Monday 11 February 2013

AARTAPPEL GEREGTE


 



Aartappelgebak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/aartappel-geregte.html
Lewer 4-6 porsies
8 groot aartappels
30 ml (2 e) kookolie
125 g swoerdlose spekvleis, in stukkies gesny
60 g-pakkie sampioensoppoeier of wit-uiesoppoeier
750 ml (3 k) melk
varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml (2 t) gekapte vars origanum of 3 ml (½ t) droë origanum
125 ml (½?k) gerasperde cheddarkaas
Metode
1 .Skil die aartappels en kook tot sag, maar steeds ferm. Sny in skywe en pak die helfte in die bodem van ’n groot, oondvaste bak.
2.Verhit die olie en braai die spek tot gaar en laat eenkant.
3 .Meng soppoeier met melk in ’n swaarboomkastrol. Bring tot kookpunt en roer aanhoudend vir ’n paar minute totdat dit begin verdik. Voeg die peper en origanum by.
4. Giet die helfte van die sous oor die aartappels. Pak die oorblywende aartappels oor die sous. Skep die spek bo-op en giet die orige sous oor. Sprinkel die kaas bo-oor. Bak vir 20-30 minute in ’n voorverhitte oond teen 180?°C of tot goudbruin.

Variasies
Vegetariërs kan die spekvleis deur vars knopiesampioene of murgpampoentjies vervang. Uie wat effens gebraai is, kan ook bygevoeg word. Die kruie kan ook vervang word deur enige ander kruie van jou keuse
*Raport* .



AARTAPPEL GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/aartappel-geregte.html
8 aartappels saggekook met die skil. Laat bietjie afkoel in koue water. Trek die skil af.

1 pakkie van elk wit en bruin uiesoppoeier.
1 k gerasperde kaas

1 greenpepper in dun repies gesny
1 pk mushrooms in skywe gesny
3 t crushed garlic (in bakkies)
1 uie in lang repe gesny
250 ml room met n half koppie melk gemeng
Pak lae in gesmeerde bak met deksel. Begin met aatappel wat jy in skywe sny soos jy dit maak. Strooi van al 2 soppe bo-oor, dan die mushrooms, greenpepper, ui garlic. Begin dan weer van voor af. Eindig mnet aartappel, sop en heel laaste die kaas. Grooi room bo-oor. Bak by 180* vir 1 uur of langer tot kaas bruin bo-op is.*

Peggy Devine

No comments:

Post a Comment