Tuesday 26 February 2013

PEPERMINT-CRISP-TERTE


 
                                                                 Foto>Pick a Pay<
Rencia Odendaal Pretorius
ORLEY-WHIP PEPPERMINTCRISPTERT:
1 blikkie karamel kondensmelk
2 sakkies orley-whip (styf geklop)
1 peppermintcrisp sjokolade (gerasper)
1 pakkie tennisbeskuitjies
Meng karamel in by orley-whip
Pak beskuitjies in bak, gooi karamel mengsel oor dan sjokolade, pak weer beskuitjies ens tot beslag klaar is. Eindig af met die karamel en sjokolade.
Bere in yskas http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pepermint-crisp-terte.html


Rencia Odendaal Pretorius
OUTYDSE PEPPERMINT CRISP TERT.
1 Pakkie tennisbeskuitjies
1 blikkie karamel kondensmelk
1 peppermint crisp sjokolade (gerasper)
1 pakkie orley whip/room (styf geklop)
Pak lagie tennisbeskuitjies, dan lagie kondensmelk, dan lagie sjokolade - herhaal tot bestandele op is.
Sit orley whip heel bo-op en strooi bietjie sjokolade bo-op. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pepermint-crisp-terte.html


Rencia Odendaal Pretoriu
PEPERMINT CRISP TERT
1-2 Pakkies Tennisbeskuitjies
1 Blik karamelkondensmelk
1 Pakkie karamel kitspoeding
Ongeveer 400 ml melk
1 houertjie room
1-2 Peppermint Crisps
Klits die room styf. Rasper die Peppermint Crisps. Maak die poeding aan volgens die aanwysings op die pakkie, en klits dit dan by die karamelkondensmelk in.
Pak in lae soos volg: Tennisbeskuitjies, karamel, Peppermint Crisp, room. Eindig met room en gerasperde Peppermint Crisp.. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pepermint-crisp-terte.html


Rencia Odendaal Pretoriu
SJOKOLADE PEPERMINT CRISP TERT
Kors
• 200 g Romany Creamskoekies - oorspronklike sjokolade geur
• 50 g (45 ml) ligte margarien, gesmelt
Vulsel
• 10 ml droë gelatien
• 30 ml water
• 360 g-blik karamel (gekookte kondensmelk)
• 250 g gladde laevetmaaskaas
• 200 g Cadbury Peppermint Crispsjokolade, grofgerasper
• 250 ml room
Kap 3 van die Romany Creams in growwe stukkies en hou eenkant. Kap res fyn in voedselverwerker en meng met gesmelte margarien. Druk mengsel vas in 'n tertbord van sowat 20 x 20 x 6 cm. Verkoel tot benodig. Week gelatien in water en hou eenkant. Plaas karamel en maaskaas in 'n mengbak en roer tot glad. Verhelder geweekte gelatien oor kookwater (of in mikrogolfoond vir 20 sekondes op hoë stelling) en roer saam met gerasperde sjokolade by karamelmengsel. Klop room styf en vou by karamelmengsel in. Skep mengsel in bak met beskuitjiekors en vee gelyk. Strooi growwe koekiekrummels bo-oor en laat oornag in yskas stol. Versier net voordat jy dit voorsit met vars kruisementblaartjies en rooi glanskersies indien
verkies.
Laevet-maaskaas
Die vetinhoud is verlaag deur mascarpone-kaas met gladde laevet-maaskaas te vervang.
Bo-op knars
Hilda se gesonder tert word versier met van die kors se koekies. Daar kom nie nog room of sjokolade bo-op nie.
Versiering
Sit 'n kruisementblaartjie of twee bo-op vir die mooi, stel Hilda voor. Jy sal nie eens agterkom daar's nie room nie!
Ligter margarien
Botter vir die kors is met ligte (laervet-) margarien vervang..http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pepermint-crisp-terte.html


Diana Earle Maartens
PEPERMENT TERT
BESTANDDELE
¾ pakkie Tennisbeskuitjies
1 blikkie Karamel kondensmelk
250ml Room
100g Mentsjokelade gerasper
1 Brosmentsjokelade vir versiering
1 groot Hulett Foelie Vriespakkie(1.35liter)
METODE
Klits room en vou saam met gerasperde mentsjokelade in die caramel kondensmelk
Voer die Foelie Vriespakkie se bodem met tennisbeskuitjies uit
Gooi ‘n lagie ment-mengsel oor en herhaal.
Verkoel vir 2-3ure
Versier met brosment en room 15 January 2010  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pepermint-crisp-terte.html



PEPERMINT-TERT
*VRIESKAS*

Annatjie de Kock
 ek het een vir die warm dae wat in vrieskas gehou moet word en lekker yskoud is;
2 p olywhip styf geklop
2 b caramel condensmelk daarby en peppermint crisp sjokolade driekwart binne beslag en ander bo-op.Gooi in terbord plaas in vrieskas tot styf en sodra daarvan uitgekep in plaas weer in vrieskas.4/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pepermint-crisp-terte.html


Nicolien van Schalkwyk
ORLEY PEPPERMINT CRISP TART
BASE
100g margarine
30g coconut
1 x 200g crumbed tennis biscuits
Mix all the ingredients and line the dish. Refrigerate.

FILLING
250ml ORLEY WHIP, beaten
125ml cold water
100g grated peppermint choc
1 x 80g lemon jelly
1 tin of caramelised condensed milk

METHOD
Dissolve jelly in boiling water, add cold water and allow to cool. Beat
ORLEY WHIP until thick and mix with condensed milk. Add jelly and 50g of
grated chocolate. Place mixture in dish and place it in the fridge to set.
Sprinkle with grated chocolate.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pepermint-crisp-terte.html

No comments:

Post a Comment