Thursday 31 January 2013

SKAAPVLEIS GEREGTE







SKAAPVLEIS GEREGTE



VLEISBRAAI SKAAPTJOPS

Helena Kruger :[kerrie]
25ml kookolie
2 groot uie, in skywe gesny
25ml bruinsuiker
3 lourierblare
12.5ml kerriepoeier
60ml asyn
2.5ml gerasperde lemoenskil
37.5ml fyn appelkooskonfyt
190ml water
10ml sout
8 peperkorrels
1kg skaapribtjops
Metode:
Verhit die olie in die pan. Soteer die ui daarin. Voeg alles behalwe die vleis by en kook 15 minute lank. Laat afkoel. Pak die vleis in ‘n bak en gooi die afgekoelde sous oor die vleis.
Marineer oornag. Rooster die vleis oor die kole of in die oond. 12/4/11

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html


KRUMMEL LAMTJOPS
6-8 tjops
1 pk minestonesop
2 eiers geklits
125ml vars broodkrummels
10ml roosmaryn
50ml olie
Maggi Fondor na smaak
Metode:
Rol die tjops in die soppoeier tot goed bedek. Doop in eier, en dan in krummels. Verkoel vir ‘n uur voordat die tjops in warm olie gebraai word. Plaas in lae in ‘n vlak bak. Sprinkle met roosmaryn, bedek en bak teen 160°C vir 30min of tot gaar. Bedien op geroomde spinasie.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html




Esna Rossouw Brand
Baie lekker soussie vir hoender, frikkadele, of skaapribbetjies of choppies
250ml tamatiesous (verkieslik All Gold)
200ml suiker
125ml asyn (bruin)
5 druppels tabasco (opsioneel)
Metode:
Sout en perper vleis. Kook al die bestandele saam vir 5min Gooi oor gaarvleis net so voor opdien tyd!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html


Carol Elliott Claassen
LAMB CHOPS WITH APPLE CHUTNEY AND MINT
6 - 8 lamb loin chops
1/3 cup extra virgin olive oil
2 cloves garlic, minced
1/4 cup vegetable oil
Salt and pepper to taste
1/4 cup fresh mint, chopped
2/3 cup white wine
1/2 cup water
Marinate lamb in the olive oil and garlic for several hours. Remove from marinade and heat vegetable oil in a skillet. Sprinkle salt and pepper on each chop and place in the skillet. Brown chops on both sides. Reduce heat to low and add white wine, mint and water. Simmer over low heat for about 30 minutes.  Serve with Apple Chutney  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html



SKAAPKERRIE
Dalene Brits


Kookolie
2 Uie
3 huisies Knoffel
* Braai tot ligbruin.
* Voeg by uiemengsel en braai weer:
2 eetl Kerrie
2 eetl Borrie
1 tlp Sout
½ tlp Fyn Gemmer of toontjie vars gemmer
Kerrieblare
Pypkaneelstokkies
Voeg by:
1 kop Asyn
1 eetl Appelkooskonfyt
2 kg Skaapvleis
± 600 g aartappels
Wortels (opsioneel)

Kook stadig todat vleis lekker sag is.
Aartappels moet saam met die vleis opgesit word anders word dit nie sag nie.
Bedien saam met rys en sambal.18/5/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html


Carin Ras Wilson
KERRIEVLEIS
Hoërskool Garies Kookboek
Gaar vleis
1 k pitlose rosyne
3 uie
1 k vleisekstrak
½ k geweekte droë appelkose
2 tamaties
2 appels
1 e kerriepoeier
Sout na smaak
Olie om uie in te braai
Sny uie in ringe en braai ligbruin. Voeg kerriepoeier by en braai verder.
Skil en kap appels en tamaties.
Voeg alles bymekaar en kook tot appel geblus is.
Voeg laastens vleis by en kook saggies verder.
Moenie gereg veel verder kook nie.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html


Carin Ras Wilson
KERRIETJOPS
Hoërskool Garies Kookboek
1,5 kg skaaptjops
4 groot uie
2 k asyn of suurlemoensap
2 e kerriepoeier
3 e kookolie
1 e mielieblom
2 t suiker
1 e blatjang
Kap uie grof en braai liggies in kookolie. Voeg kerriepoeier en mielieblom by en meng goed.
Voeg nou asyn en suiker by. Roer.
Verdun mengsel met 1 k water.
Stowe stadig tot uie gaar is en mengsel gebind is.
Laat afkoel en gebruik om tjops in te marineer.
Pak vleis in skottel en giet koue mengsel oor. Laat staan vir 1 – 2 dae en braai soos gewoonlik
Meng kerrie, suiker, mielieblom en voeg by uie. Kook vir 5 minute en voeg asyn by wanneer afgekoel.
Gooi sous oor vleis sodat alles bedek is.
Laat 2 – 3 dae op koel plek. Roer 1 keer per dag.
Ryg vleisstukkies, stukkies uie en appelkoos aan stokkies.
Rooster oor kole.
Gooi sous deur sif, verdik met mielieblom en kook.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html


SKAAPSTERTJIES
Ilsemyn  Boerekos
Skaapstertjies was altyd as afval beskou, probeer hierdie resep en jy sal anders daaroor dink.
2kg skaapstertjies (vra jou slaghuis om die vet klaar te verwyder)
3 uie
Steak 'n Chop Spice
Heel koljander
Pepermeul
Gooi die skaapstertjies en 1 van die uie in 'n drukkoker en laat drukkook vir ongeveer 15min.
Sny uie in skywe en pak op bakplaat.
Pak skaapstertjies bo-op en geur met speserye en koljander wat deur die pepermeul gemaal word.
Laat rooster in oond to mooi bruin, of dit kan op die kole bruin gebraai word.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html


Skaapstertjies 

Melissa van der Colf, SARIE KOS
(4 porsies)
1 kg skaapstertjies
50 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml koljander, gemaal
1 takkie vars tiemie
2 suurlemoene
Bedek skaapstertjies in ’n pot met water. Kook tot sag. Verhit jou oond tot 200 °C. Gooi water af en plaas skaapstertjies in ’n oondpan. Sprinkel olie, sout, swartpeper, koljander en tiemieblare oor. Sny een suurlemoen in kwarte en voeg by. Rooster in die oond tot bruin. Druk die sap van die orige suurlemoen oor voor jy dit voorsit.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html


Sanchen Grobler
PLAASKASSEROL 
50 ml koekmeel
400 - 500 ml vleisaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper
sap en skil van een suurlemoen
1,5kg kortrib of nek, in stukke gesny
2 uie, grof gekap
30 ml olyfolie
5 wortels, skoongeskraap en in stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
60 ml vars kruie, fyn gekap (Pietersielie, tiemie, origanum)
Geur meel met sout en peper, rol elke stuk vleis daarin. Verhit olie en braai vleisstukke paar op keer
tot goudbruin. Skep uit en braai ui en knoffel tot sag en geurig. Skep vleis terug in kastrol en voeg
aftreksel, suurlemoensap en skil en vars kruie by. Bring tot kookpunt, plaas die deksel op, verlaag
hitte en laat prut 'n uur of tot vleis gaar en sag is. Roer gereeld. Sodra vleis gaar is, voeg wortels en aartappels daarby en laat prut tot aartappels gaar is. Sit voor saam met bruinrys en slaai.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html



http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html




Helena Kruger
LAMSNEK STOWEGEREG
10-12 lamsnekskywe
3 groot uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, gekap
5 tamaties,gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
15 ml bruinsuiker
375 ml vleisaftreksel
6 aartappels,in kwarte gesny
Metode:
Verhit olie en verbruin die vleis daarin, skep dit uit en hou dit eenkant. Soteer die uie en die knoffel in dieselfde olie tot deurskynend. Skep die vleis op die uie en plaas die tamaties op die vleis. Geur met sout en peper en voeg die kruie en bruinsuiker by, asook die vleisaftreksel. Plaas die deksel op en stowe dit totdat dit sag is - ongeveer 1en 1/2h Rangskik die aartappels bo-op en laat dit prut vir ongeveer 20 minute totdat die aartappels sag is.Maak jou sousie dikker met bietjie Mielieblom as jy voel dit is te dun. N.S ek het ook al heel klein worteltjies bo-op my vleis gepak sodat dit saam met die vleis stowe en as jy nie tamaties het nie kan Tamatie pasta ook werk.♥ Helena 6/5/10

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html


                                                            Foto >net
Carol Elliott Claassen
TAMATIE BREDIE
1kg Skaapvleis in stukke gesny
25ml Margarine of oliel
2 Uie gekerf
1 Knoffelhuisie gekneus
10ml Sout
Vars gemaalde swart pepper
Aftreksel, water or wyn
500g Aartappels in stukke gesny
1kg Tamaties, ontvel en gekap
5ml Suiker
2ml Droë Tiemmie
5ml Marjoram
Verhit olie in ´n groot kastrol en sorteer die uie en knoffel tot deurskynend. Voeg vleis by en verbruin vinnig. Voeg sout, pepper and ´n bietjie aftreksel by en stowe met deksel op totdat die vleis sag is. Voeg aartappels, tamaties, suiker, tiemmie en marjoram by en stowe vir nog ´n uur langer. Bedien met rys.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skaapvleis-geregte.html





No comments:

Post a Comment