Friday 15 February 2013

BOEREJONGENS / DRUIWE



                                                              >Foto>Wikia.com

Marthie Clark
BOEREJONGENS 
(resep gekry by ‘n vriendin)
500 g rosyne of sultanas
1 koppie water
1 kaneelstokkie
2 repe suurlemoenskil (maak seker daar is geen wit aan nie)
1 koppie suiker
2 koppies brandewyn (goeie kwaliteit)
Kook die rosyne/sultanas, water, kaneelstokkie en suurlemoenskil tot kookpunt en voeg die suiker by. Kook vir om en by 20 minute totdat die water met die helfte verminder het.
Haal die suurlemoen en kaneerstok uit en voeg die brandewyn by. Skep die rosyne in gesteriliseerde botteljies (ek gebruik sommer klein konfytbotteltjies met skroef deksels) en voeg van die stroop by. Druk met ‘n lepel af sodat die lugborreltjies verdwyn en skroef deksels styf vas. Laat staan ten minste 6 weke voor gebruik.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment