Friday 1 February 2013

BROOD /BESKUIT IN MIKROGOLF




Dina Carolien Erasmus
Mieliebrood 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
Meng saam:
1/2k Suiker
1k Mieliemeel
1k Koekmeel
1 Blikkie Sweetcorn
3 teel Bakpoeier
1/2 teel Sout
2 Eiers
Smeer ringpan en strooi Paprika onder in pan, rasper dan kaas omtrent 3/4 koppie en strooi dit ook onder in bak. Gooi deeg bo-oor. bank in Mikrogolf vir 13 minute.


MAKLIKE STOOMBROOD 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
Toe ek die lees het ek gedink dit kan nou lekker wees, lekker warm, vars brood in 8 minute.
500g bruismeel
1 blik (340ml) bier
knippies sout
Smeer 'n glasbak
Meng die bestandele en plaas dit in die gesmeerde bak.  Bedek met kleefplastiek en knip 'n paar gate in.
Plaas op 'n omgekeerde piering en mikrogolf vir 8 minute tot net gaar.
Sny in skywe en sit voor saam met heerlike snoeksmeer of waarvoor jy ook al lus is.
VARIASIE:   Neem 500g winkelbrooddeeg, vorm 'n bol en plaas in gesmeerde glasbak en laat rys tot dubbel die volume.
Bedek en mikrogolf tot gaar, ongeveer 8 minute.
Huisgenoot *  9/7/12


DADELBROOD IN MIKROGOLF-OOND http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
Heleen Albrecht*
250G DADELS
55 ML MARGERIEN/BOTTER
200 ML BRUINSUIKER
200 ML WATER
4 ML KOEKSODA
1 GROOT EIER GEKLOP
375 ML BRUISMEEL
KNYPIE SOUT
METODE
SNY DADELS IN STUKKIES VERMENG DADELS,BOTTER,SUIKER EN WATER IN 'N GROOT MENGBAK
KOOK VIR 5 MINUTE OP MEDIUM
ROER NA 3 MINUTE
VOEG KOEKSODA BY
LAAT MENGSEL STAAN EN AFKOEL VIR 2 MIN
VOEG GEKLOPTE EIER BY DIE AFGEKOELDE MENGSEL
DAARNA DIE GESIFTE DROE BESTANDELE EN ROER GOED
SMEER PAN EN VOER UIT MET PAPIERDOEK
GIET MENGSEL IN PAN
BAK VIR 6-8 MINUTE OP MEDIUM(ONTHOU OM DIE BAKKIE OP 'N OMGEKEERDE BORDJIE TE SIT) MY PERSOONLIKE RAAD - AS JY DIT UITHAAL - LAAT DIT RUS
AS JY DIT OMDOP - LAAT DIT RUS VIR 'N PAAR MINUTE EN TREK DAN DIE PAPIER AF - MAAK DIT SIN- LAAT WEET MAAR AS JULLE NIE WEET WAT EK BEDOEL NIE*8/6/12*Heleen Albrecht**


Elda Lombard
Semel Piesangbrood http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
MIKROGOLF
100 ml margarien by kamertempertuur
200 ml sagte bruin suiker
5 ml suurlemoensap
1 eier
250 ml fyngemaakte piesangs
100 ml melk
350 ml ongesifte afgemeet koeKmeel
100 ml spysvertering semels
7 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 ml sout
50 ml pitLose rosyntjies
50 ml gekapte neute
Metode
Verroom margarien en suiker
Voeg suurlemoensap en eier by en meng goed
Voeg res van bestandele by en roer tot gemeng
Skep deeg in n mikrogolfvaste broodpan wat. met kombuis handoekpapier uitgevoer is
Plaas pan op n omgekeerde piering in die mikrogolf
Mikrogolf dit 10min by meduim hoog \ 90 % krag
Laat 10 min staan
Keer uit pan en verwyder papier
Laat afkoel
Lewer 1 middelslag broodjie
 


Elda Lombard
Uit ouma se kombuis
Mieliebrood http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
4 eiers
125 ml melk
125 ml suiker
250 ml mieliemeel
7 ml bakpoeier
Knippie sout
410 g blik geroomde suikermielies
410 g blik pitmielies opsioneel
30 ml kookolie
25 ml koekmeelblom
Paprika
Metode
Klits eiers melk suiker saam
Sif mieliemeel koekmeel bakpoeier sout saam
Roer dit goed gemeng
Voeg die mielies olie by
En meng goed
Smeer n glas broodpan van 28cm
Gooi die mengsel in pan
Strooi paprika bo oor
Mikrogolf broodjie 15min op medium 70% krag en dan 3 t 4 min op hoog
Laat 10 min staan en bedien met botter


Susan Louw du Preez
Mikrogolf mieliebrood http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
2 kop meel
2 tl bakpoeier
2 eetl suiker
2 eetl olie
2 eiers
1 blik sweatcorn
Sout
1 kop kaas
Meng al die bestanddele
behalwe die helfte van die kaas. Skep in jelring en bak in mikrogolf. 9 minute of
defrost en dan nog 5 minute op high
Strooi ander kaas bo-oor


Jenny van der Westhuizen
MIKROGOLF-GESONDHEIDSBESKUIThttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
Koskapperjolle
Lewer 60 vingerbeskuite
250ml (1k) laer-GI-hawermout
500ml (2k) koekmeel, gesif
25ml (5t) bakpoeier
5ml (1t) koeksoda
500ml (2k) semels
500ml (2k) hoëvesel-ontbytgraan*
500ml (2k) volgraan-ProNutro* (‘original’ of ‘apple bake’)
250ml (1k) Suiker
5ml (1t) Sout
250ml (1k) Sultanas
2 appels, geskil en gerasper
100ml (2/5k) canola- of olyfolie*
1 liter (4k) vetvrye gewone of vrugtejogurt*
250ml (1k) afgeroomde melk*
2 eiers
5ml (1t) vanieljegeursel
Metode:
1. Meng al die droë bestanddele met ’n houtlepel in ’n groot bak. Gebruik die houtlepel om die mengsel ’n paar keer met ’n opligbeweging te belug. Voeg die sultanas en gerasperde appels by en roer tot gemeng.
2. Meng die olie, jogurt, afgeroomde melk, eiers en vanieljegeursel in ’n groot beker. Voeg by die droë bestanddele.
3. Gebruik ’n houtlepel en meng die vloeibare bestanddele met die droë bestanddele tot net gemeng.
4. Skep die deeg in 2 reghoekige mikrogolfbakke (bv. Tupperware-broodhouers, 27cm x 22cm, of glasbakke van dieselfde grootte) wat met koeksproei bespuit en met papierhanddoek gevoer is.
5. Mikrogolf elke houer 18-20 minute lank op hoog.
6. Maak seker dat die bokant van die beskuit nie meer klam is wanneer jy dit uit die mikrogolfoond haal nie. As dit nog klam is, mikrogolf nog 10 sekondes op ’n keer tot geseël bo-op.
7. Keer die bakpan op ’n afkoelrak om. Trek die papier versigtig af en laat die beskuit 20 minute lank afkoel voordat jy dit in jou vingers sny.
8. Sny elke broodpan se inhoud in 30 vingers en droog die beskuit in ’n stadige oond (2-3uur lank by 100? C) uit.
Die resep kan met welslae gehalveer word vir ’n kleiner baksel.
Dieetkundige se aantekeninge
• Die beskuit is uitstekend as ’n lae-GI-maaltyd of –versnapering voor oefening, omdat dit nie die daling in bloedglukose ná oefening help teëwerk.
• Die lae GI en lae Glukemiese Lading van dié beskuit maak dit ook ’n ideale versnapering vir diabete, kinders met AGS en mense wat aan hipoglukemie ly.


Carin Ras Wilson
Karringmelk mikrogolfoond beskuit http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
by Leer Kook Met Jou Mikrogolf
Voorbereidings tyd 35 min
500g margarien
2k bruinsuiker
500ml karringmelk
2 eiers
1kg bruismeel
1ml bakpoeier
knippie sout
5 Weet-Bix blokkies, fyngebreek
Porsie grootte 3 2lt bakke vol
Smelt die margarien en roer die suiker by tot amper opgelos.
Klits die karringmelk en die eiers saam.
Meng al die droe bestanddele.
Meng nou die margarienmengsel, karringmelkmengsel en die droe bestanddele saam.
Spuit 3 x 2lt roomysbakke.
Verdeel die deeg in die 3 bakke.
Plaas vir 10min op HOOG in die mikrogolfoond. NIKS LANGER NIE!!!  Droog uit in gewone oond


Esmerilda Hanekom
KARRINGMELKBESKUIT IN DIE MIKROGOLFOOND http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
500g margarien
2k bruinsuiker
500ml karringmelk
2 eiers
1kg bruismeel
1ml bakpoeier
knippie sout en 5 weetbix blokkies, fyn gebreek.
Smelt margarien en roer die suiker by tot amper opgelos.
Klits karringmelk en eiers saam.
Meng al die droë bestanddele.
Meng nou die margarien-, karringmelkmengsel en droë bestanddele saam.
Spuit 3 x 2lt roomys bakke.
Verdeel die mengsel tussen die drie bakke.
Sit elke bak vir 10 min op hoog in die mikrogolfoond.
NIE LANGER NIE!! Droog uit in gewone oond!
Baie, baie lekker. Moet dit elke week maak vir my gesin!


Helena Kruger
Mikrogolf Mieliebrood http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/brood-beskuit-in-mikrogolf.html
1 blik room mielies of heel mielies
2 eiers
3 ml sout
20 ml suiker
125 ml melk
250 ml meel
250 ml mieliemeel
15 ml bakpoeier
½ k kaas gerasper
Spuit n ring pan
Sprinkel paprika onder op bodem
Meng al die bestandele
Mikro op volle krag vir 9 min. Kosmater



Jolene de Klerk

Hoe om beskuit in die mikrogolf droog te maak:

Om beskuit uit te droog ,plaas kwart van baksel op absorberende kombuispapier en mikrogolf 20 minute by 30% krag. Sit opsy en hou apart
Herhaal nog drie keer met orige beskuit.
*Let wel*
Moenie beskuit gedurende die uitdroogproses te lank mikrogolf nie want hoewel dit nie waarneembaar is nie, is dit geneig om in die middel aan te brand.
Deur Food Lovers Recipes

No comments:

Post a Comment