 3 ure. Ryg die vleis en garnale alternatief op sosatiestokkies. Kook vinnig oor warm kole.*pasella *21/9/12 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Louisa Prenzler
SOSATIES VAN SKAAPVLEIS
Hierdie Sosatieresep is my eie ou moeder se resep en ek sou graag eendag terugvoering wou kry, wat julle van dit dink as julle dit gemaak het, want dit is HEERLIK.
1 Skaapboud ontbeen en in blokkies gesny (pasop vir te klein, want vleis krimp as jy dit braai)
Blokkies varkspek
3 Groot ui in vierkante gesny sodat dit maklik inryg
3 Knoffelhuisies baie fyn gekap
1 Eetlepel Kerriepoeier
1 Telepel sout
1/2 Telepel Peper
Knypie Rooipeper
1 Eetlepel Suiker
10 Eetlepels Vark, bees of skaapvet
1 Eetlepel Appelkooskonfyt
4 Eetlepels Asyn
2 Koppies droerooiwyn
Gedroogte appelkose of perskes
Mushrooms en Pynappelstukke opsioneel
METODE;
Week die appelkose oornag in die wyn.
Braai die uie en Knoffel in `n bietjie van die vet.
Roer die kerriepoeier, konfyt en asyn saam en voeg by.
Braai liggies.
Gooi die res van die vet, sout en pepers by, tot al die vet warm en gesmelt is.
Gooi oor die vleis, spek, en roer vinnig in want die vet stol gou.
Marineer in yskas vir 3 dae.
Ryg dan om die beurt, vleis, spek, ui,vrug.
Braai oor kole tot gaar.
Ek het al beesvleis ook gebruik, maar skaap bly die lekerste.
Sy het dit haar vryf sosatie genoem, omrede dit nie in `n sousigheid le nie, en beweer dat enige sousigheid vleis taai maak.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Mariaan van der Westhuizen
BESTE SOSATIES OOIT
Dis die beste sosaties wat jy ooit gaan proe, maar jy kan nie Saterdag middag 4-uur besluit om hulle teen 6-uur op die braai te hê nie.  Glo my, hulle is die beplanning werd
1.5 kg blokkies Vleis (kombinasie Vark & Bief werk lekker)
Melk-marinade
2 gekneusde Suurlemoen Blare
125ml Melk
1 huisie Knoffel, fyn gekap
1 Ui, gekap
15ml Bruin Suiker
Sout & Peper na smaak
Meng al die bestanddele en giet oor vleis. Marineer oornag
Dreineer goed voor kerrie-marinade bygevoeg word
Kerrie-marinade
4 groot Uie, in ringe gesny
30ml Olie
750ml Asyn
45ml Suiker
15ml Kerrie Poeier
45ml Appelkooskonfyt
4 Lourierblare
7ml Sout
Knippie Peper
5ml Borrie
Soteer uie tot sag. Voeg kerrie by en kook 2 minute. Voeg res van bestanddele by en prut ‘n paar minute.
Laat goed afkoel. Giet oor vleis en marineer ten minste een dag. Steek vleis op stokkies en braai tot goed gaar http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Louise Venter
ANDRE SE LEKKER SOSATIES
(Ons maak dit al jare lank, kan nie onthou wie se resep dit oorspronklik was nie)
(12 lang stokkies of ± 18 kort stokkies)
2 kg ontbeende lamsboud in blokkies gesny
200 gr varkspek (of ontbeende varkrib)
Gedroogde appelkose
Marinade 1:
500 ml ongegeurde jogurt
2 fyngedrukte knoffelhuisies
Sap van 1 suurlemoen
Meng bg en gooi oor vleis en mariner oornag.
Maak nou marinade 2.
Marinade 2:
2 -3 groot uie in ringe gesny
75 ml kookolie
45 ml kerriepoeier
20 ml borrie
10 ml fyn gemmer
5 heel naeltjies
20 ml fyn koljander (gestamp)
3 lourierblare (gebreek)
10 ml sout
125 ml appelkooskonfyt
500 ml bruin asyn
250 ml blatjang
250 ml rooibostee
Sap en skil van 1 suurlemeoen
Braai uie tot deurskynend – nie bruin.
Voeg spesery en res van die bestanddele by.
Prut vir ± 15 minute en laat dan afkoel.
Meng oor vleis en marinade 1.
Meng oor vleis en marinade 1.
Marineer vir 2 tot 3 dae in Tupperbak en draai bak gereeld om.
Ryg vleis en appelkose op stokkies wat oornag in water geweek is.  Braai oor kole.
Heerlik!!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


NADIEN ELLIS
VLEISBROODJIE
Hierdie is vleisbroodjie resep van my ma – sy is so 4 jaar gelede aan kanker oorlede en elke keer wat ek dit maak verlang ek my dood na haar. Sy was regte ou voorslag op Clanwilliam waar hulle elke jaar busse vol blomkykers kosgegee het en daar is menig mens die Namakwaland in met Ouma Elsa se Vleisbroodjie resep. Die kinders kannie wag vir die left overs wat ek die volgende dag op hulle skoolbroodjies sit nie….lol
Ouma Elsa se vleisbroodjie:
Pak onder in broodpannetjie:
Blikkie pynapelstukke
Strooi so 40 ml bruinsuiker oor
Strooi 5 ml kerriepoeier oor
Skud so 15ml worcestersous oor
Meng:
Ongeveer 600ml maalvleis
1 koppie Oats
1 eier
1 blikkie kondensmelk
2 eetlepels fyngekapte uie
10ml sout
2ml peper
5ml mostertpoeier
(klein bietjie kerriepoeier en borrie as jy lus het vir meer Kerrie-smaak broodjie)
Druk die maalvleismengsel vas in pan bo-op die pynapperstukke
Bak vir uur by 180 grade celcius
Laat staan klein tydjie en dop uit – pynappelstukke le nou bo-op. Sny in skywe en bedien.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Ria N. Pieterse
LEWERWORS
My resep geraai..
1 beeslewer, vliese en buise verwyder..
5 uie geskil en gesny..
2 kop hawermout..
Sout en peper..
Halfkop worchestersous..
Kwartkop asyn..
Naeltjies, neut, salie en koljander..
Maal fyn, stop in derms met toutjie vasgebinde punte.. Pak en vries, haal uit en braai.. Lekker!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Wessel Steyn
FRUIT & VEG GOULASH
1/2 pound lean ground beef
1 onion, chopped1
1/2 cup sliced mushrooms
1/2 green bell pepper, chopped
1 tablespoon paprika
2 teaspoons caraway seeds , crushed
1 teaspoon dried marjoram
1 teaspoon dried basil
1/4 teaspoon salt
1/4 teaspoon black pepper
3 1/2 cups beef stock
1 can stewed tomatoes
2 cups diced peeled potatoes
1 cup chopped carrots
1/2 cup chopped zucchini
1/2 cup corn
DIRECTIONS:In large saucepan, cook beef over medium-high heat, stirring to break up meat, for 5 minutes or until no longer pink; drain off fat.
Add onion, mushrooms and green pepper; cook, stirring occasionally, for 6 to 8 minutes or until onion is softened.
Reduce heat to low; stir in paprika, caraway seeds, basil, marjoram, salt and pepper. Cover and cook, stirring occasionally, for 10 minutes.
Add stock, tomatoes, potatoes and carrots; bring to a boil. Reduce heat to medium-low, cover and simmer for 15 minutes. Stir in zucchini and corn; cover and simmer for 5 to 10 minutes or until vegetables are tender.   Taste and adjust seasoning.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html

Wilna Dorfling
Lewer in netvet
Bestanddele:
Netvet
Skaaplewer
1 ui
1 sny brood
Naeltjies
Neutmuskaat
Sout en peper na smaak
Laat lê die netvet in warm water voor jy die lewer daarin sit, want anders kraak dit - en mors nie graag lekker kos nie. Vir elke een skaaplewer nodig jy omtrent 1½ netvet as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai.
Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper. Sny die netvet in 6cm stukkies. Skep eetlepel van die lewer daarop. Vou die netvet toe om die lewer.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Ria N. Pieterse
Vir die afvalliges: wanneer jy weer 'n ou skaapbinnegoedjie of beeslewer kry en nie weet wat om met dit te maak nie ..doen die volgende.
LEWERWORS ALA RIA
Braai uie na smaak, voeg knippies naeltjies, neut en koljander by, sout en peper en bietjie asyn..jy kan van die pensnetvet ook insit maar dis opsioneel..of gebruik jou gewone worsspeserye. Meng dan die rouvleise, gooi halfkoppie of meer rou hawermout saam met al die ander bestanddele in die roumengsel. Knoop 'n paar derms, ryg een een op worsstopper en stop lewermengsel soos boerewors. Knoop die anderkant van die derm ook. Jy kan vir veiligheid 'n toutjie weerskante byknoop vir ingeval. Vries in mooi opgerolde worse. Wanneer jy dan weer pap en lewer eet, braai oor die kole. Mense dis lekkerder en makliker skilpadjies!
Oepsie. *Meng en maal die rouvleise voor jy dit in derms stop. Dis nou so uit die kop neergeskryf, het nie 'n rerige resep wat op papier neergeskryf is nie.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


LEWER MET KRUIESOUS 
 KOM ONS KOOK)
500g  Lewer
30ml  Meelblom
5ml  Sout
1ml  Peper
15ml  Marjolein     
30ml  Botter
30ml  Olie
75ml  Gekapte ui
250ml Vleisaftreksel    
125ml Gekapte pietersielie
30ml  Suurlemoensap
METODE
1. Was die lewer en verwyder die vliesies en sny in repies
2. Meng die meel, sout, peper en marjolein saam.
3. Rol lewer daarin
4. Braai die uie en lewer in die botter en olie
5. Gooi die ander bestanddele oor die lewer
6. Prut todat die lewer gaar is, ongeveer 15-20minhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Louise Groenewald
TONG-EN-SPINASIETERIEN  
(Die Burger Vroublad, Oktober 1993)
(12 porsies)
Berei terrien minstens 24 uur voor benodig.
Tonglaag:
6 eiers, geskei en geklits
800 g gemaalde gaar tong
300 g gerookte beesvleis, in smal repies gesny
10 ml Franse mosterd
20 ml suurlemoensap
150 ml gekapte pietersielie
100 ml suurroom Spinasielaag:
400 g vars spinasie
4 knoffelhuisies
knippie vars tiemie
10 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
100 ml Ricotta-kaas/roomkaas/gladde maaskaas
60 ml pietersielie, gekap
6 eiers, geskei
Tamatielaag:
2 x 410-g-blik tamaties, geskil en grof gekap
10 ml sout vars
gemaalde swartpeper na smaak
30 ml basiliekruidblare, gekap
100 ml suurroom
6 eiers, geskei
Smeer broodpannetjies deeglik met botter. Berei eers tonglaag: Klits eierwitte styf en vou liggies by tong-en-beesvleismengsel. Meng mosterd en suurlemoensap en voeg by tongmengsel. Voeg pietersielie, suurroom en eiergeel by. Meng goed. Skep tongmengsel in gesmeerde pannetjie en bak in groter pan wat twee derdes vol warm water is. Bak by voorverhitte oond by 160 C vir 20 minute of totdat mengsel gestol het. Berei spinasielaag: Verwyder blaarstingels en breek blare in stukkies. Plaas spinasie, knoffel, tiemie, sout en peper saam in 'n kastrol en voeg 'n bietjie water en 'n groot klont botter by. Verhit stadig en prut tot spinasie sag is. Plaas spinasie in 'n versapper of voedselverwerker en versap tot 'n pulp. Roer kaas, eiergele en pietersielie by en meng goed. Klits eierwitte styf en vou liggies by spinasiemengsel in. Skep mengsel op gebakte tonglaag. Plaas in oond en bak in pan water by 160 C vir 20 minute of tot spinasiemengsel gestol het. Berei tamatielaag: Versap tamaties tot 'n pulp en prut tot dik. Voeg res van bestanddele (behalwe eierwitte) by en meng deeglik. Klits eierwitte styf en vou liggies by mengsel in. Keer uit op spinasielaag en bak nog 20 minute. Skakel oond af en laat gereg in oond afkoel. Laat oornag in yskas. Keer terrien uit en sny in skywe. Sit koud voor. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Maré Nieuwoudt
LEWER IN ROOIWYN
Sny skoongemaakte lamslewer in skywe, doop in eier en in gegeurde koekmeelblom. Braai in olie tot bruin buite-om en pienk van binne. Braai 2 uie, in ringe gesny, en 3 gekneusde knoffelhuisies met stukkies spekvleis tot gaar. Voeg n blikkie tamatiepasta en 250 ml rooi wyn by. Geur met sout, peper, n knippie suiker en Worcestersous. Laat afkook.  Bedien met fyn aartappels .
Huisgennot http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Rene Wessels
Lewerkoekies.
Hierdie is my eie resep. Die mates is by benadering want ongelukkig hou ek nie altyd rekord van hoeveelhede nie, jammer.
1 groot skaaplewer[ of bees/wild] skoongemaak en velletjie afgetrek
250 gr spek
2 groot uie
3 groot eiers
2 snye brood.
1 blikkie geroomde sampioene
Bogenoemde sit ek alles deur die vleismeule
Voeg by:
sout en peper na smaak
'n groot handvol gekapte pietersielie
5 ml oreganum
2,5 ml kumin
Knoffelspeserye na smaak
Laastens sif bruismeel by om 'n nie te slap degie te vorm en braai in vlak olie tot goudbruin en gaar.
My mense lief dit.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Benhet Nieuwenhuis
Lewer in Netvet (Skilpad)
netvet
skaaplewer
1 ui
1 sny brood
kruinaeltjies
neutmuskaat
sout,peper
Laat lê die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit, anders kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig mens omtrent 1½ netvet as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai. Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper. Sny die netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde lewer daarop . Vou die netvet toe om die lewer. Meeste van die vet braai weg en net die lekkerte bly oor. Braai oor 'n stadige vuurhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


LEWERKOEKIES
454g gemaalde lewer
1 gekapte ui
1 teel gekapte pietersielie
1 teel asyn of suurlemoensap
2 geklitste eiers
1 teel sout
Knippie peper
2 eetl bruismeel
Meng lewer, ui, pietersielie en asyn. Voeg eiers, sout, peper en bruismeel by en meng deeglik.
Bedek braaipan se bodem met olie en verhit. Skep lepels vol lewer daarin en braai bruin aan albei kante.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html

                                               **Pofadder***>Pasella**Gestopte Vetderm

GESTOPTE VETDERM
1 vetderm van Koedoe of Gemsbok
Niere
½ lewer
5ml knoffelvlokkies
2.5ml sout
25ml asyn
25ml worcestersous
Peper na smaak
1 ui in blokkies gekap
Was die vetderm goed af. Dop dit om sodat die vetkant binne is. Plaas dit in ‘n sterk sout oplossing vir 1-2 ure.
Verwyder al die vliese van die lewer en niere en sny in klein blokkies. Voeg asyn, worcestersous en speserye by en meng goed. Bind die vetderm goed toe en stop die blokkies in die derm. Bind elke 20cm af, en bind die end ook goed toe. Braai baie stadig oor matige kole tot gaar.
Bedien warm saam met vars brood en botter.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


LEWERWORS
1 hart, lewer en niere van wildsbok
2 uie in kwarte gesny
¾ k broodkrummels
½ eetl koekmeel
1 ½ teel sout
Peper na smaak
1 eier geklits
Verwyder vliese van niere en lewer. Sny hart, lewer en niere in blokkies
Meng vleis, brood, uie en speserye en maal alles saam. Voeg nou die eier en koekmeel by en meng goed. Stop in derms en braai oor kole soos boerewors.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


LEWERSMEER
1 lewer ontvlies
500ml botter
2 groot uie gekap
15ml – 20ml sout
10ml suiker
Knippie van elk: neut, naeltjies en peper
25ml brandewyn
Soteer uie in die helfte van die botter. Bak die lewer in die ander helfte van die botter. Maal nou die lewer en uie deur ‘n fyn siffie. Voeg alle ander bestandele by en meng deeglik. Maal alles weer vir ‘n tweede keer. Plaas in glashouer en bewaar in yskas. Bedien op growwe brood.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


WILDSLEWER IN SUURSOUS
1 lewer en niere
500ml room
5ml sout
1 ui gekap
Peper na smaak
25ml maizena
450ml asyn
Olie vir braai
Sny lewer en niere in klein blokkies. Braai lewer, niere en uie in olie en bietjie water. Plaas deksel op pot en prut vir 10-15 min. Meng nou die room, maizena en asyn en roer dit stadig by die gaar lewer en niertjies.
Bedien saam met roosterbrood of lekker stywe mieliepap.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Helena Kruger
Kalflewer en Kersies
100g uie, in skywe gesny
1 knoffelhuise, gepers
15 ml olie
15 ml kersie jellie
260 ml beesvleis aftreksel
30 ml balsamic asyn
150 g kersies, gehalveer
4 stukke kalfslewer (150g elk)
60 ml meel
15 ml botter en 30 ml olie
sout en peper
8 salie blare
Verhit die olie en braai die uie en die knoffel en braai dit tot bruin. Voeg die jellie, aftreksel en die asyn by en kook
dit onbedek vir 5 minute lank oor medium hitte. Voeg die kersies by en kook dit vir 3 minute. Bedek die lewer met
die meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die botter en die olie en braai die lewer, 2 minute lank aan elke kant.
Geur met sout en peper. Voeg die salie by na 2 minute en braai. Geur die sous met sout en botter.
Suid Afrikaanse Boerekos!!!27/10!!!!!Baie Lekker Helena !! ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Helena Kruger
LEWER IN BAKSAKKIE
30 g koekmeelblom (50ml)
5 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
1kg beeslewer, in blokkies gesny
2 groot tamaties, geskil en in skywe gesny
250 g spekvleisrepies, swoerd verwyder en in kwarte gesny
METODE:
Vermeng die koekmeelblom, sout en swartpeper en sprinkel dit oor die lewer.
Plaas die gegeurde lewer in `n baksakkie.
Rangskik die tamatieskywe bo-op die lewer en plaas die baksakkie in `n oondskottel.
Bind die sakkie toe en maak `n paar gaatjies bo-op die sakkie.
Bak dit 30 tot 45 minute lank in `n voorverhitte oond by 160C (325F), of totdat die lewer gaar is.
6. Skeur `n opening in die sakkie, plaas die spekvleis bo-op die lewer en bak dit tot bros. !!!!Dit is nou Heerlik!!!Helena !!27/10 /10 ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


SOET-SUUR LEWER
500g lewer, voorberei (gewas en vel af getrek) en in stukkies gesny
1 groot ui in ringe gesny
1 knoffelhuisie fyn gekap
Sout en peper na smaak
25ml sojasous (2 eetl)
30ml suiker (6 teel)
125ml water (1/2 kp)
Braai uie in botter of margarine (Moenie olie gebruik nie,dit maak die lewer taai) Gooi meelblom in ‘n plastieksakkie, voeg die knoffel, sout en peper by die meel. Gooi die stukkies lewer in die meelmengsel, skud die sakkie goed sodat al die lewer met die meel bedek is. Sit die lewer by die uie in die pan en braai bruin weeskante, voeg water, suiker en sojasous by, en laat dit vir ongeveer 45min prut. Bedien met rys of kapokaartapels. * Watertand wenners* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


GEBAKTE LEWER
Lekker vir ontbyt, maar net so lekker saam met kapokaartappels en beetslaai
500g lewer
50g (15ml) vars witbroodkrummels
1 uitjie fyn gekap
5ml gemengde kruie
1 ml peper
1 eier geklits
125-150g ontbytspek
1 blokkie biefekstrak
150ml kookwater
Stel die oond op 160°C. Was die lewer, trek die vel af en sny die lewer in dun skyfies. Plaas in lae op die boom van ‘ gesmeerde bakskottel van sowat 15 x 25 x 5cm. Meng krummels, ui, kruie, peper en eier goed en smeer oor die lewer. Sny swoerd van spek af en spoel spek in koue water af. Plaas bo-oor die krummellaag. Los ekstrak in kookwater op en gooi oor spek. Bak 45min. *Wenresepte*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


LEWERKOEKIES
60g (250ml) sagte broodkrummels
150ml melk
500g gemaalde lewer
5ml sout
2ml peper
5ml aromat
1 meduim ui grof gerasper
12,5ml asyn
60g (100ml) korente (opsioneel)
2ml gerasperde neut
2 takkies pietersielie gekap
12,5ml koekmeel
Meng al die bestandele behalwe die pietersielie saam. Braai lepelsvol in olie, botter of vet.
Braai die koekies alkante bruin. Strooi pietersielie oor en dien op saam met kapokaartappels en ‘n heerlike groenslaai. *Knuppeldik aan koningskos* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Adéle Van Zyl Filmalter
ROMERIGE LEWER
30ml botter of margarien
1 middelslag ui, in skyfies gesny
±6 klein murgpampoentjies, in skyfies
450g lamslewer, in blokkies gesny
10ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
150ml hoenderaftreksel
15ml suurlemoensap
2ml gedroogde marjolein
150ml room
Verhit die helfte van die botter of margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die murgpampoentjies by en soteer dit ongeveer 5 minute lank. Bedek die lewer met die koekmeelblom en geur dit met sout en peper. Voeg die orige botter of margarien by die murgpampoentjies en braai die lewer alkante bruin. Voeg die aftreksel, suurlemoensap en marjolein by, asook nog sout en peper na smaak. Verhit dit tot kookpunt en laat dit 5 minute lank prut. Roer die room by en verhit dit tot deurwarm, maar nie tot kookpunt nie. Lewer 4 porsies.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Adéle Van Zyl Filmalter
LEWERGEREG 
Lewer in repies gesny
1 Green Pepper
1 Geel Pepper
1 Rooi Pepper
1 pak Sampioene
2 groot Uie
1 houertjie Vars Room
Braai uie, sampioene en peppers saam en hou eenkant. Braai
lewer gaar. Meng alles saam in 'n pan, gooi room oor en prut
vir 5 - 10 minute. Bedien met rys.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Adéle Van Zyl Filmalter
Lewergereg
Maak éérs die sous en roerbraai dan die lewer.
Sous
1 groot ui, opgekap
kookolie om in te braai
30 ml blatjang
30 ml tamatiesous
10 ml worcestersous
5 ml suiker
2 ml knoffelsout
10 ml souspoeier
300 ml kookwater
pietersielie na smaak en ekstra om
bo-oor te strooi
Verhit olie en braai die ui daarin tot goudbruin. Meng res van die bestanddele saam, voeg by ui en prut vir sowat twee minute. Hou eenkant.
500 g lewer, skoongemaak en in repies gesny
30 ml koekmeel
30 ml mielieblom
10 ml bakpoeier
sout en swartpeper na smaak
olie vir roerbraai
Rol die repies in die meelmengsel. Laat staan sowat 2 uur. Verhit olie in 'n pan en roerbraai die lewer. Wees versigtig dat die lewer nie te gaar word nie. Giet dan die sous bo-oor en laat prut vir sowat 10-15 minute. Dien op met koes-koes, rys of pasta. Strooi pietersielie bo-oor.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Sandra Visagie
GEBAKTE LEWER MET APPEL
1 pd skaaplewer
1 fyngekapte ui
2 groot appels
sout en peper
6 repies spek
1/2 k water
METODE
Verwyder vel en groot are van lewer en sny in dun skyfies. Kap die appel in blokkies. Snipper die spek in stukkies. Strooi sout en peper oor die lewer en rangskik in gesmeerde vuurvaste bak. Meng appel, uie en spek en gooi bo-oor lewer. Gooi water oor en maak toe. Bak 45 min. in matige oond, haal deksel laaste 15 min af voor mengsel gaar is.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html


Elda Lombard
Lewerkoekies
1 1\2pd skaaplewer
1 groot T bakpoeier
1\2 meel
1\2 ui
4 e tamatiesous
Sout peper na smaak
Maal die lewer en kerf die ui fyn
Meng al di bestandele en skep. Lepelsvol in warm. Vet en bak gaar 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html



Elda Lombard
Kerrie niertjies
4tot 6 skaap niertjies
1 ons botter (30ml)
1 kop vleissous
3 teel kerriepoeier
1 dersl meelblom
1 teel sout
2teel uiesout
METODE
Sny niertjies in die helfte deur
Rooster 6 min
Smelt. die. botter voeg kerrie meel sout uiesout by
Meng goed gooi vleissous by
Laat stadig kook tot. Dik voeg niertjies by en kook 30min 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/sosaties-maalvleis-lewer-geregte.html




                                                                           


Angus Olivier


Lekker Sosaties Vir Braai:

Benodig so 2 tenderised steaks, nie te dik. Sny in 4cm bree snitte, sodat jy vyf of ses langerige snitte het.

Plaas in 'n mengbak en gooi so 3 eetlepels olyf olie en so een eetl braaispice oor en roer. Laat dit so uur staan, voordat jy dit stokkie.

Stokkie dit so zig-zag en braai. Gee 4 porsies.

No comments:

Post a Comment