Thursday 31 January 2013

VARKVLEIS GEREGTE




GEKRUMMELDE VARKTJOPS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html

Helena Kruger
2 Varktjops
Olie
Sout en Peper
Koekmeel
Broodkrummels
1 eier{geklits}
Metode:
1.Bedek Tjops met Meel Skud goed af.
2.Plaas in geklitste eier Bedek goed.
3.Rol in Krummels en druk goed vas.

As jy tyd het plaas in yskas vir +20min.
4.Diepbraai in Olie tot Goudbruin.
5.Bedien met "Mash"en heerlike Groenslaai. Moenie Ouma se Mosterd vergeet nie..!!!!! DIT WAS ONS EERSTE RESEP OP JONGERGESLAG..8/12/2009 Helena Kruger..



PORK CHOPS WITH PINEAPPLE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html

(Mrs. Nancy Kingwill - Wife of MP for Walmer) uit: Fynproe vir Meneer LV - 1966

Brown as many pork chops as needed, on both sides.
Make a gravy to which add the juice from a tin of pineapple rings.
Place the pineapple rings on top of the chops in an open casserole, and pour the sauce over.* Gerrie van Antwerpen.



Kerrie Varktjops
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html

½ koppie Appelkooskonfyt
½ koppie suiker
1 tl borrie
1 tl kerrie
3 kop asyn

Maak sous aan en plaas varktjops in die sous in yskas.
Sny skywe ui en plaas tussen tjops. Braai ook van die uie saam met die tjops.* Gabri Viljoen .



Bertha Jordaan Fourie
2 uie in ringe gesny
1 knoffelhuisie gekneus of vlokkies
15ml kerriepoeier
5ml borrie
3 hoogvol eetl bruin suiker
1 ml rooipeper
3 groot eetlepels appelkooskonfyt
500ml bruin asyn
Braai uie tot deurskynend in diep pan.
Voeg kerrie en borrie by en roerbraai goed deur.
Meng asyn, suiker, appelkooskonfyt en rooipeper en gooi by uiemengsel.laat vir so 10min stadig "simmer". Asyn moet betjie wegkook. Laat afkoel en gooi oor varktjoppies. Laat vir dag of twee staan en draai tjops een of twee keer om in sous.
Kan ook vir sosaties gebruik word. Geniet dit. Onthou om tjops vooraf te sout!.


VARK TJOPS MET BRUIN UIESOP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
6 groot vark chops (ek het net 4 gebruik)
1 tl knoffel
1 na 2 groot uie grof gekap
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise (100ml gebruik)
125ml koppie tamatiesous (100ml gebruik)
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang (100ml gebruik)
Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng al die sousbestanddele bymekaar tot gladde pasta. Pak tjops in ‘n kasserol en gooi die uie bo-oor. Gooi die sous oor die tjops, maak deksel toe en bak by 180 C vir 1 uur*kreatiewekosidees* *



Benhet Nieuwenhuis
CHUTNEY AND COKE COLA RIBS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
1kg lamb ribs
125ml tomato sauce
125ml chutney
300ml coke cola
1 packet brown onion soup
Method:
Mix ingredients for marinade. Put ribs in a large oval roaster and cover with marinade. Put in a cold oven. Swith to 160c and bake for 2 hours. Serve with rice and a fresh salad.



Dries Von Weidtz
SOET-SUUR PORK BELLY
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
(werk Fantasties met vark rib ook)
Pak soveel pork bellys as benodig in n oondvaste bak .
Spesery na smaak .
Gooi nou appelkoos sap in oondbak tot net net bedek .
Plaas in oond en bak oop teen 220 grade totdat sap n dikkerige stroop vorm .
Baie lekker soetsuur smaak*9/02/13.

Helena Kruger
SOET SUUR VARK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html

Varkvleis, in repies gesny
45 ml soyasous
30 ml witasyn
1 rooi soetrissie, is repies gesny
1 ui, in repies gesny
1 chilli rissie, ontpit en fyn gekerf
1 blikkie pynappel stukke en 75 ml sous
15 ml olie
1 koppie groente aftreksel
45 ml tamatiesous
15 ml heuning
30 ml vars pietersielie, fyn gekap
Metode:
Meng die soyasous en die asyn en gooi die helfte oor die vleis en marineer dit vir 30 minute. Druk die vleis droog en verbruin dit in die warm olie. Verwyder die vleis en braai die ui, rissie, pynappel en die soetrissie in dieselfde pan. Voeg die oorblywende soyasous, aftreksel, tamatiesous, heunig en die pynappelsap by. Laat dit prut vir 5 minute. Voeg die vleis by geur na smaak met sout en peper. Strooi die pietersielie oor en bedien met rys. Kosmater.




GEURIGE GEMMER-VARK:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html

1Kg beenlose varkvleis in blokkies gesny,

sout&vars gemaalde peper,

3 repe spek fyn gekap, bietjie olie,
2Uie fyn gekap,
4knoffelhuisies fyngedruk,
(lourierblaar takkie vars tiemie & pietersielie saamgebind),

15ml hoenderaftrekselpoeier,

30ml growwe mosterd,

750ml gemmerlin.
15ml maizena,
1Kop gaar basmatirys. 


METODE:
Geur varkvleis met sout&peper Braai in kastrol saam met spek in 'n bietjie olie tot effens bruin. Skep uit. Braai uie & knoffel tot sag & voeg vleismengsel & vasgebinde kruie by. Roer aftrekselpoeier &moster by en giet gemmerlin by. Bring tot kookpunt & laat sowat 5min prut. Meng maisena met 30ml water & roer dit by. Roer aanhoudend tot mengsel weer kook & verdik Haal die bouquet garni uit, geur met sout & peper & sprinkel ekstra tiemie oor. Bedien saam met basmatirys & Franse brood. Bron: HG Leefstyl/Kos Plasing: Moira Botha Dyer.


Helena Kruger
VARKTJOPS MET HEERLIKE SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
6 groot varktjops
1/2 kop blatjang
Bietjie knoffel
1 kop kookwater
1/2 kop mayonnaise
1/2 kop tamatiesous
1 pakkie bruinuiesoppoeier
Metode:
Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng die sousbestanddele en gooi oor die tjops wat in ‘n oondvaste skottel gesit is, sit foelie oor en bak vir 1 uur in die oond. Bedien met rys en gemengde groente. KOSMATER .

Helena Kruger
SPARE RIB SOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html

125 ml Tamatiesous
50 ml Soja sous
50 ml Appelkoos konfyt
30 ml Heuning
2 knoffelhuisies
1 t Bovirol
swart peper
10 ml droe mosterd
125 ml Chutney
125 ml Mayonnaise
1 e Suurlemoensap
1 Fyngekapte ui
Metode:
Meng alles en smeer jou rib. Kosmater.


Helena Kruger
LEKKER EISBEINS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html

Pickled Eisbein
Gemengde Kruie
Suurlemoensap
Sout
Peper
Knoffel
Heuning
Botter
Metode:
Gooi al die bestanddele behalwe die heuning en botter in 'n pot met baie water, kook die eisbein ongeveer 2 - 3 ure (stoompot ongeveer 30 - 60 min). Sodra die eisbein sag is smelt die botter en heuning in mikrogolf en verf die eisbein deeglik. Bak in 'n warm oond tot goudbruin en "crispy"Melinda Maritz .

EISBEINS
Liza, ek haal die netjie af en plaas n paar eisbeins (gerookte) in my stainless steel casserole met die deksel op in die oond. Voeg bietjie water en kookolie. Laat bak langerige ruk en draai so 2 maal om. Ek gooi stukke aartappels in die bak en dis heerlik! Rooster die eisbeins oop vir so 15 minute dat die crackling crispy word. Heerlik en min moeite. Almal vrek oor my eisbeins en dan moet daar natuurlik n soet groente daarby opgedien word. Ek maak gewoonlik soet wortels daarby as 1 groentegereg. Suzette .



Helena Kruger
VARKVLEIS MET BIER 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
1 kg varkvleis
50 g botter
3 glase bier
3 uie
250 g pruimedante
peper
sout
Metode:
Voorverhit oond tot 180ºC. Smelt ¾ van die botter in ´n pan en braai die vleis alkante bruin. Haal af van die hitte en voeg die res van die botter by. Braai dik snye uie bruin en voeg vleis en res van die bestandele by. Bring tot kookpunt. Bedek en bak in oond. Kosmater.


Helena Kruger
INDIESE GEBAKTE VARK TJOPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Marinade:500 ml plain yogurt
1 teelepel jeera
1 teelepel garam masala
1 teelepel chilli
2 teelepels sout
halwe teelepel coljander
8 tot 10 lekker rug tjops
1 suurlemoen
Metode:
Voeg al die bestandele bymekaar en laat die vleis daarin marineer,druk die suurlemoen daaroor uit en meng goed,laat staan oornag in die yskas bak op n rakkie in oond,of nog lekkerder op die kole KOSMATER .

Helena Kruger
VARK KEBABS MET PEPPEDEW

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
350g varkvleisblokkies(uit boud gesny), 25mm dik
1 medium soetrissie, ontpit, in 25mm blokkies gesny
200g ingemaakte peppadews in stroop (sowat 18)
6 piekeluie, geskil en gehalveer
BEDRUIPSOUS
80ml stroop van ingemaakte peppadews
10ml heuning
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15ml ligte bruinsuiker
Metode:
Ryg die varkvleis om die beurt met soetrissie, uie en peppadews op die penne.
Meng al die bestanddele vir die bedruipsous. Braai kebabs 15-20 minute oor matige kole, keer gereeld om en bedruip met sous tot gaar. Kosmater♥.


Helena Kruger
VARKWORS-EN-TAMATIEBREDIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
500g dik varkworsies
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1 blikkie tamatiepasta
1 blik (410 g) tamatiepuree
250ml hoenderaftreksel
Sout, suiker en swartpeper na smaak
60ml vars oregano, gekap
1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
1 blik (410 g) gemengde bone, gedreineer
Metode:
Braai die worsies in 'n bietjie olyfolie tot goudbruin en gaar.
Skep uit, laat afkoel en sny in stukke.
Verhit die gekapte tamaties, tamatiepasta, tamatiepuree, aftreksel en geurmiddels tot kookpunt.
Laat stadig prut tot afgekook en geurig.
Voeg die bone by en laat prut vir nog 'n paar minute. (As die sous te dik is, voeg 'n bietjie aftreksel of water by.)
Voeg laaste die wors by, verhit tot deurwarm, en sit voor met aartappel, rys of krummelpap. Kosmater .


Helena Kruger
HEERLIKE GEMMERRIBBETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
3kg Varkribbetjies
Sous:90ml Sojasous
90ml Tamatiesous
45ml Water
45ml Bruinsuiker
10ml Fyn Gemmer
20ml Sweet-chilli sous
Geurmiddels: 30ml suiker, 3ml sout, 2ml paprika, 2ml borrie, knippie droe mosterd.
Meng al jou best. van jou sous en laat dit oornag staan. Meng nou jou geurmiddels en vryf dit oor jou rib en laat dit so 2h staan. Smeer nou jou sous lekker oor jou rib en laat dit so n 30-40min. marineer. Braai stadig oor lekker kole of bak dit in die oond. Smeer kort kort van jou lekker sousie oor!!!Baie lekker dit belowe ek julle..Helena♥.




VARKFILLET


Ek het 'n lekker resep by 'n Portugese tannie gekry en gebruik dit altyd vir varkfillet (lekker vir prawns ook) Ek sny altyd die vark filet in skywe.

Meng olie, gekapte knoffel, 'n tikkie chilli flakes, 'n lourierblaar en sout in 'n bak en plaas die filet daarin om te marineer vir so paar uur (oornag sal beter wees). Dan kan jy met daai filet maak net wat jy wil: braai, rooster, in 'n pan op die stoof ens. 

.

Helena Kruger
GEVULDE VARKFILLET

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
1.8kg varkfilet
100g bloukaas
500g repiespekvleis
Olie
Metode:
1. Vlek die varkfilet in die lengte oop, maar moenie deursny nie.
2. Sny die bloukaas in skyfies en pak in die oopgesnyde filet.
3. Vou weer toe en draai spekvleis rondom tot die hele filet bedek is. Bind met tou.
4. Bedruip met olie en rooster oor taamlike warm kole tot goed gaar. Helena 20/8/10 .



Helena Kruger
VARK FILLET MET PRUIMEDANTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
50ml botter
4 vark filette
3 uie gesny
Gerasperde skil van 2 suurlemoene
5ml kaneel
250ml witwyn
50ml gekapte pietersielie350ml ontpitte pruimedante
1 blikkie Ingedampte melk
Metode:
Smelt jou botter en verbruin al 4 jou fillette weerskante
Plaas hulle in n kasserol en Sorteer jou uie ligweg in jou pan
Voeg jou skil, kaneel, wyn, en pietersielie by
Skep dit oor jou filette en bak dit by180*C vir so 10min.
Gooi nou jou ingedampte melk en jou pruimedante by en bak dit verder vir 15min.Baie lekker [sny dit skywe en bedien met lekker rys, groente en n mooi groen slaai!!Helena 17/1/11♥.


Helena Kruger
SOET-SUURSOUS BY VARKTJOPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
1e olie
50g[1/2k] uie fyn gekap
376g fyn pynappel
5e asyn
50g[1/4k] sagte bruinsuiker
1e sojasous
1e mielieblom[maziena]
sout
Metode:
Braai uie stadig in olie tot sag
Voeg die pynappel, asyn, suiker,sojasous en sout na smaak by
Prut vir so 10min.
Meng jou mielieblom met water en en voeg by kook vir so 3min tot dik en helder!!!Baie lekker saam met varktjop of skep dit bo-op jou vleis in jou opskepskottel en garneer!!! Helena 18/1/11 Baie lekker!!!♥.


Helena Kruger
VARKTJOPS MET PIESANGS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
SOUS:
200 ml tamatiepuree
25 ml suurlemoensap
1 fyngekapte ui
12,5 ml Worcestersous
sout na smaak
Meng al die bestandele van die sous.
4 varktjops
12,5 ml olie
4 naeltjies
2 piesangs, in skywe gesny
2 patas, geskil en in skywe gesny
25 ml bruin suiker
12,5 ml botter
Metode:
Laat die vleis 1-2 uur lank in die sous lé. Steek 'n naeltjie in elke tjop.Pak in 'n oondskottel wat met die olie gesmeer is.
Pak die piesang- en patatskywe bo-oor.
Strooi die suiker oor. Stip met botter en bak in 'n matige oond 180°C (350 °F) totdat die vleis sag en bruin is.
UIT ONS KOMBUIS 20/1/11 ♥ Heerlik !!Helen.

Anita Mc Donald
GEKRUMMELDE VARKTJOPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Vark Lende Tjops
Halwe koppie gegeurde broodkrummels (Kan gegeur word met Fyn Koljander, Aromat en Droee Pietersielie) of wat jy ookal gebruik as jy varktjops gaarmaak.
Sout en Peper
“Spray and Cook”
Sout en peper die tjops. Sprinkel krummels oor. Plaas in yskas vir so 15 minute sodat krummels kan klou aan vleis. Jy kan ook eier gebruik om tjops in te doop en dan in krummels maar ek verkies die ander manier.
Spuit met “Spray and Cook” en plaas onder rooster (Grill) en rooster tot mooi bruin. Draai om en doen dieselfde.
Sit voor met lekker Kapokaartappels, Soet wortel en ertjies, lemoenpampoentjies en n groen slaai.

Helena Kruger
VARKTJOPS MET VYE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
"Kos vir kampeerders met idees vir kampering "
8 varkdikribtjops, 20 mm dik [rib-,lende-of kruistjops kan ook gebruik word]
Vyebedruipsous
1 blik (410g) vye of 6 vars vye
30 ml sojasous
30 ml droë witwyn
15 ml Worcestersous
3 ml mosterdpoeier
½ medium ui, gerasper
Metode:
Om die bedruipsous te maak, giet die vye met helfte van die stroop uit die blik in ‘n vermenger.
Voeg die sojasous, Worcestersous en mosterd by en versap.
Giet die vloeistof in ‘n kastrol en voeg gerasperde ui by.
Bring die mengsel tot kookpunt, verlaag dan die hitte en prut vir 5 minute sonder ‘n deksel.
Sny die vetkante van die tjops in en rooster dit vir 14 – 16 minute oor matige kole.
Bedruip gereeld met vyebedruipsous.
Verhit die res van die bedruipsous en sit saam met die tjops voor.[Geskik vir rooster of oor die kole] 17/2/11!!!Baie Dankie dit is baie Lekker Helena.



Carol Elliott Claassen
CHUTNEY / BLATJANG VARKTJOPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
• 8 Varktjops
• ¼ Kop Chutney / Blatjang
• 2 Eetl Heuning
• 1 Teel Mosterdpoeier
• 1Teel Geelsout / Aromat
• ¼ Teel Kerriepoeier
Sout die varktjops
Metode:
• Meng alle bestandele
• Skep ¼ kop van die sous oor die varktjops en bak ¼ uur draai om die tjops en gooi ander sous oor die anderkant van die tjops.
• Bak ½ uur lank tot mooi bruin..

Carol Elliott Claassen
FEESTELIKE VARKTJOPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Rol 6 varktjops in meel
Braai in vlak olie tot bruin
Pak in oonbak en skep ingelegte klein perskes bo-op
2 Eetl stroop ook oor.
Metode:
Meng orige stroop met 1 x 250 ml boksie appelkoossap met 1 pakkie bruin uie soppoeier en giet oor vleis en perskes. 1½ uur tot 2 uur gebak in oond by 180 grade celcius tot goud bruin .


Carol Elliott Claassen
VARKTJOPS MET PYNAPPEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
8 Varkvleis tjops gesout
1 Groot ui gekap
1 x 410g blikkie pynappelstukke
3 Teel Mosterdpoeier
1 Kop Tamatiesous
Metode
Braai vleis eers bruin Vleis in casserol gesit en pynappelstukke bo-op gepak. Voeg sous en ander bestandele by die meel en gooi oor die vleis en pynappelstukke. Bak vir 1½ tot 2 uur in 180 grade celcius..

Carol Elliott Claassen
SOETSUUR VARKFRIKKADELLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
(4 porsies)
450gr maer maalvleis
4 grasuie fyngekap
1 klein rooirissie – ontpit en fyngekap
2.5cm gemmerwortel fyngekap
25ml mengsel van vars koljander, kruisement en salie fyngekap
85ml sagte broodkrummels
Sout en peper na smaak
1 klein blikkie suikermielies (sweet corn)
500 ml soetsuursous
Rys vir voorsit
Metode:
, rissie, gemmer, kruie, mielies en broodkrummels liggies met 2 vurke. Geur na smaak. Vorm in ronde frikkadelletjies.
Stoom in stomer of bak in oond op 180°C tot gaar (30-35 minute).
Verhit die soetsuursous en gooi oor warm frikkadelle. Bedien met warm rys .


PORT-VARKNEK MET DROEVRUGTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Die soet van die port en varknek werk perfek. Gebruik die oorskiet op ‘n broodjie
60ml Olyfolie
1.5kg ontbeende varknek
500g baba-uie
4 knoffelhuisies gekap
2 kaneelstokkies
10ml fyn koljander
10ml vinkelsaad
500ml port
500ml beesvleisaftreksel
200g gemengde droëvrugte
100g gedroogde pruime
Sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
Verhit oond tot 160°C. Verhit olyfolie in ‘n middelslag pot. Plaas varknek in warm olie en braai tot goudbruin, sowat 5-8min per kant. Voeg baba-uie en knoffel by. Braai nog 5min. Voeg speserye by en braai vir 2 min. Gooi port en aftreksel oor. Bring tot kookpunt en plaas in warm oond. Bak vir 2 ½ uur of tot sag. Voeg droëvrugte by en bak vir nog 30min. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor. *Sarie* .

Helena Kruger
Varkskenkels in witwyn gebak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
1,5 – 2 kg varkskenkels, in skywe gesaag
1 ui, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaak
sonneblom of olyfolie
1 bottel droë witwyn
4 aartappels, in dun skywe gesny
‘n mengsel van fyn koljander, fyn komyn en fyn gemmer
sout en peper na smaak of
gebruik ‘n pakkie sampioensoppoeier
Sny die buitenste vel van die skenkels deur met ‘n skerp messie of lemmetjie. Dis ook ‘n goeie idee om jou slagter te vra om dit vir jou te doen. Dit sal verhoed dat die vel omkrul. Braai die skenkels liggies bruin in die olie, verwyder en hou warm. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Pak lagies varkskenkels en ui in ‘n oondskottel en geur elke laag met sampioensoppoeier, of die koljandermengsel en sout en peper. Verhit die wyn in ‘n beker in die mikrogolfoond. As jy nie sampioensoppoeier gebruik nie, kan jy ‘n hoenderekstrakblokkie in die warm wyn oplos .Skep genoeg wyn oor die skenkels om dit net-net te bedek. Sit deksel op. Bak 1,5 tot 2 ure in in voorafverhitte oond (180°C), haal uit en plaas die aartappelskywe bo-op. Borsel die aartappelskywe met olyfolie. Bak nou verder oop in die oond totdat die aartappelskywe sag en gaar en ligbruin bo-op is. Sit voor saam met noedels of rys.
Variasie
In plaas van die koljandermengsel kan jy ook jou gunsteling speserymengsel gebruik. As jy nie die sampioensoppoeier gebruik nie, kan jy die sous verdik met 20 ml mielieblom wat met koue water aangemaak word tot ‘n pasta. Voeg dit dan by die wyn voor die wyn oor die skenkels geskep word. Jy kan ook gebraaidie skyfies sampioene (of geblikte sampioene) by die skenkels voeg voordat dit in die oond gebak word. Die skenkelgereg sal baie souserig wees, dus is dit ‘n goeie idee om sagte broodrolletjies byderhand te hou om die sous mee "op te vee". Pork Pantry


Esmerilda Hanekom
GEVULDE VARKFILLET

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Ons vul altyd varkfillet met mossels en cheddarkaas blokkies. Draai toe in phylodeeg. Draai toe in foelie en bak!.



<<<
Hier is my EISBEIN IN OOND GAARGEMAAK
Helena Kruger









Berie Smith
Eisbein

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Thursday, April 14, 2011 at 1:42pm
15 ml kookolie
2 uie, in skywe gesny
3 gepekelde varkskenkels
5 ml mostertpoeier
1 lourierblaar
1 wortel, geskraap
2 swartpeperkorrels
25 ml suurlemoensap
500 ml water
Verhit die kookolie en sorter die uie totdat dit deurskynend is.
Plaas die uie saam met die res van die bestanddele in ‘n kastrol en verhit dit tot kookpunt.
Die skenkels moet bedek wees met die water.
Plaas die deksel op, stel die plaat af en laat dit vir 1 ½ uur lank prut, of totdat die vleis sag is.
(6 porsies)
Bedien met suurkool en panbraai aartappels..

EISBEIN 2 – BROS GEBRAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Saturday, April 16, 2011 at 11:58am
Bykosse by Eisbein is ongetwyfeld kapokaartappels, suurkool en 'n lekker klomp Engelse mosterd en bier om daarmee saam te gaan. Gepiekelde Eisbein veel lekkerder as die gerookte een.
Kook die eisbein in 500 ml witasyn, 500 ml water, 100 ml swart wynasyn, 1 koppie suiker en kerrie blare of mosterd vir 45 minute.
Haal die vleis uit en sit dit in ´n oondpan.
Smeer ´n mengsel van mosterd, heuning en olyfolie oor die vleis.
Braai eerste 30 minute in foelie (moenie dat foelie aan die eisbein raak nie).
Haal foelie af en bak op 190 grade vir nog 25 minute of tot vet hard is.
Gooi orige sous bo-oor laat kook die asynmengsel tot ¼ oor is.
Gebruik die sous om op te dien.
Growwe sout op die vel gestrooi help om dit lekker bros te kry..


Carol Elliott Claassen
Eisbein Bredie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
2 eisbeins redelik groot
4 uie
4 wortels
4 aartappels
1 klein kopkool
1 rooi soet rissie
500 ml vleis aftreksel
1 blikkies bier/lager
sout en peper
Plaas eisbein in pot ( plat boom potjie pot) Kerf nou al die groente in groot stukke, en pak rondom die vleis.Sny klein kool net in vier stukke.
Voeg bier by asook vleis aftreksel.Geur met sout en peper na smaak.
Plaas in voor verhitte oond van 180grade C vir 3 ure..

Sonja Young
Maklike Smaaklike Varktjops

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Let asb daarop dat daar GEEN olie, botter ens gebruik word nie - die resep bestaan uit slegs 2 bestandele (of 3 as jy bietjie peper wil oorgooi)
Voorverhit oond op so 180
Sit varktjops in oondskottel
Strooi pakkie droe bruin uiesop oor
Bedek oondskottel met foelie en bak vir ongeveer 1 uur
Haal foelie af en dien op met bygereg van jou keuse
Dis heerlik!
(Ek gebruik graag vark nektjops) .



Tiana Botes
Eskort resep
Rosemary Pork Neck Roast 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Serves: 4-6
Ingredients
1 De-boned Pork Neck,
1,2 kg - 1,4 kg Olive Oil
10 ml Fresh Rosemary,Finely Chopped
10 ml Olive Spice
Salt & Freshly Ground
Black Pepper
Method
Preheat the oven to 180° C.
Pat the pork neck dry with kitchen paper.
Rub all over with olive oil, rosemary, olive spice, salt & pepper.
Place on an oven roasting rack in a roasting pan.
Roast pork neck in the preheated oven, for the required time (refer Cooking Times).
The oven temperature can be turned up to 220° C for the last 10 minutes if it is necessary to brown the pork a little more.
Remove roast from oven & place in a warm area of the kitchen or in the warming drawer to ‘rest’ for 8 - 10 minutes.
This will help the meat juices to ‘settle’ & ensure a juicy, succulent roast.
Carve thinly & serve with roast potatoes, gravy & vegetables..

BROS GEBRAAIDE VARKMAGIE  PORK BELLY:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
[BAIE LEKKER]
Vir twee kilo vleis nodig jy omtrent 3 teelepels fynsout, vars witmaalpeper en soveel vinkelsaad soos jy kan invryf – dit is al – jy kan as jy grend voel ook dun gerasperde suurlemoenskil en droë salie bysit sny die vetjie oorkruis so diep en veel kere soos jy kan, maak die vleis dan goed droog en dan vryf jy hom met die fynsout , veral tussen ...die kepe.
Laat staan die vleis vir ‘n halfuur. vee al die water af [ die sout trek vog uit die vel ] van die vleis dws jy maak hom weer droog.
Vryf nou growwe seesout, wit maalpeper en vinkel in die vleis in – gooi ‘n koppie vars water onder in jou roosterbak , sit die vleis op die draadrakkie en vat hom oond toe – bak hom vir te minste 3 ure op 140C of op jou rooster oor 'n matige hitte, sodat die proses stadig gebeur.
Ek bedien die vleis saam met heerlike fynaartappel en komkommer- en asynslaai.
Jy kan ‘n sousie maak van die pansappe, maar ek verkies die vleis soos hy is – sag, bros en heerlik.
Die is werklik besonders lekker..

STICKY SLOW ROAST PORK BELLY:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
[JAMES MARTIN]
•1.3kg piece pork belly , boned, rind left on and scored (ask your butcher to do this)
•2 tsp sunflower oil
•1 tsp white peppercorns , crushed
•3 large onions , sliced
•2-3 tbsp clear honey
•2 tsp ground cumin
•1 red chilli , deseeded and chopped
• Heat oven to 180C/fan 160C/gas 4. Lay the pork, skin-side up, on a rack in a roasting tin. Trickle with a little oil, then lightly press on the crushed peppercorns and a sprinkling of coarse sea salt. Place in the oven, then cook for 1 hr. Remove from the oven and baste with the juices. Continue to cook for a further 1½ hrs, basting every 20 mins.
• Put the sliced onions in the roasting tin under the pork. Mix the honey together with the cumin and chilli, brush it over the pork, then increase the oven to 200C/fan 180C/ gas 6. Cook for a further 30-40 mins, basting occasionally, until caramelised with a rich, golden glaze over the pork. Once cooked and tender (this can be easily tested by piercing the flesh with a knife), remove pork from the oven, then leave to rest for 10-15 mins.
• While the pork is resting, heat the tin on the stove with the onions, adding 2 tbsp water. This will lift any residue from the pan, creating a moist cooking liquor. Season the onions with salt and pepper, then divide between 6 plates. Carve pork into 6 portions, then serve on top of the onions. Pour any remaining liquor over and serve with the Pumpkin mash


Berie Smith
PULLED PORK 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Sien ek noudie aand hoe hulle pulled pork maak – maar doodgegooi met barbekeeuw sous en ek voel hoe koes my smaak kliere vir al die bymiddels. Net daar besluit ek om die SA weergawe aan te pak. Ek maak my verplukte vark, en gee die hordes kos. Vergeet dus ‘n oomblik van die vervelige varktjop!
Trek jou lui vinger uit jou oor, sit af slagter toe (ek vra sommer oor die slagters toonbank by my naaste Spar) en kry ‘n vark blad.
Sny die vel en die vet af met ‘n skerp mes. In een stuk. Voila! Neem growwe sout, en sout die onder- en bo-kant van die blad. Waar die yanks nou bottels souse gebruik, doen ons dit met ‘n handpalm vol sous. Enige braaisous. Ek het die Jack Daniels ene gebruik, en ek weet Heintz maak ‘n lekker een wat heel rokerig proe. Vryf die sous in die vark, en sit die vel en vet wat afgesny is, terug.
Sit in ‘n oonvaste bak of oondskottel. Sny ‘n groen appel in skyfies, en gooi neffens die blad. Dan neem jy ‘n bottel cider, en keer dit so al om die blad se einders uit. Moenie bo-oor gooi nie, dan spoel jy al jou moeite af.
Bedek met tinfoelie. Sommer so 2 lae. En druk in die oond teen 100 grade celcius vir 12 ure. Jip. Oornag. Jip. Lekker lank!
Na 12 ure maak jy daai saggekookte lekkerte oop, en begin met 2 vurke die vleis ‘skeur’. Dit sal soos fynvleis lyk.
I.p.v. om nou soos die yanks NOG ‘n bottel sous te gaan uitkeer oor hierdie vleis, en dit in ‘n bun te prop met koolslaai bo-op (jip!!!), neem jy van die kooksous en meng dit lekker deur die verplukte vark.
Nou neem jy ‘n lekker vars bun, met hope blare op, en parkeer ‘n hopie vark op die broodjie. Tamaties en komkommer is ook nie te versmaai nie – dis immers ‘n burger van ‘n soort. Jy sal eet tot jy voel soos die trop!
Die oorskiet kan vries. En bedien word op rys of kapok aartappels. Of in ‘n pasta. Maar hierdie sawwe varkvleisies gaan jou nog lank bybly.


Helena Kruger
LEKKER VARK REPIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Sny jou vark vleis in repies en gooi so bietjie fyn koljander oor en maak die onderste resep en dan se jy vir my hoe smaak dit *HEERLIK* Helena Chilli Kruger*21/3/12
Helena Kruger
Dit is een van die lekkerste disse!!!Veral die sous.Moet net nie die vleis te lank braai nie..Heerlik sag!!
Soet en Suur Bees: (98)
Sny vleis in klein blokkies. Laat dit vir ten misnte 'n uur in Soya sous lê.
Deeg:
1 koppie meel
2 x eiers
spesirye na smaal
1 e olie
so +/- 1 koppie melk
4 teelepels bakpoeier
Meng alles saam en maak seker dat deeg nie te slap is nie
Verhit olie op stoof vir diep braai
Gooi die vleis net so in die deeg, meng goed en braai die vleis tot goudbruin....dis heerlik!!
Soet en Suur Sous:
1 x Koppie All Gold Tamatie Sous
1/2 Koppie Water
1/2 Koppie asyn
1 Koppie Suiker
Pietersielie
Kook alles saam, en jy kan die sous vir enige iets gebruik!!! Helena Chilli Kruger 2010


Carol Elliott Claassen
OM GEROOKTE HAM GAAR TE MAAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
GEKOOK:
Bedek die ham met water en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minuteper 500g of totdat vleisvesel maklik afgetrek kan word. Laat effens afkoel en verwyder die swoerd. Plaas die ham terug in die vloeistof en laat afkoel. Sny diamantpatrone in die vet. Verglans. (Sien beskrywing)
IN DIE OOND:
Voorverhit die oond tot 160C. Plaas die ham op die rakkie in die oondpan. Bedek heeltemal met tinfoelie. Bak 15-20 minute per 500g. Verwyder die foelie en sny die swoerd af. Sny die vetlagie in diagonale snye sodat diamantvormige blokkies gevorm word.
HOE OM TE VERGLANS:
Meng appelkooskonfyt met 'n bietjie suurlemoensap en voeg
mosterdpoeier by. Smeer die mengsel oor die vetlagie van die vleis enbak vir 'n halfuur teen 160C of tot goudbruin .

Lynette Grové
WENNER EISBEIN

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Kook eisbein eers gaar. Koel af, en bak in warm diep olie tot goudbruin. Glo my dis 'n treffer. My restaurant resep..


Helena Kruger
VARKTJOPS MET PIESANG EN PATATS
6 Varktjops
15ml olie
3-4 piesangs in skyfies gesny
3-4 patats geskil en in syfies gesny
30ml bruinsuiker
15ml botter
Sousie om vleis in te mariner:
250 ml tamatiepuree
25ml suurlemoensap
1 ui fyngekap
15ml worcestersous
Marineer jou vleis vir so 1-2h in sousie
Pak jou vleis in jou gesmeerde oonpan-skottel en pak jou skywe piesang en patats bo-oor en strooi nou die bruinsuiker oor en stip met lekker botter
Bak dit by 180*C tot jou vleis en patas deurgaar is en mooi bruin gebak…Jy kan vir die eerste rukkie n stukkie foil* oorplaas en dit later afhaal** Helena Chilli Kruger**16/4/12


Gevulde varknekrol

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Tuis-Kos
Hierdie vleissnit kan ook suksesvol in ‘n Weber gaargemaak word.
Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 1½-2 uur (na gelang van die vleis se grootte)
Oondtemperatuur: 200°C
1,5kg varknek, ontbeen
100g spek, gesnipper
100g heelkorrelmosterd
sout en varsgemaalde swartpeper
250g sagte, droë-appelkose, gesnipper
100g pekanneute, gekap
60ml salieblare, gekap
vars witbroodkrummels (4 snye brood is gewoonlik genoeg)
sagte botter
olie vir braai
BEDRUIPSOUS
30ml olyfolie
60ml sojasous
15ml elk heuning en bruinsuiker
1 Sny die oortollige vet en senings van die varknek af en vou die ontbeende stuk vleis oop op ‘n skoon werkoppervlak. Onthou om die vleis te weeg om die korrekte gaarmaaktyd te bereken: 25 minute per 500g, plus 20 minute.
Braai die spek in ‘n braaipan en laat dit afkoel voordat jy dit gebruik. Smeer die mosterd oor die vleis en geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper.
2 Meng die appelkose, pekanneute, salie, broodkrummels en spek en voeg net genoeg sagte botter by om die bestanddele te bind. Versprei die vulsel oor die vleis.
3 Rol die vleis op soos ‘n rolkoek.
4 Bind dit met ‘n tou vas.
5 Verhit olie in ‘n braaipan en braai die vleis aan alle kante tot goudbruin.
6 Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Sit die varknekrol in ‘n oondbak, geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper, bedruip dit en bedek die bak met foelie. Sit dit in ‘n voorverhitte oond vir 30 minute en verlaag dan die oondtemperatuur na 180°C. Verwyder die foelie, bedruip dit weer en sit dit terug vir die res van die berekende gaarmaaktyd. Laat die vleis sowat 10 minute rus voordat dit in dik skywe gesny word. Garneer die vleis met vars salieblare en sit dit voor saam met geroosterde aartappels en gekaramelliseerde pere.
Wenke
Maak die vulsel net voordat dit gebruik word.
Laat die vulselbestanddele altyd goed afkoel voordat dit gebruik word. Moet nooit warm vulsel op rou vleis gebruik nie.
Meng die vulselbestanddele altyd liggies om te keer dat dit kompakteer en moet dit nooit op die vleis vasdruk nie. Die vulsel het ook ruimte nodig om uit te sit namate die vleis gaar word.
Gebruik ‘n vleistermometer om te bepaal of die vleis gaar is. Die vleis en vulsel is gaar sodra die interne temperatuur 74°C bereik. 11/5/12 .


Karen Ackermann
HEERLIKE VARK LENDE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Ek het so pas die heerlike vark lende gemaak.
Hier is bestandele in wat ons in Asia het, maar ek is seker mens sal 'n goeie substitution kan doen met SA bestandele.
Verskoon asseblief die resep mates en die taal, maar hopelik sal julle die gevoel kry:
500 g varklende
'n groot dash olyf olie
2/3 koppie maple syrup of pancake syrup (USA produkte)
'n dash sushi asyn
1 eetlepel knoffel pasta
1 eetlepel vars gemmer fyn gerasper
1 eetlepel gedroogte kruie
'n hoe eetlepel goeie Dijon mosterd
soveel chilli vlokkies as waarvan jy hou
'n dash sout
1 groot ui, opgesny in blokkies
1 appel opgesny in skyfies
Coriander vir oulikgeid
Meng al die marinade goeters, en laat dan die vark bietjie marineer - so 'n uur of wat.
Haal dan vir die vark uit en rooster vir kleur. Dan oond toe met al die sous en gril en baste tot gaar. Onthou om kort kort te baste want jy soek nie droe vark nie.
Haal die vark uit en rus op 'n plank en gooi al die sous (appels, uie, die hele boks en daais) in die liquidiser en blits tot glad.
Gooi die sous in 'n kastrol en reduce tot jou sous so glaserig en donkerder is en jou tone krul. Intussen sny jy die vark in skyfies. Gooi van die sous (nie als nie!) onder in jou bord, en pak dan jou vleis bo-op die sous. Gooi van die sous oor sprinkel met die coriander en roep die honger mense nader.


Baked Pork Chops in Onion-Sour Cream Gravy

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
By PSparx food.com
I make this recipe on cold nights...the gravy is SOOOO good!! I serve it with whipped potatoes and I practically have my family lickin ...
4 -6 pork chops
1 tablespoon flour
1 (1 1/4 ounce) package Lipton Onion Soup Mix
2 1/4 cups boiling water
1 cup sour cream
Directions:
Preheat oven to 350 degrees.
Brown chops and move to a 9x13 baking dish.
Leave 1 tablespoon drippings in pan. Add to pan the flour and onion soup mix. Blend in water. Pour over chops in baking dish.
Cover with foil and bake for 30 minutes.
Uncover and continue to bake for another 30 minutes.
Remove pan from oven.
Remove chops from pan to serving dish and then add in the sour cream to the liquid in the pan to make gravy.
Serve immediately.
Serve with potatoes or noodles .


Julanda Swanepoel
VARK IN SOET SUUR SOUSIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Ek het gisteraand blokkies varkvleis in meel gerol en in olyfolie gebak in 'n pan bo-op die stoof. Tussenin het ek Basmati rys gaargemaak.Ek het ook 'n bakkie gevriesde gemengde groente vol kookwater gegooi, dat dit kan ontdooi. Toe die rys gaar was het die ek gemengde groente deur die rys geroer en so effens laat prut,( Ek het nie die gemengde groente gaargemaak nie, anders is dit pap die groente is lekker crispy as jy dit net in kookwater laat le.) Ek het toe 'n alles-wat-in-die-kas-was poging aangewend en hierdie heerlike sous het onstaan wat mens oor die gebakte vark blokkiesvleis gooi.
Soutsuur sous:
'n Halwe Koppie Asyn
Halwe teelepel Soya Sous
Een koppie Suiker
Halwe Koppie Tamatiesous
1 Koppie Warm water
Kwart teelepel sout.
So 'n titseltjie fyn gemmer
Laat alles saam vinnig saamkook vir 'n tydjie, draai plaat stadiger en meng 2 teelepels Maizena in 'n kwart koppie water tot 'n pasta. Op lae hitte roer die Maizena mengsel in die asynmengsel, laat dit bietjie prut. Gooi oor jou varkvleisblokkies. Dien dit op met die groente-rys. Ek het 'n Avo en cherrie tamatie slaai met pietersielie saam op gedien.


Martie Fourie Moolman
MARTIE SE VARKDIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Gee vir julle my varkdis, (jy kan bees ook gebruik) maak dit gereeld in die winter en kan so ses mense voed, met krakerige brood of rys of kapok ertappels.
1 Kg vark blokkies met vet aan
2 groen pepers in repies
2 uie gekap
4 knoffelhuisies fyn
1 E vars marjolien og orego
vars tiemie
2 t komyn gemaal
1 suurlemoen se sap en skil
1 blikkie tamatiepasta
1 blikkie botterbone
1 blikkie boontjies in tamatiesous
1 blik gekapte tamaties
1 bief blokkie
1 k water
1 k bier of of wyn.
sout en pepepr
1 E suiker
1 blikkie rooibone
2 tot 3 brand rissies
Pak lae in oondskottel, bak stadig in oond 150g vir omtrent 3 ure, die aroma en smaak is heerlik..


Gevulde varkfilet

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
SARIE KOS
200 g vars baba-spinasieblare
230 g ricotta-kaas
sny witbrood, gekrummel >
sout en varsgemaalde swartpeper
gerasperde skil van 1
suurlemoen
3 varkfilette
500 g strepiespek
sowat 30 ml olyfolie
Verhit oond tot 170 ºC. Plaas spinasie in groot bak en gooi kookwater oor. Laat staan sowat 5 minute. Dreineer en druk al die water uit. Kap fyn in voedselverwerker. Meng spinasie met ricotta en broodkrummels. Geur met sout en peper en voeg suurlemoenskil by. Plaas filette op werkoppervlak en sny in lengte effens oop – nie dwarsdeur nie. Skep van die vulsel in die lengte af. Maak toe. Draai spek om die filette. Sprinkel olyfolie op bakplaat en plaas filette bo-op. Oondbraai vir 35 – 40 minute. Haal uit en sny in dik skywe. Sit warm voor


Michelle Nel
Eisbein: 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
2 Eisbeins,
geur met sout en peper.
2 knoffelhuisies,
50 m olyfolie,
3 uie in skywe
1 blikkie bier.
Oond 160 grade C.
Geur die vleis. Giet olie in kasserol, pak die uie en knoffel in die bak met die olie.
Giet die bier by. Pak die vleis in. Bak vir 3 ure met deksel op.
Skep so elke 30 minute die biermengsel oor die vleis.
Haal die deksel af, verf konfyt oor en bak nog 15 minute.
Bedien met moesterd en kapokaartappel, pampoen en room spinasie of chips en uieringe met klein slaaitjies..

SWEET & STICKY APRICOT PORK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
1 medium pork fillet
1/4 cup butter
1 teaspoon ground thyme
2 teaspoons garlic powder
1 small jar of apricot preserves
2 tablespoons of honey
1/4 cup dry sherry
Preheat the oven to 350 degrees.
Spread the butter on the pork, making sure to get it on all sides of the meat. Season the pork with salt and pepper to taste. Also season the meat with the thyme. Stir together the garlic powder, apricot preserves, honey, and sherry in a separate bowl.
Bake the meat in the preheated oven for 30 to 40 minutes, until its slightly browned. Remove the meat from the oven and brush it with the apricot mixture. Put the pork back in the oven. Continue cooking, while basting the meat occasionally with the remaining apricot mixture, until the pork is cooked through and is no longer pink in the middle, about 15 more minutes. A meat thermometer inserted into the center of the pork should read 160 degrees F.
*porkfilletrecipes..


Louise Groenewald
Pork medallions in Port Cream Sauce

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
with Mushrooms
(Learn to Cook with Louise)
My own recipe
(serves 2 - 4)
500g Pork Fillets, at room temperature
Ina Paarman Seasoned Salt
Aromat
Freshly ground Black Pepper
25g Butter
25ml Oil
1 Punnet of white Button Mushrooms, keep them whole, halve only if very big
10ml Corn flour (Maizena)
125ml fresh OR Sour Cream
125ml Full cream Milk
Aromat
Freshly ground White Pepper
50ml Port or Old Brown Sherry
1) Dry the fillets (patting with kitchen paper or a dry dish towel). Cut into pieces of approximately 4 – 5cm. Place on a cutting board, cut side up. Chop lightly with a meat mallet to a thickness of about 2cm. Make sure that all the pieces are of the same thickness.
2) Mix seasonings, sprinkle over meat and rub in lightly.
3) Melt butter and oil and when the butter just starts to change colour, add the meat. Fry for two minutes then turn and fry for a further 2 minutes. Remove meat to a plate. Take care not to overcook the meat. It should still be very pink in the centre when it is removed from the pan, as it continues to cook while you are making the sauce.
4) Add the mushrooms to the pan and fry for a couple of minutes until nicely browned.
5) Add the milk and cream to a jug. Mix the Maizena with a little bit of the milk. Add this to the milk and cream mixture; add the Aromat and White Pepper as well. Add to the pan.
6) Cook, stirring all the time, until the sauce starts to thicken and turns a light golden colour. Add the Port or Sherry and cook for another minute or so. Add any juices which have leaked from the meat.
7) Place the medallions in the sauce, cook for another minute and then serve immediately.
8) Serve with plain side dishes (plain rice or baked potato and veg.) as the sauce is fairly rich.
9) This is the perfect dish to serve at a romantic candle lit dinner, as it is quick to prepare and is guaranteed to impress! Better than any restaurant at a fraction of the price!


Rona Swart
LEKKER VARKROL IN DIE OOND

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Tiekie ek is nou seker bietjie laat, maar het self vandag ene gemaak. Op 140grade vir 3 ure - speserye na jou eie keuse en dit is smelt in die mond lekker! Ons hou van 'n mengsel van sout, peper, paprika, koljander en worcestersous op die rol. Braai laaste 5 min onder die rooster om die vet uit te braai en laat rus vir so5- 8 minute voor jy dit sny.

CHILI-LIME TENDERLOIN




http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html

(myrecipe)

Ingr:
approx 650g pork tenderloin,
salt & pepper;
1 tsp chili powder;
1 Tbsp fresh lime juice;
1 tsp soy sauce;
½ tsp sugar
2 Tbsp vegetable oil
METHOD:

Preheat oven to 200dC. Line a large rimmed baking tray with foil. Pat tenderloin dry & season on all sides with salt & pepper. Blend chili powder with lime juice, soy sauce & sugar in a small bowl. Use your hands to rub mixture thoroughly into tenderloin. Warm a large oven-proof skillet & add oil & when oil is hot add pork & sear on all sides, turning meat with tongs, about 1min per side. Place skillet in preheated oven & bake for about 20-25mins, depending on thickness of tenderloin. Baste with juices that have accumulated & add 2Tbsp water at a time, if necessary, to prevent schorching. Remove to a cutting board, cover loosely with foil & let rest for 5mins. Slice on diagonal into 1cm-thick pieces & serve .


PORK BELLY ROLL WITH APPLE CREAM SAUCE...................

Time: 20 mins
Cooking Time: 150 mins

This roast belly of pork with its crispy crackling is utterly delicious when served with the perfect accompaniment – apple cream sauce!

Ingredients
15ml Dijon mustard
¾ cup water
1 KNORR Chicken Stock Pot
30ml apple juice
1 red apple, peeled, cored and finely diced
½ red onion, finely chopped
10ml margarine
900g rolled pork belly
15ml olive oil
15ml Robertsosn Atlantic Sea Salt
5ml Robertsons Thyme
1/3 Cup cream
5ml cornstarch

Instructions
Preheat oven to 180C Combine thyme, sea salt and olive oil in a bowl Dry the skin of the pork belly well with paper towel Using a sharp knife make criss-cross incisions along the skin of the pork belly without cutting into the meat Rub the olive oil mixture over the pork belly and place into a roasting tray Roast in a preheated oven at 180C for 2-2 ½ hours or until the juices run clear then remove from the oven and allow to rest before slicing n the meantime melt the margarine in a pan and gently fry the red onion until soft then add the diced apple and fry for 2 minutes Add the apple juice and then allow to KNORR Chicken Stock Pot to melt in the pan before adding the water and cream Allow to simmer for 5 minutes then stir in the Dijon mustard ix the cornstarch with a little water to form a smooth paste and then stir this into the sauce and allow to simmer for a further 5 minutes Serve sliced pork belly drizzled with apple cream sauce and roasted potatoes
Geplaas deur: Lynette de Beer*.


 VARKVLEISSKOTTEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Olie
8 varktjops
1 ui gekap
2 eetl koekmeel
2 eetl aangemaakte mostert
250ml ingemaakte fyn pynappel, sap gedreineer en 250ml behou
125ml tamatiesous
250ml water
15ml suiker

Metode:
Sout en varsgemaalde swart peper
Verhit olie en braai tjops tot net bruin, maar nie gaar nie. Skep uit en braai ui in dieselfde pan tot sag. Skep tjops en ui in ‘n oondbak. Meng meel, mostert, Fyn pynappel, sap, tamatiesous, water en suiker en skep oor vleis. Geur met sout en peper. Bak sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180°C. Bedien saam met kapokaartappels en ingelegte kwepers.
.



VARKTJOPS MET HEERLIKE SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
6 groot varktjops
1/2 kop blatjang
Bietjie knoffel
1 kop kookwater
1/2 kop mayonnaise
1/2 kop tamatiesous
1 pakkie bruinuiesoppoeier

Metode:
Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng die sousbestanddele en gooi oor die tjops wat in ‘n oondvaste skottel gesit is, sit foelie oor en bak vir 1 uur in die oond.
Bedien met rys en gemengde groente. KOSMATER
 .


SOET-SUURSOUS BY VARKTJOPS!!

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
1e olie
50g[1/2k] uie fyn gekap
376g fyn pynappel
5e asyn
50g[1/4k] sagte bruinsuiker
1e sojasous
1e mielieblom[maziena]
sout

Metode:
Braai uie stadig in olie tot sag
Voeg die pynappel, asyn, suiker,sojasous en sout na smaak by
Prut vir so 10min.
Meng jou mielieblom met water en en voeg by kook vir so 3min tot dik en helder!!!Baie lekker saam met varktjop of skep dit bo-op jou vleis in jou opskepskottel en garneer!!! Helena 18/1/11 Baie lekker!!!
 .


GROOTFONTEIN TJOPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
5 varktjops (Kan skaap ook gebruik)
5 dik skywe ui
5 dun skywe suurlemoen
75ml bruinsuiker
75ml worcestersous
10ml lemoensap
5ml sout en peper

Metode:
Plaas die tjops in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Sit op elke tjop ‘n uie skyf en bo-op die uie, die skyf suurlemoen. Meng die res van die bestandele en gooi oor die tjops. Sit die deksel op en bak 1 ½ -2 ure by 180°C tot lekker sag en gaar. *Sus Retha/Rina*
.

CHUTNEY / BLATJANG VARKTJOPS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
• 8 Varktjops
• ¼ Kop Chutney / Blatjang
• 2 Eetl Heuning
• 1 Teel Mosterdpoeier
• 1Teel Geelsout / Aromat
• ¼ Teel Kerriepoeier
Sout die varktjops

Metode:
• Meng alle bestandele
• Skep ¼ kop van die sous oor die varktjops en bak ¼ uur draai om die tjops en gooi ander sous oor die anderkant van die tjops.
• Bak ½ uur lank tot mooi bruin.
.
Maklike Smaaklike Varktjops

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
Let asb daarop dat daar GEEN olie, botter ens gebruik word nie - die resep bestaan uit slegs 2 bestandele (of 3 as jy bietjie peper wil oorgooi)
Voorverhit oond op so 180
Sit varktjops in oondskottel
Strooi pakkie droe bruin uiesop oor
Bedek oondskottel met foelie en bak vir ongeveer 1 uur
Haal foelie af en dien op met bygereg van jou keuse
Dis heerlik!
(Ek gebruik graag vark nektjops)
 .



BESONDERSE VARKTJOPS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/varkvleis-geregte.html
MENG DIE VOLGENDE EN GOOI OOR VARKTJOPS VOOR JY DIT IN DIE OOND ROOSTER – GENOEG VIR 4 TJOPS
30ml olyfolie
60ml sojasous
30ml bruinsuiker
30ml suurlemoensap
¼ ui baie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyngedruk
Sit die tjops in ‘n oond pan, meng die sousie en gooi oor die tjops. Rooster die tjops vir ongeveer 25min of tot net gaar.
Sit voor saam met heerlike kapok aartappels.

Vark tjops mer Heerlike Sous 
6 groot vark chops 
bietjie knoffel 
250ml kookwater 
125ml koppie mayonnaise 
125ml koppie tamatiesous 
1 pakkie bruin uiesoppoeier 
125ml blatjang 

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng die sousbestanddele bymekaar en gooi oor die tjops wat in ‘n oondvaste skottel gesit is, sit foelie oor en bak vir 1 uur in die oond. 

Suurlemoen / Uie Tjops 
Rencia Odendaal Pretorius 
5 dik vark of beestjops 
5 dik uie skywe 
5 dun suurlemoen skywe 
75ml bruinsuiker 
75 ml worcestersous 
10ml lemoensap – ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het 
5ml sout 
Lemoen of gemaalde swart peper 

Pak tjops onder in casserol. Sit ‘n skyfie suurlemoen op en ui bo-op Maak sousie en gooi bo-oor Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade. Rens – MAAK LEKKER MASH SAAM MET DIT OF JASSIE AARTAPPELS OF SELFS LEKKER POTATO WEDGES MET ‘N MENGELSLAAI

No comments:

Post a Comment