Friday 1 February 2013

ALGEMENE RESEPTE IN MIKROGOLF


HOE OM RESEPTE TE VERANDER
NA MIKROGOLF RESEPTE TOE
Marietjie Swart Ek verstaan nie die punt van om die vloeistof so baie te verminder nie, maar ek weet nie of dit is wat jy aan dink nie Rina, maar ek haal hier aan uit 'n boek van Ilze Bunting, Boerekos uit die Mikrogolfoond:

Sy se "ek het 'n National mikrogolfoond en 250 ml water teen kamerteperatuur nem 2 minute en 14 sekondes op volle krag om te kook - gebruik dus die gegewe tye as riglyn want dit is tye wat in my oond gebruik is"
Maak eerder geregte minder gaar as oorgaar, die staantyd aangedui is baie belangrik
Wanneer kleefpastiek gebruik word moet die plastiek geprik word
Alle kossoorte wat 'n skil het moet geprik word - aartappels in die skil, lemoenpampoentjies, eiergele. Gebruik 'n naald of tandestokkie
Ronde koeke is geneig om in die middel minder gaar te wees as die baktyd om is. (Ekself weet dat 'n plastiek tuitpan dikwels baie goed werk)
Om 'n resep aan te pas vir die miikrogolfoond: Verminder die hoeveelheid vloeistof met die helfte omdat die gaarmaaktyd baie korter is. Verminder die gaarmaaktyd met 25%
Beskou die tye wat aangegee is as 'n riglyn
Hou altyd ingedagte dat dit 'n ander manier van voedsel gaarmaak is en dat jy moet eksperimenteer met jou oond
Gebruik geurmiddels en sout versigtig http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Gesels Saam Met Luka:
Ek verander niks behalwe die gaarmaak tyd. Die resep maak ek presies dieselfde maar vat die baktyd en deel dit deur 4.  Bv. Iets wat in die oond 40min moet bak kom dan 10min in mikrogolf bo op n om gekeerde piering. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Berie Smith
NUTTIGE WENKE
VIR AANPASSING VAN RESEPTE NA MIKROGOLF:
.by Leer Kook Met Jou Mikrogolf on Thursday, June 9, 2011 at 12:44pm.
OM 'N RESEP AAN TE PAS VIR DIE MIKROGOLF: VERMINDER DIE HOEVEELHEID VLOEISTOF MET DIE HELFTE. (OMDAT DIE GAARMAAKTYD BAIE KORTER IS.) VERMINDER DIE GAARMAAKTYD MET 25% .http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


GIDS VIR MIKROGOLF OONDE
Laag (low)
Warm (Warm) 10% Krag
Matig Laag (Medium Low) 20%
Ontdooi (Defrost) 30%
Smoor (Braise) 40%
Matig (Medium) (Simmer) 50%
Opwarm (Reheat/Bake) 60%
Soteer (Saute/Roast) 70%
Reheat 80%
High 100%* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


OM 'N KOEKRESEP AAN TE PAS
VIR DIE MIKROGOLF:
Vermeerder sowel die vloeistof as die bakpoeier met 'n kwart (25%). Mikrogolf dit 'n derde of 'n kwart so lank as wat die konvensionêle resep voorskryf. Die beslag sal 'n sagte drupbestandheid hê, en net een laag moet op 'n slag gemikrogolf word. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html



Christa Bekker
Mikrogolf Sagomelkkos
70g (100ml) sago
1 liter melk
25 g (30 ml) botter of margarien
2 eiers
40 g (75 ml) volkoringmeel
20 ml vlapoeier
2 ml sout
125 ml water
kaneelsuiker
Voeg sago by 250 ml van die melk in 'n diep bak.
Mikrogolf dit 2 ½ minute oop by 100% krag. Roer die mengsel goed en laat 'n rukkie staan.
Voeg die oorblywende 750 ml melk en die botter/margarien by en mikrogolf 15 minute oop by 100% krag en roer na elke 5 minute. Skei die eiers en klits die gele, volkoringmeel, vlapoeier, sout en water saam en roer dit by die sagomengsel. Mikrogolf dit 6 minute oop by 100% krag en roer dit na die eerste 3 minute goed. Klits die eierwitte tot styf en vou dit liggies by die sagomengsel in. Sit die melkkos warm met kaneelsuiker voor. (Ek kook gewoonlik die sagomensel bietjie langer tot die sago deurskynend is. Dit was ons Sondagaand kos toe my man nog gelewe het.) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


 

                                                     foto >ahacooking.com


Anna Hattingh
HOE OM LEKKER RYS TE KOOK N DIE MIKROGOLF
Gebruik groterige glasbak met deksel en neem bv 2 koppies rys en nadat jy dit afgespoel het bietjie meer as 4 kop water met jou sout en mikrogolf dit vir 15 min op HOOG.Dan laat staan jy dit vir half-uur of langer en absorbeer jou rys dan die water en swel uit.Dan so rukkie voor ete sit jy dit weer vir so 7-10 min lank op HOOG en roer liggies deur met vurk en Voila.Min moeite en geen kastrol.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

ietsie om te onthou Tye vir rys kook**Helena



  • 1/2 cup rice, 9 minutes
  • 3/4 cup rice, 12 minutes
  • 1 cup rice, 16 minutes
  • 1 1/4 cups rice, 20 minutes
  • 1 1/2 cups rice, 23 minutes


SOUFFLE- BRAAIKAAS
2 porsies
1 eier geskei
75g kaas fyn gerasper
25g (25ml) botter sag gemaak
sout en peper
Knippie mosterdpoeier
2 dik snye roosterbrood
paprika om oor te strooi
Meng die eiergeel, twee derdes van die kaas en die botter baie goed.  Roer die sout, peper en mosterd in.  Klits die eierwit styf en vou dit in die kaasmengsel in.  Skep dit op twee snye roosterbrood en strooi die res van die kaas en paprika oor.
Mikrogolf onbedek vir 1 1/2 - 2 min op 100% krag totdat dit egalig warm is en effens gerys het.  Sit onmiddelik voor.  *Maklike in die mikrogolf*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


PAPRIKA-KAASSOUFFLE
4-8 porsies
25g (25ml) botter
30ml koekmeel
150ml melk
75g (185ml) fyn gerasperde kaas
3 eiers geskei
sout en peper
paprika om oor te strooi
Plaas botter in 'n bak en smelt vir 1min.
Roer  die meel by en voeg die melk geleidelik by.  Mikrogolf vir 1 1/2 min totdat dit dik is.  Roer elke 30 sekondes.  Voeg die kaas by.
Klop die eiergele een vir een in die mengsels in.  Voeg sout en peper by.Klits die eierwitte styf en vou dit by die
mengsel in en verdeel tussen 8 aparte souffle bakkies.
Mikrogolf 4 op 'n keer vir 1 - 1 1/2 min by 100% krag. Strooi paprika oor en sit dadelik voor.  *Maklik in die mikrogolf*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Christina Stienie Breed
MIKROGOLF KERRIEVIS-SOUFFLE
Dis nie regtig n souffle nie, want want n souffle het droë hitte nodig en dit kry mens nie in die mikrogolf oond nie.Eet dit op warm roosterbrood en n paar snytjies piesang en komkommer by!
1 blik (400) gm. kerrievis
1 blik (410)gm gemengde groente
2 eiers
100gm.(250)ml. gerasperde Cheddar kaas
Vlok die vis met sous en al en dreineer die groente. Skei die eiers en klits die eiergele effens. Meng die vis, groente, eiergele en kaas. Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die vismengsel in. Skep die mengsel in n ronde tertbak met n volume van 1 liter.
Plaas die bak op n omgekeerde piering in die mikrogolfoond. Mikrogolf die gereg 15 min. oop by 70% krag en draai die bak elke 3 minute as die mikrogolf nie n draaitafel het nie.Mikrogolf dit daarna 1-2 min. by 100% krag. Laat staan die gereg n paar minute en sit voor.
Uit:Mikrogolf Wenners (Annette Human) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Kobus Seegers
Pietersielie(blaarkruie) In Mikrogolf gedroog
Takkies kruie moet skoon en vars wees. As die takkie blaarryk is, is dit beter om die blaartjies af te stroop. As pietersielie of seldery gedroog word, kap dit eers fyn.
Versprei 250 ml kruie tussen lae papierhanddoeke op 'n papierbord en plaas ook 'n bakkie met 125 ml water in die mikrogolfoond....
Mikrogolf dit ongeveer 5 minute by 100% krag tot droog.
Roer die kruie gereeld terwyl dit ge-mikrogolf word.
Laat afkoel.
Druk die kruie fyn en bewaar dit in 'n digte houer.
Wenk uit mikrogolf-wenners kosmater


Pietersielie In Oond gedroog
Knip die pietersielie blaartjies af en verwyder so veel as moontlik van die steeltjies.Plaas op ‘n bakplaat en sit in ‘n lou oond tot die pietersielie uitgedroog het. Jy kan maklik die blaartjies dan tussen jou vingers nog bietjie fyn maak tot dit reg is na jou sin en dan kan jy dit in glas flesse bêre tot jy dit benodig. Die groen kleur bly baie mooi behoue en lyk meestal tonne beter as die wat mens in die winkels koop.
Wenk: Onthou jou oond moet baie laag gestel wees (net warm) anders kan jy die blaartjies brand en bly die kleur nie so goed behoue nie. Jy mag dalk dan opeindig met ‘n klomp bruin blaartjies wat nie smaaklik in kos sal lyk nie. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html



Petra Pretorius
MIKROGOLF KARAMEL

Kook kondensmelk in die mikrogolf
Die dae van kondensmelk lank kook is verby (vir my altans) ....
Vat jou blikkie kondensmelk, gooi dit uit in 'n groterige mikrogolf vaste bak en kook op medium hitte vir 2 minute, roer en sit terug vir nog 2 minute op medium. Stel dan die mikrogolf oond op medium-low (so 30% krag) vir 8 tot 10 minute. Roer maar kort kort tot jy die kleur en dikte kry waarna jy soek. Ek het dit self getoets en dis hemels en maklik en spaar krag. ****

WENK
duur les geleer, moenie dit op vol krag doen nie, dit brand, ek wou slim wees lol* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Lee Kruger
MIKROGOLF SUIKER GRONDBOONTJIES
3;2;1.........

3 koppies grondbone, 
2 koppies suiker, 
1 koppie water..........maak myne sommer in die mikrogolf


Meng alles in n groot mikro vaste glasbak en mikro op hoog vir .......sjoe.....nou kan ek nie onthou nie!!! Ek reken so 8 minute, hang ook maar af van die krag van jou mikrogolf. Maar jy moet gereeld roer, MOENIE brand nie......die mengsel word baie warm. Jy sal later sien die suiker begin aan die grondboontjies klou en die grondboontjies is ook dan los van mekaar. Jy sal ook ruik die grondboontjies word gaar want jy moet ROU grondboontjies gebruik. MOENIE proe nie.........hulle is vrek warm!!!! Ek sit ook n paar duppels kleursel by wanneer ek alles meng.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


MICROWAVE FISH BIRYANI
15ml fish marsala
15ml biryani marsala
15ml turmeric
75ml oil
750g yellowtail of firm fish cut into 6 pieces
2 onions chopped
7ml fresh root ginger grated
7ml garlic crushed
2-3 ripe tomatoes chopped
30ml chutney
Lemon juice to taste
Butter for finishing
200g rice
5ml turmeric
200g lentils
1 liter water
10ml salt
Mix all the spices with 50ml oil and use to coat the fish. Leave to marinade for 1 hour. Heat the remaining oil in a casserole dish for 2min on high. Microwave fish on each side for 2min on high, Remove fish from casserole dish. Microwave onions in remaining oil for 3 min on high. Add ginger and garlic and microwave for 2min on high. Add tomatoes and chutney and microwave for 4 min on high. Replace fish and mix carefully. Check seasoning and add lemon juice.
FISH BIRYANI CONT: In separate dish combine lentils, rice, water, salt en turmeric. Microwave covered on high for 15-20min. Stir twice during cooking time. Keep covered and set aside for 10min. Spread half the rice mixture in a microwave dish and place the fish on top. Layer the remaining rice mix on top. Dot with butter and microwave for 15min on medium high. Serve or put in freezer until needed and reheat in the microwave oven. *Women’s Value 1995* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


MOSSELSOP IN ‘N KITS 
(4 porsies)
1 blik hoenderroomsop
2 blikkies (105g elk) gerookte mossels gedreineer
1 tamatie geskil, ontpit en gekap
350ml melk
300ml water
50ml koekmeel
2ml gemengde kruie
250ml room
25ml droë sjerrie
2,5ml suiker
Sout en vars gemaalde swart peper
Plaas die sop, mossels, tamatie, melk en water in ‘n 2 liter glasbak en mikrogolf vir 5 min by 100% krag tot dit kook.
Roer die eerste 2 min en daarna elke minuut.
Meng die koekmeel, kruie en room en roer by die mosselmengsel in. Mikrogolf nog 2 min by 50% krag tot baie warm, maar nie kookpunt. Roer goed na die eerste minuut.
Roer die sjerrie, suiker, sout en peper by, en bedien.
VOLG DIESELFDE METODE OM DIT OP DIE STOOF TE MAAK *Eenskotteltreffers* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


MIKROGOLF MUFFINS                         

HIERDIE EEN WERK GOED AS MENS NET EEN OF 'N PAAR MUFFINS WIL MAAK, BERE DIE RES VAN DIE DEEG IN DIE YSKAS EN GEBRUIK SOOS NODIG. DIE DEEG HOU TOT 30 DAE IN DIE YSKAS.
2 eiers
300g bruinsuiker
80ml olie
300g koekmeel
2ml sout
8ml koeksoda
500ml bran
500ml melk
5ml vanilla
250g koekmengsel/neute/rosyne
Meng eiers, suiker en olie goed. Meng droe bestanddele saam in aparte bak en voeg beurtelings met melk by eerste mengsel. Meng baie goed. Voeg geursel en koekmengsel by, meng baie goed deur.
Skep 'n lepel hoog vol in klein houertjie en miskrogolf vir 4min by 70% krag. Pas tyd aan indien meer muffins op 'n slag gemaak word. Plaas res van mengsel in plastiek houer wat dig seel en bere in die yskas. Gebruik soos benodig. 

#30dae mikrogolf muffins
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Helena Kruger
MIKROGOLF SKONS
SKONS:
500ml meel
45ml botter
1 eier
Voeg genoeg water by om n slap deeg te maak
15ml bakpoeier
knippie sout
Metode:
Meng meel, sout, bakpoeier, en botter tot fyn krummels
Meng eier en melk saam en roer by meel in
Druk effens plat en druk jou skonsies af
Verwarm jpu verbruinings bak op HIGH vir 8min. en smeer bietjie botter op elke skonsie en plaas 8-10 skonse met botterkant na bo op warm bak
Maak gaar op ROAST [70%] vir so 2-3min. smeer weer botter op en draai die skons om en bak nog so 1min. Lekker vinnig en gou!!!Helena
18 February 2010 *  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


MICROWAVE TWO-MINUTE CUP CAKES
Ingredients
60 g butter
¼ cup caster sugar
1 tablespoon Cadbury Bournville Cocoa
1 egg, beaten
½ cup self-raising flour
 8 marshmallows
Method
Melt the butter in a large microwave proof bowl on High (100% power) for 30 seconds.
Add the sugar and cocoa. Mix well to dissolve any lumps.
Add the egg and flour, and stir through with a fork.
Spoon the mixture into eight triple thickness paper patty pans. Place around the edge of the microwave turntable and cook on High for 1 minute.
Place a whole marshmallow on the top of each cup cake. Cook on High for 30 seconds or until the marshmallow begins to melt. Remove from the oven immediately.
Leave to cool.*  #Mikrogolf kolwyntjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Ansie Goosen
MIKROGOLF Kolwyntjies 
375 ml Koekmeel
Sout
Sif saam
2 Eiers
250 ml Strooisuiker
Klits baie goed saam tot romerig
250 ml Melk
115 gr Margarine
Smelt en voeg by beurteliks by eiermengsel
Bak 8 (pak van 72) vir 1 min in mikrogolf
Bak 6 (pak van 44) vir 1 min in mikrogolf
WENK:
Vries heerlik # Microwave cupcakes

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Melanie Jane Bezuidenhout
Mikrogolf fudge
2k suiker
1 blik kondensmelk en
125g botter-
meng als saam en mikro vir 2 min haal uit roer, mikro vir 5 min roer mikro weer 5min en roer-hang af van mikrogolf dalk
nog 5min tot mooi bruin en voeg dan 5ml vanila by en roer -gooi uit in n gebotterde pan of glas bak laat afkoel bietjie en sny in blokkies...
weet nie waar die resep vandaan kom nie ons maak dit al van dat ons kinders was* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Riana Du Plessis
mikrogolf karamel toffie
luebelles resep
1 kop botter of margerien
1 kop wit suiker
1 kop bruin suiker
1 kop stroop
1 blik kondensmelk
in mikrogolf bak, smelt die botter vir 1 en half minuut op hoog- 100%
verwyder en gooi al die ander bestanddele by en mikrogolf vir 5 min op hoog
haal uit en roer en sit terug vir nog 5 min op hoog
roer en sit terug vir nog 3 min op hoog
haal uit roer en gooi in pan! - lekker sagte toffie! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Melanie Jane Bezuidenhout
Microwave fudge
2koppies suiker
1 blik kondensmelk
125g botter.
gooi als in n bak en mikro vir +- 15min roer elke 3-5 min
gooi 1 tlp vanila in voor jy in gesmeerde bak gooi laat effens afkoel en sny in blokkies* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html



Isabeau Meyer
MIKROGOLF FUDGE
1 blik kondensmelk
125 g. Rama margarien
500 g. Versiersuiker

Kook kondensmelk en rama saam vir 2 minute op hoog.
Sif versiersuiker by en kook vir 10 minute op hoog.
Kook maklik oor, roer kort, kort en gebruik groterige bak. + laaste minuut begin beslag terug kook in bak, dan is dit reg, indien na 10 minute nog nie begin terug kook in bak in nie kook dan ‘n verdere minuut of twee. Dit hang baie af van die sterkte van elektrisiteit.
Gooi uit in bak, net voor hard gestol, sny in blokkies* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Isabeau Meyer
MIKROGOLF KLAPPERYS
2 eetlepels rama margarien
1 blik kondensmelk
200 g. Klapper
500 g. Versiersuiker

Kook kondensmelk en rama vir 2 minute op hoog.
Voeg klapper en versiersuiker by en kook vir nog 5 minute op hoog.

Gooi kleursel by en gooi in bak, net voor hard gestol sny in blokkies.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Peggy Devine
Microwave peppermint fudge
1 can condensed milk
500 ml castor sugar
125 g margarine
5 ml vanilla essence
100 g peppermint chocolate, broken into pieces
Grease a 25 x 16 cm cake tin.
Mix condensed milk, sugar and margarine in a deep plastic microwave-proof dish. Micowave on high for 12 - 15 minutes, stiring every 3 minutes. Don't let the mixture boil over. It's done when it starts to caramelise. Add the essence and chocalate and beat well with wooden spoon. Pour into the prepared tin and cool. Cut into squares before it is completely set.
Makes 40 squares
(Ek gebruik n glas bak en kook dit net vir 12 min)
Bron: YOU Delectable Cookies* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Petra Pretorius

MIKROGOLF KARAMEL KONDENSMELK
Kook kondensmelk in die mikrogolf
Die dae van kondensmelk lank kook is verby (vir my altans) ....
Vat jou blikkie kondensmelk, gooi dit uit in 'n groterige mikrogolf vaste bak en kook op medium hitte vir 2 minute, roer en sit terug vir nog 2 minute op medium. Stel dan die mikrogolf oond op medium-low (so 30% krag) vir 8 tot 10 minute. Roer maar kort kort tot jy die kleur en dikte kry waarna jy soek. Ek het dit self getoets en dis hemels en maklik en spaar krag. ****


WENK

Duur les geleer, moenie dit op vol krag doen nie, dit brand, ek wou slim wees lol**** #tuisgemaakte treat; gekookte kondensmelk
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Elda Lombard
Huisgenoot 1988
MIKROGOLF Sjokolade, Munchies
Microgolf
200 g gebreekte Marie beskuitjies
500 g gesifte versiersuiker
1 eier
250 g margarien
75 ml gesifte kakao


METODE
Mikrogolf die margarien vir ongeveer 1 1/2 minuut oop op 100%.
Roer die gebreekte koekies by.
Gooi in `n gesmeerde pan. Laat afkoel en sny in blokke.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


MIKROGOLF SJOKOLADE FUDGE-KOEKIES
500g versiersuiker (MOET gesif wees)
250ml margarien
100ml kakao
1 eier
1 pakkie tennis beskuitjies in stukkies gebreek
Sit, versiersuiker, kakao en margarien in groot mikrobak en kook vir 3 min op 100% krag. Meng goed (indien bietjie droog lyk, moenie worry) Voeg eier by en meng goed. Voeg... koekies by en roer goed deur. Sit in gesmeerde pan (25 x 25) en sny in blokkies wanneer afgekoel het. Lekker soet vir die koue dae* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Annazelle van der Berg
Mikrogolf Fudge
500g Versiersuiker
1 Blikkie Kondensmelk
125 ml Botter
5 ml Vaniella Essens
Kook in Mikrogolf vir 14 min, alles saam, behalwe die essens. Roer elke 2-3 min. Gebruik diep boden bak. As 14 min verby is, voeg Essens by en roer vinnig. Gooi in gesmeerde glasbak en sny is blokkies voordat dit heeltemal koud word.
Hierdie resep was nog nooit onsuksesvol gewees nie.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Mikrogolf Mokkafudge
Voer 'n 18cmx18cm bak uit met foelie en bespuit met spray & cook. Hou eenkant.
Meng saam
30ml botter,
250ml strooisuiker,
150ml kondensmelk,
50ml sterk swart koffie en
0,5ml sout
Mikrogolf vir 8min in 'n 3l oop bak. Klop elke 2min met houtlepel. Klop tot styf as uit mikrogolf uithaal. Skep in bak en maak gelyk. Hou eenkant.
Was bak waarin gemikrogolf is.
Meng 250ml strooisuiker,
res van blikkie kondensmelk,
30ml botter,
0,5ml sout,
50ml water.
Kook op selfde manier as mokkafudge.
Voeg laaste 2ml vanilla by, klop styf en skep op mokkafudge en maak dit gelyk.
Laat afkoel totdat bolaag styf, maar nie hard is nie, sny in blokkies. Laat afkoel tot hard.
Keer fudge uit bak, verwyder foelie en breek fudge versigtig los. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Berie Smith
MAKLIKE MIKROGOLF FUDGE
(Resep: Kosmaak is pret deur Margaret Ramsbottom)
Dit lewer ongeveer 40 blokkies. Dié fudgeresep is mikro-maklik en heerlik daarby.
1 x 397 g blik kondensmelk
125 g botter of margarien
1 x 500 g pakkie strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
1. Plaas die kondensmelk, botter of margarien en strooisuiker in 'n groot diep bak (sowat 3 in volume) wat vir die mikrogolfoond geskik is.
2. Mikrogolf die mengsel onbedek vir 2 minute op hoog (100% krag). Roer goed met 'n houtlepel.
3. Mikrogolf die mengsel 'n verdere 9 minute op hoog (100% krag). Roer een keer gedurende dié tyd.
4. Laat dan een minuut binne die mikrogolfoond staan.
5. Roer weer goed en voeg die vanieljegeursel by.
6. Smeer 'n rolkoekpannetjie goed met botter of margarien. Giet die fudge versigtig in die pannetjie (wees versigtig omdat dit baie warm is). Maak die fudge gelyk bo-op met 'n mes wat in kookwater gedoop is.
7. Laat die fudge afkoel tot mooi ferm. Sny dan in blokkies van 2 cm x 2 cm.
Variasies:
* Voeg 125 ml klapper, neute of gekapte glanskersies by in stap 5.
* Gebruik karamelgeursel in plaas van vanieljegeursel.
* Roer een gekapte Peppermint Crisp-sjokoladestafie by in stap 5.
Wenk:
Onthou om 'n groot, diep bak te gebruik, aangesien die mengsel maklik oorkook.*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

Anton Andreas Cilliers
As jy donker chocolate in rasper dan het jy heerlike chocolate fudge. Ek maak al jare lank die fudge en dit is altyd 'n treffer.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html





POPCORN IN DIE MIKKIE  /SPRINGMIELIES
1/2 kop popcorn
1 tl kookolie
Groot bruinpapiersak
Paperclip wat nie silver is nie of ‘n plastiek wasgoed pennetjie.
Popcorn geursel wat jy verkies

Gooi die popcorn en die olie in die papiersak.
Vou die oopkant so 2cm om en dan weer om. Steek vas met wasgoed pennetjie of paperclip
Skud die sak lekker
Sit in mikrogolf vir 5 min. Onthou jy gaan heel moontlik die popcorn moet uithaal voor die 5 min om is. Hoe nader jy aan seevlak is hoe nader gaan jy aan die 5 minute kom, maar hier bo in die droe Kalahari kom ons maar net by 3 min uit.
Sodra die pop geluide langer as 2 s uitmekaar is behoort jou popcorn reg te wees.
Keer uit in ‘n bak en sprinkel jou geursels oor.

#mikrogolf popcorn; mikrogolf springmielies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html  



MARMITE MIKROGOLF KOEK:

Bestanddele:
1 ½ kop meel
3 tl bakpoeier
1 ½ tl Fondor/Aromat
2 eiers
1 ½ koppiemelk
1 ½ koppie gerasperde kaas

Metode:
Meng alles saam.  Bak 2 min @ hoog, en 7 min @ 70%
Sprinkel fyngerasperde kaas bo-oor warm koek
Smelt ¼ koppie botter en 1 tl Fray Bentos/Marmite @volkrag. Gooi bo-oor warm koek
(SouthaPPie)
(Isabel Horn) 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html  


Cheryll Geldenhuys
Huisgenoot Mikrogolfwenners no 1...
MIKROGOLF SKUIMPIES / MERINGUES
1 eierwit,
paar druppels geursel,
275 - 300g versiesuiker,
knypie sout....

Roer die eierwit in diep 2l bak met 'n vurk tot stukkend, sonder om dit te klits.
Voeg geursel by. Sif die helfte van die versiersuiker en sout oor en roer dit tot gemeng.
Sif res van versiersuiker bietjiesgewys by en meng dit met die hande om 'n hanteerbare deeg te vorm.
Verdeel mengsel in 30 ewe groot stukkies. Rol elke stukkie in ballejtie en sny in 2.
Bedek draaitafel van m/golf met waspapier en rangskik 10 balletjies op hulle snykante na onder in 'n sirkel.


Berie Smith
MIKROGOLF SKUIMPIES   / MERINGUES
 [mikrogolf wenners - ANNETTE HUMAN]
2 ekstra groot eiers,
3 3/4 kop versiersuiker,
5 ml vanielje geursel,
paar druppels voedselkleursel.

Klits eierwitte goed met 'n menger. Sif die versiersuiker en voeg dit saam met geursel en kleursel by. Meng baie goed tot 'n stywe "deeg". Maak ongeveer 21 skuimpies op 'n keer. Rol elke skuimpie [1 teelepel vol] in balletjies. Plaas balletjies in twee rye op die buiterand van 'n mikrogolfvaste glasbord. Mikrogolf die skuimpies vir 1½ - 2 minute by 100% krag. [Kan ook in cupcake houertjies geplaas word voordat jy die gaarmaak.]
Lewer ongeveer 84 skuimpies. Bêre in lugdigte houer en gebruik in nageregte, saam met roomys gemeng [gebreek]. Kan na smaak gegeur en gekleur word. Maklik en vinnig met baie min moeite. ENJOY!  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html


Hannah Frauendorf Langenhoven
MIKROGOLF SKUIMPIES   / MERINGUES
Is in my' mikrogolfwenners' boek:
Bestanddele is:
1 eierwit
paar druppels vanielje, karamel of amandelgeursel
ongeveer 300 g versiersuiker (2 1/3 k)
 knypie sout
* Sif 15 ml (1 e ) kakao saam met die versiersuiker vir sjokolade skuimpies.
Die skuimpies is die lekkerste as dit net voor opdiening twee-twee op mekaar geplak word met styfgeklitste room en stukkies vars vrugte tussen-in.
Nog n lekker opdien voorstel is om die basis van elke skuimpie in gesmelte sjokolade te doop en te laat droog word voordat dit twee- twee met room op mekaar geplak word. Die skuimpies kan ook met karamelkondensmelk en styfgeklitste room gevul word. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html




Liana Barnard Claassen
MIKROGOLF WITSOUS 
30g koekmeel, 
30g margarien of botter, 
500ml melk. 

Smelt botter so 1 minuut in micro. Roer meel by en micro 1 minuut. 
Voeg melk by terwyl jy aanhou roer. Ek roer myne met n draadklitser. 
Nog 5 minute in micro, roer elke minuut. 
Sout en peper. Dis vir n dunnerige sous.
Biki meer meel as jy dit dikker wil he.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/algemene-resepte-in-mikrogolf.html

No comments:

Post a Comment