Thursday, 31 January 2013

BEESVLEIS GEREGTE



Soet en Suur Bees


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Helena Kruger
Dit is een van die lekkerste disse!!!Veral die sous.Moet net nie die vleis te lank braai nie..Heerlik sag!!
Sny vleis in klein blokkies of repies. Laat dit vir ten misnte 'n uur in Soya sous lê.
Deeg:
1 koppie meel
2 x eiers
spesirye na smaal
1 e olie
so +/- 1 koppie melk
4 teelepels bakpoeier
Meng alles saam en maak seker dat deeg nie te slap is nie
Verhit olie op stoof vir diep braai
Gooi die vleis net so in die deeg, meng goed en braai die vleis tot goudbruin....dis heerlik!!
Soet en Suur Sous:
1 x Koppie All Gold Tamatie Sous
1/2 Koppie Water
1/2 Koppie asyn
1 Koppie Suiker
Pietersielie
Kook alles saam, en jy kan die sous vir enige iets gebruik!!! Helena 2010









Brisket en Dikrib Bredie
[stoompot]

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
1.5kg beesvleis [blokkies of stukke gesny]
3 aartappels 1/4 gesny
3 Wortels in stukke gesny
1 groot ui in stukke gesny
grasui
1 Blikkie Tomato paste
2k water
1/2t seldery saad
2t suiker
sout en peper
3 e Sweet-Chilli sous [ops]
Pak in soos jy wil maar aartappels bo-op*** gooi jou sousie bo-oor
Stel op 40min .Laat afblaas en maak oop** maak sousie dikker met bietjie maziena en kook 5min sonder deksel
Skep op saam met lekker Basmati rys ,beetslaai of groenslaai!!YUMMY!!***Helena Kruger 16/2/12

                              
                                                  5/06/2014
   Helena Kruger
KLUITJIES OP POTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
250 ml bruismeel,
5 ml sout,
30 ml botter,
10 ml gekapte pietersielie,
water om te meng.
Sif meel en sout, vryf botter in, voeg pietersielie by en maak aan met water om sagte deeg te maak wat jy kan skep. Skep lepelsvol op potjiekos, sit deksel op en prut 30 min sonder om delsel te lig. Lena 14/03/10



ANYSSAAD-BIEFSTUK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Anyssaad gee ‘n effense soet smaak aan die biefstuk - heerlik
SOUS
90ml suurlemoensap
60ml olie
30ml sojasous
2 groot knoffelhusies fyngedruk
10ml anyssaad, fyngedruk
4 kruisskyf- of T-been biefstukke
Metode:
Meng al die bestandele vir die sous. Pak die biefstuk in ‘n plat bak en gooi die sous oor. Laat staan vir 30min. Rooster die biefstuk oor matige kole of in ‘n verhitte riffelpan op die stoofplaat tot medium-gaar of soos verkies. Draai om met tangetjie. Dien dadelik op saam met aartappels en uieringe. *Huisgenoot 1992* 4 porsies







https://www.facebook.com/pages/Die-Grasdak/76027615567
Lekker Rump steak en slaai**Helena Kruger..my eie Handewerk**












TRINCHADO SOUS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
250ml chilli sous[soet chilli as jy wil]
50ml peri peri oil
50ml olyf olie
25ml Worsectersous
25ml soya sous
25ml asyn
30ml gekapte vars knoffel
20ml appelkooskonfyt
2ml medium Kerriepoeier
Metode:
Meng alles en bring tot kookpunt. Prut vir so 5min. Braai jou beesrepies vleis en gooi sous oor . braai vir nog so 3-5min en bedien op heerlike rys of pasta of fyn aartappels!!! Glo my dit is baie lekker
n.s jy kan repies gekapte rooi en groen soetrissies en uie by braai saam met jou vleis!!!
Helena 3/12/10



MONKEY GLAND STEAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
1kg rump steak
6 e Mrs Ball′s Chutney
6 e tamatiesous(ketchup)
3 e Worcestersous
1 e wit asyn
3 e bruin asyn
2 uie gekap
1 potjie sampioene
3/4 t sout
1 t peper
Vryf die steak′s in met sout en peper
Metode:
Meng alle ander bestandele en doen die steak my die marinade(bedek die steak goed daarmee
Laat die steak vir ten minste 2 uur marineer
Grill die steak op rooster(BBQ) met vleisbraai...
ondertussen word marinade saggies gekook en as steaks klaar is oor die vleis verdeel as dit opgedien word (verdun met water as dit nodig
Adri van Zyl 




                                                        Foto>thecuriouscoconut

Tong in Appelkoossous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Geskryf deur: jpetr
2 sout beestonge
Wortelskyfies
1 lourierblaar
1 groot ui in skywe gesny
SOUS:
1 groot blik ingelegde appelkose
190ml bruinsuiker
5ml droë mosterd
125ml wit druiwe asyn
3ml sout
1 blokkie beesboeljon
85ml sultanas
Aromat
15ml meel en water om pasta te vorm.
Laat prut tong vir 1uur lank. Voeg ui lourier blaar en wortels by en prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd, sultanas asyn en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is voeg 1 boeljonblokkie by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en roer sodat die sous nie vasbrand nie. Sny tong in skywe en voeg by sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening. Bedien 10 tot 12 persone. * van die internet afgetrek* .


  



BEESTONG MET PRUIMEDANTE-EN-AMANDELSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
A Muller - Uit die McGregorkombuis
1 gepekelde beestong
1 groot geelwortel
1 ui met 3 heel kruienaeltjies daarin gedruk
Sous:
20 ontpitte pruimedante
7 ml koekmeel
100 ml droë rooiwyn
Knypie fyn naeltjies
100 ml pitlose rosyne
S&P na smaak
15 ml botter
125 ml druiwe-asyn
150 ml bruinsuiker
Knypie kaneel
45 heel gepelde amandels
Suurlemoensap
Week pruimedante in water.
Bedek tong met water. Kook tong met ui en wortel wat in kwarte gesny is, to sag.
Laat afkoel in aftreksel. Verwyder vel.
Smelt botter, roer meel by en braai vir 2 minute, roer aanhoudend.
Meng asyn en wyn en voeg stadig by meelmengsel.
Voeg suiker by, roer tot gesmelt.
Voeg naeltjies, kaneel, gedreineerde pruimedante, rosyne en amandels by.
Kook vir’n paar minute. Indien aftreksel nie te sout is, voeg ‘n bietjie daarvan by of anders net water.
Voeg S&P, sap en geurmiddels na smaak by.
Prut vir ± 20 minute.
Sny tong in skywe, rangskik op warm bord met pruimedante en skap sous bo-oor. Sit voor met noedels of gekookte aartappels.

Carin Ras Wilson.


TONG MET TAMATIESOUS
Huisgenoot 13 Mei 1993
1,6 kg heel beestong
5 swartpeperkorrels
5 wonderpeperkorrels
1 steel seldery, in stukke gesny
1 wortel, skoongeskraap en in stukke gesny
1 ui. Geskil en in stukke gesny SOUS
250 ml tong- of hoenderaftreksel
50 – 60 ml tamatiesous
7 – 10 ml mosterdpoeier
15 ml koekmeelblom
Paar druppels Worcester en tabascosous
25 ml mayonnaise
10 ml suiker
Sout en peper indien nodig
Plaas tong in n drukkoker en bedek met koue water. Voeg die ander bestanddele by. Plaas die deksel op en verhit tot kookpunt. Drukkook 30 minute lank vir elke 500g plus 20 minute ekstra.
Laat effens afkoel en trek dan die vel van die tong af. Giet die aftreksel deur n sif, behou.
Giet al die bestanddele vir die sous in n kastrol. Meng goed en verhit tot die sous kook en verdik. Roer elke nou en dan.
Dien die tong op saam met die sous asook saam met groente en aartappels. Genoeg vir 6 mense. Steek die gaar tong voor opdiening met die sous vir sowat 30 minute in die oond tot dit lekker warm is, skryf Mej E A Speares van Kowie-Wes. (Sy het dit ingestuur na Huisgenoot)

Maré Nieuwoudt 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html



OONDGEBAKTE BIEFSTUK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Rol jou vleis in meel en braai dit in n pan met vlak olie [net om dit te seel] moet nog rou wees binne. Skep uit en hou eenkant. Voorverhit jou oond by 180*C. Braai 2 groot uie in ringe gesny in dieselfde olie en pan van die vleis tot mooi glaserig. Nou maak gou jou sous. [sout en peper na smaak ge...en ander spice nie ne!!!]
3e Tamatiesous
1e Worcestersous
1e Bisto
1e Koekmeel en n bietjie Blatjang
3k Water
Meng alles deeglik. Pak jou vleis en uie in lae en gooi die sous bo-oor. Maak toe en bak vir 2h. in oond.N.S>Ek gooi n bietjie gevriesde ertjies ook in my sousie net vir die mooi van kleur en wat van blokkies aartappels halfgaar gekook ook tussen in..Lekker ne..[ onthou genoeg sous ne!!] Helena..Lekker rys/stampmielies..groenbone..Patats daarby...Beetslaai....Roomys met Sjokoladesousie..!!!??wat meer!!

Helena Kruger
.



Sjokolade-Kersie en Chilli sous



http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html

200 g beesfillet per persoon
1 rooi rissie sonder pitte
50 ml rooiwyn
50 ml port
50 ml beesaftreksel
15 ml balsamiese asyn
25g donker sjokolade
halwe blik swart kersies
sout en peper na smaak
koljander
olyfolie
margarien
Seel vleis in pan.
Neem 'n swaarboomkastrol en braai die rissie effe in margarien en olyfolie.
Voeg die wyn en port by, en laat dit 'n bietjie kook tot 'n reduksie.
Voeg beesekstrak en balsamiese asyn by, asook die sjokolade en 'n halwe blik swart kersies.
Laat dit stadig prut, proe dit, dalk wil jy bietjie sout by gooi.
Sny intussen die fillet in skywe en gooi hierdie warm sous daaroor! Kosmater



Hemelse Steak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
1kg tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en mushrooms in 'n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe metdeksel. Bak vir 60 - 90 min by 160 grade.

Helena Kruger 


Heerlike Steak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Gebruik net T-Bone Steaks vir die resep.
Smeer elke T-Bone
met bruin uiesop poeier aan beide
kante - draai toe in tinfoelie en bak ongeveer 45 min na 60 min, afhangende van hoe dik die steak is, in die oond op 180 grade Celcius. Bak chips daarby(of vir die gesonder mense 'n aartappel in die skil) en 'n heerlike slaai daarby. Kosmater
Helena Kruger
.


GEBRAAIDE ROLhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html

(Filet of sirlion)
Braai uie en sampioene saam.
Sny die vleis in die lengte oop maar nie deur nie.
gooi bietjie sout en peper op smeer uie mengsel oor
krummel feta kaas oor die uie mengsel.
Rol styf op, bind vas met tou.
Rol die buitekant van die rol in heel swart peper korrels.
Braai stadig op die kole tot gaar. Sal mooi pienk aan die binnekant wees.
23 May 2010 
.



Heerlike Borsstrook in Sous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Bak eers jou Borsstrook in jou oond met sout en peper tot gaar, moenie bruin braai nie. Laat koud word en sny in dun skywe.
Sous:
2 uie gekap en gebraai in n bietjie botter
1blikkie Coke Cola
1pk Sampioensoppoeier
1k van die vleissous van die Borsstrook
1/2k Blatjang
1k Tamatiesous
Gooi alles bymekaar nadat jy die uie gebraai het. Gooi oor jou koue vleisskywe wat jy mooi regop gepak het in n bak, laat die sous lekker tussen die skywe inloop. Plaas weer in oond tot dit goed deurwarm is. Elize van Zyl..1987...Helena♥

Helena Kruger.


STEAK
750 g steak
25 ml maizena
125 ml koekmeel
25 ml bisto
750 ml warm water
50 ml tamatiesous
50 ml chutney
2 groot uie
1 biefblokkie
25 ml olie
sout en peper
Gooi sout en peper oor vleis. Kap meel albei kante in die vleis in met hammertjie of kant van piering. Pak vleis in 'n glasbak.
Sny uie in ringe en braai...gooi oor vleis. Meng maizena en bisto met bietjie koue water...gooi by kookwater asook biefblokkie, tamatiesous,chutney...meng en gooi
oor vleis en uie. Maak toe en bak +- 2 ure by 150 C. Dankie Zelda♥

Zelda Clark-Human 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html



Geurige Rugfillet

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Neem lekker dik rugfillet en sny in 15 cm stukke.
Sny met n skerp mes n opening na binne dws soos n silinder amper.
Meng 2 blikkies gerookte oesters en 2 skywe fetakaas wat gekrummel is.
Stop die steak daarmee op en steek sy bekkie toe.
Rol in growwe peper en bak op warm botterbesmeerde plaat.
Bedien met n Bloubessiesousie.
Neem 1 blikkie bloubessies gedreineer.
Voeg daarby 1 kop room
Sout , peper na smaak en bietjie meel om te verdik
Goo klein biki soya sous by.
Bedien en geniet 20/8/10 Ancoise van Heerden!!Dankie[ Heerlik mense!!Helena♥

Helena Kruger 
.



Smelt-sampioensteak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Braai jou steak. Voorverhit die oond tot 220 °C.
In 'n braaipan, braai jy gou twee groot, bruin sampioene, waarvan die stele verwyder is, per steak in 'n bietjie olie en 'n klont botter. Plaas hulle eers in die pan met die steelkant na bo, totdat hulle begin sag word en omgedraai kan word. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Plaas die sampioene op die steak, sprinkel baie vrygewig met Cheddarkaas. Jy kan ook vrygewig raak met fetakaas onder die Cheddarkaas. Plaas gou in die oond – net totdat die kaas gesmelt het. Jou Wereld 22/9/10 ♥

Helena Kruger .


Blindevinke
velle rump steak dun gesny en gekap tussen 2 lae plastiek met tenderizing hamertjie.n vingerdik stuk cheddarkaas in die breedte geplaas stukkies fyngesnyde knoffel swartpeper n klompie vars pietersielie takkies en al as dit jonk is
Plaas bogenoemde in die rumpsteak en rol styf op soos n worsie en bind vas met kombuistou op 3 plekke.
Sit in oondpan al die blindevinke en gooi bietjie kookolie, bietjie kookwater waarin so 2 teelepels marmite in gemeng is, bietjie worcestersous en bietjie brandewyn.
Braai met oop skottel in oond op so 185 tot die blindevinke gaar is. Draai af en toe om. Sous is heerlik oor rys ook want van die kaas bak uit.Dankie suzette !!Maart 2010 ♥
Helena Kruger


Kom ons braai mosterdsteak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Mosterdsteak:
Dis by verre my gunsteling-manier om steak voor te berei vir ’n braai. En die romerige mosterdsous wat bo-oor kom, is só lekker, jy sal jou bord wil uitlek!
onthou net die gulde reël vir steak braai – die vleis moet kamertemperatuur wees voor dit gebraai word en hoe warmer die kole, hoe beter.
1 kg steak van jou keuse, teen kamertemperatuur
30 ml Dijon-mosterd
Olyfolie
Balsamiese asyn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Sap van 1 suurlemoen
Mosterdsous
500 ml room
30 ml heel korrelmosterd
20 ml heuning
Sout na smaak
Smeer die steaks goed in met die mosterd, drup olyfolie oor en laat staan vir 10 minute. Drup balsamiese asyn oor. Draai die steaks om sodat albei kante met ’n asyn-en olielagie bedek is. Sit op die rooster en geur met sout en peper. Braai vinnig op warm kole tot geseël, draai om en geur aan die ander kant met sout en peper. Braai tot gaar na smaak. Verwyder van die kole en druk vars suurlemoensap bo-oor uit. Laat rus die vleis vir 5-10 minute.
Vir die sous: Verhit die room, mosterd en heuning tot kookpunt en kook vinnig tot dit met die helfte afgekook is en begin verdik.
Geur na smaak met sout en sit voor met die steak. Sit voor met knoffelbrood of aartappels en slaai.
Marlize le Roux  .



Beesribrol gestop met dadels
Maia du Plessis
Uit die “kookboek Halfaampieskraal vier fees
2 kg prima beesrib, ontbeen en met die vet nog aan
Vir die vulsel
1 koppie dadels, ontpit en grofgekap
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel fyn koljander
2 teelepels growwe swartpeper
2 eetlepels worcestersous
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 eetlepel sout
Verhit die oond tot 150 °C. Meng al die bestanddele vir die vulsel tot ’n stywe pasta en smeer aan die een kant van die beesvleis. Rol die vleis styf op en bind elke 2 cm met kombuistou vas. Draai in foelie toe en bak minstens vier uur in die oond. Toets met ’n metaalpen of die vleis regdeur sag is. Jy sal dit dalk langer moet gaarmaak, want die vleis moenie meer pienk wees nie. Verhoog die oondtemperatuur tot 200 °C. Verwyder die foelie en verbruin die vleis 15 minute lank. Haal uit die oond, hou die vleis warm en laat minstens 10 minute staan. Verwyder die tou, sny die vleis (nie te dun nie) en giet die pansappe oor.”Halfaampieskraal vier fees” 24/2/12
Helena Kruger
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html



LEKKER STUK RUMP STEAK  
‎"Brand" die stukvleis in olyfolie vir kleur op 'n "steakplaat.....laat rus toegedraai in foelie.......wanneer benodig......oond op 200*C verhit.......Plaas onbedek vir 1h in oond en bedien....medium to rare skywe
Elrika Lesch
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html







BEESVLEIS STRIPS MET "A LA KING"SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Ek het gister-aand die resepie vervang met Beesvleis strips[rump] en mens was dit lekker net vleisaftreksel gebruik e n 1t beesstertsoppoeier**
A-LA-KING*
1k gesnyde sampoene
1klein uitjie gekap
1/4k botter[ margarien]
1k melk [ miskien bietjie meer]
1k vleisaftreksel
3e meel
sout en peper
3k gebraaide steak strippies
Braai jou sampioene en uitjie liggies in jou botter
Voeg meel en soppoeier by en meng goed
Voeg jou melk en aftreksel by en kook tot dik
Voeg jou Strips by en maak deur warm* Helena Kruger*
N.S**voeg 1/2k geviesde ertjies by vir kleur
Helena Kruger  .


KAMMA WILDSPASTEI 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
(Gekry by Rina J v Rensburg van Stilfontein)
2kg Stowe beesvleis sonder vet
100 g Varkspek, gesnipper
75 ml Asyn
75 ml Worcestersous
15 ml Sout
10 heel Kruienaeltjies (Nie die bees se naels nie!....)
50 ml Water
Swart peper na smaak
Plaas alle bestanddele in die drukkoker en stoom vir 50 min todat die vleis van die been afval. Verwyder bene en naeltjies en maak vleis fyn. Prut gewoonweg vir 15 min.
Pasteikors
1 Eier
125 ml Melk
125 ml Kookolie
375 ml Koekmeel (1½ k)
¾ tlp Bakpoeier
Knippie sout
Meng alle bestanddele. Skep vleis in gesmeerde bak en skep kors
bo-op. Bak vir 20 min by 200ºC.
Dalene Brits 
.



.
POT ROAST AITCH BONE

Louise Groenewald  hier is die resep wat ek altyd maak, dit kom altyd baie lekker uit. Jy kan natuurlik bacon ook in die gaatjies druk soos jou ma gemaak het. Jy behandel dit maar net soos jy skaapboud sou gaarmaak Ingredients
2kg aitch bone
2cloves garlic
10ml dried parsley
125g butter
30ml cooking oil
10 fresh pickling onions
2 celery stalks
16 baby carrots
250ml meat stock
125ml white wine
2 sprigs fresh rosemary
salt and pepper
10ml flour
100ml creme fraiche, sour cream or yoghurt
15ml lemon juice
15ml French mustard
Method
Make small incisions in the top of the meat.
Mix garlic, parsley and butter to a paste and use to fill incisions.
Brown meat in oil. Add onions, celery and carrots and fry until onions are translucent.
Add heated stock, wine and rosemary, and season with salt and pepper. Cover with lid, reduce heat and simmer for 1 1/2 to 2 hours, until meat is tender.
Mix the flour, creme fraiche, lemon juice and mustard and add to the casserole. Heat through before serving. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html


BEESSKENKELS MET TAMATIES
4 porsies.
30 ml olyfolie
4 beesskenkels
sout en varsgemaalde swartpeper
4 klein uitjies - gehalveer
2 knoffelhuisies - fyngekap
5 klein aartappels - geskil en gehalveer
3 wortels - in skywe gesny
250 ml beesvleis aftreksel
200 g klein rosa tamaties
250 ml rooiwyn
Verhit oond tot 180 ° C.
Gooi olyfolie in oondbraai bak.
Plaas skenkels in bak en geur met sout en peper.
Plaas in oond vir 45 minute.
Voeg uitjies, knoffel, aartappels en wortels by.
Voeg aftreksel by en maak toe met tinfoelie.
Plaas terug in oond vir 2 uur.
Maak oop en voeg tamaties en rooiwyn by.
Laat oop oondbraai vir nog sowat 30 minute.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html


Babara Joubert

Heiner * Wilna Dorfling
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html


POT ROAST IN FOIL
(allrecipes)
Ingredients
1,4Kg bone-in roast,
1 csn Cream of Mushroom soup;
1 packet (powder) onion soup mix;
2 Tbsp water.

METHOD:
Preheat oven to 150dC. Place a piece of foil about 70cm long into the bottom of a 34x22cm roasting pan. Place the roast on the foil in the pan. In a bowl, combine nushroom soup with the onion soup mix. Mix well & pour over the roast. Sprinkle with the water. Fold foil over roast & seal all edges. Bake for about 4hrs. Serve warm with a creamy mash & veggies of choice
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html

BEEF ROAST

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Diane Dawn Foxcroft Louw

2kg beef/silverside
1 chopped onion
50 ml gravy powder mixed with 250 ml water
60 ml tomato sauce
25 ml Worcester sauce
12.5 ml soy sauce
60 ml red wine
25 ml mustard (I used Maille Wholegrain mustard)
1 crushed clove garlic
Mixed herbs (I added in)
Flour (I added)

Rub meat well with pepper, mixed herbs, flour and salt if you using beef.
Place in slow cooker
Mix rest of ingredients and pour over the meat.
Simmer for 9hrs on low
Cut meat into slices and our sauce over meat in slow cooker.
** Ever so often I would pour some of the sauce over the meat and then turn the meat. The recipe did not state this

Mariska Mynhardt Blom 


 




RICHMOND RIB

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/beesvleis-geregte.html
Sal nie glo. maak dit vanmiddag v middagete. HEERLIK. kry dit in wenresepte(eerste uitgawe) bl. 130 
1.5 kg skaaprib, 
sout peper, 
250 ml tamatiesous, 
125 ml asyn(maak nie saak) opsioneel- 
5 ml tabascosous (ek gebruik dit glad nie) 
Meng alles bymekaar, gooi oor vleis en bak in oond tot sag.
JY SAL NOOIT TERUG KYK, 'N ABSOLUTE TREFFER.Foto>Weg*

1 comment: