Tuesday 26 February 2013

APPELIEFIETERTE


APPELIEFIETERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appeliefie-terte.html
Gerda Potgieter
Hi al julle professioneles. Hier is weer die raap en skraap een. Ek het vinnig deur julle terte gekyk en nie 'n appeliefie een raakgesien nie. Ek het 'n baie lekker een en probeer hom weergee. 

Vir die kors: doop tennisbeskuitjies vinnig in melk en pak in vierkantige tertbord. 
Smeer 'n blikkie karamel kondensmelk oor kors.


Vir vulsel:
Verkoel een blikke Ideal melk tot baie koud.
1 Blik appeliefies
1/2 teelepel sout
3 groot eetl vlapoeier
3 eetl suiker


Kook stroop van appeliefies en voeg genoeg water by om 2 koppies te maak. Maak vlapoeier, suiker en sout met 'n bietjie water aan en voeg by stroop en roer tot dik. Laat heeltemal afkoel. Klits koue Ideal melk tot styf en roer by mengsel. Roer appeliefies stadig by. Skep op tertkors en verkoel. Versier met geklopte room en bedien.
Glo my jy gaan komplimente kry en dit weer maak.
Ek hoop julle kan dit gebruik. 


Appeliefietert
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appeliefie-terte.html
Kors :
1 pakkie ( 200 g.) Mariebeskuitjies, fyngedruk.
60 ml. ( 1/4 kop.) botter of margarien, gesmelt.
45 ml. ( 3 eetl.) kondensmelk.

Vulsel
:
1 blik appelliefies.
koue water.
80 ml. ( 1/3 kop.) vlapoeier.
45 ml. ( 3 eetl.) botter of margarien.
250 ml. ( 1 kop.) kondensmelk.

Smeer 'n 23 cm-tertbord met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng die krummels, gesmelte botter of margarien en kondensmelk en druk onder en teen die kante van die tertbord vas.
Verkoel tot benodig. Dreineer die appelliefies, maar behou die stroop Vul die stroop aan tot 500 ml. ( 2 kop.) met koue water. Maak die vlapoeier met 'n bietjie van die stroopmengsel aan tot 'n pasta.
Verhit die stroopmengsel tot net onder kookpunt, voeg daarvan by die vlamengsel, roer goed en giet alles terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die botter of margarien by. Roer die kondensmelk en appel -
liefies versigtig by. Giet in kors en verkoel tot ferm. Geniet met styf geklopte room indien verkies. Lewer 1 medium tert.

No comments:

Post a Comment